Ek sien die Kaaskoppe is bekommerd oor die feit dat hul klein landjie slegs
'n klein faktortjie dalk kan wees in die groot Europese bestel. Kan die
grondwet nie dalk in die toekoms verander word teen dinge waarin hulle glo
nie. Hulle's bekommerd oor die regte van die minderhede. Dis wonderlik,
in my opinie, dat hulle die probleem insien en daaraan werk om hul toekoms
reg te stel, maar aan die anderkant kan ek nie help om te dink dat hulle vir
'n slag moet voel nie. In die dae toe blanke Suid-Afrika gestoei het met
die probleem van hoe om mag oor te gee en die beskerming van die regte van
minderhede, was Nederland een van Suid-Afrika se felste kritici. Ek hoop
maar hulle sal self die slae kan vat met waardigheid die dae as hulle voel
dat die groter lande ignoreer hulle.....
Om ruite en die deure van my huis
buig in die oggendmis 'n boaslang
soos om 'n glas die vingers van 'n vuis,
en hou in ligrooi gordels my gevang
dat ek besef met alle wisselinge
van gevoelens, van getye en die tyd,
bly ek binne die vlees en reekse ringe
van 'n groot bruin boa wat sy stert vasbyt.
Soms op 'n oggend waan ek my verlos:
rooi vink en vlinder tuimel in die son,
by Weza werk houthakkers in die bos
en om die trein verskuif die horison.
Maar snags sien ek hy hou die kosmos styf
gevange in die Melkweg van sy lyf.
Dat Anti G nie die stukkie onder sal lees nie, want dit is in Engels.
Maar ek dink dit is 'n wonderlike selfmoordmetode;)))
By Lester Haines
Published Wednesday 18th May 2005 12:04 GMT
The following cautionary tale must surely rate in the top five of "most
embarrassing things that can happen to you in public - ever". According to
UK tabloid the Sun, a 33-year-old Welsh housewife ended up in hospital after
wearing Ann Summers vibrating Passion Pants to her local Asda supermarket in
Swansea.
Unfortunately, she became "so aroused by the 2½-inch vibrating bullet inside
that she fainted" then "fell against shelves and banged her head". This
prompted the attendance of the paramedics who "found the black leatherette
panties still buzzing". Having disabled the orgasmatronic underwear, they
then whisked the senseless shopper to hospital where she made a complete
recovery. Staff handed her back the Passion Pants upon discharge, discreetly
concealed in a plastic bag.
To its credit, the Sun does not name the woman. We assume, however, that she
will be shopping at her local Tesco for the next ten years or so, or until
everyone in the Asda who witnessed her ordeal is dead or has succumbed to
total amnesia - whichever comes soonest.
For the record, Ann Summers notes that Passion Pants are "Not for internal
use". Now we know why. ®
Bootnote
Thanks to all those members of the neoLuddite Resistance Army who have
written in to suggest that this is in fact another manifestation of the Rise
of the MachinesT.
The elimination of the female of the species through vibrating panties? It's
a chilling thought, but what a way to go...
Google bied 'n gawe, vry, epos-fasiliteit. Onder ander so 2gig se
stoorspasie.
Maar jy kan net inteken op uitnodiging. Vit daardie ouens wat dit wil
probeer - epos my by fana...@gmail.com en ek stuur jou 'n epos
uitnodiging.
Ag Frikkie, wees tog bietjie realisties. 32 Bataljon sou nie die oorlog
gewen het nie. Die uitverkoping was deur die militêre leiers en die bataljon
se gesagvoerders wat vir 'n ekstra sterretjie op die skouer die manne na hul
dood gestuur het....
En te bang was om vir PW die middelvinger te wys.
Wie is die helde vandag? Sekerlik nie die dommes wat hul ewe geredelik soos
skape ter slagting laat lei het nie - eerder die wat dapper genoeg was om te
weier om aan die onnoselheid deel te neem.
--
Groetnis
Annette
"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:d6mnbo$t9f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Today is Savate Day, the day when 32 Battalion remember their dead.
>
> Let us all spare a thought for those members of 32 who fought and died for a
> Country that ultimately betrayed them.
>
> To all 32 members, wherever you might find yourselves today, be it in such
> faraway places as Russia , Indonesia, Iraq , Kosovo etc, and those who are
> gathered at Langebaan for the commerative service...
>
> We will remember ! ! ! ! !
>
Seker in die begin gedeelte sien ons van Willem Elsschot se roman "
Kaas " 'n snyend sinisme.
____________________________________________________________ _______
Eindlik skryf ek jou weer omdat daar groot dinge gaan gebeur en
wel deur toedoen van meneer Van Schoonbeke.
Jy moet weet my moeder is gestorwe.
'n Nare geskiedenis natuurlik, nie alleen vir haar maar ook vir my
susters, wat hulle byna doodgewaak het.
Sy was oud, baie oud. Op 'n paar jaar na weet ek nie hoe oud sy
presies is gewees nie. Sy was nie eintlik siek nie, maar grondig
verslete.
My ouer suster, waarby moeder het ingewoon, was goed vir haar. Sy het
haar brood geweek, gesorg vir die stoelgang en om haar besig te hou
haar aartappels gegee om te skil. Sy het geskil, geskil soos vir 'n
weermag. Ons het almal ons aartappels by ons suster gebring, ook van
die dame bo ons het sy gekry, en van 'n paar bure ook nog, want toe
hulle probeer haar 'n emmer met alreeds geskilde aartappels oor te
laat skil, deur gebrek aan voorraad, het sy dit opgemerk en warempel
gesê " die aartappels is al geskil "
Toe sy niet meer kon skil nie, omdat haar hande en oë nie so goed
meer saam gewerk het nie toe het my suster haar wol en kapok gegee,
wat deur die beslaap harde wolknoppe geword het. Dit het baie stof
gemaak en moeder was van kop tot toon een en al met pluis bedek.
So het dit maar steeds aangegaan, by nag sowel as by dag: dommel,
kapok pluis, dommel, kapok pluis. En af en toe daar 'n glimlag
deurgeen.
God weet tot wie.
Van my vader, wat pas 'n jaar of vyf dood was, het sy niks meer
geweet nie. Die het nooit meer bestaan nie, al het hulle 9 kinders
gehad. Wanneer ek haar besoek het, het ek wel eens oor hom gepraat om
haar lewensgeeste weer aan te wakker.
Ek het haar gevra of sy waaragtig Krist nie meer ken nie, want dit
was sy naam. Sy het haarself wreeslik geweld aangedoen om my vra te
verstaan. Dit het gelyk sy verstaan dat sy iets moet verstaan, het in
haar stoel naar voor gekom, en het my met 'n gespanne gesig met
swellend slaapaders aangestaar: 'n uitdowende lamp wat dreig te
ontplof by wyse van afskeid.
Na 'n rukkie het die vonk weer gedoof, en het sy 'n glimlag gegee wat
deur murg en been gegaan het. As ek te lang het aangedring het sy
bang geword. Nee, die verlede het vir haar niemeer bestaan nie. Geen
Krist geen kinders nie, alleen die pluis van kapok.
Een ding het nog deur haar hoofd gespook, naamlik 'n klein hypoteek
op een van haar huisies was nog nie afbetaal nie. Het sy die geldjies
eers nog byeen wil skraap?
My gawe suster het oor haar gepraat waar sy by gesit het, soos oor
iemand wat nie daar was nie: " Sy het vandag goed geeet. Sy is vandag
baie lastig gewees."
Toe sy niemeer kapok kon pluis nie, het sy nog 'n tyd lank met haar
blou knokkelhande parallel op haar skoot gesit of het ure lank aan
haar stoel gekrap asof die pluiswerk nog nagewerk het. Sy het gister
en môre niemeer onderskei nie.
Dit het beteken " nie nou nie ". Het dit gekom omdat haar sig
verswakte of deurdat sy deur kwaaie geeste bery is gewees? In elk
geval het sy niemeer geweet of dit dag of nag is nie, sy het
opgestaan as sy moes lê en geslaap as sy veronderstel was te praat.
As sy haarself aan mure en meubels vasgehou het kon sy nog wat loop.
Snags, as almal geslaap het, het sy opgestaan, tot in haar stoel
gesukkel en kapok begin pluis wat nie daar was nie, of sy het solank
gesoek tot sy die koffiemeul in hande gekry het, asof sy 'n plan
gehad het om vir een of ander medestaander koffie te maak.
En steeds die swarte hoed op haar grys kop, ook in die nag, as gereed
om uit te gaan.
Glo jy in heksery?
Eintlik het sy gaan lê, en toe sy gelate die hoed laat afneem, het ek
geweet sy sal nie meer opstaan nie