Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bush en Kerry lede van "Skull and Bones" by Yale

Ma., 06 September 2004 16:02

Interessant dat Bush en Kerry beide lede van "Skull and Bones" is...

Mmmmmmmm...

Groete met sproete
Plato

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Clinton en sy ekonomiese beleid

Ma., 06 September 2004 14:56

Vir 'n gesonder en eerlike kykie na Clinton se ekonomiese nalatenskap,
besoek hierdie blad...

http://news.bbc.co.uk/1/hi/business/1110165.stm

Groete
Plato

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Nuwe Talent

Ma., 06 September 2004 14:24

By gister se konsert het daar 'n 11-jarige saksofoonspeler opgetree - so
goed. Ek het nog nie 'n volwassene gehoor saksofoon speel soos hy nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek's terug

Ma., 06 September 2004 08:28

Ek's bly om te sien niks het verander nie :) Ek het my week langs die see
so geniet dat ons het besluit ons trek so gou as wat ons kan Suidkus toe.
Ons het 'n hele klompie vriende daar, en hulle soek net vir ons besigheid
sodat ons 'n verskoning het om meer gereeld af te gaan. Die ontwikkelinge
daaronder is iets ongeloofliks, die eiendomsmark floreer en eiendomspryse
het die hoogte in geskiet. Om nou 'n plekkie daaronder te koop sal 'n mens
'n arm en 'n been kos. Daar so baie toeriste dat hulle begin het om Port
Shepstone te ontwikkel (voorheen nie 'n vreeslike groot toeriste
aantreklikheid nie), en hulle behoort voor die einde van die jaar, vir die
heel eerste keer, haainette te kry :)

Ek haal my hoed af vir al die "beach committee's" en natuurbewaring, hulle
het die strande mooi skoongemaak (met die uitsondering van een of twee
kleintjies), groot gedeeltes is tot beskermingsgebiede verklaar, die see is
mooi skoon, en hulle doen moeite om die dolfyne en walvisse te beskerm. Net
11 mense langs die Hibiscus kus af het permitte gekry om "whale and dolphin
watching" toere te doen. Ag ek gaan sommer terug....

Elaine

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Nasietrots

So., 05 September 2004 18:02

In vandag se Sunday Times:
Die mense van Zimbabwe is vreeslik trots op hul Olimpiese swemmer, Kirsty
Coventry, en dit is te sien aan die name van pasgebore babas in Harare: o.a:
Kirsty Moyo; Athens Phiri; Kristee Koventree Kavamba; Backstroke Banda;
Kirsty Coventry Mapurisana; Individual Medley Mbofana; Goldmedal Zulu; Gold
Silver Bronze Ndlovu; Butterfly Masocha; Swimmingpool Nhanga; Freestyle
Zuze; Coventry Mabhena; Breaststroke Musendame; Goldwinner Mambo en
Swimmington Nyamuzuwe.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Goeie Nuus

So., 05 September 2004 14:50

Die laaste paar dae se nuus is
oor wêreldgebeure is darem meer positief
as gewoonlik. Dit lyk asof Bush die leisels gaan behou.

DD

Koeitjies & kalfies | 204 kommentare

Toordery

Sa., 04 September 2004 15:56

n' Ander moer het my vrou getoor. Sy het soos dag en nag verander. Enige
raat/hulp om dit terug te reverse.
Ben

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tannie Bouwer...

Vr., 03 September 2004 14:33

Toe vind ek vandag hierdie (Engelse) artikel, en dink aan u.

http://www.rsa-overseas.com/mboard_dir/507.shtml

Miskien voel ons maar almal so van tyd tot tyd....
Miskien moet tannie maar die foon optel en hom 'n luidjie gee...

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Dis Lente Innie Kaap

Vr., 03 September 2004 14:15

Vandag het ons gaan blomme kyk in die Waterfront. Daar was 'n kompetisie
waar deelnemers van blomme juweliersware moes maak - wonderlike kreatiewe
mense wat deelgeneem het.
Buitekant speel daardie slams met sy trompet en orkessie so lekker, mense
kon nie help om sommer daar in die pad 'n paar binnebouddraaie langarm te
vat nie:)))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vraag aan SuidWester

Vr., 03 September 2004 13:31

Suidtjie,

Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
Is dit waar?

Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
Is dit waar?

Ta

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    366  367  368  369  370  371  372  373  374  375  376  377  378  379  380  381    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 16:21:47 UTC 2026