Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dan Roodt

Ma., 14 Maart 2005 18:36

Democracy is a tyranny of the majority.
(What we have now is more biological democracy)

Hagar die verskriklike

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Super 12

Ma., 14 Maart 2005 13:58

Ai nog 'n naweek het gekom en nog 'n verloor naweek het gegaan. Van die
spanne self kan 'n mens sien dat ons spanne eintlik fisiek groter en sterker
is en dat die franchise hier voor is die spanne van "Down Under" en Die land
van die Silwer Varing.

Maar ai toggie first time têkkels wat nie gelak word nie, deur die man
hardloop, stil staan ageterlyn bewegings en swak stelskop rugby laat ons
elke naweek soos 'n klomp moeg perde lyk, ten minste probeer die Stormers
darem, maar die Fools sorry die Bulls, die Sandhaaikies en kietsie Cats kom
maar sleg tweede. Ek is nou al moeg om elke te hoor ":nee as die Crusaders
die Reds met 'n bonus punt wen en die Brumbies die Hurricanes wen dan het
ons arme spannetjie die kans om die semi's te haal.....plaas om te speel
sodat hulle verseker te wees nou wag hulle vir genade van ander wedstryde se
uitslae.

Nou met die beplande Super 14 dan kry ons nog 'n têkkel bêg by....O eina nog
'n naweek lê om die draai.......

Groete
D

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Ons weet nog maar min

Ma., 14 Maart 2005 13:15

Na Saterdag se artikel in Argus oor die swak taalgebruik van isiXhosa by
kennisgewings ( No Hawking/.smousery verbode/akuhanjwa apha -
Fine.boete.intlawulo
R200 - waar die Xhosa eintlik sê " no walking")
Let ek toe vandag by die Ontvanger op hoe Xhosa deesdae gepraat word. Iemand
is geroep om 'n Xhosa kliënt te help toe Engels nie wou werk nie.
En amper kon ek net daar isiXhosa verstaan, so deurspek is dit van Engelse
woorde waarvoor daar nie 'n Xhosa-woord of begrip verstaan nie.
Dus is daar nie 'n woord in isiXhosa vir:
Finish
Form
Personal Details
nie.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

AFRIKA DIGKUNS

Ma., 14 Maart 2005 09:13

AFRIKA DIGKUNS

Dit was 'n diep stil donker nag.
Ver poep 'n Zoeloe sag.
Met 'n dowwe geplof,
val 'n drol in die stof.
Geduldig gedwee hoor ek 'n geskree.
'n Zoeloe het sy hol met 'n doringtak afgevee

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jay Leno

Ma., 14 Maart 2005 09:03

Die ou het my ander aand lekker laat lag op sy show. Met verwysing na
Charles en Camilla se komende troue, reken hy toe dat die Britse adel het al
die geld in die wêreld, maar nie genoeg vir behoorlike 'dental care' nie!
Die Engelse bekke oor die algemeen is mos swak onderkakebene en
oorslaat-tandjies.......

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Groot lawaai, weining lig

Ma., 14 Maart 2005 06:24

Daar is die groot bohaai oor Dan Roodt by die woordfees toe 'n geweldige
anti-klimaks is die sin dat hy toe opdaag met sewe selfaangestelde lyfwagte
" omdat hy ons kampe bywoon", en hulle toe die gangetjie in die
bib/boekwinkel wat vir die bespreking uitgesit is, nog kleiner maak as wat
nodig is.
Help my bietjie reg - word 'n bespreking nie al sittende gedoen nie?
'n Toespreking of 'n aanspreking kan staande gedoen word, as dit nodig is.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nog Rehoboth se moorde

Ma., 14 Maart 2005 06:12

Die moordenaar, 'n 20-jarige man van Rehoboth, het bloot net wraak geneem
omdat hy en sy broer gevang is met 67 skape wat hulle gesteel het en die
boer [die ou wat doodgeskiet is] hulle nie laat aankla het nie, maar hulle
'n kans gegee het om eerder die skade te vergoed deur dit terug te betaal!
Toe voel hulle dat dit darem te onregverdig is en moor die boer, sy vrou en
die plaaswerkers.....oorlat hulle vir hulle diefstalle moet bet��l?
In die koerant wys hulle die jong moordenaar wat kalm vir die polisie al
die plekke van sy dade uitwys en hy's duidelik nie veel gepla nie. Dit
maak mens siek tot in jou siel dat so 'n dier gaan toegelaat word om dit te
behou wat hy vir 8 ander mense nie gegun het nie en op die wreedste manier
doodgemaak het: Die lewe.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ge Korsten se LIEFLING

So., 13 Maart 2005 14:31

Het iemand dit dalk in mp3 formaat?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pretoria of ... ?

Sa., 12 Maart 2005 19:56

Gelezen:

____________________________________________________
Nieuwe naam voor Pretoria: Tshwane

De administratieve hoofdstad van Zuid-Afrika, Pretoria, krijgt een
nieuwe naam. De keus is gevallen op Tshwane, de naam die een aantal
van de eerste Afrikaanse bewoners aan het gebied gaf en 'we zijn
hetzelfde' betekent. Dat heeft de gemeenteraad van Pretoria maandag
beslist, aldus het persbureau SAPA.

De naamsverandering is de laatste in een reeks en is bedoeld om te
breken met het verleden, waarin een blanke minderheid het land
bestuurde. Op deze manier maakt Zuid-Afrika een onderscheid tussen het
oude en het nieuwe, tussen het verleden en het heden, zei burgemeester
Smangaliso Mkhatshwa.

Naar verwachting keurt de Zuid-Afrikaanse Raad voor Plaatsnamen in
oktober het besluit van de gemeenteraad goed. Dan wordt begonnen met
het aanbrengen van de nieuwe naam op landkaarten.

Pretoria werd in 1855 gesticht en is genoemd naar kolonistenleider
Andries Pretorius. Het district waar Pretoria deel vanuit maakt, wordt
al jaren Tshwane genoemd.

Tegenstanders wezen erop dat de naamswijziging geldverspilling is en
mogelijk de spanningen tussen blanke en zwarte Zuid-Afrikanen doet
oplaaien.
______________________________________________________

Is dat "final"?

Nu de naam Suid-Afrika/South Africa zelf nog in de ban en er blijft
niets meer over van de geschiedenis. Ik heb me daar niet mee te
bemoeien maar ik vind dit erg. Heel erg.

--
Michel.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Die nuwe hoofregter

Sa., 12 Maart 2005 16:13

Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
hoofregter Chakalson opvolg.
Vyftig jaar gelede was Pius Langa in my Afrikaanse
klas in Standerd 8 op Adams College. Ek onthou hom as 'n
stil intelligente ou, wat nie 'n voet verkeerd kon sit nie, altyd
sy werk konsensieus gedoen het. Maar ek het altyd die gevoel
gehad dat hy my sit en dophou en nie daarvan sal hou as ek
'n voet verkeerd sit nie.
En die klas was nogal nie 'n maklike klas nie. Daar
was veral twee ander studente wat my aandag baie meer gevang
het. Die een student se naam was Sameul Zondi. Hy was 'n
wiskundige whiz kid wat in sy eerste ses maande op hoërskool
in standerd sewe die hele Junior Sertifikaat sillabus bemeester
het. Vanaf die helfte van standerd 7 tot in die helfte van standerd
8 het hy die hele Senior Sertifikaat ( Cambridge Matriculation)
sillabus deurgewerk. Teen die einde van standerd ag het sekere
onderwysers vir hom universiteits-wiskunde gegee om hom
besig te hou. Ek neem aan dat alhoewel Pius Langa seker baie
goed in wiskunde gedoen het, hy nie maklik kon kers vashou
by Sameul Zondi nie. Ek dink selfs dat Sameul se Afrikaans
beter was as dié van Pius. ( Dit het afgehang van waar die
studente afkom, hoe goed hulle Afrikaans was. )
Dan was daar 'n ander seun in my klas wat veel van
my aandag geverg het. Sy naam was Lynwood Mehlomakulu.
( Dis die Zoeloe vir "groot oë " ) Lynwood was baie mooi
van aansien. Fyn gelaatstrekke. Altyd goed en gesofistikeerd
aangetrek. Baie populêr onder die meisies, selfs die Matriek
meisies. Nie te dom nie. Maar hy het in die eerste maand of so
van die klas dit sy roeping gemaak om die aandag te trek deur
my op subtiele maniere te ondermyn deur te praat in die klas,
of vrae te vra wat die ander studente laat lag of irriteer het.
Ek het dit vir 'n maand of so gevat. Maar eendag toe speel
Lynwood sy kaarte verkeerd. Ek vra hom 'n vraag, en hy
hy antwoord nie, maar maak sy oë oorkruis. Dis toe net daar
dat ek vir die klas sê om iets te vind om te doen, en ek marsjeer
vir Lynwood af na die prinsipaal se kantoor toe. Dit was in die
dae toe prinsipale nog lyfstraf kon toedien. Ek sê toe vir Mr.
Grant ( op sy dae krieketspeler vir Cambridge) dat ek nie vir
hom gaan sê wat Lynwood gedoen het nie, maar dat hy maar
vir hom 'n pak slae moet gee. En ek marsjeer weer by die
deur uit.
Van daardie dag af het daardie standerd ag klas uit
my hande ge-eet. Hulle was al lank moeg vir Lynwood, en ek
was hulle heldin. Ek weet verseker dat Sameul vir die res
van die jaar op my verlief was. Elke keer as ek met hom praat,
kon ek sweer hy bloos. Ek is ook seker dat wat ek met Lynwood
gedoen het, Pius se goedkeuring weggedra het.
Ek weet wat van Pius en Sameul geword het.
Laasgenoemde, die laaste keer toe ek iets van hom gehoor het,
was hoof van 'n kollege in Pietermaritzburg. Maar nou wonder
ek wat van Lynwood geword het. Ek hoop sy jeugdige moeds-
willigheid het hom nie op verkeerde paaie laat beland nie. Ek
is bly dat hy in die geslag was wat uiteindelik in hulle eie land
goeie geleenthede kon kry. Maar mens wonder maar altyd as
jy aan jou vorige studente dink. Hoeveel van hulle het onbeskadig
deur die sewentiger- en tagtigerjare gekom? Hoeveel van hulle
het hulle lewens verloor, nie net teen die outoriteite nie, maar
ook in die gevegte tussen die politieke faksies in Natal.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1838): [ «    316  317  318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329  330  331    »]
Tyd nou: Do. Apr. 24 18:12:54 UTC 2025