Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hollandse mening

Do., 19 Augustus 2004 05:28

Pieter van den Hoogenband na die 100 meter vrye slag swem:

"Jongen, ik word gek. Ik was bang voor die maffe Zuidafrikaan (Schoeman),
hij ging als een gek aan de slag"

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hijackers execute young father

Wo., 18 Augustus 2004 17:50

Hijackers execute young father
13/08/2004 07:52 - (SA)

Potchefstroom - Hijackers, who placed stones on a road outside
Potchefstroom, executed a young father from North West in cold blood
after they withdrew all his money from an autobank.

The murderers first drove around with Corne van Zyl, 29, from
Klerksdorp in the boot of his own car before they crossed over the
Vaal River and shot him in the head at close range amongst some
trees along the Vermaasdrift road in the Free State.

The murderers overpowered Van Zyl on Saturday night after they
packed stones on a road in the New Machavie/Mooibank area outside
Potchefstroom and he drove over the stones.

When he stopped to check whether his vehicle had been damaged, the
attackers overpowered him.

Van Zyl's body was found in a clump of trees on Wednesday after
police received a tip-off and arrested two suspects in the Khuma
township outside Stilfontein.

Van Zyl's family reported him missing on Sunday after he did not
return home on Saturday night. He had been visiting friends in
Potchefstroom and left for home shortly before midnight.

The murderers allegedly held Van Zyl at gunpoint at the place where
he drove over the stones and drove him to Stilfontein in his Toyota
Corolla.

Here they filled up the car with petrol and apparently drew R1 000
from his bank account. After midnight they allegedly returned to the
autobank to withdraw a further R540.

Van Zyl apparently tried to escape at the filling station, but the
boot was slammed down on him.

Superintendent Louis Jacobs, police spokesperson, said the suspects
crossed over the Vaal River into the Free State early on Sunday
morning. This is where they shot and killed Van Zyl.

Shot him in the back of his head

The murderers apparently forced him to lie on his stomach and shot
him in the back of his head at short range. They left with his
money, cellphone and gun in his car.

Police started their search immediately after Van Zyl was reported
missing. The two suspects were in possession of Van Zyl's cellphone
and car when police arrested them. They took police to the body.

Although Van Zyl's gun is still missing, another gun that was
earlier stolen in the Ikageng township outside Potchefstroom was
found in their possession.

Van Zyl's father, JP van Zyl from Polokwane, is devastated.

"One wants to speak to people, but one does not know what to say.
The incident makes one feel rebellious and angry. At least we now
know where he is."

Van Zyl, a diesel mechanic at Transem milk distributors in
Klerksdorp, turned 29 on August 1.

He is survived by is wife, Zelda, son Wesley, 11, and daughter,
Micaylin, 6.

The suspects will probably appear in the Stilfontein magistrate's
court on Friday on charges of murder and armed robbery.

Police warned that people should be on the lookout for objects
stacked in the road. Motorists should not stop immediately after
driving over such obstacles. Two police officers were stranded on
the R42 route in the same area when they drove over stones wrapped
in black plastic bags.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Boer en Broer

Wo., 18 Augustus 2004 17:32

Ek het SA in '93 verlaat. Agt van daai 11 jare in Ierland. En laat ek
uit ondervinding vir julle se dat, veral –wit- -Afrikaans sprekende-,
Suid Afrikaners sekerlik die mees onpopulere mense in Europa is....

Jy sien, eerstens, is ons daarvan oortuig dat die vermoee om 'n opinie
te vorm gelyk is aan intillegensie. Die gevolg is dat elke boer en
broer rondloop met 'n opinie oor bladdie alles. Gewoonlik as jy
luister na hierdie opinies en teoriee vind jy dat dit altyd dieselfe,
vervelige gebler is oor politiek en geloof. Mense smaak nie van
politiek en geloof praat nie. Hulle verkies seks en sokker.

Die Springbok, Ollie Le Roux, het onlangs vir die Barbarians in Wales
gespeel. Na die tyd het hy 'n onderhoud gevoer met keo.co.za waarinn
hy vertel van 'n gesprek wat hy met een van sy Kiwi spanmaats gehad
het. Die Kiwi het 'n opmerking gemaak dat NZ spelers "passionate" is
terwyl SA spelers "KWAAD" is. Dat SA spelers dink woede = passion.
Ollie maak dan die punt dat hy vir die eerste keer besef dat dit 'n
feit is: Suid Afrikaners is kwaad. Vol woede....

Hoekom is ons so kwaad? Vir wie?

So ruk terug besoek ek my beste maatjie en sy meisie in SA. Sy het 'n
agt jarige dogtertjie. Die kind was bietjie knorrig, en Ram se vir
haar: "Hou op!! Voordat die oom kwaad word!!" Gewoonlik sou ek nie
twee keer daaroor dink nie, maar toe besef ek dat my ouers my ook
(altyd, eerstens) met woede gedreig het. "Maak so, anders word ek
kwaad." "Doen dat, voordat ek kwaad word." "Jy gaan my kwaad maak."
"Nou's ek kwaad."

Wat dink julle is die gevolg van hierdie strategie?

Soos ek vroeer se, is ons boertjies nie gewild nie. My ma het altyd
gese: "Sarcasm is the lowest form of wit." Ek kan onthou hoe my onnies
ook altyd opgewen kon raak as jy met hulle sarkasties raak. Veral voor
'n klaskamer. Ironie is die ander ding wat ons Suid Afrikaners
ontglip. Ek vind dat "Sarkasme" en "Ironie" die twee brue is wat
oud-wereld mense (pommies en paddys) en nuwe-wereld mense
(Amerikaners, Saffers) skei. As jy stadig is met die tong en alles
persoonlik opneem, dan gaan jy nooit rerig daardie brug kruis nie....

Ek het voorheen in hierdie forum die punt gemaak dat ons boertjies se
eerste reaksie gewoonlik of geweld of woede is.

Wat is fout met ons? Vertel my hoekom is ons so 'n ‘insecure'
mense.......

(ek vra verskoning vir spelfoute, woordeskat ens. Ek ken geen
Afrikaans sprekendes hier nie, met die gevolg dat my moedertaal lei)

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

" Al - chemis " deur KOOT PIETERSE

Wo., 18 Augustus 2004 13:51

Al-chemis
Koot Pieterse

Merkaptaan en bensofenoon -
Dit is my ryk, dis my domein.
Geen kwetsing hier, geen bly, geen pyn.
Hier plooi ek self, in ure laat
die klein heelal van trek en stoot.
Laat oerou affiniteite kies
wat was en word
- wie trou met wie!
Hier is ek god van
minuskule materie.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Toets

Wo., 18 Augustus 2004 11:21

Toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN

Wo., 18 Augustus 2004 01:51

Die Gewigopteller
Ernst van Heerden

Die taai klou van die grond
vermenigvuldig elke pond,

die ruie vlegsel van die spier
is - triomfantelik ! - 'n dier

wat met één kap blitssnel
die swaartepunt verstel.

Prosa & poësie | 7 kommentare

Apologie na 'n honderd jaar in Namibia

Di., 17 Augustus 2004 13:15

Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
om verskoning gevra vir dié "genocidë" wat deur Duitsland
gepleeg is.
Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
om die stam uit te wis. Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
is in kampe gesit en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
Baie is dood aan ondervoeding en uitputting. Omtrent twee-
derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
Hierdie is nou een van die voorbeelde van die verligte
aksies van Westerlinge, wat "Plato" so bewonder.
Dis ook hoog tyd dat Engeland, nog 'n ander nasie vol
"westerlinge" begin verskoning maak vir wat gedurende
die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekampe
gebeur het. Hier in Kanada het die kerke alreeds om
verskoning begin vra vir die kulturele "genocide" wat
hulle gepleeg het deur Eerste Nasies se kinders te dwing
om hulle akademiese opvoeding in kerkskole te ontvang,
waar daar baie voorbeelde van fisiese en seksuele
molestasie nou voor die dag kom.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Sondag in die kerk

Di., 17 Augustus 2004 11:24

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n Ouderling begin woedend sy weg na my baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die " cheek" om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer-
As jou maag wil werk ,sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.

Geloof & kerksake | 10 kommentare

Engels in Sjina

Di., 17 Augustus 2004 11:16

Sjina het onlangs besluit om Engels vanaf graad drie verpligtend te
maak. Dit het ook besluit om op te hou om skoolboeke te gebruik
wat van Britse oorsprong is. Dit wou ook nie skoolboeke hê wat
in die VSA hulle oorsprong het nie. Hulle keuse het dus geval op
twee Kanadese maatskappye om skoolboeke in Engels vir Sjinese
kinders te ontwikkel. Die feit dat Kanadese die Engelse spelling
van woorde soos "favourite" en "colour" behou, het natuurlik
ook vir hulle saak gemaak. Buitendien voel die kommunistiese
regering van Sjina 'n lang verbintenis met Kanada as gevolg van
die feit dat Norman Bethune, 'n Kanadese dokter, die "Long
March" saam met Mao Zedong deurgemaak het en in Sjina
legendariese status het. Bethune is in Sjina dood aan bloed-
vergiftiging. ('n Film oor die lewe van Norman Bethune is
'n ruk gelede gemaak, met Donald Sutherland, ook 'n Kanadees,
in die hoofrol.)
Die ontwerpers en uitgewers van die boeke vir verbruik in
Sjina het van die kans gebruik gemaak om Sjinese kinders in
aanraking te bring met sommige van die werklikhede van
Noord-Amerika wat nie altyd op die voorgrond is nie, soos
die lewens van Inuit-kinders in die verre noorde van die
vasteland.
Ek hoop ook dat hierdie werkboeke vir Sjinese kinders
vertel van Prince Edward Island. Want ek is byna seker
dat as die huidige graad drie meisies oor ag of tien jaar
taamlik vlot Engels kan lees, hulle dan net so verlief sal
wees op die boek "Anne of Green Gables" wat kult-status
in Japan bereik het. Dáár in Japan word die boek deur
meisies so wyd gelees, dat honderde en honderde
Japanese bruide verkies om hulle wittebrood in Prince
Edward Island deur te bring, of selfs daar te trou. Green
Gables, wat nou 'n museum is, het opskrifte vir alle
aankondigings in Engels en Japannees. Miskien sal
hulle dit later ook in Mandaryns moet aanbring.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Skokend

Ma., 16 Augustus 2004 20:22

Was dit nie skokend nie?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387  388  389    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 03:29:28 UTC 2026