Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Tameletjie

Ma., 28 Junie 2004 17:37

Ons weet tog almal hoe maklik jy jou in en om die huis kan beseer. Daar was
nou 'n saak by die CCMA wat deur 'n huisbediende gewen is. Die huiseienaar
het aangedring dat sy 'n vigs-toets ondergaan. Toe die uitslag positief
terugkom, is sy afgedank.
Omdat die regering ( dept van arbeid) nie, soos hulle moet, riglyne vir die
werkgewer neerlê nie, is die gevolg natuurlik dat geen huiseienaar 'n werker
in diens gaan neem sonder 'n naslaanbare gesondheidsertifikaat nie. Meer
mense wat werk nodig het, sonder werk.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ongewapende sekuriteit

Ma., 28 Junie 2004 11:09

Wanneer die nuwe wapenwet in werking gestel word op 1/7/2004, maak dit in
effek die meeste sekuriteitsfirmas en sekuriteit by firmas onwettig om
wapens te gebruik want alle gebruikers van vuurwapens in die
sekuriteitsbedryf moet 'n bevoegheids-sertifikaat toon. Hierdie sertifikaat
kan slegs verkry word by ge-akkrediteerde toetsers.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Internasionale uitbreiding

Ma., 28 Junie 2004 11:04

Ons RowerMoordenaars brei uit.
'n Lid van Michael Flatley se Lord of the Dance-groep is in Johannesburg
vermoor. Sy skootrekenaar is geroof. Optredes in Johannesburg is opgeskort,
maar die vertonings in die ander sentra sal voortgaan.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoekom altyd Jan?

So., 27 Junie 2004 08:42

Eers by alt.languages.afrikaans gepos, maar lyk my hulle is almal rugby toe.

---

Jan Alleman
Jan Fiskaal
Jan Groentjie
Jan Pierewiet
Jan Taks
Jan ... altyd Jan ...

en Koos onder die bed?

:-)

TJ

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

" My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH

So., 27 Junie 2004 02:25

MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

Prosa & poësie | 4 kommentare

Rugby Vandag.

Sa., 26 Junie 2004 16:06

NZ, Oz en die BokProts was net baie gelukig vandag:))
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Haatspraak op Internet

Sa., 26 Junie 2004 05:29

"I refuse to idly stand by and watch my culture become destroyed for the
benefit of inferior peoples
".
Overgesetsynde in Afrikaans 'n tipiese uitspraak van ET en die aanhangers
van die Boeremag.
Bg is egter die kernboodskap van Stormfront.org - een van die haatwebblaaie.
Hierdie webblad is die oudste haatblad op die internet, wat al van 1995 af
bestaan. Die eienaar is Don Black, 'n vorige KKK "Grand Dragon".
Die blad het ook 'n vroublad, wat gerig is op " Aryan women" en 'n
kinderblad, wat hanteer word deur Black se 14-jarige seun, en kinders oa
vertel hoe om ander te betrek in rassistiese besprekings.
Dit sal interessant wees om te weet tot hoe 'n mate die BoereMagleiers hul
oortuigings berus op die leerstellings en skrywes van die KKK en ander
haatorganisasies wat lank voor hulle bestaan het.
Die nuutste TBI se artikel oor tegnologie gaan oor haatwebblaaie.
Die ander twee blaaie wat pertinent genoem word is: God Hates Fags - wat
hanteer word deur Rev Fred Phelps van die Westboro Baptist Church (
ledematetal 100) - wat 'n duidelike ooreenkoms sien tussen seksuele
voorkeure en "sodomiete". Hy haal selfs Deut 23:1, Mat 7:6, Fil 3:2, Pet 2:
7,8,12,22 en Openb 22:15 aan ter ondersteuning van sy redenasie.
an NOI. Org ( Nation of Islam) wie se kerngedagte is: " White people aren't
human yet - they need more time to evolve
" Die bekendste voorstander van
hierdie organisasie is Louis Farrakhan. NOI word gekoppel aan verskeie
politieke moorde, oa van aktivis Malcolm X, 'n vorige NOI lid.

--
Groetnis
Annette

Rekenaars & selfone | 29 kommentare

Wees bedag

Sa., 26 Junie 2004 05:03

Ek weet dat mens graag geld gee vir organisasies wat fondse insamel vir
welsyn. Hierdie organisasies is veronderstel om in NPO nommer te toon.
Ongelukkig is dit nie 'n versekering dat dit 'n wettige organisasie is, of
dat die geld nie gaan vir die welsyn van die kollekteerders nie. Maak dus
seker dat die geld gekollekteer word vir 'n sekere welsyn, en nie vir 'n
organisasie wat beweer dat hulle fondse insamel vir 'n sekere
welsynsorganisasie nie.
Ek het die inligting gekry van 'n ondersoekartikel in TBI

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Namplase...'n nuwe voorstel

Vr., 25 Junie 2004 13:31

Soos almal weet, is die ding aan die broei, en het daar vandag 'n nuwe
voorstel gekom van die plaaswerkersvereniging. Hulle wil hê dat as 'n
plaaswerker vir langer as 10 jaar op 'n plaas gewerk en gebly het, dan het
hy permanente verblyfreg op die grond tot sy dood toe. Hierdie natuurlik
in 'n poging om die onsekerhede van die plaaswerker tov 'n permanente
blyplek op te los. Op die oog af lyk dit 'n heel billike voorstel, tot jy
na die praktiese sy kyk. Dan is daar vele probleme:
1. Wat gebeur as die man tot sterwe kom? Moet sy vrou en kinders dan
waai? Wat as die werker se familielede werkloos raak en daar kom aanhaak.
op die ou end sit die boer met 'n plakkerskamp op sy plaas!
2. Wat gebeur as die plaaswerker en die eienaar van die grond in 'n geskil
betrokke raak? Onlangs was daar 'n geval van 'n bok wat in die plaas se
groentetuin kom kuier het vir 'n paar keer en die boer het die werkers
gewaarsku dat hulle moet sorg dat die bok nie daar kom nie en op die ou end
toe skiet hy hom. Uit wraak het een van die werkers se vrouens toe 'n
ganskuiken se kop ingeslaan. Op die ou end was daar een moerse
arbeidgeskil waarin die werkers ontlaan is [wettig], maar die end van die
storie is dat die regering vir die boer 'n onteieningskennisgewing gegee
het.
So, al wat die boere dus kan doen is om te sorg dat geen werker ooit 10
jaar van diens haal nie. Dank hom af voor daardie tyd en juis dit maak
hierdie hele storie teenproduktief. Veel beter sou wees om 'n
voorsorgfonds te skep vir die plaaswerker wat aan hom 'n pensioen gaan gee
na aftrede.....maar dan hoor ons vandag dat die
Werkloosheidsversekeringsfonds wat die afgelope 2 jaar in geregtelike
ondersoek is na aanleiding van bedrog van sy amptenary, nog 'n verdere N$30
miljoen voete gekry het! Ondersoek en al!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

SA Uitvindings

Vr., 25 Junie 2004 07:09

Gister in Argus se briewekolom het die bestuurder van die MTN
wetenskapsentrum 'n lys geplaas van uitvindings van SA-ners. Wil julle
probeer om dit wat julle van weet hier te plaas? Ek sal sy lys wat hy al het
hier plaas vanaand.
1) Kreepy Krawly
2) Appletiser
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Bladsye (1838): [ «    393  394  395  396  397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407  408    »]
Tyd nou: Do. Apr. 10 15:34:27 UTC 2025