'n Gesin van Meyerspark in Pretoria kon hul ore nie glo nie toe hulle
van vakansie af terugkom en hoor 'n sangoma het hul huis aan 'n
vreemdeling gegee.
Mnr. Marius Lombard (41, gesigfoto) sê toe hy en sy gesin
Maandagmiddag by hul huis aankom, was die elektriese hekke met slotte
gesluit. Lombard, sy vrou, Waldette, en hul vyf kinders was die naweek
aan die KwaZulu-Natalse Suidkus vir 'n kort vakansie.
"Ek het eers gedink iemand het by ons huis ingebreek en dat die
veiligheidsmaatskappy die hekke gesluit het, maar hulle het van niks
geweet nie."
Lombard het toe sy buurman, mnr. Norbet Allgeier, gevra of hy die hekke
gesluit het, maar hy het ook van niks geweet nie.
"Ek het die plek heeltyd dopgehou en nooit iets gesien nie," het
Allgeier Dinsdag gesê.
Lombard en Allgeier het toe besluit om die slotte oop te knip.
"Terwyl ons die eerste slot oopgeknip het, het 'n man daar aangekom. Hy
vra my toe wie my die reg gegee het om sy slotte oop te knip, want hy
het sleutels daarvoor.
"Hy het die sleutels vir my gegee en tot my verbasing het dit die ander
slot oopgesluit."
Volgens Lombard het die man toe al 'n hele paar dae op sy erf gewoon.
Hy het ook 'n sak met klere daar gehad.
"Die man het vertel dat 'n sangoma vir hom gesê het hy moet 'n huis
gaan uitkies en die hekke sluit, want dan word dit syne.
"Toe ek sê ek gaan die polisie bel, het hy gesê dis reg so, want dan
kan hy die polisie self vertel dit is sy huis."
Die polisie het die man uiteindelik verwyder. Lombard het geen klag
teen hom aanhangig gemaak nie.
"Hy het niks beskadig of gesteel nie en hy het nie in die huis gebly
nie" het Lombard Dinsdag gesê.
Is hier bekend of er een nieuwsgroep bestaat die alle talen die afgeleid
zijn van het Nederlands (Nederlands, Vlaams, Afrikaans, Surinaams,
Antilliaans)? Alvast bedankt.
Net so terloops. Gaan jy Plato se vragie antwoord of nie? Dink jy
werklik SA sou tot die vlak waar hy nou is ontwikkel het as dit nie vir
die wit mense hier was nie?
Kom Bubbles. Antwoord bietjie of gaan jy hoender op jouself pluk op die
een ook?
Die ou forumpie is by verre te liberaal. Ek dink ons moet bietjie plan
maak om mense soos Gloudina 'n paar van die waarhede in die ou lewe te
leer. Julle kom met vêr te veel onsin weg op die ou forumpie.
Ons hoor 'n ewige geteem dat Afrikaans glo besig is om uit te sterf.
Se voet.
Behalwe vir die Engelse fees te Grahamstad, is daar etlike en aaneen
Afrikaanse kultuurfeeste, en ek weet nie van 'n enkele fees vir enige van
die ander etniese tale nie.
Hulle is tog onder dieselfde gevaar om deur Engels oorheers en oorgeneem te
word.
--
Groetnis
Annette
Ek lees dat SA se vuurwapenamnestie sleg misluk het weens die feit dat 70%
van die vuurwapens wat ingehandig was, mense was wat of 'n geërfde vuurwapen
was wat hulle nie wil registreer nie want hulle wil dit nie gebruik nue, of
mense wat nie kans sien vir die verhoogde koste en probleme van die nuwe
lisensiestelsel nie. Van onwettige, gesteelde vuurwapens is weinig
gesien......
Ai, watter lekker wedstryd om na te kyk!.
Daar spring die Haaie toe met 1 wedstryd bo-oor die Bababloubulletjies op
die punteleer:)) ( eintlik trek hulle nou gelyk)
Die Katte het ook eintlik goed gespeel, as mens in aanmerking neem dat daar
etlike grondonnosel spelers in die span is:))
Arme Stormers - hulle speel met 'n wil om te verloor:)
'Historiese Vaart' noem ek dit!
Taal puriste sou dit eerder 'n geskiedkundige vaart noem.
Gister, toe my vrou en ek op die gondola klim by uShaka Island,
vir 'n vaart op die kanaal, (Lazy River is die naam dink ek) is ons
so terloops deur die gondolier(?) eienaar vertel dat ons die eerste
mense is vir 'n vaart op die rivier. En ons genooi vir nog 'n vaart
gisteraand om die ligte langs die water vanaf die boot te fotografeer.
Ons was dus weer omgewing agtuur op die gondola.
Heel interessante mensgemaakte rivier, waarvan die doel is om die
water in die akwarium te sirkuleer. Die gevolg is dus dat selfs die
grootste tenks in die akwarium elke 90 minute (tyd onder korreksie)
kompleet nuwe water het.
Daar is reeds twee sandhaaie in en menige ander vis in om die alge te
vreet. Omdat die water helder is, is die vis heel sigbaar wanneer dit
verby swem.
DD
Ek dink nie die rivier gaan nou na my vernoem word nie,
maar seker sal daar nou 'n groot foto van my ten toon gestel word,
en boeke oor geskryf word. Ek weet nie eens wie gaan die draaiboek
skryf nie.