Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Biltong

Fri, 01 July 2005 05:06

Hello Mense. Hier is nog 'n nuwe liedjie vir julle almal.
Dit is geskryf deur Armond DeLange een van Suid Afrika se meers bekende skryfers. Geniet.

Bilton - deur Armond DeLange 1933

My lewe is soos die droe gront
Gront van die ou Kalahari
My gesig is vol lyne
Lyne soos die SA Spoorweg

Hei maar ek is dors
Dors van die verlang vir wyn
Wyn en biltong nou dis die ding
Kom my mense laat ons sing

Sing in die sonskyn, sing in die tuin
Sing en lag en drink meer wyn
Ja dis lekker om te drink so veel wyn
Drink tot die maan uit die hemel val

Nou is die wyn vrot en gaar
Net soos die boere en my oupa
Hy is so dof en so prop vol kak
Nou weet ons almal die boere praat twak

Julle is nou n klomp vrot boere
Wat sit en skryf op die nuis groep
Almal is mense van die veleerde
Vol kak en dink julle gatte stink nie

Al daaie jaare terug het julle gedink
Dat julle die groet meneere was
Ha-Ha-Ha julle moet nou gaan bars
Sit julle koppe in die gront, julle bliksems

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH

Thu, 30 June 2005 23:27

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

Prosa & poësie | 0 kommentare

Interessante SA immigrante gedurende die Tweede Wêreld-oorlog

Thu, 30 June 2005 21:58

Terwyl ek Bosman se "Cask of Jerepigo" lees, merk ek op dat hy 'n stuk
geskryf het oor Fred Perls, die vader van Gestalt teorie. En dat hierdie
boek blykbaar in Johannesburg vir die eerste keer gepubliseer is. Ek
vors toe bietjie uit op die internet en vind uit dat Fred Perls van 1933 tot
in 1945 in Johannesburg gebly het, op vlug van die Nazis.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het daar nogal baie
interessante mense as vlugtelinge uit die oorlog in Europa na SA
gekom. Die Griekse koningsfamilie was een voorbeeld. Daar was
ook 'n hele paar goeie akteurs wat liewers in SA wou bly terwyl
Hitler in Europa aktief was. Ek onthou nou die naam van Hermione
Gingold, wat later in Hollywood - films verskyn het. Maar daar was
nog ander beter Engelse aktrises wat die toneelwêreld in SA
verryk het. Ek kan nou net nie hulle name onthou nie.
Konneksies met Europa was somtyds nie so 'n goeie
ding nie. Die SA regering het byvoorbeeld geweier om vir
die digter Peter Blum burgerskap te gee, blykbaar omdat
daar twyfel was Nazi-konneksies in die familie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaner- tronkvoëls

Thu, 30 June 2005 20:37

Ek het nog al die tyd gewonder of Herman Charles
Bosman nou 'n Afrikaner was wat in Engels geskryf
het, of 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner. Onlangs
het ek egter, in die voorwoord tot 'n herdenkings-
uitgawe van " A Cask of Jerepigo " die antwoord
gekry. Hulle haal Mary Morison Webster aan
wat in 1957 in "Forum" die volgende skryf:
" Wherever he is, or whatever he is doing,
becomes illumined for the reader. True,
he makes mistakes with his tenses, as
many Afrikaners do, because he habitually
thinks not in English but in Afrikaans.."
Dis geskryf ses jaar na sy ontydige dood in 1951
aan 'n hartaanval. Hy was nog maar net 46 jaar
oud.
Ek behoort nou seker nie rassisties te wees
nie, maar dit gee my groot genot om te weet dat
die twee beste skrywers in Engels in Suid-Afrika
tot op datum - Herman Bosman en JM Coetzee -
albei volop Afrikaanse bloed in hulle are gehad
het. JM Coetzee was nou wel Engelssprekend
in die huis. ( Sy ma was 'n SA Duitser en sy
pa 'n Afrikaner.) Maar ek dink hy het Afrikaans
foutloos gepraat, en het ten minste een Afrikaanse
boek van Wilma Stockenström in Engels vertaal.
As ek reg onthou, het hy ook sy eerste boek,
"Dusklands" eers in Afrikaans geskryf.
Dis natuurlik ook werd om te noem dat
ten minste twee van die beste Afrikaners wat
in SA geskryf het tronkvoëls was. Herman
Charles Bosman het vier jaar in die tronk gesit
omdat hy iemand ( glo per ongeluk) doodgeskiet
het. Breyten Breytenback het nog langer in die
tronk gebly. Bosman het van sy beste werk gebaseer
op sy ondervindinge in die tronk.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Feeste

Thu, 30 June 2005 06:19

Hallo Almal

Deur die jaar reel so baie mense / dorpe / ens feeste. Soos byvoorbeeld die
Biltongfees op Potgietersrus om maar een te noem.

My probleem is dat ek baie keer eers van die fees hoor as dit alreeds
plaasgevind het, weet iemand dalk van 'n site wat redelik op hoogte is van
feeste wat oor die land gehou word.

Geniet julle dag verder

Riaan

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

MTN

Wed, 29 June 2005 11:35

Ek sien Empty N se 3G advertensie veldtog het ook nou begin, net toe Vodacom
'n reeks verskillende 3G pakkette bekendstel. Nogal billik maar die caps is
'n bietjie knap. Hulle kan Telkom se ASDL nog meer komptisie gee. Kry mens
nog nie 'n 3G PCI poort vir jou desktop nie?

Deneile

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: Commission for Africa report

Wed, 29 June 2005 07:20

Ag foeitog. Nog nie in Skotland rondgery nie?
--
Groetnis
Annette

, Scotland is a sub region within an
> island, and there is not much of Scotland outside the capital of Edinburgh
> is there?
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Musiek CD's en DVD's vir ons mense.....

Wed, 29 June 2005 00:34

op die regte prys.

http://www.musicdvdbakery.co.uk

Kalahari sien my nooit weer nie!

Albert

Musiek & liriek | 0 kommentare

RSG en Monitor

Tue, 28 June 2005 07:52

Dit wil vir my voorkom asof Monitor ook nou 'n speelbal geword het van
die regering of te wel die ANC. Gisteroggend (27 Junie 2005), van net
na die 6 uur nuus tot en met half sewe, was daar net berigte op van die
ANC. Die anc dit en die anc dat. Nou moet ek ook byse dat al die
stories 'n mooi berig was maw dit het gegaan oor die ANC wat alles mooi
en reg doen.

Vanoggend was dit nou weer Cosato se beurt op monitor. Alles het gegaan
oor die gister se staking. Ek het naderhand so gatvol geword dat ek die
radio afgesit het. Hulle kon daardie berig na 3 minute verkort het en
dit sou meer aanvaarbaar gewees het vir my.

Het die eerste halfuur van monitor 'n "Ons bring julle ons getroue
kammerade gou op datum met wat julle gedoen het, en dan kan julle ook
hoor hoe goed julle is?"

Daar is soveel nuus in Suid Afrika hoekom moet hulle so bly hamer op
die Anc en Cosatu ?

Net Vrydag was daar 'n brokkie nuus op 702 gewees, waar 'n swart vrou
gekla het oor die gebooorte kliniek by Baragwanath hospitaal. Haar baba
is gebore en hulle het hom toegedraai in 'n swartsak omdat daar nie
komberse was nie. Hoekom kom sulke berigte nooit op Monitor nie?

Die hoofnuus vir my was die skool in die Kaap wat die saak gewen het
teen die Kaapse onderwts departement. Maar tot half sewe wat ek
geluister het was dit net genoem as hooftrek en nie breedvoerig
bespreek nie.

Al afleiding wat ek kan maak is Monitor dans na die NAC se pype.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Uit Huisgenotjies

Tue, 28 June 2005 06:34

Pieter: Jan, het jy gehoor Koos het geval uit 'n boom wat 30 meter hoog is?
Jan: Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?
Pieter: Nee. Hy het net 'n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.
--
Groetnis
Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 7 kommentare

Bladsye (1838): [ «    283  284  285  286  287  288  289  290  291  292  293  294  295  296  297  298    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 15:46:07 UTC 2025