Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Haatspraak op Internet

Sa., 26 Junie 2004 05:29

"I refuse to idly stand by and watch my culture become destroyed for the
benefit of inferior peoples
".
Overgesetsynde in Afrikaans 'n tipiese uitspraak van ET en die aanhangers
van die Boeremag.
Bg is egter die kernboodskap van Stormfront.org - een van die haatwebblaaie.
Hierdie webblad is die oudste haatblad op die internet, wat al van 1995 af
bestaan. Die eienaar is Don Black, 'n vorige KKK "Grand Dragon".
Die blad het ook 'n vroublad, wat gerig is op " Aryan women" en 'n
kinderblad, wat hanteer word deur Black se 14-jarige seun, en kinders oa
vertel hoe om ander te betrek in rassistiese besprekings.
Dit sal interessant wees om te weet tot hoe 'n mate die BoereMagleiers hul
oortuigings berus op die leerstellings en skrywes van die KKK en ander
haatorganisasies wat lank voor hulle bestaan het.
Die nuutste TBI se artikel oor tegnologie gaan oor haatwebblaaie.
Die ander twee blaaie wat pertinent genoem word is: God Hates Fags - wat
hanteer word deur Rev Fred Phelps van die Westboro Baptist Church (
ledematetal 100) - wat 'n duidelike ooreenkoms sien tussen seksuele
voorkeure en "sodomiete". Hy haal selfs Deut 23:1, Mat 7:6, Fil 3:2, Pet 2:
7,8,12,22 en Openb 22:15 aan ter ondersteuning van sy redenasie.
an NOI. Org ( Nation of Islam) wie se kerngedagte is: " White people aren't
human yet - they need more time to evolve
" Die bekendste voorstander van
hierdie organisasie is Louis Farrakhan. NOI word gekoppel aan verskeie
politieke moorde, oa van aktivis Malcolm X, 'n vorige NOI lid.

--
Groetnis
Annette

Rekenaars & selfone | 29 kommentare

Wees bedag

Sa., 26 Junie 2004 05:03

Ek weet dat mens graag geld gee vir organisasies wat fondse insamel vir
welsyn. Hierdie organisasies is veronderstel om in NPO nommer te toon.
Ongelukkig is dit nie 'n versekering dat dit 'n wettige organisasie is, of
dat die geld nie gaan vir die welsyn van die kollekteerders nie. Maak dus
seker dat die geld gekollekteer word vir 'n sekere welsyn, en nie vir 'n
organisasie wat beweer dat hulle fondse insamel vir 'n sekere
welsynsorganisasie nie.
Ek het die inligting gekry van 'n ondersoekartikel in TBI

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Namplase...'n nuwe voorstel

Vr., 25 Junie 2004 13:31

Soos almal weet, is die ding aan die broei, en het daar vandag 'n nuwe
voorstel gekom van die plaaswerkersvereniging. Hulle wil hê dat as 'n
plaaswerker vir langer as 10 jaar op 'n plaas gewerk en gebly het, dan het
hy permanente verblyfreg op die grond tot sy dood toe. Hierdie natuurlik
in 'n poging om die onsekerhede van die plaaswerker tov 'n permanente
blyplek op te los. Op die oog af lyk dit 'n heel billike voorstel, tot jy
na die praktiese sy kyk. Dan is daar vele probleme:
1. Wat gebeur as die man tot sterwe kom? Moet sy vrou en kinders dan
waai? Wat as die werker se familielede werkloos raak en daar kom aanhaak.
op die ou end sit die boer met 'n plakkerskamp op sy plaas!
2. Wat gebeur as die plaaswerker en die eienaar van die grond in 'n geskil
betrokke raak? Onlangs was daar 'n geval van 'n bok wat in die plaas se
groentetuin kom kuier het vir 'n paar keer en die boer het die werkers
gewaarsku dat hulle moet sorg dat die bok nie daar kom nie en op die ou end
toe skiet hy hom. Uit wraak het een van die werkers se vrouens toe 'n
ganskuiken se kop ingeslaan. Op die ou end was daar een moerse
arbeidgeskil waarin die werkers ontlaan is [wettig], maar die end van die
storie is dat die regering vir die boer 'n onteieningskennisgewing gegee
het.
So, al wat die boere dus kan doen is om te sorg dat geen werker ooit 10
jaar van diens haal nie. Dank hom af voor daardie tyd en juis dit maak
hierdie hele storie teenproduktief. Veel beter sou wees om 'n
voorsorgfonds te skep vir die plaaswerker wat aan hom 'n pensioen gaan gee
na aftrede.....maar dan hoor ons vandag dat die
Werkloosheidsversekeringsfonds wat die afgelope 2 jaar in geregtelike
ondersoek is na aanleiding van bedrog van sy amptenary, nog 'n verdere N$30
miljoen voete gekry het! Ondersoek en al!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

SA Uitvindings

Vr., 25 Junie 2004 07:09

Gister in Argus se briewekolom het die bestuurder van die MTN
wetenskapsentrum 'n lys geplaas van uitvindings van SA-ners. Wil julle
probeer om dit wat julle van weet hier te plaas? Ek sal sy lys wat hy al het
hier plaas vanaand.
1) Kreepy Krawly
2) Appletiser
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Re: My first time ever

Vr., 25 Junie 2004 07:00

Kak storie Riaan.

"Spencer" skryf in boodskap news:j_wCc.3454$LT3.131777@news.xtra.co.nz...
| Hallo almal
|
| Ek weet die volgende stukkie is in engels, maar dit was vir my baie snaaks.
| Weet julle dalk van 'n website met meer van die tipe van goed. Indien wel
| laat weet my asb
|
| Groete
|
| Riaan
|
|
| The sky was dark, the moon was high
|
| All alone just her and I,
|
| Her hair so soft, her eyes so brown,
|
| I know just what she wanted to do,
|
| Her skin so soft, her legs so fine,
|
| I ran my fingers down her spine,
|
| I didn't know how but I tried my best,
|
| I started by placing my hands on her breast,
|
| I remember my fear, my fast beating heart,
|
| But slowly she spread her legs apart,
|
| And when I did it, I felt no shame,
|
| All at once the white stuff came,
|
| At last I finished, Its all over know,
|
| My first time ever...
|
| Milking a cow.
|
|
|

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe WAP wat beter werk

Do., 24 Junie 2004 22:00

Vir almal wat gesukkel het om die Afrikaanse "Ringtones" af te laai, is daar
goeie nuus. Dit is na 'n nuwe server met beter uitleg ... Sommer Tonne
Makliker.

www.midiboer.co.za

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

"Onvergeeflike" daad

Do., 24 Junie 2004 21:34

:::::::: Die sersant en sy twee konstabels sit in die
aanklagkantoor van 'n klein plattelandse polisie stasie.
Dis maar stil en rustig en die manne wil net aan die slaap
raak toe daar 'n pragtige blond instorm:
"Help, Help. 'n Man in die straat het nou net aan my para
gevat!"
Sersant spring op en skree sy bevele:
"Konstabel Abel, jy gaan links af in die straat en soek
daai man."
"Konstabel Mabel, jy gaan regs af in die straat en soek
daai man."
"Ek sal hier bly en die vingerafdrukke vat!"

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ons Nuwe Atletiekwêreldrekord

Do., 24 Junie 2004 12:51

Phillip Rabinowitz het gister 'n nuwe atletiek wêreldrekord by
Groenpuntstadion opgestel. Sy afrigter, Hannes Wahl was in trane oor die
prestasie.
Die item: Mans 100meter - tyd 30.3 sekondes
Ouderdom van die afrigter: 77
Ouderdom van die nuwe rekordhouer: 100

--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Is dit in SA gesien?

Do., 24 Junie 2004 09:12

http://www.democrates.net/media/iraq_nick_berg.wmv

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Kunstekaap se Boland-konserte vorder fluks

Do., 24 Junie 2004 08:20

Kunstekaap se Boland-konserte vorder fluks

Kaartjieverkope vir Kunstekaap se drie spesiale Boland-konserte in die Paarl
en Wellington het pas geopen.

Die eerste konsert is op Woensdag, 28 Julie in die Paarl met 'n verdere twee
konserte op Vrydag, 30 Julie in Wellington. Die konsert in die Paarl vind om
19:00 (7 nm) in die saal van die polisiekollege plaas en die
Wellington-konserte word om 15:00 (3 nm) en 19:00 (7 nm) in die CP van der
Merwe-saal in Wellingtong gehou.

Aldrie konserte bestaan uit ballet- en operatreffers van Kaapstad se twee
professionale geselskappe.

Die balletprogram bestaan uit solo's, tweepasse en ensembles uit verlede
jaar se Classic Highlights met die bekorende musiek van Tchaikovsky,
Glazunov en Bizet, asook hoogtepunte uit die uiters gewilde Swingtime at the
Ballet van Sean Bovim waar ballet 'n nuwe baadjie aantrek en die klassieke
dansstyl lewe gee op die maat van jazzmusiek uit die dertigs en veertigs.

Bolanders sal die voorreg hê om van die balletsterre van Kaapstadse
Stadsballet in aksie te sien. Dit sluit in die danspare van Tracy Li en
Daniel Rajna asook , Marrianne Bauer en Johnny Bovang wat saam met die
geselskap optree.

Die operaprogram bied aan gehore die geleentheid om opera as 't ware te
ontdek met die uitvoering van Monde and the Magic Box. Dit is 'n nuwe,
energieke hip-hop vertoning met Kaapstad Opera se vokale ensemble wat die
storie vertel.

Die verhaal van, Monde, gaan oor 'n tiener wat op 'n opwindende reis geneem
word en treffers uit operas en blyspele beleef. Uittreksels uit La Traviata,
Turandot, Fledermaus, West Side Story en Les Miserables behoort by oud en
jonk byval te vind.

"Die kaartjies van alle vertonings beloop slegs R10 per persoon om sodoende
aan almal die geleentheid te bied om professionele teater by te woon," sê
Marlene le Roux, direkteur van gehore ontwikkeling en onderrig by
Kunstekaap.

Kaartjies vir die Paarl-konsert is verkrygbaar van Anthea Martin by telefoon
082-851-1047.

Die Wellington-vertonings is onderskeidelik om 15:00 (3nm) en 19:00 (7nm) in
die C P van der Merwe-saal in Jan van Riebeeckweg. Kaartjies is beskikbaar
by Christell Witbooi van die plaaslike munisipaliteit en sy kan by Tel: 072
308 0022 gekontak word.

NAMENS KUNSTEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM
Medianavrae:
Marlene le Roux, Artscape, Tel: 021 410 9962
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263

Frikkie Odendaal
AFRIKOM, 304 De Oude Schuur, 120 Bree Street, Cape Town, 8001
Tel: 021 423 7263 iFeksi: 021 422 2346

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    394  395  396  397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407  408  409    »]
Tyd nou: So. Des. 21 15:29:03 UTC 2025