Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rooibosteehandelsmerk

Fri, 17 June 2005 12:07

Ten spyte van F Greyling se bydrae, moes ek toe vandag hoor dat die saak
eers gister uitgeklaar is.
Daar was 'n skikking buite die hof tussen die VSA agent en die
Rooibosteeraad, en alle geregistreerde handelsmerke wêreldwyd tov Rooibos
word terug-getrek.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Baby stabbed in the neck during robbery

Thu, 16 June 2005 18:29

On Thu, 16 Jun 2005 16:15:04 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Wed, 15 Jun 2005 22:31:20 +0200, "Skokkie"
> wrote:
>
>
> Identikits of the robbers were being compiled, he said. - Sapa
>
>
>>> http://www.iol.co.za/index.php?set_id=&click_id=79&a rt_id=qw1118851021194B265
>

>> This is when the debate on the death penalty takes on a new meaning.
>
> ...amd where the dager of hanging the wrong man becomes more critical
> as well..... (with all the emotion etc)
>
******************************************************

Ferdi, ek weet hierdie is nie jou afdeling in die Beeld nie, maar kan
jy tog miskien lig werp op hierdie brief in die Beeld van gister?

> aangehaal:
Woensdag 15 Junie 2005 bl. 24
Beeld - Johannesburg Finaal - Briewe

Plakkaat het geskok, my siel geruk
Zanné du Plessis, Pretoria

Ek wil my misnoeë uitspreek met Beeld se plakkaat Nie eens 'n Jesus
sal Zuma verwoes .
Dit was vir elke opregte Christen wat glo in die Here Jesus Christus
die skokkendste woorde van die dag.

Die woorde het my siel geruk. Ek sal graag wil weet wat die doel was
om die woorde op 'n plakkaat aan te bring en vir die wêreld te wys.

Is enige mens, ongeag wie, verhewe bo die Almagtige God van hemele en
aarde?
Aangehaal<

Versprei die Beeld dan sulke tipe plakate?

DD

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

" die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH

Thu, 16 June 2005 12:42

die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed

Prosa & poësie | 0 kommentare

Steel en jou gewete

Thu, 16 June 2005 09:27

Nav die storie hierbo oor die stropery op die paaie by ongelukke, het my aan
die dink gesit aan so 'n klompie jare gelede toe ons 'n ondersoek laat doen
het om te probeer vasstel of daar in die firma gesteel word, of nie. Die
antwoord was 'n verassing en het die sondebok[ke] glad nie op die plek
gewees waar ons verwag het nie. Stel dit so: As jy 'n instansie het met
3000 werknemers en elkeen vat vir homself: 1 x pen @ 2,50; 1 x skryfblok
@3,50 per maand [en dis baie meer want almal het kinders op skool wat se
penne en potlode soek raak en dan vat hulle pa of ma s'n], dan verloor die
instansie oor die R250 000 per jaar! En dis veel erger. Dis CD's,
stiffies, rekenaarsagteware wat ge-'pirate' word, drukkerpapier, drukker
'cartridges', internet tyd,ens., ens. Alles kleinighede wat die personeel
'erf' en op die ou end verloor die instansie miljoene per jaar.
Die probleem is, weinig werkers sien hierdie as diefstal en 'n misdaad.
Dit is niks snaaks om te hoor 'ek werk my gat af vir hierdie firma, wat is
'n pen of 'n potlood dan nou vir hulle?' Probleem is, steel is 'n misdaad
en dis dieselfde ouens wat via die kerk glo hulle's op pad hemel toe. Dis
van dieselfde mense wat op regsbanke sit en ander oordeel. Wat besluite
namens die land en sy mense neem.
Waar lê die streep tussen eerlik en krimineel?

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Môre is Comrades Dag

Wed, 15 June 2005 18:48

Wel, môre word die Comrades gehardloop hier by ons,
en, kom ek laat elkeen van julle glimlag op die vooraand daarvan.

Ons nie-hardlopers is terdeë daarvan bewus dat dit 'n uitmergelende
marathon is, dat dit 'n harde marathon is, maar hoe hard dit werklik
is, gaan ek nou vir julle wys, in iets wat ek net hierna gaan pos.

Moet nie comrades1 lees nie, comrades2 is dieselfde. Ek plaas net 1
ook om erkenning te gee waarvandaan en wanneer ek dit gekry het.
2 lees makliker want die teks is groter. Moet ook nie begin lees eer
jy al 4 afgelaai het nie. Jy wil dit nie in vervolgverhaalvorm lees
nie, maar in een spanningsverhaal.
Ek het dit goed genoeg gevind om dit te bewaar. Ek glo julle sal ook.

Dit is vier jpg's van sowat 200 kbits elk. Lees dit in volgorde.

Dit kom net hierna.

DD

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Re: Ag Ja Mense

Wed, 15 June 2005 17:09

WHO THE F_ _ K IS THIS PEOPLE FROM mail2news THAT THINK THEY KNOW EVERY-
THING. THEY STUFF UP ADS IN OTHER NEWS GROUPS AND THEY ARE BECOMMING VERY,
VERY BORING. LIKE THIS ONE THAT CAN'T EVEN SPELL HIS OWN LANGUAGE AND
NORMALLY THEY HAVE NO CLUE ABOUT WHAT IS GOING ON ABOUT ANY THING. THEY USE
PHRASES LIKE- flush, yawn, boring ect. ALSO THEY WANT TO PLAY JUDGE OVER
ADVERTIZEMENTS IN OTHER NEWS GROUPS, AND IT IS SO OBVIOUS, DIE DONNERS KYK
NIE EENS WHAT WORD ADVERTEER OP DIE WEB-ADRES NIE EK WENS DIE GEMORS (ALMAL
VAN HULLE) WILL N' ANDER PAASTYD GAAN VIND INPLAAS VAN HIER OP DIE
NUUSGROEPE ROND TE NEUK.

"Naartjie Bunker" skryf in boodskap news:QDFWKMQ638507.2033333333@anonymous.poster...
> bOERE is n klomp "has beens"
> Hulle moes uitgejaag word van SAfrika
> Hulle is soos 'n kanker in die hol
> Hulle stink soos vrot kak in die Karoo son
> Hulle het nie 'n god nie want hulle suig die duiwel se tiet
> Hulle dominies stoot die kerkgangers se vrouens
> bOERE self pomp hulle eie meide in mammie se bed
> Man, die mense is uiters vuil, befok in die kop
> Hulle moes almal net verdwyn
> Fokkof
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Rugby a la politiek!

Wed, 15 June 2005 13:11

Hier by ons in Namibië, is die geld vir sport nie so baie nie en is die
amptenary ook nie so eerlik nie [es mos in Afrika?]. Laas toe Wêreldbeker
toe gegaan is, moes die spelers self 'n deel bydra om daar te kom, terwyl
die bestuur en hulle gades gratis gaan rugby kyk het, uit dankbaarheid vir
hulle diens aan die sport. Gister huil die voorsitter van die vereniging
oor Radio Kosmos dat die wit sakegemeenskap nie Namibiese rugby ondersteun
nie en twee van die grootste borge vir 'n toernooi oorseė onttrek hulle net
daar. Nou's die toer gekelder en die man wonder nog oor wat het
gebeur......

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Beeld se Lesers-opinie - vir FERDIETJIEKIE ....

Wed, 15 June 2005 12:00

Ferdietjiekie - waarom antwoord jy nie DD se vraag nie.
Het jy nie die moed om die ANC kaalkop aan te vat nie.
Jy weet dat die omvang van bedrog onder die ANC ongekend is in die politieke
geskiedenis van hierdie land - waarom draaie loop?
(Maar as jy weet van toegesmeerde bedrog en die feitelikhede het, kan 'n
klag gelê word by die SAPD. Die ANC sal dit verwelkom aangesien dit die
aandag van hulle sal wegvat.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mbeki - het hy gespring...

Wed, 15 June 2005 11:53

So Mbeki kry 'n klomp ondersteuning met die afdanking van Zuma - maar hy was
gestamp en het bepaald nie gespring nie.
Mbeki kan nou, indien hy so ernstig is oor die bekamping van bedrog gerus
die wapentransaksie oopmaak vir 'n deeglike ondersoek. Dis mos duidelik dat
Chippie Shaik wie betrokke was by die toekenning van die tenders, soos sy
broer Shabir, moontlik 'n vinger in die pastei gehad het.
Zuma sê sy gewete is skoon. Hy sien ook kans om as kandidaat vir die
presidentskap te staan. Hy put waarskynlik sy selfvertroue uit die feit dat
hy weet sy sondes baie minder is as die van andere binne die ANC.
Zuma se betrokkenheid by bedrog is waarskynlik 'n druppel in die emmer
gemeet teen die van andere in die ANC-geledere.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1838): [ «    288  289  290  291  292  293  294  295  296  297  298  299  300  301  302  303    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 17:52:13 UTC 2025