Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hi Lorinda

Wo., 24 November 2004 22:05

Goed om te sien dat jy nog hier kuier - of moet ek sê - welkom terug?
Ek deel jou siening mbt die Anti en die lefties. Weet darem nie of jyself in
daardie kategorie val nie. Lefties kan nie baie ouer as dertig wees nie ....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat sê julle van die rugby?

Di., 23 November 2004 09:06

Dis so stil op hierdie ng, mens kan kots daarvan. Waar's julle almal?
Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie. Het die resultate van die
VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
wragtag stil is?

Sport & ontspanning | 28 kommentare

Kanada soek Mugabe

Di., 23 November 2004 08:22

Planne om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe in Kanada weens misdade teen
die mensdom te vervolg, kan Suid-Afrika in 'n erge diplomatieke
verleentheid dompel, meen 'n volkeregkenner.

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik " deyr D.J. OPPERMAN

So., 21 November 2004 14:56

Uit "Joernaal van Jorik"

Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek

hoe klein die bruin beeld Jan van Riebeeck

tussen 'n mallemeul se meganiek

en rooi skoorstene van die hawe steek.

'O Fort, Kasteel, vyfpuntige gebou,

straalsteen in die suidelike donker,

strale van Oranje, Buren en Nassau,

Leerdam, Katzenellenbogen - flonker

oor die brokkige hoogland wat wyd

tussen see en see en oop hemele strek,

altyd 'n gidsster in die groot stryd

van binnelande in Sy naam ontdek...'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Gogga in my swembad

So., 21 November 2004 07:17

Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
goed aan die gang hou vir 'n rukkie.

Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
gediertes uit die swembad.

Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...

Groete
Elaine

Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)

Troeteldiere | 16 kommentare

Jake White se probleempie

Vr., 19 November 2004 12:54

Na afloop van die 3-nasies toernooi het Jake White en John Smit met groot
genoegdoening aan die media vertel dat die span die beste is, en dat dit
kwansuis op meriete gekies is. Almal het geweet dat dit 'n infame leuen is.
Nou verloor die manne en wil White die oneffektiewe spelers van kleur
vervang met beter spelers. Maar dit word hom nie toegelaat nie. Slim het sy
baas gevang.
Slim gaan ook sy baas vang indien ons (die wittes) nie effektief beswaar
maak teen die aanstelling van onbevoegde gekleurdes in sekere posisies nie.
'n Mens verdien seker maar jou politieke heersers?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Jake White se probleempie

Vr., 19 November 2004 04:30

"Jonas" skryf

> 'n Mens verdien seker maar jou politieke heersers?

Ja-nee, jong, dis seker maar wat die nie-blankes
gedink het daardie eeue en eeue wat hulle nie in
opstand gekom het teen die onheilige heerskappy
van die witnerwe nie.

Tant Hessie van Riemvasmaak

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Waarom is dit so stil hier?

Do., 18 November 2004 14:42

...julle vaklansie het tog nog nie begin nie...?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

'n Bietjie SPAM vir julle, maar wees asseblief simpatiek.......

Wo., 17 November 2004 21:02

Ek het 'n webwerf opgestel vir 'n insameling vir 'n liefdadigheidsprojek,
sal julle so gaaf wees om te gaan kyk en te ondersteun as julle kan? Indien
moontlik ook die woord te versprei onder julle e-pos kontakte.

Groete.

--
Francois www.soois.co.za

****

The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.

Pierre Teilhard de Chardin

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 17 November 2004 20:22

Uit "Joernaal van Jorik"

vlakke en beelde skuif deur alles heen

en niks is in sy tyd en stof gesluit

maar alles stroom deur grens en eeu aaneen

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    341  342  343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 04 10:18:35 UTC 2026