Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kanada se robbeslagting...

Do., 21 April 2005 06:48

Lees gister dat die Wonderlike!Beste! Kanada van die ou antie Gloudina, so
330 000 klein wilde robbetjies geslag het hierdie seisoen. Weet julle hoe
word dit gedoen? Dis nie pasgebore babatjie-robbe nie. Hulle's so
ongeveer 'n jaar oud dan word hulle vrekgeslaan met 'n piksteel waardeur die
Kanadese 'n spyker dwars slaan sodat hulle die robbetjie se kop tot pulp kan
vermorsel. Die bloed spat en stroom die ys rooi so ver as wat jy kan sien.
Dié wat nie 'n goeie kophou ingekry het nie, vrek nie dadelik nie en onsnap
om later verder af teen die kus stadig te vrek. En dis nie al nie! Dan
is daar nog die bulle ook. As ek die verhoudings reg het, dan word oor die
100 000 robbulle ook uitgeskiet en die belangrikste hadelsdeel van die bul
is sy penisstring wat gedroog word en dan aan die Sjinese verkoop word om
hul korasie te kan opjaag sodat nóg meer Sjinesies gemaak kan word. Ou
tant Tibbie vertel mos hoeka vir ons hoe lief hulle in Kanada is vir die
Sjinese en hoe wonderlik die Sjinese nou eintlik is, maar het sy al ooit
sover gedink dat seker 90% van alle onwettige handel in diereprodukte
uiteindelik eindig op die Sjinese markte? Dis hulle wat die mark skep vir
gierige mense om produkte te lewer sodat die Sjinese hordes dit kan vreet.
Eet is 'n te beskaafde woord vir iemand wat kan smul aan bv. haaivin sop van
haaie wat gevang word op bote, die vinne lewend van hulle afgesny word en
dan weer net so lewend teruggegooi word in die see om te vrek want hulle kan
nie meer swem nie.

Troeteldiere | 6 kommentare

Rugby se streke

Wo., 20 April 2005 06:40

Hoe op aarde kan die organiseerders van SA rugby verwag dat jy samwerking
tussen die Bulls en die OP gaan kry? Geografies is dit 'n 'no-brainer' en
dit gaan die Bulls geweldig benadeel in die kompetisie om twee wedstryde so
ver weg van Loftus af te moet speel. Enige logiese mens sal wonder of hier
nie 'n agenda is om die Bulls te probeer verswak nie. Die oplossing vir
die probleem was so voor die hand liggend:
Stormers: WP en Boland
Sharks: Natal
Cheetahs: Vrystaat, Griekwas en Luiperde
Bulls: Blou Bulle, Goue Leeus, Valke.
? : OP, Grens

Daar sal wel vrae wees dat van die spanne te sterk en andere te swak gaan
wees, maar hulle dink nie oor hoe die S12 nog altyd gewerk het nie. Die
spelers word gekontrakteer uit 'n poel uit en die res word na enige streek
toe getrek soos wat hulle benodig word. Wat dit wel sal bereik, is dat die
ondersteuners hul eie streke kan ondersteun en nie eintlik weet waar om aan
te haak nie. Soort soek soort.

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Taal

Ma., 18 April 2005 22:27

Beste lezers,

Ik ben Nederlander en spreek geen Afrikaans. Met een beetje moeite kan ik
het Afrikaans wel lezen en begrijpen. Ik vind jullie taal mooi, misschien
wel mooier dan 'mijn' Nederlands!
Ik lees nu al een paar weken deze nieuwsgroep en leer steeds weer wat bij.

Met vriendelijke groeten,

Cursorbewoner

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Julius Bergh

Ma., 18 April 2005 20:53

Waar is jy?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

'n Nuwe een?

Ma., 18 April 2005 07:18

Sou daar 'n nuwe poniekoerant moet verskyn sodat daar 'n bl 3 man kan
verskyn?:))

Wat is die mening van die deelnemers hier aangaande Die Wêreld?
Gister se plakkate was genoeg om my ontmoedig om die tweede eksemplaar te
koop.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Amptelik: Stormers is onnosel verby

Ma., 18 April 2005 07:15

Die slimste ding in die Stormers se span Saterdag op Nuweland was De Wet
Barry se skrumpet! Die tradisionele Stormer/WP-rugby is blykbaar deesdae
om te sê te verdedig en druk op hul teenstanders te sit sodat hulle begin
foute maak en dan kapaitaliseer die Stormers se snellers met opportunistiese
onderskeppings en so aan. Vooraan die aanslag staan die losvliegende
missiel De Wet Barry wat probeer om 'n man dood te duik....kop omlaag vlieg
hy onder sy teenstander in met 'n gejuig en geploeg. somtyds vang hy sy
man en somtyds nie, maar 100% plaas hy homself ver oor die verdedigingslyn
en los 'n gat so groot soos Tafelberg in hul verdedigings linie! En die
man is nogal kaptein ook! Dit het duidelik nog nie tot die Stormers en hul
'briljante' afrigter deurgedring dat jy moet te alle tye probeer speel dat
jy so gou moontlik weer daarna weer kan speel nie. Kry die Stormers die
bal, dan storm Bolla Conradie dwars oor die veld en bondel sy agterlyn vas
teen die kantlyn....nie dat dit enige verskil maak in elk geval nie, want
Briljante Barry ken net van een ding met bal in die hand....kop omlaag en
probeer om 'n pad te ploeg deur sy opponente.
En rustyd? Gert Smal: 'Duuh? Ek dink julle moet hulle nog harder
tekkel, De Wet ou seun! Hulle's op die punt om in te gee. Julle maak
hulle sag! Slaat hulle!!!'
En die Crusaders? Hulle het hierdie bondeling van die Stormers
waargeneem en al wat hulle gedoen het was om twee vinnige aangeë na buite te
gee en dan weer een terug....en ghoebaai! 7 drieë!
En die Stormers? Duuuhh, coach! Wat nou? Kom ons vra vir die
skrumpet, dalk weet hy beter?
Oplossing: Raak ontslae van: De Wet Barry, Paulse, Conradie,
Rosseau....eintlik die hele agterlyn en kry nuwe bloed, en sommer 'n nuwe
afrigter daarby. Indien nie, verander die naam na die Stormende Pampoene
toe, want sulke onnosel rugby is lanklaas waargeneem op hierdie planeet.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Rugby

Ma., 18 April 2005 06:02

Dit behoort interessant te wees om te sien om watter stadium gister se
oorwinningsbababokkies verander in ploeterende super 12 spelers.
Die kaptein van die bababokke is so mooi - hy gaan seker 'n beroemde model
word.
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Die Uilskuiken

Ma., 18 April 2005 05:54

In gister se Rapport 'n pragtige storie van 'n hansuil wat 'n hoenderkuiken
uitgebroei het, en nou die potensiële ete vurig versorg en verdedig. Die
grootste vrees van die mensepa en -ma is dat sy die kuieken gaan leer jag:))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Brecht

Sa., 16 April 2005 12:03

Van Arme B.B.
1922

Ek, Bertolt Brecht, kom van die swart woude.
My moeder het my in die stede ingedra
terwyl ek in haar lyf was. En die kilte van die woude
sal in my wees tot my dood toe – en daarna.

In die asfaltstad voel ek my tuis. Reg van die begin af
toegerus met ieder laaste bede:
Met koerante. En tabak. En Brandewyn.
Agterdogtig, lui, en ten slotte: tevrede.

Ek is vriendelik teenoor die mense. Ek sit
'n bolhoed op, na hulle gebruik.
Ek sê: Hierdie diere stink mos.
En ek sê: Dis niks nie, dis hoe ek ruik.

In my leë skommelstoele, in die oggend,
plaas ek myself, en hier en daar 'n vrou,
en ek betrag hulle sorgeloos en spreek hulle aan:
Op my kan julle wragtag nie bou nie.

Teen die aande versamel ek mans om my.
Ons noem mekaar "u" en "meneer".
Hulle laat my voete op my tafel rus
en sê: Alles sal regkom. En ek vra nie: wanneer.

Teen die more, in die grou daeraad, pis en denne,
en hul luise, die voëls, begin jammer.
Op dié oomblik ledig ek my glas in die stad, en smyt
my sigaar weg, en gaan gekwel na my kamer.

Ons, 'n ligsinnige geslag, is gevestig
in huise wat onverwoesbaar lyk
(die wolkekrabbers van Manhattan en die dun antennas
wat die Atlantiese Oseaan aankyk).

Van hierdie stede sal oorbly: dit wat hierdeur trek, die wind!
'n vol spens verheug die eter: hy eet dit kaal.
Ons weet dat ons voorlopig is
en ná ons: dieselfde storie in dieselfde taal.

By die aardbewings, wat ongetwyfeld kom, sal ek hopelik
nie my sigaar laat doodgaan weens bitterheid nie,
ek, Bertolt Brecht, vergooi in die asfaltstad,
maar verwek in die woude, in my moeder, lank gelede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

sal enig iemand dit interesseer?

Sa., 16 April 2005 11:08

Hallo NG

Ek het hier nou 'n boek gekry;

Dit is: "a guide to the educational institutions of Cape Town"

uitgawe: published by the South African Railways and the Cape Town Corporation

in die jaar 1914 - dit het 140 blaaie met tientalle ou foto's van

die stad.

Daar is ook 'n "Visitors map of Durban" byingesluit ook van 1914

As jou dit interesseer - pos vir my jou posadres - ek post dit vir jou,

daar is geen koste nie, slegs groete van Nederland.

Patrick

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    308  309  310  311  312  313  314  315  316  317  318  319  320  321  322  323    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 30 02:26:44 UTC 2026