Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ferdi "Bubbles" Greyling

Di., 29 Maart 2005 22:16

Hi Ferdi,

Net so terloops. Gaan jy Plato se vragie antwoord of nie? Dink jy
werklik SA sou tot die vlak waar hy nou is ontwikkel het as dit nie vir
die wit mense hier was nie?

Kom Bubbles. Antwoord bietjie of gaan jy hoender op jouself pluk op die
een ook?

Groetnis tjom!
En ja ek kyk steeds vir jou...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hierdie ou forumpie is te liberaal!

Di., 29 Maart 2005 21:19

Die ou forumpie is by verre te liberaal. Ek dink ons moet bietjie plan
maak om mense soos Gloudina 'n paar van die waarhede in die ou lewe te
leer. Julle kom met vêr te veel onsin weg op die ou forumpie.

Kom ons kyk of julle die waarheid kan hanteer.

Groetnis
En ek kyk vir jou!

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: boer gedig

Di., 29 Maart 2005 21:17

Mnr Briggs,

Ons sal moet sien oor die een. Gee dit maar so paar jaar dan praat ek
en jy weer.

Groete
En onthou, ek kyk vir jou!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Doemprofete oor niks

Di., 29 Maart 2005 06:54

Ons hoor 'n ewige geteem dat Afrikaans glo besig is om uit te sterf.
Se voet.
Behalwe vir die Engelse fees te Grahamstad, is daar etlike en aaneen
Afrikaanse kultuurfeeste, en ek weet nie van 'n enkele fees vir enige van
die ander etniese tale nie.
Hulle is tog onder dieselfde gevaar om deur Engels oorheers en oorgeneem te
word.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Wapenamnestie 'n mislukking?

Ma., 28 Maart 2005 12:08

Ek lees dat SA se vuurwapenamnestie sleg misluk het weens die feit dat 70%
van die vuurwapens wat ingehandig was, mense was wat of 'n geërfde vuurwapen
was wat hulle nie wil registreer nie want hulle wil dit nie gebruik nue, of
mense wat nie kans sien vir die verhoogde koste en probleme van die nuwe
lisensiestelsel nie. Van onwettige, gesteelde vuurwapens is weinig
gesien......

Veiligheid & wapens | 80 kommentare

Geluk Haaie!!

Sa., 26 Maart 2005 18:04

Ai, watter lekker wedstryd om na te kyk!.
Daar spring die Haaie toe met 1 wedstryd bo-oor die Bababloubulletjies op
die punteleer:)) ( eintlik trek hulle nou gelyk)
Die Katte het ook eintlik goed gespeel, as mens in aanmerking neem dat daar
etlike grondonnosel spelers in die span is:))
Arme Stormers - hulle speel met 'n wil om te verloor:)

--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Historiese Vaart (0/1)

Sa., 26 Maart 2005 09:57

'Historiese Vaart' noem ek dit!
Taal puriste sou dit eerder 'n geskiedkundige vaart noem.

Gister, toe my vrou en ek op die gondola klim by uShaka Island,
vir 'n vaart op die kanaal, (Lazy River is die naam dink ek) is ons
so terloops deur die gondolier(?) eienaar vertel dat ons die eerste
mense is vir 'n vaart op die rivier. En ons genooi vir nog 'n vaart
gisteraand om die ligte langs die water vanaf die boot te fotografeer.
Ons was dus weer omgewing agtuur op die gondola.

Heel interessante mensgemaakte rivier, waarvan die doel is om die
water in die akwarium te sirkuleer. Die gevolg is dus dat selfs die
grootste tenks in die akwarium elke 90 minute (tyd onder korreksie)
kompleet nuwe water het.

Daar is reeds twee sandhaaie in en menige ander vis in om die alge te
vreet. Omdat die water helder is, is die vis heel sigbaar wanneer dit
verby swem.

DD

Ek dink nie die rivier gaan nou na my vernoem word nie,
maar seker sal daar nou 'n groot foto van my ten toon gestel word,
en boeke oor geskryf word. Ek weet nie eens wie gaan die draaiboek
skryf nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Steve Hofmeyr se LIEFLING

Sa., 26 Maart 2005 07:04

Het iemand dit dalk in mp3 formaat?

Musiek & liriek | 7 kommentare

Lirieke

Do., 24 Maart 2005 03:03

Ek kan net 'n bietjie Afrikaans praat maar ek wil probeer in Afrikaans
te skryf. Ek is jammer, almal. Maar Engels is vervelig.

Enigeen weet waar ek 'n goeie webblad vir Afrikaanse lied lirieke kan
vind? Ek soek lirieke vir sulke kunstenaars soos Anton Goosen, Piet
Botha, Koos Kombuis...Wanneer ek in Suid-Afrika gewees, ek het n paar
CDs gekoop , maar die CDs het nie liriek boeke gehad. Baie Dankie vir
jou help en ek is jammer vir my Afrikaans. Wanneer ek die webblad met
die lirieke vind, ek sal meer van die taal instudeer.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Die "checks and balances" in die ou lewe

Wo., 23 Maart 2005 19:38

"The men will be staying in Zimbabwe," lawyer Alwyn Griebenow said.

Health activists on Wednesday criticised the passing by India's lower house
of parliament of a patents law prohibiting the manufacture of low-cost
generics, saying it threatens millions of people around the world living
with HIV/Aids and cancer.

Kry vir julle, verlore donker harte van Afrika wat die witman wil wegwerk
(of laat uitwyk na Kanada toe.....)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1834): [ «    314  315  316  317  318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 04:46:26 UTC 2026