Die musieklegende Lance James is vanoggend (2 Maart 2020) in die ouderdom van 81 oorlede. Hy het diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap met sy country-musiek en meer as 70 albums. Van sy grootste treffers sluit in "Dankie", "Vicki" en "Ahoy, Madagaskar Ahoy!". Hy is by Huisgenoot se 2009-Skouspel vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek vereer. In 2019 het hy 'n soortgelyke erkenning van die FAK ontvang.
Dankie vir wat jy vir Afrikaanse musiek gedoen het...
Ek het vanoggend vir die eerste keer 'n snit van Pietman Geldenhuys op Pretoria FM gehoor. 'n Fantastiese sangtalent.
So 'n bietjie agtergrond: Pietman Geldenhuys in 1981 in Prince Alfred’s Hamlet in die Boland (Wes-Kaap) gebore. Ná skool is hy Engeland toe, waar hy as plaasbestuurder en arbeidskonsultant gewerk het. Daar het ook as kelner en portier diens gedoen om sy inkomste aan te vul. Later het hy op straat en in kroeë begin speel. Met sy terugkeer na Suid-Afrika studeer hy radio- en televisiewese en tree saam met Valiant Swart en sy orkes op. Sy eerste album, "Hamlet by Night", is in 2008 bekendgestel. Daarna volg "You and I" in 2017 en sy eerste Afrikaanse album, "Van Die Os Op Die Jas", in 2018. Hy tree ook onder die verhoogname Peter Mitchell en Pietman Die Skot op.
Ek het ervaring in:
* Die verkeerde perd opsaal,
* Te veel hooi op die vurk laai,
* 'n Eiertjie lê,
* Jong osse inspan en Katte skiet.
* Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele mandjie patats uitkom.
* Ek sal deur die wingerd loop met wingerdgriep en die wrange vrugte pluk.
* Vroeg smôrens sal ek die room afskep, en op eiers loop.
* Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai, en jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
* My spesialiteit is om pêrels voor die swyne te werp en met 'n ander man se kalwers te ploeg.
* Ek sal saam met die hoenders gaan slaap!
* Ek sal vir jou die bul by die horings pak.
* My weiveld ondervinding is om vir Wolf skaapwagter te maak en ook om agteros in die kraal te kry na dit by Daantjie in die kallerhok was.
* Ek kan skape tel.
* Ek kan die dam onder die eend uitruk, en ek kan hond haar afmaak.
* Ek is 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande.
* Ek werk vir 'n appel en 'n ui!
Laat weet my asseblief spoedig.
Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my genooi vir sy troue.
Hy trou met Wolf se vrou.
Blykbaar ken die ouer garde die onderstaande lied van Piet Hein. Dit was algemeen in Nederland en Suid-Afrika bekend, ten minste die refrein daarvan, maar die jongklomp is grotendeels onbewus daarvan. Laat ons weet as jy dit kan onthou.
Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!
Eers so 'n bietjie agtergrond:
Tydens die Tagtigjarige Oorlog tussen Nederland en Spanje was "seerowery" in opdrag van 'n staat gebruiklik en wettig gewees. In September 1628 verower Piet Hein 'n Spaanse vloot by Kuba tydens die Slag in die Baai van Matanzas. Hy is die enigste mens wat so 'n vloot met silwer en al kon verower. Meer as 177 000 pond silwer en duisend pêrels is gebuit, wat die oorlog teen Spanje vir 'n jaar lank kon onderhou. Die verowering van die Silwervloot was nie net 'n finansiële sukses nie, maar ook 'n morele oorwinning vir Nederland. Die liedjie is geskryf om van Piet Hein se dappere dade te vertel.
Hier is die volledige lied, wat selfs in die FAK-sangbundel opgeneem is.
EEN TRIOMFANTELIK LIED VAN DE ZILVERVLOOT
Woorde: J.P. HEIJE, op die verowering van die Spaanse Silwervloot, 1628
Musiek: J.J. VIOTTA; verwerk: D. HYMAN
Heb je wel gehoord van de Zilveren vloot,
de Zilveren vloot van Spanje?
Die had er veel Spaanse matten[1] aan boord
en appeltjes van Oranje[2]
Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!
Zei toen niet Piet Hein met een aalwaerig[3] woord:
"Wel, jongetjes van Oranje!
Kom klim 'reis aan dit en aan dat Spaanse boord
en rol[4] me die mat van Spanje!"
Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!
Klommen niet de jongens als katten in t'want[5]
en vochten ze niet als leeuwen?
Ze sloegen de Spanjers wel duchtig te schand';
tot in Spanje klonk hun schreeuwen.
Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!
Kwam er nu nog 'reis zo 'n Zilverenvloot,
zeg, zou jullie nòg zo kloppen?
Of zoudt ge je veilig en buiten schoot
maar stil in je hangmat stoppen?
"Wel, Neerlands bloed, dat bloed heeft nog wel moed!
Al bennen we niet groot, al bennen we niet groot,
we zou'en nog winnen een Zilvervloot!
We zou'en nog winnen een Zilvervloot!
[1] geldstukke
[2] goudstukke
[3] Volgens Heije--ernstig, eenvoudig. Outyds--oormoedig, dartel, knorrig.
[4] rollen--optel
[5] Die touwerk van 'n skip
As Kersfees kom - geseënde tyd -
Dan word 'n droewe wêreld bly,
Gaan harte oop, staan deure wyd
Al waar die milde invloed sprei
Van vrede, vrindskap, goeie wil,
Wat meng in soete harmony -
Die boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
As Kersfees kom en vrind'likheid
In goeie Sinter-Klaas-livrei,
Heers wyd en syd beminlikheid
In kerke en stande streng geskei.
Dan, blykbaar, is daar geen verskil,
Die Vredevors al toegewy:
Warm word 'n wêreld doods en kil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
As Kersfees kom, wyk kleinigheid;
Vergeet een ieder sy party;
Wyk wanguns en venynigheid
Wat broeders van malkander skei.
Dan swyg die dwarstrek-geeste stil
Voor vrede-engelesang en -rei -
Dié kom so graag as ons net wil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
l'Envoi
Die Kersfeesgees, die goeie wil,
Die spreek tot U, die spreek tot my:
Sy boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre? - Gaan ons weer baklei?
Oupa vat elke oggend die 5-jarige Ansie skool toe.
Toe hy een oggend siek is, vat haar ouma haar.
Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery saam met ouma baie anders was as saam met oupa.
"Hoekom?" vra hulle.
Ansie: "Ek en ouma het nie een flippen idioot, blinde of dom ou op die pad gesien nie."
Soos dit maar gaan met kerkbasaars, het tant Sarie se mooi koek wat sy bak platgeval.
Daar is nie tyd om 'n nuwe een te bak nie.
Sy prakseer toe 'n toiletrol in die middel van die koek om dit te ondersteun en vul dit toe op met versiersuiker.
Haar plan is toe om dit self te koop by die basaar.
Maar toe sy baie vroeg by die basaar kom, is die koek klaar verkoop!
Dis toe nie die einde van die storie nie.
Toe sy die Maandag by 'n vriendin gaan teedrink, staan die koek op die tafeltjie en wag!
"Wat 'n mooi koek" is al wat tant Sarie kan uitkry.
"Dankie," sê die vriendin, "Ek het dit gister gebak..."
Twee nonne ry per motor en gaan staan sonder brandstof.
By die naaste plaashuis vra hulle 'n bietjie petrol.
Die oom het nie 'n houer nie en gooi die petrol sommer in 'n ou koos (piepiepot).
Nou staan die nonne langs die pad en gooi die petrol uit die ongewone houer in die kar in.
Die dominee en die ouderling kom op daardie oomblik daar verby en dominee sê:
"Broer, sowat van geloof het ek lanklaas gesien!"