Ons het 'n handyman gekry wat Saterdae kom uithelp met werkies om die huis.
Gewoonlik is my man hier, maar hy moes vandag die kar vat vir nuwe
briekskoene, so ek's alleen by die huis. Soos my gewoonte is, maak ek vir
die mens middagete, en waar ek gewoonlik my man met die bord kos en glas
koeldrank uitstuur, moet ek dit vandag self doen. Ou Vusi is missing. Ek
staan soos 'n besetene en skree, maar al wat kom is Vusi.
Ek los toe maar die kos en loop rond opsoek na die derm. Die bliksem staan
wragtag en klets en ignoreer my!! My my man het al gesê ou Vusi is stokblind
en stokdoof, maar wragtag. Dis net twee tree van die stoep af na die hek
toe. En ek het helder klere aan... kan my nie juis miskyk nie.
Dit lyk na 'n lekker bord kos daai... ek dink my honde gaan dit geniet.
Ek en my swaer, ons gaan skiet yster-varke op my oom se plaas
Ek sien 'n yster-vark en ek klim deur die doring-draad.
Ek vat korrel en laat los met my twee loop hael geveer
Ek skiet die yster-vark. Die yster-vark lê op sy rug met sy bene in die lug.
Me and my heavy, we go and shoot iron-pigs on my uncles farm.
I see an iron-pig and I climb through the thorn-wire
I take corn and let loose with my two walk hail gun
I shoot the iron-pig.The iron -pig lies on its back with its bones in the light.
On Fri, 6 May 2005 21:31:40 +0100, camerama wrote:
>
> Hallo Elaine,
>
> O, nou is ons baie interesseer na die JIM REEVES L.P.
> Ek het die L.P. maar dese is baie gekras en die kwaliteit
> is sleg.
> Indien jy nie sou weet nie wat nou met die L.P. te doen nie,
> post dit vir my - jy sal ons en my ou Ma (96 jaar) 'n baie groot plesier
> maak!
> Die liedjies wat hy sing gee my Ma nostalgise herinneringe na die ou
> tyd wat sy in die Vrystaat deurgebring het.
> Ons probeer reeds jare die L.P. as L.P. of as CD te kry, dit skyn baie
> moeilik te wees. Dis 'n onverkrybaare L.P. of CD.
> Ons sien met baie belangstellings uit na jou positive reaksie asseblief!
> Noem ons jou prys en ons sal jou betaal!
> met groete van Den Haag Nederland,
> Patrick
hallo Patrick, lekker om te sien jy's terug:-)
en baie dankie vir die kaart wat jy vir my gestuur het.
Dit is in 'n blink nuwe toestand.
Ek sien daar's 'n brief van jou in my epos.
nu ben ik op daarheen
Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou foto's van my
Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die foto's scan voordat hulle
heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van foto's
bewaar af?
Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die foto's te
"fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie help
nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware gelees
wat die "foute" in foto's herstel - dowwe kleure, pixels, skeurtjies, die
klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)... dis 'n Adobe
plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die sagteware
outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die sagteware is?
Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
(!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
oor die goed :)))