Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

NSAT (New SA tv)

Ma., 05 Julie 2004 13:56

As enige van julle jorse in UK of IRL woon, en SKY sateliete het,
daar's 'n nuwe TV Kanaal vir SAffers:

http://www.nsat.tv/

Volgens hulle web is daar 1.5 miljoen Saffers in London
alleen.....jeez

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wimbledon

Ma., 05 Julie 2004 07:17

Die skoonheid vs die ondier...........en die skoonheid wen!

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Diefstal by supermark

Ma., 05 Julie 2004 07:13

By die Swakopmund'se Vat en Betaal-winkel koop ek Saterdag kruideniersware
en soos gewoonlik stoot jy die karretjie na die kassier en begin uitpak.
Hulle lui dit op deur die items by die 'scanner' verby te sleep, gee die
totaal, ek gee die kontant en ghoebaai! Tot die dag wat jy die strokie
bekyk uit verveeldheid terwyl jy sit en wag in die kar en items sien wat jy
nie gekoop het nie. In my geval, het ek so 'n 3,6% geskenk vir
'regstellende aksie'!!!!! Teruggaan na die winkel se bestuurder sal nie
help nie, want al wat hy vir jou sal vertel is dat jy na die skerm moet kyk
en sien dat die regte goed deurgaan. Sekerlik is hy reg, behalwe dat jy
vir meeste van die tyd hol in die lug staan terwyl jy die karretjie uitpak.
So, hoe doen hulle dit? Ek besluit toe om te gaan rondstap en dop te
hou vir so 'n klompie minute. Probeer om soos die krimineel te
dink......en wat sou ek waarneem? Die werkers het rakke onder die toonbank
en daar steek hulle items weg wat hulle vroeër uit die rakke gehaal het en
as die kliënt nie kyk nie [veral die groter kopende kliënt] dan glip hulle
'n item verby die 'scanner' en sit hom terug onder die rak om later huistoe
te vat? Ek het ook 'n dame gesien wat 'n barcode plakker onder aan haar
oorjas se mou geplak het en dan as die tyd reg is, dit deursit.
Volgende keer by die supermark....as jy jou geldjies waardeer: Kyk!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Mooi deur H.L. Ackermann

Ma., 05 Julie 2004 01:13

Mooi - deur H.L. Ackermann Okt. 1899

Dis mooi soo, dis soo mooi,
so lelik is die veld, die veld so lelik.
Ja dis mooi, dis so mooi,
Al nog die veld is lelik.

Nog, nig, nag - Ja ja ja!
Al is die mense in the veld
so mooi ek kan verstaan
Daar in die lelik veld.

Daar kom die uil van ver af,
hy kom staan in die veld
so mooi is die uil,
so lelik die veld.

Uit die boeke van digsters, 1902.

Prosa & poësie | 3 kommentare

" Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP

Sa., 03 Julie 2004 21:50

VERKNOEIDE MIRAKEL
Vir Nataniël le Roux
Hennie Aucamp (Teen latenstyd, 1987)

Die son wat jy beloof het,
het nooit die dag geskyn nie;
die drank wat jy geskink het,
was water en geen wyn nie.

Jou haardos wat geblink het,
het hennarooi besiel,
maar toe ek dit vertroetel,
was jou lokke van akriel.

Jou borste wat beloof het
'n koninklike buit,
was onbestand teen passie:
sinteties ingespuit.

Jou rokke wat geval het
soos water van 'n krans,
het om jou spits bly karring:
en kyk, ons was twee mans.

Die son wat jy beloof het,
is uitgedoof tot nag;
en na ek jou vermoor het,
het ek jou weer verkrag.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hallo

Sa., 03 Julie 2004 18:43

Dit is die (sowat) vierde keer
wat ek hier deur julle sitkamervenster loer.
Julle stel teleur vandag. Die ander kere
het julle mekaar in die hare gevlieg sonder
werklike provokasie, en vandag, lyk almal
half verskonend. Ek was besig om op
televisie 'n louwarm debat dop te hou,
en dink toe dat ek hier by julle groep
meer agressie as daar gesien het.
Het julle nou kalmeerpille gedrink?

Kawa

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Goue AK47 in Irak

Sa., 03 Julie 2004 11:33

Kyk na die pragtige wapen by http://gallery.colofinder.net/AK-47-gold

Hoe moeilik sal dit wees om hom te registreer met ons nuwe wapenwette.

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Die Rooikruis Kinderhospitaal

Vr., 02 Julie 2004 09:38

Hulle word nou verplig om ten minste drie dae per week die noodafdeling om
middernag te sluit. Die rede is dat hulle nie dokters kan kry om die 14
vakanste poste te vul nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ek's besteel!

Do., 01 Julie 2004 21:28

SUG!

Hoe gemaak wanneer een besteel word sonder dat een die item van belang
kwyt is...?

My pistool, wat my 'n hele derdonnerse R 7 0 0 0 - 0 0 gekos het, besit
ek nie meer nie. Ja, inderdaad, dis nie meer my besitting nie! Sy
edelhoogbaargeid Opperminister van Goeters en Dingisse, Sir Lord Charles
Nqakula Esq., vertel dat "fire arms are not a person's property". So ek
besit nie meer my pistool nie, alhoewel ek hom nog hier aan my sy voel.
Ek het hom wettiglik gekoop by 'n winkel, deur al die wetlike stappe
gegaan, en hy is (soos my motor en my motorfiets en my huis) op my naam
geregistreer. Ek 'leen' dit dus by die staat ast'ware - wat vir my
daarop dui dat die staat ten enige tyd sy besittings van ons kan op eis
sonder dat ons 'n voet het om op te staan, want aangesien ek nie die
pistool meer besit nie, ek geen werklike aanspraak daarop kan maak nie.

Ek is die bliksem in.

(dit herinner sterk aan daai sêding van destyds dat hulle die suiker uit
jou koffie uit steel terwyl jy daaraan drink...)

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Bladsye (1834): [ «    392  393  394  395  396  397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 23:40:37 UTC 2026