Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek soek ´n gediggie...

Ma., 30 Mei 2005 12:12

Wie ken 'n (grappige) gediggie wat mens vir iemand kan skryf wat gaan trou.
Ek sou liewer iets van 'n bekende Afrikaanse digter wil hê, as om self iets
op te maak.

Liewer iets eenvoudig, dis vir 'n Nederlandse paartjie.

Dankie vir enige hulp.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Afrikaans Huppel

Ma., 30 Mei 2005 12:10

Uit " Die Burger "

28/05/2005 21:15 - (SA)
80 jaar amptelik...en die antie dans nou éérs
ANASTASIA DE VRIES

Vandeesmaand tagtig jaar gelede het Afrikaans een van Suid-Afrika se twee
amptelike tale geword. Die tweede lesing van die nodige wetgewing was op 8
Mei 1925 in die parlement en op 27 Mei is Afrikaans amptelik as landstaal
erken. Vandag deel die taal daardie status met nog tien tale, en party meen
die taal voer 'n nuwe oorlewingstryd. Maar ANASTASIA DE VRIES het ook bevind
die taal is nog die ene bruisende lewe.

Tagtig jaar is nie vandag se kind nie, maar Afrikaans kan dit nog lekker
uitkap. Die taal se klanke bly by met askoek trap, kotiljons, wals of kwêla
op die ritme van Afrika, Europa en die Ooste. En blê homself vernuwe.

Die man wat van 1914 af die dryfveer was agter die parlementêre stryd om
Afrikaans se status amptelik te maak, C.J. Langenhoven, die geliefde
Neelsie, het seker geweet waarvan hy praat toe hy in 1914 Afrikaans se
groeipotensiaal met 'n "snelstygende boog" vergelyk het.

"Om ons één eie taal tot nut te gebruik, is groter kuns as om sewe by te
leer," het hy gesê.

Snelstygende boog? Inderdaad. Langenhoven sou hom verwonder het aan die
seggingskrag, die verskeidenheid en léwe van Afrikaans in die 21ste eeu. Aan
'n verbysterende prosad's soos Marlene van Niekerk, 'n digter soos Antjie
Krog, 'n punk-band soos fokofpolisiekar - en boweal die taal wat die mense
in hul verskeidenheid praat.

Terwyl die land worstel met wie nou waar watse soort Afrikaans moet praat,
sê die digter Ronel Nel in 'n onlangse rubriek baie dankie vir hulle "wat
met musiek 'n met bevange poësie net aangaan. Aangaan en kos gee, in
Afrikaans, vir die ouens op straat en voor die CD-speler en by Bekgevegte en
oor RSG."

Luister maar na die lirieke van die nuwe geslag Afrikaanse musikante, wat
deur sommige as ons nuwe digkuns bestempel word.

Soos Kobus!, wie se lede hul ding vir Afrikaans doen as hulle onder meer
"Gee raat!" op Afrikaanse verhoë uitgalm:

Sê my Gelowige Grysaard wat staan jou te doen
As 'n huilende vrou jou nagtelik kom soen?
Wanneer skaduweekindertjies in jou kamer kom speel
En in kindertuinrympies hul lekkers met jou deel?
Vertel my Verkalkte Kwak wat moet ons drink
Om die silhoeëtte te kuur wat aan die voetenent wink?
Het jy 'n resep of 'n blaartjie te kou?
Wat die dooie gesigte uit my drome sal hou?

"Op ons wat skrywers is, wat die voorreg van verligting gehad het - op ons
rus die las van die roeping om stemme van die volk te wees vir die geestelik
blindes van 'n arme, onbevoorregte volk," het Langenhoven destyds gesê.

Sê jy wat tanne het, sê fokofpolisiekar onder meer in sy "Hemel op die
platteland":

Kan iemand dalk 'n god bel
En vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie
Kan jy apatie spel?
Reguleer my, roetineer my
Plaas my in 'n boks en merk dit veilig
stuur my dan waarheen al die dose gaan
stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland.

Arikaans is sy priester, bieg die sanger Jan Blohm onlangs in 'n onderhoud
met Rapport. Dis die taal waarin hy "tienerangs beleef, huil, kots, doodgaan
en soms liefde maak". En terwyl die "wit agterkleinkinders van Van Wyk
Louw", onder wie Karen Zoid en Gert Vlok Nel, volgens die digter Antjie Krog
in haar N.P. van Wyk Louw-lesing verlede jaar by die Universiteit van
Johannesburg, hul ding op LitNet, CD's en rockfeeste doen en vir hulle 'n
genre en 'n verskeidenheid temas "oopgeveg" het, is daar diegene wat die
laaste jare in Afrikaans se oorvloedige skatkis van digkuns na lirieke gaan
soek het.

En die oes was groot, bewys die opgaaf van Afrikaanse gedigte wat reeds
getoonset en gesing word. Afrikaanse verse kry sê 'n tweede lewe in
ballades, rock, kletsrym
(rap), reggae, die blues, Afrika-ritmes en die tango.

Ewe groot is die verskeidenheid van die taal. Daar is ruimte vir almal om
hul sê te sê.

Van die Kaapse Vlakte tot die land se binnestede kon lafenis vind by
Afrikaans se syferfonteine met Brasse Vannie Kaap, Anton Goosen, Duusman en
Battery 9 se toonsettings van Breyten Breytenbach se digkuns.

In Marita van der Vyver se Griet skryf 'n sprokie het die land ontdek dat
vroue die dinge van die lyf aan hul lyf wil voel en die erwe van die vadere
behoorlik omgedolwe in Kleinboer se Kontrei.

En in die digkuns is dit veral met Krog se "Met woorde soos met kerse",
waarvan die titel inspeel op die bede "maak vi' ons lig moet hierie woorde
soes moet kerse" uit Adam Small se "Kô lat ons sing" dat Afrikaans haar lê
geloop kry het tussen die ander inheemse amptelike tale in Suid-Afrika.
Resensente besing dié bloemlesing as 'n testament van dit wat ons
(Afrikaanse) ore nie in die ander tale kon hoor nie, "dit het Krog gaan
vertaal, en skielik val die skille van die oë, lê die wetes en sienings, die
ritmes van sê, die lyflike van sien soos 'n blink en lewendige ding tussen
ons. Om van te geniet. Om deel aan te kan hê."

En die meester-prosawerk van verlede jaar, Marlene van Niekerk se Agaat,
reeds bekroon en waarskynlik nog bekronings wat wag, is naas alles wat van
die verstommende roman gesê kan word ook 'n kragtoer van die taal. Vanweë
die besinning oor taal in die teks, maar boweal vanweë Van Niekerk se
taalvermoë.

Soos: "Vuis in die mond, vuis uit die mond sit sy daar, sit en wik en weeg,
'n ewigheid het dit gevoel. Trapsoetjieshand aan die lip van die sak. Wik
met die vingertoppe op die goiingrand, toe die rafels van die sak tussen
duim en voorvinger. Toe trek sy haar asem skerp op. Oop is die hand, in glip
die hand, kruipmol in die sak!"

Ja-nee, sê die resensent Michael Morris in sy bespreking van die nuwe
tweetalige woordeboek wat onlangs by die uitgewer Pharos verskyn het,
Afrikaans was eens 'n stowwerige en streng "antie", wie se stemmigheid in 'n
outydse leksikografie gebalsem is.

"Maar (nou) is daar seker geen taal in Suider-Afrika wat so vindingryk en
uitdruklik inheems soos Afrikaans is nie," sê hy en raak gaande oor woorde
soos brugkettie (bungee), vuvuzela, gay en lekgotla wat nou in dié
woordeboek pryk.

Sien, op tagtig sit Afrikaans lekker gemaklik genoeg in haar eie lyf om die
kinders aan haar boesem te koester wat in hul straattaal eerder praat van
"outie" of "die ou" pleks van "dude", wat "Heita!" sê vir "Hi!" en "kwa(a)i"
of "kwailappies" as die res van die wêreld "cool" verkies.

Want sy weet in g'n ander taal kan jy "ja-nee", "bredie" of "bobotie"
vertaal nie, nêrens is koesieste 'n speseryagtige oliebol met klapper terwyl
haar koeksister 'n stroopvlegsel is, of is koffie en boeretroos een en
dieselfde ding nie.

En het sy ruimte vir 'n antie Raggie in Ravensmead se Dertiende Laan wat
lai-lai raak (kla) oor "dieselle ou kwesties waarvoor dieselle ou reserpte
(doktersvoorskrifte) verskaf word".

Afrikaans, sê Joan Kruger, joernalis wat sêlf kan toor met die taal, is sy
sprekers se magtigste kulturele of tradisionele wapen. "Wat jy ook al in
Afrikaans wil verkoop - die taal, jouself, 'n produk - as dit goed wil
verkoop, moet dit goed wéés."

En Afrikaans, sê sy, is nie velskoene en tuitkappies nie. As jy mooi kyk,
sal jy sien dié antie dáns!

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Re: Afrikaner Nuclear Weapon Update

Ma., 30 Mei 2005 07:41

Mens hoef nie verder te lees as die eerste paragraaf om te sien dat hierdie
outjie yl nie...

"Wolf" wrote in message
news:1117245738.737100.212510@g43g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Dear Brothers and Sisters,
>
> Most white South Africans agree majority rule was a very
> big mistake and wish they had not voted for it. On the
> bright side, white South Africans with military expertise
> agree that white minority rule could be reinstated if the
> whites had nuclear weapons. The possibility of reinstating
> minority rule has not been seriously considered because
> of the difficulty in getting nuclear weapons.
>
> As it happens, there is an effective substitute for nuclear
> weapons. That is, Western hostages: hostages from Western
> European and North American countries. The Iranians were
> able to prevent the Americans putting down their revolution
> by holding staff at the American Embassy in Teheran hostage.
> It was just as though the Iranians had an atomic bomb.
> As a general rule, having 300 Western hostages is as good
> as having an atomic bomb for all practical purposes.
>
> It has been suggested the Iranians would not have succeeded
> in their revolution had there been a Republican government
> at the time. The conventional wisdom is George W. Bush
> could do something that Jimmy Carter could not do. Since
> the hostages were held at private homes, any action by
> the Republicans would have led to the hostages being killed.
>
> Perhaps George W. Bush could have dropped an atomic bomb on
> an Iranian city. If America was a dictatorship, this would
> be an effective response. But the American people wanted
> the hostages to be freed. Any action against Iran would
> have led to only perhaps a handful of hostages getting out
> alive. It would have been political suicide not to give in
> to the demands of the terrorists.
>
> There are a great number of expatriates from Western
> countries living in South Africa. They are concentrated
> in certain parts of certain cities, and it would be a
> simple matter to round up 300 of them in each of the main
> cities. Then one hostage can be shot every day unless the
> ANC move their forces out of the cities. This will allow
> a white regime to be set up as a precursor to a civil war.
>
> There are a number of important points. The hostages should
> not be held in one place, but secretly in private houses.
> Just as Bill Clinton didn't concern himself with the
> innocent people who got killed when he bombed Belgrade,
> so Afrikaners shouldn't become emotionally attached to the
> hostages. Maybe the hostages are really nice people.
> That is all the more reason why the West will not allow
> many of them to be killed.
>
> The ANC regime will close down the mobile phone system.
> Militants will need to communicate using UHF or VHF walkie
> talkies. The main risk to the operation is being betrayed.
> The operation by Sir Mark Thatcher in Equatorial Guinea
> came unstuck because the militants confided in men who
> they were sure they could rely on who had attended
> Catholic schools. Anyone who has gone to a Catholic
> school will support the ANC, but will give the impression
> of being "more Afrikaner than the Afrikaners". That is
> why Sir Mark Thatcher confided in them.
>
> This message is being posted to newsgroups, but will only
> appear for a short time, and will be taken down by the CIA.
> To make sure it gets to the right people, please e-mail it
> to anyone who you think might be interested.
>
> Best regards,
>
> Wolf Borman
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Paternoster " deur HEIN SWART

So., 29 Mei 2005 23:22

PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommmers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wêreld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf

Prosa & poësie | 5 kommentare

Africaans

So., 29 Mei 2005 21:44

Aan: in...@een.be
Onderwerp: Africaans

Geachte,

Daar ik een beetje Zuid-Africafan ben bekijk ik jullie programma's die
handelen over ZA ,zoals dieren in nesten,vandaag waterzooi in Kaapstad .
Wat mij altijd opvalt is dat er in die uitzendingen altijd het Engels
als voertaal gebruikt wordt niettegenstaande het Africaans daar de meest
gesproken taal is,behalve bij de zwarte bevolking.
Daar het Africaans nauw verwant is aan het Nederlands en we elkaar in
ons beider talen héél goed begrijpen, begrijp ik niet dat er in de
uitzending altijd het Engels gebruikt wordt;in feite komt dit neer op het
verloochenen van onze taal,wetende dat de Zuid-Africanen veel liever hun
Africaans spreken.

Hoogachtend,

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 18 kommentare

Vryheid van spraak

So., 29 Mei 2005 14:43

Wie het 'n goeie definisie - of beteken dit bloot elke ou kan sê en skryf
net wat hy wil?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die week in die RSA ...

So., 29 Mei 2005 14:42

Drie gebeure, van mindere belang het in die afgelope week plaasgevind:

1. 'n Aansoek om die (tot nou toe) hoofstad se naam van Pretoria na
Tswhane te verander is "eenparig" deur die pleknaam kommissie (of so iets)
te aanvaar. (Dienstegelde deur die Pretoria/Tswhane belastingbetalers word
aansienlik verhoog - seker om o.a. die advertensieveldtog wat die
registrasie vooraf gegaan is te borg.)

2. 'n Linkse weekblak (Mail & Guardian) is deur die Hoërhof in
Johannesburg gemuilband om inligting te publiseer waarvolgens 'n
staatsinstelling PetroSA (voorheen Mossgas) miljoene aan 'n swart
bemagtigingsinstansie (Imvume) betaal is en dat Imvume die fondse na die ANC
se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
wêreld sou die regering reeds bedank het.)

3. Daar is besluit dat die slaagsyfer vir matriek eersdaags na 33%
verlaag word. (Ons beweeg nader aan die "pass one, pass all" slagspreuk.)

Nog 'n gebeurtelose week in Suid-Afrika.

O ja, hondemis is by Gatsha Buthelezi (IVP leier) se sitplek in die
parlement geplaas.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

As niemand dit kan/wil doen nie

So., 29 Mei 2005 14:13

sal ek maar.

Afrikaans Huppel -
Op 8 Mei 1925 is 'n tweede lesing van die parlement goedgekeur, en op 27 Mei
1925 ( 80 jaar gelede) is Afrikaans amptelik as 'n landstaal toegelaat en
erken.

Is daar enige ander amptelike taal jonger as ons? Ek twyfel. Hoe oud is die
tweede jongste amptelike taal?

Nietemin - ons stoere taalvaders en optimistiese parlementariërs sou seker
nooit kon dink dat hul aksies sou lei dat ons jeug vandag sou opgewonde raak
oor 'n groepie met die naam Fokofpolisiekar nie;))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die week in die RSA ...

So., 29 Mei 2005 11:27

"Jonas" skryf

dat Imvume die fondse na die ANC
> se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
> wêreld sou die regering reeds bedank het.)

Nie in Kanada nie. As jy enigsins weet wat in die res
van die wêreld aangaan, dan sal jy weet dat daar
in Kanada op die oomblik die Gomery ondersoek
aan die gang is, wat week na week groter onthullings
maak van hoe belastingbetalersgeld deur sekere
kanale uitbetaal is aan sekere advertensiemaatskappye
wat Liberaal-simpatiek is, en wat op hulle beurt dan
groot bydraes tot die Liberale Party gemaak het.
Dit wil sê, die belastingbetaler se geld het uiteindelik
in die Liberale Party se koffers beland. Meeste van
hierdie aktiwiteit het in Quebec plaasgevind. Meeste
van die geld was veronderstel om advertensiespasie
te koop teen die seperatiste se poging om 'n ja te
kry in die referendum oor die afstigting van Quebec
van die res van Kanada. Hierdie onthullings lei
nou na 'n heropstanding van simpatie vir seperasie
in Quebec.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Vryheid van spraak

So., 29 Mei 2005 09:40

Oe ja die wonder van vryheid, spraak, kaak en al daai kak.

Vraak die Spraak - deur P.H.Stink 1899

Vraak, Spraak, Kraak en so aan
Dis die donker maan wat kaak
Dis die blou-groen rivier wat tjots
Dis die liewe kool wind wat via

Via, via by die jorl
Via jou ou joller jy
Via en wyn en alles wat so is
Vi-ia kondius

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    296  297  298  299  300  301  302  303  304  305  306  307  308  309  310  311    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 00:24:00 UTC 2026