Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog 'n grond-skok

Vr., 20 Augustus 2004 16:57

Nóg 'n grondeis-skok - groter as dié van Magoebaskloof - tref boere in
Limpopo met die afkondiging Vrydag van vier eise op 518 plase in die
Hoedspruit-gebied.

Die georganiseerde landbou het aangedui dat talle van die eienaars
hulle waarskynlik tot die grondeisehof gaan wend.

Die gebied wat geëis word is die grootste tot nog toe in Limpopo en
sluit in van die grootste vrugte- en groenteplase in die land, talle
vakansie-oorde en bekende wildplase en natuurreservate.

Baie geld uit die buiteland is oor die jare in talle van dié eiendomme
belê.

Mnr. Mashile Mokono, grondeisekommissaris van Limpopo, het Woensdag ná
'n gespanne vergadering oor die Magoebaskloof-grondeise in Tzaneen gesê
die jongste eise word Vrydag in die Staatskoerant afgekondig.

Dr. Theo de Jager, dagbestuurslid van Agri Letaba, het gesê luidens die
konsep-Staatskoerant word die betwiste gebied begrens deur die
Tzaneen/Hoedspruit-pad, die Klaserie-reservaat en die Klaserie- en
Olifantsrivier.

Volgens hom het drie groepe, die Maroba-stam, die Chiloane- en die
Moletele-gemeenskap saam vier eise vir die gebied ingestel. Hulle het
glo op 29 Julie as die Lekaung-gemeenskap saamgesmelt.

De Jager het gesê kommer bestaan - soos met die Magoebaskloof-eis -
omdat die nuus oor die eise die grondeienaars nou eers bereik, terwyl
die sperdatum jare gelede al verstryk het.

Hul grootste beswaar is dat die grondeisekommissie of die departement
van grondsake geen kosteberekenings rakende 'n eis doen voordat dit in
die Staatskoerant afgekondig word nie.

"In Hoedspruit, soos in Magoebaskloof, beteken dit die gebied se
ekonomie word in onsekerheid gedompel. Daarmee saam word investering
gedemp," het hy gesê.

"Die eiendomsmark gaan ook heeltemal bevries word totdat die eis
afgehandel is, terwyl geen bank grond as sekuriteit vir
produksielenings aanvaar nie."

Volgens hom moet die kommissie samesprekings voer met die
georganiseerde landbou om 'n strategie te ontwikkel vir die hantering
van grondhervorming.

mfou...@beeld.com

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Radio Stasies oppie Net

Vr., 20 Augustus 2004 14:24

Wat is julle gunsteling internet radio stasie(s)?

Musiek & liriek | 2 kommentare

www.beewatch.co.za

Vr., 20 Augustus 2004 11:15

Ek loop die site raak op die net. Hoogtyd!

www.beewatch.co.za

Cheers
Plato

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

malaria?

Do., 19 Augustus 2004 21:59

Welk gebied in SA is malariagebied??
groet,
martijn

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Julle wit Afrikaners

Do., 19 Augustus 2004 15:06

Lyk my julle het nie vrede al gemaak met die feit dat julle Afrikane is nie.
Julle stotter ammekaar terug verlede toe.
Dis nou as ek die nuusgroep lees.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

toets

Do., 19 Augustus 2004 14:31

toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Herero's se Duitse verskoning

Do., 19 Augustus 2004 13:21

Tant Gloudina sal seker geskok wees om te hoor dat die Duitse verskoning toe
nooit die verwagte verskoning was nie en dat die spulletjie nou in twee
kampe verdeel is. Die kerke en hul mense reken die Duitse ambassadeur se
'toevallige verskoning' [dit was nie deel van die toespraak nie en sy het
dit agterna bygevoeg] was miskien nie so maptelik soos die ander manne dit
sou wou gehad nie, maar hulle's bereid om haar die voordeel van die twyfel
te gee en die verskoning [vir die oorlog let wel en NIE vir volksuitwissing
soos wat Gloudina wil storie nie] aanvaar met die hoop dat die Duitse
regering ook verder in die toekoms sal verskoning vra vir die Nama's, en so
aan.
Van die Herero-manne is nie tevrede nie en sê haar verskoning is 'n pot
stront want askies sê beteken niks nie.....hulle wil kompensasie hê. Die
Duitse regering sê egter hulle het hul laaste woord gespreek. Hulle
ondersteun ontwikkeling in Namibië aktief en gee geld vir bona-fide projekte
wat die hele land tot voordeel is, nie net een groep nie. Die laaste skote
is steeds nog nie geskiet nie............

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

blou mannetjie

Do., 19 Augustus 2004 11:45

`n Trokdrywer is op die N1 toe hy skielik `n klein geel mannetjie in die
middel van die pad sien. Die mannetjie huil hartverskeurend. Die drywer
stop en vra wat fout is.

`Ek is geel, kom van Venus af, is gay en baie honger.`

`Wel`, se die drywer,` ek kan vir jou`n toebroodjie aanbied, maar dit is
al wat ek kan doen.` Hy gee die toebroodjie aan die geel mannetjie en ry
aan.

`n Klein entjie verder, sien hy `n huilende rooi mannetjie in die middel
van die pad. Ietwat gefrustreerd, stop hy en vra wat fout is.

`Ek is rooi, kom van Mars af, is gay en baie dors.`

Die drywer sug en se: `Al wat ek vir jou het, is `n blikkie Coke.` en hy
gee dit vir die rooi mannetjie.

Nog `n ent verder, is daar `n klein blou mannetjie in die middel van die
pad. Erg geirriteerd, stop hy, draai sy venster af en vra hoogs
ongeskik: `Ja, jou simpel klein blou moffie, van watse f*kken planeet is
jy en wat wil jy he?`

Die klein mannetjie antwoord: `Jou bestuurslisensie asseblief, Meneer.'

Humor & grappe | 0 kommentare

i had it all this morning

Do., 19 Augustus 2004 11:40

Blond tune haar boyfriend: "Liefie ek kry nie hierdie puzzle van die hoenderhaan reg nie en ek sit nou al lank!"
Man: "Patricia, stop jou nonsens en gooi die Cornflakes terug in die boks!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

die hippie en die non

Do., 19 Augustus 2004 11:37

'n Hippie klim op 'n bus en sien 'n mooi jong non. Hy gaan sit langs haar en
vra: "Is jy lus om te pomp?"
"Nee", antwoord sy, "ek is getroud met die skepper."

Die busdrywer wat alles gehoor het draai om en sê vir die hippie: "Wil jy
weet hoe om met daai chick te score?"
"Natuurlik!", sê die hippie. "Sê my asseblief!"
"Wel", sê die busdrywer, "sy gaan elke Dinsdag om middernag begrafplaas toe
om te bid. Al wat jy moet doen is om 'n moerse oversized jas met 'n groot
mantel en 'n hoed aan te trek. Dan vat jy van daai glow-in-the-dark poeier
en smeer dit aan jou baard. Dan kom jy te voorskyn agter 'n boom of 'n
grafsteen en maak of jy die skepper is. Ek belowe jou dit sal werk!"

Die hippie besluit toe om dit 'n bash te gee en is die volgende aand in die
begrafplaas met die hele outfit en wag vir die non.
Toe sy aankom, spring hy agter 'n boom uit met die hoed laag oor sy oë en
sê: "Ek is die skepper. Jy moet seks hê met my!"
Die non stem toe in, maar vra die hippie om asseblief net by anale seks te
bly aangesien sy nie haar maagdelikheid wil verloor nie. Die hippie sien
niks daarmee verkeerd nie en spring sommer onmiddellik weg.

Toe hy klaarmaak spring hy op, gooi die mantel en die hoed selfvoldaan
eenkant toe en skree: "Ha-ha! Ek is die hippie op die bus wat jy nie wou
spyker nie!"
"Ha-ha!" skree die non, "ek is die busdrywer!"

Humor & grappe | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    373  374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387  388    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 02:16:21 UTC 2026