Dit is die (sowat) vierde keer
wat ek hier deur julle sitkamervenster loer.
Julle stel teleur vandag. Die ander kere
het julle mekaar in die hare gevlieg sonder
werklike provokasie, en vandag, lyk almal
half verskonend. Ek was besig om op
televisie 'n louwarm debat dop te hou,
en dink toe dat ek hier by julle groep
meer agressie as daar gesien het.
Het julle nou kalmeerpille gedrink?
Hulle word nou verplig om ten minste drie dae per week die noodafdeling om
middernag te sluit. Die rede is dat hulle nie dokters kan kry om die 14
vakanste poste te vul nie.
--
Groetnis
Annette
Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
kwyt is...?
My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.
Ek is die bliksem in.
(dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)
Die nuus is nou vol oor die vroue wat deur Afrika gaan reis en waar ek
aanvanklik voorbehoude oor die storie gehad het, verstaan ek die storie
beter. As enige mens vir my sê hy 'wil deur Afrika reis' dan neem ek
onmiddellik aan dat hierdie persoon nie net die grootpad noord wil aanvat
nie, maar ook kontinent wil verken omdat meeste van sy lekkerhede ver weg
van die normale paaie is. Dís nie iets wat jy ligtelik aanpak nie.
Wat die vrouens egter gaan doen, is om een lekker geborgde vakansie op
die langpad te hê en dis sekerlik ook nie snaaks nie want vier van die ses
is joernaliste! As ek reg verstaan wil hulle 10 000km ver ry op die oop
pad, en verkieslik teerpaaie sover moontlik. Dit is dus maar een uithourit
en die kontinent is toevallig maar Afrika. 'n Probleem dalk is die boodkap
wat die onervare besoekers uit die buiteland verkeerdelik gaan lees uit hul
wyd gepubliseerde tog, en dit is dat Afrika 'oorwin' kan word en eintlik wat
hulle gedoen het was 'n poeierpoefie-rit met stadskarretjies deur die
teerpaaie van wilde Afrika! Ons sit reeds met 'n probleem van Europeërs en
Amerikaners wat dink as hulle die regte voertuig huur, die regte boeke koop
en 'n GPS bygooi, kan hulle wilde Afrika oorwin.....baie keer met tragiese
gevolge.
Maar dan weer, miskien moet ek nie kla nie. Die mense wat 'recovery'
doen, maar moerse lekker geld uit die spul uit. Dis niks snaaks vir so 'n
gestrande voertuig in die woestyn om 'n woeste rekening te kry nie. Die
koste per kilometer van soek 'n die insleep of herstelwerk plus dalk nog die
koste van 'n vliegtuig wat moes gaan soek......maklik tussen R20 - 50 000.
'n Moerse lot geld om te betaal vir onnoselgeid!
Tante lyk my na 'n emmigrant (immigrant?) wat baie bekend is met jou
eie herkoms en die herkoms van jou voorouers. Dit is iets wat ek self
nog nooit ondersoek het nie. Ons uitgebreide familie het erg gekrimp
gedurende onlangse jare agv emmigrasie, geweld en swak gene. Ek het
slegs een ouma oor, maar sy is seniel. Ander familie-lede maak ook
maar stories op om slim te klink. Ek het absoluut geen idee van
wanneer en hoekom my voorsate in SA opgeeindig het nie. Ek sien my
familienaam bestaan in beide Nederland en in Duitsland, maar slegs in
die honderde uit hulle totale populasie. Is daar 'n sentrale register
in SA wat 'n mens kan deursoek?
NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------
Toetsje of tjorts, dis die selwde.
Toestie - eenje, tweeje, dreeje, veerje, fyfje.
Ja Ja Ja se Jan - hoe lyk 'it daar vir 'n koppie koffie kapital?
Saterdag voor die toets toe 'perform' hulle vir die eerste keer die nuwe
'fan song' vir die skare van Loftus. Die kunstenaars probeer hard en die
dik meisiekind dans dat die biesies bewe op ritmes wat nie daar is nie, maar
die skare sit met sulke vis-gesigte....bekke half oop en starende oë. Die
liedjie wat veronderstel is om 'n sportskare op te rui mnet 'n magtige roep
tot 'oorlog', is absoluut nutteloos.
Ek wonder maar net of die mense wat hierdie ding gereël het, die basiese
kriteria van so 'n lied besef het? Dat dit, behalwe dat dit 'n treffende,
eenvoudige wysie moet hê, ook maklik gesing moet word sonder enige
instrumentale bystand? Iets wat die skare gedurende 'n wedstryd spontaan
kan sing? Iets soos 'tjortseloza' [soos die een kleintjie hier by ons sê!]
of menige van die goed wat Schuster gemaak het.