Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Weet jy waar jou kol is?

Vr., 13 Augustus 2004 15:06

> http://www.politicalcompass.org/

--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Skokkende feite

Vr., 13 Augustus 2004 08:55

Sien gister in die koerant dat die sterftes in Namibië is nou meer as die
geboortes. Vigs is besig om te wen....

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Heil die Leser

Vr., 13 Augustus 2004 07:19

Ons stuur hierdie brief
ingeval u nie weet
(want Buurman Mugabe
het blykbaar vergeet!) -

Ons bied 'n heenkome
vir mense soos u
met effense skandes
en dade wat gru.

Moet u nie bekommer
oor wat dit sal kos -
die wyn en paté
betaal andere mos.

Ons bied hierdie skuiling
aan Struggle-genote
'n sononderhut
vir verstote despote.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

voc help needed

Do., 12 Augustus 2004 20:34

Hi,

I've recently taken an interest in Afrikaans and have started
practising by reading Die Republikein on the net. I came across an
article today which left me with one problem (unfortunately in the
title ;) , namely 'straatsmouse'. Could anybody help me out on this
one? What are straatsmouse?

Thanks in advance,

Joachim

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 19 kommentare

Seksie name

Do., 12 Augustus 2004 09:10

Blykbaar is 'n mansnaam met 'n hoër klinker- soos a, e. i naby die begin van
die naam glo meer seksie as die ander. Toetse, waar foto's van dieselfde
mans getoon is, maar met verskillende name, was die Martins glo meer seksie
as die Johans, al was hulle dieselfde mens:))
Vir die mans is dit glo net andersom met vrouename.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Toets 1 2 3

Do., 12 Augustus 2004 07:12

Net a toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Man van belang

Do., 12 Augustus 2004 03:31

:x:l%2E1092%3281471%2E100%32746582
soc.culture.south-africa.afrikaans
==-=====-===========-==--=-====-========--===========-===-=- =---===--==--===
Sent by lou from lous subpart from zzn part of com

Dit betéken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man.


--- Toets Usenet

"> /*

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG - CJ Langenhoven (vir Katryn)

Do., 12 Augustus 2004 03:13

DIE LEDIGHEID VAN ONS GEWIG

Dit betéken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die
belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man.

En oral waar daar 'n dooie is onder 'n geselskap van lewende
nablywendes is dit sy geheimsinnige, akelige, ontsagwekkende gelaat
wat die aandag trek. Die trekke is nog dieselfde, maar tog nie
dieselfde nie: die uitgebluste vuur van die lewe, lyk dit, het plaas
gemaak vir 'n uitsig op die oneindige agter die gordyn. So iets van
die majesteit van die dood ontwaar ons ook - 'n skaduwee daarvan, 'n
suggestie - op die gelaat van 'n suigeling, van 'n blinde, van 'n
kranksinnige. Dis die Sphinx·uitdrukking van misterie.

Maar die aandag-soekery, die sug om die senter van opmerksaamheid te
vorm, wat ons nou bedoel is van 'n ander gehalte. Die vóor-aansitters
en vóor-aanbidders in die Sinagoge is nie uitgesterf nie. In elke
buurte, by elke samekoms, tref jy éen van hulle aan: somtyds meer,
maar nooit te veel nie, want dan druk hulle mekaar wedersyds uit: waar
almal vóor-sit, daar sit geeneen vóor nie. Ons ken almal die soort
man. As hy nie die voorsitter-stoel beklee nie, dan spring hy die
eerste op om die voorstel te maak wat enige ander esel (as daar nog
is) ook kon gemaak het. "Kêrels;' sê hy (of "Afrikaners"; of
"broeders" na gelang van die doel van die byeenkoms), "ons moet
bymekaar staan." Hy meen ons moet agter hom staan. Nou sou jy sê die
man het 'n verwaande dunk van homself. Eintlik het hy 'n slaafse
respek vir die goedkeuring van sy mede-mens, anders sou hy nie soveel
moeite doen om notiesie van geneem te word nie.

Tog moet ons dit vir hom sê: in die politiek win hy altyd 'n sekere
maat van invloed. Want vereers: die politiek is almal se besigheid en
dus niemand se besigheid nie. En, ten twede, in die politiek geld die
beginsel nie dat die laaste die eerste sal wees nie. Niemand is
angstig om iemand anders op die voorgrond te stoot nie, dus kan alleen
diegene op die voorgrond kom wat hulleself daarheen stoot. En as dit
dan so is, dat dié soort indringer gewoonlik daarin slaag om 'n
politieke rang te verwerf, beteken dit dan nie tog darem veel om so 'n
man van belang te wees nie? Vir homself, ja. Die belang is groot in sy
oë. Die persoonlike voordeel ook dikwels, Maar die belangstelling kan
jy ook uitlok as jy 'n sensasie-wekkende misdaad pleeg, as jy met jou
buurman se vrou wegloop, as jy dronk deur die straat waggel.

Ledig is mense-roem: ydelheid der ydelhede. Ek en jy leser, weet dit
want ons streef nog ons lewe lank daarna. Tiengelieng·tieng,
tiengeliengelieng! Kom dans na ons klokke: ons is voorbokke.

Uit 'Honderd kort prekies' - CJ Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Snaaks wat mag doen

Wo., 11 Augustus 2004 14:34

Ek sien vandag een van die maatskappy waarvoor ek kontrak werk doen se
top bestuurders 'n klein meisie deur die gebou neem. Sy is seker skaars
7 of 8 jaar oud. Sy word deur hoë sekuriteits areas geneem vir 'n toer
deur die gebou. Min mense kry die voorreg om so 'n gedetaileerde toer te
kry. Min volwassenes wat nog van 'n kind. Draai toe uit sy is die dogter
van een van die nuwe groot aandeelhouers in die maatskappy. Baie ryk man.

Mag skep voorregte wat ander mense nie het nie. Toe besef ek dat sy 'n
voordeel bo ander kinders van haar ouderdom het, net op grond van die
mag of geld van haar pa.

Interessant.

Groete
Plato

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ballade van Ohm Pouwel

Wo., 11 Augustus 2004 08:09

'n Dorp in die Vrystaat
- maar andersins vaal -
het skielik koerante
se voorblad gehaal

Uit Durban verklaar
'n profeet, David Francis
dat daar vir Oom Paultjie
nog eenmaal 'n kans is.

"Uit die dood sal hy opstaan!"
sê Francis met krag
en hy kies ook die tyd -
die maand en die dag.

Daai dag breek toe aan
soos voorspel deur die Weter
Maar Oom Paul het besluit
waar hy nou is, is beter.

'n Bitter profeet
weet presies wat en hoe:
"Oom Paul het geloop maar
die deur was toe toe!"

Tant Anna betaal
Nog die rekening af.
En wat sê Oom Paultjie?
Hy swyg
soos die graf.

Prosa & poësie | 19 kommentare

Bladsye (1834): [ «    376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387  388  389  390  391    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 05:46:41 UTC 2026