Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Skryf 'n Boek

Tue, 13 July 2004 06:33

'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
haar man daarom vra.
Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
om erkenning te kry van 'n vrou.
Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
and approval."
'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

--
Groetnis
Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 73 kommentare

Zimbabwe huursoldate se leier beloof hulp aan Zim indien nie uitgelewer

Mon, 12 July 2004 16:29

Hi julle

Ek hoor dat Siman Mann, die leier van die beweerde huursoldate wat
deur Zim na NG sou gaan om 'n staatsgreep uit te voer, is in die
proses om staatgetuie te word vir die Zim regering. Hy vra dat hulle
hom nie sal uitlewer aan NG nie, inruil vir sy getuienis. Daar is
sprake dat hy dan na Engeland gedeporteer sal word as alles klaar is.
Ek sien die storie as volg.

Ek sien 'n paar sotte wat meer afgebyt het as wat hulle kan kou. Drie
regerings wil nou voorbeelde van die arme siele maak en gaan hulle
skraap soos mense 'n grondpad skraap na die reen seisoen. Nou klim die
leier van die hele storie nog uit die bus en sê ek sal die sleutels
gee vir wie ook al my sal laat wegloop van die storie af. Ek dink die
een lae aksie lei tot die ander...

Tragies.

Groete
A

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

29 Julie 2004

Mon, 12 July 2004 13:21

Dis glo die dag waarop iemand op Theunissen uit die dood gaan opstaan.
Volgens 'n "profeet".
Haai - wat het geword van die "profeet" van 'n jaar of so terug wat nie op
die godgegewe dag ( twee maal) dood is nie?

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kan iemand vir Johan help?

Mon, 12 July 2004 12:09

Ek moet 'n website kry waar ek inligting kan opspoor rakende Afrikaanse
Bygelowe. Is daar so iets beskikbaar ? Indien wel, waar kan ek gaan soek ?

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Re: Christians in ERITREA

Sun, 11 July 2004 11:48

Ek is nie verbaas nie. Soos elke Jan Rap en sy/haar maat Gospel sing sodra
hulle nie meer plate kan verkoop nie.
Miskien moet hulle ons gospelsangers ook in die tronk stop. Kan net goed
wees vir almal betrokke:))
--
Groetnis
Annette

"b t" skryf in boodskap news:13560-40F11B47-112@storefull-3317.bay.webtv.net...
>
> Eritrea
>
> Escalating a two-year government crackdown against Christians,
> police recently jailed three prominent pastors and a popular Christian
> singer.
>
> To date, none of the believers have been charged as required by law
> within 48 hours of arrest, Compass Direct reported.
>
> Haile Naizgi, chairman of the Full Gospel Church,
> and Dr. Kifle Gebremeskel, chairman of the Eritrean Evangelical
> Alliance,
> were arrested at their homes in Asmara on May 23.
>
> Four days later, Tesfatsion Hagos, pastor of the Rema Evangelical Church
> in Asmara,
> was arrested while visiting the port city of Massawa.
>
> Helen Berhane, 29, who recently released an album of music popular among
> youth,
> was incarcerated on May 13 in a shipping container at the Mai Serwa
> military camp.
>
> A member of Rema Church, Berhane has reportedly refused demands that she
> sign a paper recanting her faith
> and that she stop participating in Christian activities, Compass
> reported.
>
> At least 400 evangelicals of minority denominations are currently
> imprisoned for their faith.
> Many are teenagers, some are children, and a few are elderly.
>
> Amnesty International issued a 45-page report on the Eastern African
> nation on May 19 that said:
> "Religious persecution has intensified, targeting minority Christian
> religions.
>
> The authorities [have] cracked down on the minority churches,
> breaking into religious services in church premises or private homes,
>
> confiscating Bibles and musical instruments,
> arresting and beating church members on the spot,
> and torturing them later in military detention centers."
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o

Sun, 11 July 2004 10:36

(Net die eerste paar strofes)

die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o

die reën maak die jongvrou die hof terwyl sy in die hut lê
die reën ruik haar en kom na haar en die hele plek raak mistig
want hy kom na die jongvrou vanweë haar geur
hy kom as't ware aangedraf terwyl die jongvrou in die hut lê

sy lê en ruik die reën
alles word geurig
asof die reën se asem alles afsluit
asof alles in mistigheid gebeur

die jongvrou raak bewus van die reën
toe hy teen haar aankom en sy stert laat sak
sien die vrou hom en vra:
'wie is die man wat hier by my is
wat eers hurk en nou regop staan?'

en sy neem boegoe en druk dit op sy voorkop
sy neem haar karos en bind dit om haar skouers

sy bestyg die reën en die reën neem haar weg

(Uit Antjie Krog se."die sterre sê 'tsau' ")

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gay en Lesbiese organisasies het 'n aansoek by die Johannesburgse Hooggeregshof ingedien

Sun, 11 July 2004 09:21

Gay en Lesbiese organisasies het 'n aansoek by die Johannesburgse
Hooggeregshof ingedien om huwelike tussen mense van dieselfde geslag
erken te kry. Die direkteur van die Lesbiese en Gay Gelykheids-projek,
Evert Knoesen, sê die erkenning van gay huwelike sal onregverdige
regsbeperkings uit die weg ruim en help om die stigma in die gemeenskap
te verwyder. Die hofaansoek voer aan dat die Wet op Huwelike van 1961 -
wat huwelike tussen gay paartjies verhoed - ongrondwetlik is. Die
Grondwet verbied egter diskriminasie op grond van seksuele voorkeur.

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks

Sat, 10 July 2004 06:08

Afrikaners of all ages are fighting for their lives in towns and
countryside.

Afrikaner children are often attacked at or around schools by
fellow "pupils" or their "parents" who stab, shoot and hack at them.
The school grounds have been turned into hell-holes for Afrikaner
children.

This started in Vryheid with the Babeille case, when the schoolboy
Babeille was turned into a national hero by Nelson Mandela for
hacking an Afrikaner pupil with a pair of scissors. Not only was
Babeille hailed as a hero, the Nelson Mandela fund even gave him a
scholarship!

In the latest attack on an Afrikaner child, Stephan Liebenberg, 12,
of Bloemfontein, was attacked and stabbed enroute to school. Many
are now constantly being besieged all over South Africa and home-
schooling has soared as a result, with more than 60,000 children now
being taught by their parents inside their fortress-like homes.

Those children such as sixth grader at Fleurdal Primary in
Bloemfontein, Stephan Liebenberg, whose mom cannot afford home-
schooling and now cannot afford to replace his bicycle, have become
fair game all over South Africa: these criminals know that any
person with an European appearance, and who speaks Afrikaans, is
fair game - the ANC-regime will not punish them for attacking and
killing Afrikaners.

The regime regularly gives clear messages of approval for this
ongoing slaughter each year on Youth Day, June 16. Again this year,
the ANC-authorities organised many hours of hate-speech chanting by
school children of the hate-slogan "Kill the Boer, kill the Farmer"
at the Peter Mokaba stadium. Delighted press photographers got
beautiful pictures of gorgious, innocent pupils releasing white
doves to celebrate "Youth Day" -- claimed to celebrate the fact that
Soweto children refused to learn Afrikaans which had been 'forced
upon them".

And this is the biggest lie of all -- any teacher in South Africa
can tell you that the pupils in any black townships were never
forced to learn Afrikaans at all and there's ample apartheid-era
documentation to prove it.

Koeitjies & kalfies | 222 kommentare

" Man met Horries " (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN

Sat, 10 July 2004 02:23

Man met Horries
D. J. Opperman

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei : ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan :
" Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord." --
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Vuurlopers" ( uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN

Fri, 09 July 2004 22:58

"VUURLOPERS"
DJ Opperman

Bokant die piesang- en die mangobome
spring rooi vlamme van die hout ineen,
en langs die Hindoetempel uit die lome
wierook begin kalbasfluite eentonig teem
as die gereinigdes met klam kaalvoete
die paadjies kies uit die rivier - maar bang
duskant die oopgeharkte vierkant gloed
terugstuit, soos nat bruin vullens vasgevang.
Die bok en die pampoen lê oopgebreek,
die priester sprinkel met sy takkie blare
wywaters oor die vure en koel kweek
en voorste ry van die beswete skare.
Dan in vervoering trap die kaal voetsole
lig-lig na Brahma oor tapyte kole.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    388  389  390  391  392  393  394  395  396  397  398  399  400  401  402  403    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 17:05:04 UTC 2025