Ek skryf net weer oor die klug van die lotto. Jisliaak ons word darem
lekker bevark met die Lotto. Eerstens is die lotto daar om die swart volk
te bevoordeel en te verryk en tweedens staan jou ses nommertjies nie 'n kat
se kans om te wen nie, al glo jy hoe hard in jou nommers en al kies jy hulle
nou volgens 'n streng tradisie hulle beteken boggerol WANT die lotto is
gerekenaarniseerd...as jy jou lyntjtie speel word jou lyntjie onmiddelik
geregistreet by Uthingo se rekenaar sentrum waar hulle jou kombinasie
nommers kan sie asook waar jy gespeel het, so 'n ou wat in Constantia speel
dop net daar en dan al sy nommers waar 'n ou in Soweto se kanse
verdriedubbel!
Nou voor die Draw Manager kies watter balletjie en masjien gebruik gaan word
(dit is net so 'n groot fokop want dit gekiesery is ook 'n klug. Hulle kies
die masjien en balletjies redelik vroeg met genoeg tyd om die goed te
dokter) het hulle by Uthingo alreeds alle kombinasies nagaan om te kyk wat
gespeel is en watter nie, so elke keer as die Lotto oor rol dan het hulle 'n
ongespeelde kombinasie die wen nommers gemaak. As iemand wen wees verseker
dit is ou Philemon van Soweto wat weer gewen het!
Die lotto moet afgebreek word tot iets basies....soos Italie se
lotto.......'n klomp eenderse kleur balletjies word in 'n draad hokkie
gegooi wat 'n slinger het wat dan met die hand gespin word na so 'n paar
draaie word dit gestop en 'm klein meisie of seuntjie haal 'n balletjie uit
en die draw manager maak dit oop en haal die wen nommer binne die balletjie
uit. So gaan die proses aan tot all ses balletjies uitgehaal en oop gemaak
is. Geen manier vir crook nie meer kans dat regte geluk aan jou kant is.
So stop om jou geld te mors of gaan koop jou kaartjie in die plakkerskamp.
Met hierdie nuwe poging, geborg deur FNB, genaamd Homecoming Revolution, of
dit enigsins hondhaaraf sal maak, ten spyte van die wortels en die
gepaardgaande monitêre vergoeding?
Sal die xpats hul daaraan steur?
Ek meen nou maar- alles is nog presies dieselfde as die redes hoekom hul die
land verlaat het, nl, hoë misdaad, swak openbare skoolopleiding, swak
provinsiale hospitale, swak maatskaplike ondersteuning, werkloosheid en
korrupsie in groot maat op alle regeringsvlakke.
--
Groetnis
Annette
Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.
Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.
Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?
Tog: as die dors ons dryf om, en in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.
Een van die interessantste besoekers aan ons kus hierdie jaar was 'n familie
mense wat uit ons land weg is na Australië so 'n drie-vier jaar gelede en
nou weer in ons land kom kuier het. Die aanvanklike indruk wat mens kry is
dat Oz wonderlik is en dit kan net nie beter nie. Werkloosheid in Oz is
blykbaar minder as 2% en as jy nie werk kan kry nie, vul jy net 'n vorm in
en ontvang iets soos 540 dollar per week van die staat af om te oorleef.
As jy later vir werk wil aansoek doen op 'n plek, koop die staat ook vir jou
ordentlike klere [as jy nie het nie] sodat jy reg vir jou aansoek is.
Skoolopvoeding daar is iets om van te droom. Ongeletterdheid bestaan
omtrent nie en as 'n kind in 'n skool inkom wat 'n immigrant is en wat
sukkel met die Engels en die standaard sal hulle maklik 'n spesiale
onderwyser aanstel net vir daardie enkele kind. Al die kinders op skool in
Oz word blykbaar jaarliks getoets vir skolastiese standaard en as 'n kind
nie op standaard is nie, dan subsidieer die staat jou die geld om jou kind
spesiale onderrig te kry sodat hy kan bykom! Niemand in Oz maak eintlik
voorsiening vir hul oudag nie, want dis nie nodig nie....die staat gaan
sorg.
Kan dit beter wees? Julle sal seker nooit weer in ou Suidwes wil om
bly nie? Ons wag net vir die kinders om hul skool te voltooi en teen
daardie tyd sal ons genoeg geld gemaak het om terug te keer Nam toe, is die
verassende antwoord. Maar hoekom? Julle's in Utopia?
Weet self nie eintlik nie, maar maak nie saak wat jy doen in Oz nie, jy
sal nooit werklik in hart en siel 'n Australiër wees nie en sal die Ozzies
jou ook nooit werklik volkome aanvaar nie. Dis nie jóú land nie. Die
vryheid van die ooptes van Namibië bestaan nie daar nie. Alles is
gereguleer en niemand het eers die guts om die spoedbeperkings te oortree
nie, ens, ens. Die laaste tyd voel hulle lusteloos en die dae vloei
inmekaar.
Skielik gaan daar 'n lig by my op. In 'n land soos Oz word prestasie
goed beloon, maar uit die breë vlak van die bevolking, hoeveel kan nou
werklik top-presteer? Uit die breë algemeen seker nie meer as 10% van die
bevolking nie? Vir die res is die lewe so georganiseer dat daar nie
eintlik meer uitdagings oor is in hul alledaagse lewens nie. Hulle hang
maar net en wag dat die lewe omgaan. In Afrika, waar dinge so effe
deurmekaar is, is oorleweing 'n uitdaging elke dag en dis ....OPWINDEND!
Die eerste rededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos : ek het honger.. hou van jou. is moeg.
Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik : jy en ek.
'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer
hul moeiteloos die diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos : daarenteen.. ondanks.. desnietemin.
Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om U uit te nooi om deel te word van die SA Magte Klub 1912 - 1994.
Ek hoop van harte dat U die uitnodiging sal aanvaar en dit saam met ons sal geniet.
My Gebed is dat ons saam sal wees sonder enige stuwelinge en dat ons die hand sal uitsteek na mekaar in tye van Nood.
DOEL
1. Die doel van die SA Magte Klub 1912 - 1994 is om 'n vrywillige, nie Politiese, nie winsgewende Organisasie te wees van persone, wat in diens was van die SA Magte tussen 1912 en 1994 en diesulkes bymekaar te kry, teneinde:
a. Trots op wat hulle vermag het te bevorder.
b. Kameraderie tussen lede te behou en te bevorder.
c. By gepaste geleenthede eer aan gestorwe makkers te betoon.
d. Waar moontlik lede by te staan wat probleme het.
ETIEK
2. Die Klub stel hom nie ten doel om in enige kompetisie met enige ander gediende organisasie te staan ten opsigte van die werwing van lede of ten opsigte van die nasstreef van gestelde doelwitte nie.
3. Die Klub sal bestaan uit 'n unieke groep persone wat saamgebonde is asgevolg van 'n besondere tydperk waar sekere ondervindinge gedeel was maar erken ook dat die Klub saamgestel is uit lede van al die Weermagsdele, Korpse en Polisie wie trots is op hulle eie erfenis.
STRUKTUUR
4. Die Klub stel hom ten doel om sy bedrywighede so eenvoudig en so informeel as moontlik te behartig.
a. Samekomste: Daar sal gepoog word om ten minste eenmaal per jaar 'n samekoms te reël vir alle Lede. Daar is egter geen beperking op lede om samekomste te reël soos wat dit hulle pas in die verskeie Streke nie.
LIDMAATSKAP
5. 'n Persoon is 'n lid van die Klub indien hy/sy aan die volgende criteria voldoen;
a. As 'n lid van die destydse Staandemag, Burgermag, Kommandomag of Polisie oor die tydperk van 1912 tot 1994 in die SA Magte van die Republiek van Suid Afrika diens gedoen het;
b. Indien hy/sy oor dieselfde tydperk as individu of as lid van 'n eenheid, formasie of hoofkwartier van die destydse S.A.Weermag, Burgerlike Organisasie of Polisie wat ter ondersteuning van die Magte opgetree het, aktief bygedra het tot die doeltreffendheid of welsyn van die lede van die Mag.
GEBIED VAN OPTREDE
6. Die Klub funksioneer binne die grense van die R.S.A en in enige ander land waar een of meer lede woon.
7. Die amptelike tale van die Klub is Afrikaans en Engels.
Indien U belangstel, stuur slegs `n lee boodskap aan: SA-Magte-Kl...@yahoogroups.com
of kontak my direk.
Beste Magte Groete
Frikkie Potgieter
President
SA Magte Klub 1912 - 1994
pres...@samagte.org
Graag doen ek `n beroep op elkeen wat wag vir Oujaarsaand en om die Nuwe Jaar in te gaan.
Met laaste lig, dink gerus aan ons Kamerade en Helde wat gesterf het op ons Grense vir die Republiek van Suid Afrika. Selfs hulle wat die afgelope Jaar gesneuwel het en of na die Bosoorlog..
Ons Kamerade wat gesneuwil het kan dit ongelukkig nie saam met ons deel nie en ook `n Gebed aan die gesinne en vriende wat agtergebly het.