Wat was die lekkings in vanoggend se Super12 wedstryde?
Ek moes in 'n ry iewers gaan staan, en het dit gemis.
Vroegoggend na 7's gekyk in Hong Kong . ons span het ver gewen teen Paraguy
, wat die eerste keer deelneem.
Daar is 'n hardloper in ons 7's span met die van Stick, wat nogal vinnig is.
I was born in South Africa and emigrated to Canada in 1995 at the age of
seven. My Dad's side of the family were Boers but I wasn't taught much
Afrikaans at home and didn't retain what little I picked up.
I would love to learn how to speak Afrikaans, mostly because I am
planning on moving back after I finish my Law degree (I'm graduating
from High School this year and start pre law next September).
If anyone in this group would consider tutoring me, or recommending a
good book or other resources I'd appreciate it.
Gisteraand sien ek toe my naam op die skerm in 'n teater.
Njannies - dis ekke daai.
Die film is 34 South - dit was nogal beter as wat ek verwag het, en gaan oor
ons kleulingjongmense veral wat 'n identiteitsprobleem het aangaande of
hulle Afrikane is of nie.
Die musiek, hoewel oorspronklik, gepas, en innoverend, het ek egter te hard
en versteurend gevind - maar ek vermoed die fliek is op 'n jonger mark
gerig, waar harde musiek so nodig is as suurstof.
Ek dink dis seker die mooiste woord vir die gevolgtrekking waartoe
hierdie storie lei...
In Pakistan se platteland is 'n plaaslike 12-jarige seuntjie voor die
hof gedaag. Die is burger-howe wat deur die "wysemanne" bedien word.
Die seuntjie se misdaad: hy het saam met 'n meisietjie gestap wat tot
'n hoër stand as hy behoord! Die beskuldige is skuldig bevind en sy
familie moes iemand kies om die straf te dra. Omdat mans heilig is in
die kultuur, moes sy 18-jarige suster die 'punch' vat. Sy is in die
publiek deur vier vrywilligers verkrag. Gewoonlik word daar dan van
sulke vroue verwag om selfmoord te pleeg, uit skaamte...
In die Filipyne weet 30% van die populasie nie dat babas deur seks
gemaak word nie, die land het ook die hoogste bevolking groei op ons ou
planeetjie.
Ek weet mens moet nie 'n kulturele-supremis wees nie, maar regtig, gaan
hierdie mense ooit inhaal?