Ek hoop daar was darem een deelnemer hier wat wou gaan sit in die son en
luister na toesprake:))
Daar is glo gister in Guguletu 'n monumentding onthul wat die 6 onskuldige
masjeerders wat deur die polisie doodgeskiet is, huldig.
Ek sien nog geen monument ter huldiging van die duisende onskuldiges wat
vermoor word in die townships aan die hand van misdadigers nie.
Daar is nog ook geen monument vir die etlike onskuldiges wat doodbrand
wanneer 'n onverskillige sy lapwoning aan die brand steek, en die hele
gemeenskap se lapwonings ook afbrand nie.
--
Groetnis
Annette
NAMIBIë se weermag (NDF) staar 'n krisis in die gesig.
Vir die eerste keer in die 15-jarige bestaan van die NDF het 'n
regeringsverslag die sluier gelig oor toestande in militêre basisse in
die land waar nagenoeg 16 000 soldate 'n bestaan moet voer.
'n Ernstige tekort aan ammuni-sie, verouderde en selfs "gevaarlike"
wapentuig, 'n gebrek aan voertuie, uniforms, skoeisel en beskermende
klerasie, oorbevolkte barakke en geboue wat letterlik uitmekaar val,
is die kruks van die bevindinge van die verslag waarin top militêre
offisiere aangehaal word.
In die verslag word ook 'n dringende hersiening van die salarisse en
diensvoordele van soldate aanbe-veel saam met die werwing van jong
rekrute "om diegene te vervang wat sterf weens ouderdom en siektes,"
luidens die verslag.
Die verslag deur die parlemen-têre vaste komitee oor buitelandse sake,
verdediging en sekuriteit, is in Windhoek openbaar gemaak ten spyte
van heftige teenkanting deur senior ministers weens die "sensitiewe
aard" daarvan.
Die Maart 2005 verslag is uitgereik nadat die komitee onder
voorsitterskap van die voormalige minister van Inligting en
Uitsaaiwese, mnr. Ben Amathila, besoek gebring het aan die militêre
basisse in Windhoek, Luiperdsvallei, Oamites en die militêre skool se
basisse op Okahandja en Osona.
Die verslag bevat skokkende bevindinge oor al die basisse.
In Windhoek, die hoofkwartier van die presidensiële wag, skryf die
komitee van ernstige vervoerprobleme, lekkende baddens, stukkende
pype, lekkende waterverwarmers, gebreekte plafonne, verouderde potte
en stowe waarvan sommige nie meer in 'n werkende toestand is nie en 'n
algemene gebrek aan akkommodasie.
By Luiperdsvallei, hoofkwartier van die 12de Brigade, is 'n
voertuigvloot in "swak toestande" aangetref.
Voorts beskik die soldate by dié basis nie oor ammunisie nie en is die
enigste beskikbare voorraad nog uit die arsenale van Swapo se eertydse
gewapende vleuel, PLAN afkomstig.
Voertuie wat onlangs deur die Chinese regering geskenk is, staan en
verbrand in die son en die meeste wapentuig in die basis is "verouderd
en gevaarlik."
In die verslag word selfs gewaarsku dat sommige rekrute nie met
betroubare wapens toegerus kan word nie, want dit bestaan eenvoudig
nie.
Geboue wat onlangs in die basis gebou is, is deurtrek met krake en die
gas- en elektriese oonde van die basis asook die gasverwarmers is
almal buite werking.
Die kwartiere van die soldate lek ook as dit reën en ernstige
oorbevolking van woonkwartiere word ondervind.
Die menasies vir onderoffisiere en troepe beskik nie oor tafels en
stoele nie.
Die komitee het ten opsigte van die Oamites-basis aanbeveel dat dié
geriewe gesluit word omdat dit soos die ander basisse s'n, vervalle
geraak het en die kwartiere lyk soos die kampong van migrasiewerkers
op 'n myn.
In die verslag word dieselfde probleme ook ten opsigte van die basisse
op Okahandja uitgewys. Waar die mansterkte van die Militêre Skool op
net 701 man staan, het die komitee tydens sy besoek altesaam 1 851
soldate in die basis aangetref.
Die ondersoekspan het onder meer aanbeveel dat die weermag 'n
ontwikkelingsbegroting aan die komitee moet voorlê in 'n poging om die
probleme aan te spreek.
Die Minister van Justisie, dr. Albert Kawana, het tydens die
be-spreking van die verslag sy kommer uitgespreek oor die sensitiewe
inligting wat in die verslag vervat is en die komitee gemaan om liefs
in die toekoms versigtiger te wees met die openbaarmaking daarvan.
Hy sê verdedigingsaangeleent-hede is sake van nasionale belang en moet
omsigtig hanteer word.
Hy het ook die hoop uitgespreek dat wanneer die verdedigingsbegroting
in die vervolg na die Huis gebring word, opposisiepartye die
noodaaklikheid van voldoende befondsing vir dié uiters belangrike
portefeulje sal besef en die begroting sal steun.
Die Minister van die Omgewing en Toerisme en voormalige minister van
verdediging, mnr. Phillemon Malima, het die komitee berispe omdat dit
hulle nou eers aan die einde van die werksaamhede van die huidige
Nasionale Vergadering met so 'n verslag vorendag kom.
Volgens hom moes dit jare gelede reeds gedoen gewees het.
Intussen het geriewe van die weermag sodanig agteruitgegaan, dat dit
nou in die haglike toestand verkeer soos deur die komitee aangetref.
Ek lees nou net in Beeld Ferdi Greyling se Forum-artikel (hieronder
verskyn 'n aanhaling daaruit). Daarin skryf hy dat "Transformasie is
dus om van wittes ontslae te raak" (met verwysing na sportspanne).
En ek wonder hoekom dit 10 jaar geneem het voor Ferdi (of Beeld) dit
begryp het? Luister mense nie as die ANC praat nie? Hulle stel dit al
onomwonde in soveel woorde dat veral wit Suid-Afrikaners nie welkom
is, hetsy in sportspanne, hetsy in die regering, of in Suid-Afrikaanse
instellings nie. 'n Ou skoolvriend van my het in 1995 geëmigreer, en
vertel my dat die besluit baie maklik was: Ná die ANC-oorname sit
hulle (hy was 'n hooggeplaaste staatsamptenaar) in die eerste
vergadering met die nuwe heersers. Die ANC-lid kyk hulle glo deur en
die eerste woorde wat geuiter word is: "There are too many white men
around this table". Net daar, vertel hy my, besef hy dat veral
Afrikaners nie in die langtermynplanne van die ANC enige rol speel
nie.
Die jaar was 1994.
Waarom is dit nou eers dat Beeld begin om so hier en daar hieroor te
skryf?
Hoekom neem dit 10 jaar van geweld en moord op Afrikaners,
diskriminasie onder RA en BEE, dreigende grondonteiening, en veral
uitspraak na uitspraak oor transformasie, voor die boodskap begin
insink? Hoekom wil figure soos Max du Preez en publikasies soos Beeld
dit nie besef nie?
Dink hulle dat om dit te ignoreer dit sal verhoed?
Ek dink nou die dag aan 'n land waar iets net gebeur as iemand hardop
sê dat dit gebeur.
Die resultaat is 'n gemeenskap waar niemand iets slegs wil sê nie om
te verhoed dat slegte goed gebeur.
En as iets slegs gebeur, wel dan moet dit wees omdat iemand iets slegs
gesê het.
Dit pas so in by die Dan Roodt-Stellenboschdebat. As almal sou ontken
dat Afrikaners onder geweldsmisdaad deurloop, dan gebeur sulke misdade
skynbaar nie.
As daar teen Afrikaners misdade gepleeg word, as Afrikaanse skole
onder druk is, as transformasie afgedwing word, dan moet dit wees
omdat 'n Afrikaner êrens iets skeefs gesê of geskryf het.
En die koor daar in Stellenbosch, asook Max du Preez, wil die
Afrikaners wat hieroor praat laat les opsê.
Dit is mos onmoontlik nie die ANC wat agter transformasie, BEE, en RA
is nie? Of hoe?
Ná 'n onderhoud wat mnr. Butana Komphela, die voorsitter van die
parlement se sportkomitee, die naweek aan die Sunday Times toegestaan
het, is daar dalk 'n bietjie meer duidelikheid oor wat die inhoud van
transformasie vir die ANC-regering is.
'n Mens is aangewese op sulke afleidings omdat die regering self nie
sy beleid wil verduidelik nie.
Dit lyk asof dit eenvoudig beteken dat wit Suid-Afrikaners moet padgee
uit sportspanne, afrigtersposte en besture en dat hulle deur swart
mense vervang moet word.
Komphela antwoord onder meer só op van die vrae: Vraag: Jy sal nie
gelukkig wees totdat daar 'n meerderheid van swart spelers in ons
spanne is nie? Antwoord: Ek sal nie gelukkig wees nie. In alle sporte.
Op 'n verdere vraag: Dink jy nie afrigters sal hul beste spelers kies
nie, ongeag kleur? Antwoord: Nee. Ek dink nie so nie. Hulle kies
aspris nie swart spelers nie. Vraag: Selfs afrigters soos Jake White
en Ray Jennings? Antwoord: Enige wit afrigter.
Transformasie is dus om van wittes ontslae te raak.
Ná 'n onderhoud wat mnr. Butana Komphela, die voorsitter van die
parlement se sportkomitee, die naweek aan die Sunday Times toegestaan
het, is daar dalk 'n bietjie meer duidelikheid oor wat die inhoud van
transformasie vir die ANC-regering is.
'n Mens is aangewese op sulke afleidings omdat die regering self nie
sy beleid wil verduidelik nie.
Dit lyk asof dit eenvoudig beteken dat wit Suid-Afrikaners moet padgee
uit sportspanne, afrigtersposte en besture en dat hulle deur swart
mense vervang moet word.
Komphela antwoord onder meer só op van die vrae: Vraag: Jy sal nie
gelukkig wees totdat daar 'n meerderheid van swart spelers in ons
spanne is nie? Antwoord: Ek sal nie gelukkig wees nie. In alle sporte.
Op 'n verdere vraag: Dink jy nie afrigters sal hul beste spelers kies
nie, ongeag kleur? Antwoord: Nee. Ek dink nie so nie. Hulle kies
aspris nie swart spelers nie. Vraag: Selfs afrigters soos Jake White
en Ray Jennings? Antwoord: Enige wit afrigter.
Transformasie is dus om van wittes ontslae te raak.
En dan kan 'n mens ook aanvaar dat die rassesamestelling van
sportspanne en hul afrig- en bestuurspanne voortdurend só sal moet
wees. Dit is seker voor die hand liggend, want as tranformasie beteken
80% van die spanlede moet swart wees, dan is daar mos nie meer
transformasie as die persentasie sou daal na sê nou maar 50% nie?
Dit beteken die regering glo nie aan merietekeuse nie. Ons sportspanne
moet 'n vertoonvenster van rasse-oorheersing wees en nie veel meer as
dit nie. Maak nie saak wat die telling is nie, solank die meeste
spanlede swart is.
Kan 'n mens dan aanvaar dat dít vandag die ANC se visie van
nie-rassigheid is? Dat nie-rassigheid vir die party nou 'n situasie is
waarin die meeste van die mense in enige groep swart is?
Die ANC van die vroeë jare 90 het nie-rassigheid as iets heel anders
gesien. Vir hulle was dit niemand word geoordeel aan die hand van sy
velkleur nie, maar net op sy of haar talente en vaardighede as mens.
Iewers tussen die vroeë 1990's en vandag het nie-rassigheid 'n ander
omskrywing gekry.
Dit bring 'n mens natuurlik by iets wat pres. Thabo Mbeki onlangs in
die parlement gesê het.
Hy het na probleme met grondhervorming verwys en aangedui wit
Suid-Afrikaners kan gerus meer bereidwillig wees om grond prys te gee
aangesien dit die ooreenkoms was in Kempton Park toe daar op ons
demokratiese Grondwet ooreengekom is.
Hy het dit betreur dat die heftige verdediging van eiendomsregte vir
grond wat selfs ná 1913 gewelddadig bekom is, die geskiedkundige
ooreenkoms van 1993 rakende grond vir alle doeleindes uitwis.
Mbeki het egter ook gesê die regering bly by die ooreenkoms wat bereik
is rakende die herverdeling van grond.
Op dieselfde trant kan natuurlik gesê word dat wit Suid-Afrikaners in
die jare 90 in Kempton Park ook sekere ooreenkomste aanvaar het toe
hulle besluit het om demokrasie in een, verenigde Suid-Afrika te
aanvaar.
Hulle het 'n staat aanvaar wat op nie-rassigheid gebou is, nie op
vandag se transformasie nie, en nie-rassigheid in daardie sin beteken
ras is nie 'n bepalende faktor nie. Anders as wat die geval met
transformasie is.
Regstellende aksie is aanvaar as 'n oorgangsmeganisme om seker te maak
alle deure gaan vir almal oop. Dit beteken wanneer toegang tot
byvoorbeeld rugby vir almal oop is, is die stryd gewonne. Dan breek
nie-rassigheid aan en dit beteken velkleur is nie meer 'n bepalende
faktor nie.
Dit lyk nou egter of Komphela reken dié ooreenkoms bestaan nie meer
nie.
Die riglyn is nou transformasie wat beteken swart mense moet die
meerderheid orals wees en bly. Dis rasse-oorheersing.
Miskien kan ons president by geleentheid die vraag vra of
transformasie soos die regering dit vandag sien, nie ook 'n verbreking
van die ooreenkoms is wat in Kempton Park aangegaan is nie.
Dit is nie vrae wat ligtelik gevra en beantwoord moet word nie.
Die Kempton Park-ooreenkoms (en daar was 'n referendum onder wit
kiesers in dié verband wat gehou is nadat die breë raamwerk van die
ooreenkoms reeds op die tafel was) is die fondament van ons staat
vandag. Dit is die oorspronklike ooreenkoms. Die Grondwet wat gevolg
het, is details van dié ooreenkoms.
Terloops, dit is 'n Grondwet wat niks van transformasie sê nie. Maar
een wat wel sê: "Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik
teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van
ras..."
________________________________________________
Nog nie agter gekom 'n grondwet beteken bokkeroli vir Swartes nie ?!
Dis 'n Blanke versindsel - 'n eurosentriese mentefakt.
Die vraag is, hoe 'kan 'n mens 'n verraaier ooit weer vertrou? Die
meeste mense wat kamstig so hard veg vir Afrikaans, is almal mense wat
"JA" gestem het in die referendum. Meer as eenmiljoen sogenaamde
Afrikaners het gesê:"Asseblief tog mnr De Klerk, gee vir ons 'n Nuwe
Suid-Afrika. 'n Nuwe Suid-Afrika waar daar 250 000 mense binne die
eerste 10 jaar vermoor kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waar daar binne
die eerste 10 jaar ca 1 700 boere op hul plase vermoor kan word. 'n
Nuwe Suid-Afrika waar duisende bejaardes verkrag, gemartel en vermink
kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waarin God se Naam uit die parlement
geskop kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waar Afrikaans geen plek het
nie. 'n Nuwe Suid-Afrika waarin bedrog en diefstal alle wêreldrekords
kan oortref. Asseblieftog mnr F.W. de Klerk, GEE VIR ONS 'N NUWE
SUID-AFRIKA!!!"
Hierdie Ja-broers het nou die Nuwe Suid-Afrika op 'n skinkbord
ontvang. Gratis en verniet. En nou kla almal steen en been. Moenie
sê u kon dit nie voorsien nie. Toe Jaap Marais al hierdie euwels 35
jaar gelede voorspel het, is hy uitgejou, met tamaties en eiers gegooi
en verneder. Hy is uitgelag. Nou lag ek vir die Ja-broers wat kla.
- Jy moenie nou kla, jou stem was dan ja. -
Die seun van die vermoorde Erasmus-egpaar is in hegtenis geneem oor die
moordenaar glo reken die seun het hom gekontrakteer om sy ouers te vermoor.
Die polisie het die seun in hegtenis geneem.
Wat was die lekkings in vanoggend se Super12 wedstryde?
Ek moes in 'n ry iewers gaan staan, en het dit gemis.
Vroegoggend na 7's gekyk in Hong Kong . ons span het ver gewen teen Paraguy
, wat die eerste keer deelneem.
Daar is 'n hardloper in ons 7's span met die van Stick, wat nogal vinnig is.
I was born in South Africa and emigrated to Canada in 1995 at the age of
seven. My Dad's side of the family were Boers but I wasn't taught much
Afrikaans at home and didn't retain what little I picked up.
I would love to learn how to speak Afrikaans, mostly because I am
planning on moving back after I finish my Law degree (I'm graduating
from High School this year and start pre law next September).
If anyone in this group would consider tutoring me, or recommending a
good book or other resources I'd appreciate it.