Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE

Wo., 01 Junie 2005 12:35

MEDIAVRYSTELLING

AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE

Hierdie Junie is die maand vir Afrikaans by The Actors Centre met Uys Krige,
Bartho Smit en Harry Kalmer.

Die Afrikaanse seisoen skop af met Die Lewe in al sy Bontheid, 'n program
saamgestel uit die keur van Krige se oorspronklike gedigte en van sy
vertalings uit die Frans van Paul Eluard se gedigte, uit die Spaans
(Frederico Garcia Lorca) asook van Suid-Amerikaanse digters, Pablo Neruda en
Jorge Carrera Andrade.

Die deelnemers is Grethe Fox, André Stolz, Josê Domingos, Neels van
Jaarsveld en ander lede van The Actors Centre.

Die Lewe in al sy Bontheid vind plaas op Saterdag 11 Junie om 15h00.

Bartho Smit se DIE KEISER, is ongetwyveld een van die hoogtepunte van
Afrikaanse teater die laaste drie dekades. Smit plaas die drama in 'n
moderne Afrika-land en neem uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt.

Die rolverdeling in hierdie instudeerde voorlesing sluit in Tobie Cronjé as
Minister van Kultuur, Isadora Verwey as Keiserin en Craig Morris as die
Hofnar. Ander lede van The Actors Centre wat deelneem is Renate Stuurman,
Mortimer Williams, Carmin Coetzer en Werner Botes. Die regisseur is André
Stolz.

DIE KEISER vind plaas op Vrydag 17 Junie om 19h30 en Saterdag 18 Junie om
15h00.

Frank Opperman is Meneer de Beer. Daai onnie wat ons almal se skooljare hel
gemaak het.

Hierdie komiese eenmansvertoning deur Harry Kalmer word Saterdagmiddag 25
Junie om 15h00 op gevoer.

Alle vertonings vind by The Actors Centre, Johannesburg Civic Theatre plaas.

Bespreek asseblief by Lorraine op 011 877 6843.

www.artslink.co.za/actorscentre

--

TJ

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: afrikaners se MOER

Wo., 01 Junie 2005 12:10

Jonas: "Ongeveer 'n week gelede het 'n ANC-werksdokument verskyn waarin
verklaar is
dat Afrikaners beter Suid-Afrikaners is as die ander (hoofsaaklik Engelse)
blanke groepe."

"Naartjie Bunker"
> Fisrt of all
> And NOW ... I ever imagines
> living in a black run SAfrica

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afrikaners in aanvraag

Wo., 01 Junie 2005 06:23

Ek wonder net waarvoor al die medaljes is wat op die nuwe weermaghoof se
bors pryk.....
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:d7jhuf$c4h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ongeveer 'n week gelede het 'n ANC-werksdokument verskyn waarin verklaar is
> dat Afrikaners beter Suid-Afrikaners is as die ander (hoofsaaklik Engelse)
> blanke groepe.
> Gister het die uittredene SA Weermagshoof gesê dat die Weermag Afrikaners
> nodig het.
>
> Bepaald 'n deursigtige poging van die korrupte ANC om 'n wig tussen die
> Engelse en Afrikaners in te dryf. Net die dom ouens sal vir die koue pampoen
> val.
> Die weermag se regestellende program het nou ver genoeg gevorder. Alle
> senior poste word deur onbevoegde MK-kaders beklee - Afrikaners is nou seker
> nodig om die werk te verrig om die ou klompie positief te projekteer. (Soos
> dit maar gaan in feitlike alle poste waar swartes die topposte beklee en
> waar blankes aangestel word om die saakmakende funksies te verrig. Dit
> terwyl die "meneer" die krediet daarvoor opeis.)
>
> Anti. Het julle ook regstellende aksies in Kanada of word die Eskimos steeds
> in reservate en museums geisoleer?
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Herkouende leeu

Di., 31 Mei 2005 21:22

Hallo

Ek is vanaand terug by die huis na uiters 'n dringende
rit na Gaueteng met slegs ure om reëlings te tref.
Darem het ek geleentheid gehad om vyf sekondes
af te knyp om (regtig 5 sekondes, vra hom maar)
vir Francois hallo te sê oor sy toonbank.

Wie van julle het 3rd Degree gekyk? Die
mooi meisie se onderhoud met Allan Heyl. die wel ter tale
eks bankrower?

Die eerste bankroof wat hy gepleeg het, was omdat hy
in 'n finansiële verknorsing was.
Tydens die onderhoud vra sy aan hom of hy nie weer, as hy
geldelik vasbrand, banke sal beroof nie.
Sy antwoord aan haar was dat Allan Heyl wat weer 'n bank beroof,
gelykstaande is aan 'n leeu wat gras vreet.

Ek het gesit en kyk hoe die leeumannetjie gras vreet,
en het heelwat meer fotos hiervan.
Miskien het hy sooibrand gehad,
en miskien moet ek die foto vir Alan Heyl, of 3rd Degree stuur.
http://home.intekom.com/davesplace/1/herkouendeleeu6059.jpg

Dave

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Ferdi kom in...

Di., 31 Mei 2005 20:04

Ons bediener het die boodskap met jou kontakbesonderhede afgehaal voor ek kon
antwoord. Kan jy dalk dit weer plaas?
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Republiekdag

Di., 31 Mei 2005 17:31

Sal ons die enigste land ter wêreld wees wat nie hul republiekwording met 'n
spesiale dag vier nie?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Verhoog op die platteland

Di., 31 Mei 2005 15:08

Die Kaapse dorpie aan die Weskus is taamlik vervalle, met geen sosiale
geleenthede nie. Die dorpsraad besluit om 'n bietjie vermaak te reël.
Hulle nader vir KRUK om 'n toneelopvoering te kom hou. Met die groot
geleentheid is die saal volgepak van al die 'locals', dis dan nou 'n bietjie
aksie.
In die een toneelstuk loop 'n man na 'n meisie op die verhoog en vra:
'Wat kan ek vandag vir jou doen?'
Opgewonde skree 'n local uit die gehoor: 'Naai haar!'
Daar is die hele opvoering daarmee heen, die groep pak op en gaan terug
Kaap toe, onsteld oor die barbaarse optrede van die plattelanders. Die
Dorpsraad is hewig ontstoke, roep die gemeenskap bymekaar en kak almal uit.
Hulle beloof egter om weer 'n groep te reël as almal belowe om hulle te
gedra.
Na maande se gekarring stem KRUK toe weer in om 'n vertoning te gaan
doen. Die saal is weereens volgepak, maar die Dorpsraad tref ekstra
reëlings en sit die 'sherriff' op die verhoog agter die gordyn met 'n
haelgeweer. Die ene wat sy bek oopmaak sal geblaas word.
In een toneelstuk kom 'n man op die verhoog opgeloop met 'n appel in sy
hand en vra: 'Wat is lekkerder as dit?'
Voor enigiemand in die verhoog iets kan sê, haak die 'sherriff' af met:
'Laat een van julle donners net sê 'poes', dan blaas ek sy kop weg!'

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Liedjies oor berge

Di., 31 Mei 2005 07:08

Ek wonder net hoeveel liedjies daar in Afrikaans is oor berge.
Dozi se " Tussen jou en my lê daar 'n berg" is die eerste wat ek vinnig aan
dink.

As ek die FAK se indeks naslaan, is daar net twee:
1) Berge swart gemantel ( ek ken dit glad nie) Musiek deur Rubenstein,
woorde deur Eitemal.
2) Die Blou Berg - Musiek Otterman - woorde " tradisioneel" - hoe op aarde
kan woorde deur 'n tradisioneel geskryf gewees het?
3) Ek groet vir laas my gryse berge ( nie in die nuwe FAK nie)
4) Waar Tafelberg begin ( musiek de Villiers, woorde Hoogenhout)
5) Waar die kop van Tafelberg ( musiek Thyssen & Lamprecht, woorde Kloppers)

Die meeste liedjies gaan oor, of vermeld. Tafelberg.
Waar is die liedjies oor al ons ander pragtige berge?
Iemand moet tog die unieke Karookoppies kan besing?

Musiek & liriek | 5 kommentare

" Oranjezicht-bus " deur HEIN SWART

Ma., 30 Mei 2005 20:13

Oranjezicht-bus
Hein Swart

Soos pienk ertjies netjies
Georden in 'n ry
Met slap vlesige vlerke
Wat bevestigend knik vir
Elke knop in die pad
Het die stadswerkers
Met aandkoerante en
Leë kosblikke -
En hol koppe -
Wiegend gesit onder die
Moenie spoeg nie

Wittes voor en swartes agter
Tussenin sommer almal
In 'n bondel
Gebruik koek se seep
Eiendomsbeperk se
Doodskiste is die swartste
En in godsnaam staan
Weg van die deur

By elke halte buig hulle
Eerbiedig in gelid
Vooroor
Om hulle laaste eerbied te
Betoon aan die vertrekkende
Makker wat met haastige
Broekspype met die
Donker van die straat verenig

Prosa & poësie | 0 kommentare

Tronkstraf

Ma., 30 Mei 2005 14:31

Ons almal weet die tronke is effe oorvol, maar mense word nog steeds oms
elke hoek en draai met die tronk gedreig.
Die nuuste is glo TB pasiënte wat nie hul reeks medikasie voluit neem nie,
gaan glo tronk toe gestuur word....
Nou wil ek net weet - as iemand TB agv vigs het, sal die TB medikasiereeks
enigsins help?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    295  296  297  298  299  300  301  302  303  304  305  306  307  308  309  310    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 00:21:23 UTC 2026