Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Menseregte weer te vêr gevat

Ma., 23 Augustus 2004 11:37

"Plato" sskryf

> 'Hurt feelings' win killer $1200
>
> 23.08.2004
> By BRIDGET CARTER
> The letter referred to a relationship MacMillan, 38, had with a
> Christchurch 16-year-old when he was completing a rehabilitation
> programme at a centre in the city in 2000.

Ek teken formeel protes aan teen hierdie gepos
in Engels van 'n stuk oor iets wat in New Zealand
(dink ek) gebeur het. Hierdie pos word alleen
hier gepos omdat 'n fascistiese Afrikaner dit het
teen die toepassing van westerse metodes en die
uitvoer van basiese menseregte. Hierdie fascistiese
Afrikaner kan nie 'n blou duit omgee dat in die
proses die AFRIKAANSE nuusgroep vervuil
word met Engelse poste nie. Hierdie fascistiese
Afrikaner en ander soos hy, wat die Afrikaanse
nuusgroep met Engelse poste vervuil, doen meer
kwaad aan die voortbestaan van Afrikaans as
enigiets wat die ANC sogenaamd kan doen.
Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
van hulle taal. Hölle is die vyand van Afrikaans.

Penkop van die Derde Republiek

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Amerikaanse koffie

Ma., 23 Augustus 2004 11:28

Hoekom is daar so 'n tekort aan elektriese ketels in Amerika? Is daar 'n
wet?

Dit is baie snaaks - ons het ons dood gesoek na elektriese ketels in
Charleston (SC).

Die wat jy kry is vrek duur, byvoorbeeld $40 en meer teenoor $8 dollar vir
'n gewone ketel vir die stoof.

Is dit iets van hul Cowboy-dae en vuurtjies maak? Ook vir my vreemd vir 'n
land met (olie) energie probleme.

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

"The Scream" gesteel

Ma., 23 Augustus 2004 10:34

Lees vandag in die Aftenposten dat die Munch museum in Oslo Noorweë beroof
is. Twee van Edvard Munch se bekendste skilderye (en my gunsteling), "The
Scream (Skrik)" en "Madonna" is gesteel. Die Madonna alleen, is so wat
$22.5 miljoen werd daar was nie 'n prys vir Skrik nie.

Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
met geweld gevat. 'n Mens sou dink daar sal beter sekuriteit in die Museum
wees, maar Noorweë is so te sê misdaad-vry, hulle het seker nie gedink
iemand sal die Munch Museum beroof nie. Net om te sien hoeveel die polisie
daar doen om die diewe te vang, wys my in watse tipe land ons leef. Alles
van troepe tot helikopters en skepe word gebruik om die mense te soek
(sorry, sukkel bietjie hier met die vertaling).

Blykbaar moes een vrou na die ongevalle eenheid geneem word, omdat sy so erg
aan skok gely het na die roof. Ek wonder darem hoeveel van ons sal vir skok
behandel moet word as ons 'n gewapende roof moet sien (sonder enige
ongevalle)! Ek kan nie verstaan hoe iemand so erg deur so iets geskok kan
word dat hulle mediese behandelik moet ontvang nie :)

Elaine

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Swakopmund se moord

Ma., 23 Augustus 2004 09:28

Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse meisie
het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker rof
is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het 'n
pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
selfoon ook maar 'n gewone ding.
Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sê vir my die skieter
het 'n moordlus en ek dink nie so 'n persoon kan deur 20 jaar in die tronk
gerehabiliteer word nie. Hoekom moet die gemeenskap hom vir 20 jaar in 'n
gevangenis 'sponsor'? Dis 'n siek ding en verdien nie om te leef nie.
Hoekom is daar simpatie vir die moordenaar en niks vir die slagoffer nie?

Koeitjies & kalfies | 58 kommentare

Drie Nasies

So., 22 Augustus 2004 19:57

Laas jaar het iemand hier met trots aangekondig dat ons hierdie jaar die
Drie-nasie beker sal wen - teen Zimbabwe en Namibië.

Hoekom is hy vandag so stil????

Soois wat geskree het toe almal gekla het.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

NUUSGROEP ONDERWERPE

Sa., 21 Augustus 2004 17:34

Uit verveeldheid het ek toe nou maar vandag by hierdie nuusgroep ingeloer.
Ek het gereken dat daar dalk iets interessant sal wees om te lees.
Wragtag vind ek toe presies dieselfde snert wat op enige ander plek waar
Afrikaans aangetref word bespreek word. 'n Ewige gestry, beledig, nyd,
venyn om maar enkeles te noem.
Waar bring haat en nydigheid ons? Put ons regtig genot daaruit?
Almal praat van die toestand waarin ons land is ( ek vir een, besef dat die
land nie meer is wat ek/ons 'n paar jaar gelede geken het nie) en uiter die
een stuk kritiek op die ander verwyt. Beledigings word wild rondgeslinger en
raai wat; elke keer die selfde tipe aanmerking: ons is mense en hulle nie.
Is dit ons bydrae om die land te verbeter? Sal hierdie tipe aanmerkings 'n
plek vir almal verseker?

Neewat, ek sien maar swarigheid vir ons afrikanervolkie en ek dink ons
verdien dit elke dag meer.

Homer

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV

Sa., 21 Augustus 2004 06:27

Hi julle!

Het vanoggend die interessantste dokie op TV gesien oor plaasanvalle.
Die plaasanvallers gebruik amper altyd ou tradisionele tekens om mekaar
te verwittig van die teiken, die plek en die tyd van so 'n aanval.

Daar is 'n boek oor die onderwerp geskryf. Boere moet byvoorbeeld uitkyk
vir plat gras in die omgewing van plaas geboue waar aanvallers die
omgewing voor die tyd vanaf dophou. Soek rondom dit vir tekens. Tekens
sluit in, draad wat snaaks gebuig is, takke wat gebreek word ensovoorts.
Die tekens is altyd ewe vêr uitmekaar en van hulle mag ander tekens
uitwys. Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
goed kan lees.

WOW!

Cheers
Plato

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

" Plaasensemble " deur GEORGE WEIDEMAN

Vr., 20 Augustus 2004 18:49

PLAASENSEMBLE
(Simfonie vir blasers, honkie-
tonk en mezzosopraan)
George Weideman

Druk ore toe. Die blasers is hier.
Of jy nou met varkedraf
of pitte of 'n gerf hooi opdaag,
hulle wag vir jou. Met instemming.

Saxofone kom nog oop en toe
met gespreide vlerke aangemakou;
tussenin, per ongeluk, die toetergeskal
van 'n klaroen. Al die kleppe oop,

oranje gulsbekke rondom. Een of twee
dissipels van Louis Armstrong. Sissend
van haas vir die finale aanslag
op jou ore. Jy tik met die aanroerstok

en die bokkolonie begin godslasterend
op hulle fagotte blêr. Langsaan, vol
misnoë, die stoetramme. Skoorsoekerig
met hul ramshorings.

Ingestel op harmonie en melodie,
hul asems soet en opdringerig,
die hobospelers. Tamaai tonge
wat vasvat. Jerseys wat ril van plesier.

Uit Boas se bulkamp kom die bastuba
en, afwisselend, hulle wat gestorte
are oppik: vinke en piekeloë
met fyn kwêlafluite en piccolo's.

'n Hele Heilsleër van hoenders
het ver in die veld hul bus verpas.
Kom, sketterend en onwaardig,
dwergtrompette vasgeknyp, aangeyl.

Honkietonkdonkie verbeel
hom 'n cowboykroeg. Hy't skoon
vergeet om in te stem. Karring aan
en aan. Sy tande soos geel klawers.

Nog verder opsy, neus omhoog,
wagtend vir haar solo, diva perd;
nie net maar nog 'n merrie nie. Callas,
minstens, op die toppunt van haar roem.

Eers as elke sak geskud is,
elke emmer omgedop, sak 'n stilte
oor die oopte. Net die ottegesnork
en, kort-kort, mesdun, 'n vals fagot.

Dempers? Daarvan weet hulle nie.
Sweer Stockhausen het saans
stoppels kaf uit sy hare geskud.

Prosa & poësie | 0 kommentare

ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!

Vr., 20 Augustus 2004 18:36

ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!

(Deur Jakkie Basson)

SUUR druiwe by die kommunistiese ANC-regime was duidelik sigbaar nadat
Roland Schoeman, Lyndon Ferns, Darian Townsend en Ryk Neethling 'n puik
prestasie in die swembad gelewer het deur die goue medalje in 'n
wêreldrekordtyd van 3 min 13,17 in die 4x100 vryslag tydens die
Olimpiese Spele in Athene te verower. Al vier is blankes.

Direk na die oorwinning van die vier het die kommunistiese ANC-regime
aangekondig dat Suid-Afrika sy sportbeleid in hersiening moet neem.
Daar is glo nie genoeg geleenthede vir swart "agtergeblewenes" om sport
te beoefen en te presteer nie. Hulle het veral daarop nadruk gelê dat
die saak op skool reggestel moet word.

Met die aankondiging van die Olimpiese span het Sam Ramsamy, voorsitter
van Noksa, gekla omdat 80% van die span uit blankes bestaan.

Armien Dharsey, ondervoorsitter van Ussasa, wat skolesport beheer, het
oor die viertal se oorwinning laat weet dat hy bly is oor die
prestasie, maar nie verheug nie. Die rede is dat daar nie genoeg
gedoen word om swart sportmanne op te lewer nie.

Bhekezizwe Zulu, 'n LP van die ANC, het gesê dat behalwe die een goue
medalje in swem, Suid-Afrika nêrens in Athene is nie. Dit het hy gesê
nadat die Olimpiese Spele nog maar in sy eerste week was, en vele
sportsoorte, soos atletiek, nog nie eers begin het nie.

Dit is baie duidelik dat dit vir die ANC en die swartes nie gaan oor
Suid-Afrikaanse sport en prestasies nie, maar omdat swartes nie
presteer nie, en hulle geen vreugde openbaar wanneer 'n blanke sportman
presteer nie.

Die ontnugtering van die swartes van die ANC blyk voorts daaruit dat
hulle nou ernstig is om swartes aan te moedig om aan sport deel te neem
en te presteer. Hulle wyt selfs die gebrek aan prestasies op die
sportveld aan die afskaffing van die liggaamsoefeningperiode aan skole.

Voormalige Model C-skole (blank) word ook in die skyf gekry omdat hulle
soveel doen om sportprestasies te behaal, terwyl by swart skole geen
vergelykbare programme bestaan nie.

Hulle kla ook steen en been omdat nie genoeg geld vir swart skole
beskikbaar gestel word om sportontwikkeling te bevorder nie. Hulle
voer aan dat transformasie in sport nie so bevorder kan word nie.

Dan meld hulle selfs dat swart sportmanne wat presteer, soos Herschelle
Gibbs en Makhaya Ntini dit slegs kon regkry omdat hulle voormalige
blanke skole bygewoon het. Hulle is glo "afgerokkel".

In die lig daarvan sê die ANC dat hulle sal volhou met kwotastelsels in
alle sportsoorte totdat gelykheid bereik is. Hulle oordeel ook dat
Ussasa nie genoeg doen om sport in swart gemeenskappe te bevorder nie.

Met hierdie uitlatings is dit duidelik dat die kommunstiese ANC-regime
weer met 'n hernude aanslag op sport wil begin. Die doel is nie soseer
om swart sport te bevorder nie, maar dit sal ook weer beteken dat
blankes wat aan sport wil deelneem, verder na benede getrek sal moet
word om de indruk te vermy dat dit slegs blankes is wat in sport kan
presteer.

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    372  373  374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 01:02:56 UTC 2026