Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nederlands na Afrikaans

Di., 30 November 2004 05:52

Hi daar al julle bewoners/bewakers van hierdie groep!

Lekker om nog die ou "gesigte" hier te sien.

Ek besoek nie meer so gereeld nie, weens werksomstandighede. VREK
besig om "Die Akker" se rekenaarstelsels aan't gang te hou!

Ek soek egter die volgende ekwivalent/ goeie Nederlandse woorde vir:

"Onweerstaanbare honde"

en

"Onweerstaanbare katte"

Engelse ekwivalent is: "Irresitable Dogs" en "Irresistable Cats"

Dankie vir julle moeite.

Net so 'n inkleur prentjie:
My dogter en haar man werk nou in Engeland. Sy werk by 'n uitgwerey
wat allerhande geskenkboekies publiseer in verskeie tale, en nou't
hulle iets na Nederlands vertaal met hierdie twee titels, maar die
"Onweerstaanbaar" is te lank om in die titelposisie op die buiteblad
te pas.

Groetnis vannaffie 'Bos.

Thys de Wet

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 8 kommentare

Tutu. En toe .

Ma., 29 November 2004 13:55

Ek hou nie van Desmond Tutu nie. Maar, gee die duiwel die krediet wat hom
toekom. Hy is ten minste bereid om, soos in sy verlede, te protester teen
wat hy as ongeregtighede sien.

Tutu het tydens die Mandela-gedenklesing Suid-Afrikaners daaraan herinner om
krities te wees.

Hy het onder ander vir Mbeki daaraan herinner dat hy besig is om blankes te
marginaliseer. Tim du plessis (Rapport) gebruik die woorde - "'n offensief
geloods is om die wittes in Suid-Afrika finaal te onderwerp." Tutu het Mbeki
ook weereens oor die Zimbabwe-fiasko aangevat.

En dis eers nadat Tutu die leiding verskaf het wat die Rapport bereid is om
die onderwerp op te neem.

Waarom is wittes so huiwerig om kapsie te maak teen ooglopende diskriminasie
teen hulle? Is hulle steeds vashgevang in 'n skuldgevoel wat deur mense soos
Gloudina en Ferdiejiekie aangemoedig word? Of, is die wittes soos in die
verlede onderdanig aan die "leierskap" van die dag?

Almal (swart en wit) besef dat hierdie "leierskap" uit oorwegend onbevoegde
en onbetroubare swartes bestaan wat deur die ANC-politieke hierargie op hul
afgedwing is - maar niemand is bereid om daaroor te praat nie.

Skote Tutu.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Tutu. En toe .

Ma., 29 November 2004 06:15

So wat is daar van Tutu wat jy nie van hou nie?
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:coea67$947$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek hou nie van Desmond Tutu nie. Maar, gee die duiwel die krediet wat hom
> toekom. Hy is ten minste bereid om, soos in sy verlede, te protester teen
> wat hy as ongeregtighede sien.
>
> Tutu het tydens die Mandela-gedenklesing Suid-Afrikaners daaraan herinner om
> krities te wees.
>
> Hy het onder ander vir Mbeki daaraan herinner dat hy besig is om blankes te
> marginaliseer. Tim du plessis (Rapport) gebruik die woorde - "'n offensief
> geloods is om die wittes in Suid-Afrika finaal te onderwerp." Tutu het Mbeki
> ook weereens oor die Zimbabwe-fiasko aangevat.
>
> En dis eers nadat Tutu die leiding verskaf het wat die Rapport bereid is om
> die onderwerp op te neem.
>
> Waarom is wittes so huiwerig om kapsie te maak teen ooglopende diskriminasie
> teen hulle? Is hulle steeds vashgevang in 'n skuldgevoel wat deur mense soos
> Gloudina en Ferdiejiekie aangemoedig word? Of, is die wittes soos in die
> verlede onderdanig aan die "leierskap" van die dag?
>
> Almal (swart en wit) besef dat hierdie "leierskap" uit oorwegend onbevoegde
> en onbetroubare swartes bestaan wat deur die ANC-politieke hierargie op hul
> afgedwing is - maar niemand is bereid om daaroor te praat nie.
>
> Skote Tutu.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Murrayfield

Ma., 29 November 2004 00:13

10 uit 10 aan Naas Botha wat onmiddelik na die wedstryd (en Nick Mellett in
die S/Times vandag) kon sê dat Skotland nie as van internasionale standaard
gereken kan word nie. Gode sy dank sal die Argentydnse span nie op volle
sterkte kan wees a.s. week nie....

Dis beter om teen 'n goeie Engelse/Ierse span te verloor as om teen so 'n
kranklike vyftien te wen

Habana kan dalk voortaan op meriete in die eerste 15 gekies word - 'n
welkome vervanging vir Paulse....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dankie Max

So., 28 November 2004 19:05

Baie Dankie Max

Die kinders sal dit waardeer.....

Francois www.soois.co.za

****

The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.

Pierre Teilhard de Chardin

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Iets vir Katryn en Ellie

Vr., 26 November 2004 08:14

Gaan bietjie na google.com, tik die woord "failure" in en soek. Kyk
wat staan heel bo :-)

Sorry Ellie, maar jy sal dalk vreugde put (mooi Afrikaans!) uit die
tweede een.

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN

Vr., 26 November 2004 02:33

Uit " Joernaal van Jorik"

'n Ou Mark: Langs kalkstrepe op die Plein
staan groen vragmotors, ongeskeerde mans
uit die Pêrel, Wellington en Drakenstein,
Verdruk-my-Nie en van Kleinwolwedans;

Bruinmense met tamaties en kropslaai,
en Grieke koop geelwortels en radyse!
Wie het die appels in papier gedraai?
Hier lê 'n springbok, daar 'n paar patryse.

Hy hoor die karretjie met groot geraas
van wiele en van perdepote om die hoek,
en die Maleier sy vals beueltjie blaas
en skree: " Kabeljou, galjoen en snoek!"

Prosa & poësie | 0 kommentare

Koffiewinkel vs Moffie

Do., 25 November 2004 09:55

Ek lees vanoggend van 'n gay-ou wat plek by 'n koffiewinkel wou bespreek vir
sy verjaardagparty, maar toe die eienares uitvind dat dit 'n gay-groep gaan
wees, toe stel sy nie meer belang nie. Nou is die ou baie ongelukkig oor
die vrou diskrimineer teenoor hom en sy gay-geid. Hy voel sy mag hom nie
wegwys net omdat hy en sy vriende gay is nie.
Die vraag wat by my opkom is of gay mense nie besef dat baie van hul
optrede en gewoontes vir gewone mense aardig is en hulle ongemaklik laat
voel nie? Hierdie vrou voel dalk dat sy nie in so 'n situasie wil beland
nie, juis omdat sy dit nie kan hanteer nie en daarom eerder die situasie
vermy. Ek sou reken die gay-ou moet eerder dankbaar wees dat sy die
situasie stop voor dit dalk handuit ruk?

Koeitjies & kalfies | 85 kommentare

Liggieprobleem

Do., 25 November 2004 05:52

Sekere dele van Johannesburg sit nou al vier dae sonder krag. Dit gaan
sommer groot sports wees as die elektrisiteitsprobleem, wat al van 1994 al
erger word, totaal oorneem wanneer die 2010 sokkertoernooi aangebied word:))
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Geldmors

Do., 25 November 2004 05:31

Met Ian se niggie van Engeland wat hier is vir 2 maande, en die feit dat ons
nog steeds nie genoeg tyd het om alles te kan sien net hier in die Kaap nie,
weet ek nie of ek moet skaam of teleurgesteld moet voel vir die
reisagentskappe wat toere aanbied, teen 'n groot koste, en mense wat in duur
hotelle bly en hulle half oorhoeks eet, en dan woerts-warts hulle deur die
hele SA in 17 dae.
Gister ontmoet ons 2 dames op so 'n toer by die V&A wat 'n dag van die toer
apart wou wees - ek het maar vir hulle vertel van die Scratch Patch, en om
'n taxi te neem van Seepunt teen sononder na Signal Hill.
Hulle het glo Kirstenbosch besoek, maar het skaars 'n uur gehad om deur die
tuine te hardloop. Dieselfde vir al die toeristeplekke - kyk en ry, al die
pad - en die mense het nie die vaagste benul wat hulle kan sien en leer by
die plekke wat hulle besoek nie.
17 Dae is nie eers genoeg om die Kaap behoorlik te sien nie, wat nog van die
hele SA.
Nog 'n ding wat definitief vinnig in die kiem gesmoor met word, en ek het
dit in die besoekersboeke aangeteken, is dat mense wat privaat toer altyd
vir toergroepe moet opsystaan.
Dit is sommer nonsens.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    340  341  342  343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 04 11:45:53 UTC 2026