Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Ziehier het nieuwe fascisme!

Sat, 04 February 2006 21:35

"Ikkebaas" wrote in news:1139085084.651345.278980
@g43g2000cwa.googlegroups.com:

> Een Zuid-Afrikaanse rechtbank verbood zaterdag de publicatie van de
> spotprenten. Een moslimorganisatie had om het verbod gevraagd.

Aldaar vond ook reeds menig Al-Quaida lid een schuilplaats.
Hoe zit het trouwens met de kanker genaamd Ghadaffi in Zimbabwe?

En dan maar zeuren dat men niet naar s.c.s-a(.a) mag posten....het snelst
groeiende islamitische gezwel zit in Zuid-Afrika.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Onze halal-hippies (deens) zallen het ook deze keer niet willen snappen - voor de normale rest:

Sat, 04 February 2006 16:25

Deense ambassade in Damascus na brandstichting afgebrand - foto:

http://politiken.dk/VisArtikel.iasp?PageID=436702

Eis massale terugtranspoorten van de fijfde colonne nou, incl de pashouders,
incl diegene die in het politiek stelsel terecht zijn gekomen!

--
> .)

Unter blinden ist der einäugige kónig.

http://worldimprover.net/

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Onze halal-hippies (deens) zallen het ook deze keer niet willen snappen - voor de normale rest:

Sat, 04 February 2006 16:09

"Michael Laudahn" skryf in boodskap news:rA4Ff.169$RG3.1678@se2-cb104-9.zrh1.ch.colt.net...
>
> Deense ambassade in Damascus na brandstichting afgebrand - foto:
>
> http://politiken.dk/VisArtikel.iasp?PageID=436702
>
> Eis massale terugtranspoorten van de fijfde colonne nou, incl de pashouders,
> incl diegene die in het politiek stelsel terecht zijn gekomen!

Of ze dwingen het katholieke geloof aan te nemen.
Raken de kerken ook weer is vol, en ze leren zingen!
Dat laatste is misschien wel het belangrijkste.
Zouden ze eigenlijk wel weten wie Jantje Smit is?

Gloriaan.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Detroit en Windsor en die Superbowl

Sat, 04 February 2006 02:00

Ek stel baie min belang in sport. Ek weet byvoorbeeld nie
eintlik
watter sport dit is wat hulle hierdie naweek gaan speel as
die
"Superbowl" in Detroit plaasvind nie. ( As dit Amerikaanse
football
is, dan verag ek dit nog meer as meeste ander sport. Want
in
American Football is daar al die groot mans, in
gesigsmaskers
en opgepof soos hulle beskerm word deur allerhande soort
insetsels in hulle klere - en al wat hulle doen is om in
sulke
klein groepies te staan met hulle agterente in die lug, en
met mekaar te praat, dan sulke klein entjies te hardloop,
en dan op 'n bondel te val. )
Maar wat hierdie naweek in Detroit plaasvind, word
interessant vir ons Kanadese in een belangrike opsig. Die
stad Windsor is net oorkant die rivier van Detroit, en dis
nie
eintlik 'n baie wye rivier nie. ( Detroit is die Franse
woord
vir 'n waterdeurgang van een meer na 'n ander, en die
rivier is dan ook die verbinding tussen Lake Erie en nog
'n ander kleinerige meertjie wat ek nou nie die naam van
kan onthou nie, wat deel is van die roete waarmee skepe
van die Atlantiese See, deur die St. Lawrence Seaway, en
deur verskillende kanale en mere tot by Lake Superior in
die Groot Mere-stelsel kan vaar.)
Een van die mooiste gesigte wat jy kan kry van
'n stad, is om in Windsor op die rand van die rivier te
staan
en na Detroit oorkant die rivier te kyk. Die middestad het
'n paar mooi blink skyscrapers, en so van ver af lyk dit na
'n glinsterende stad. Mens weet natuurlik dat Detroit
eintlik 'n baie gevaarlike kriminele ondergrond het, en
mense wat oor die brug van Windsor na Detroit ry, is baie
versigtig om hulle vensters toe te hou en op te let wat
by stopstrate aangaan.
Sondag word die Superbowl gespeel. Daar is dus
duisende Amerikaners wat van ander plekke na Detroit
stroom. Baie van hulle gaan oor die brug na Windsor, wat
vol casino's is, maar aansienlik veiliger is as Detroit om
in
rond te beweeg. Die Kanadese dollar is ook laer as die
Amerikaanse en dit is seker die aantrekkingskrag vir baie
om in Windsor te gaan slaap liewer as Detroit. Daarbenewens
is die drinkouderdom laer in Ontario as in Michigan, en kan
die vroumense al hulle klere in die nude bars uittrek, iets
wat nie in Michigan toegelaat word nie.
Wat my egter die meeste verbaas, is die
veiligheids-
maatreëls wat daar getref word vir die naweek. Daar is glo
'n ban op enige lugverkeer oor die area, nie alleen van
Detroit nie, maar ook van Windsor, toegepas deur beide die
Amerikaanse en Kanadese lugmagte. Daarbenewens hoor
ek vanaand op die nuus dat Norad die lug bokant Detroit en
Windsor gaan monitor. So die terroriste sal moet oppas.
Die Amerikaners is reg vir hulle. As hulle maar sulke
voorbereidings getref het na Katrina.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sport neem oor!!!

Fri, 03 February 2006 11:30

Ek sit vandag en wonder of dit net ek is wat so voel en dat ek
abnormaal is.
Sal graag wil sien wat ander mense se opinie is.

Hierdie is my gevoel: Ek raak regtig gatvol om die Televisie aan te sit
en daar is sport op elke kanaal (Sabc1, 2, 3 en E-TV).Solank mense
sport kan kyk, is dit mos ok om ons cool programme, die bietjie wat ons
het, weg te gooi.Dit sal nooit verplaas word met die regte gemors goed
op die TV nie.

My opinie is: As jy regtig so sports beheb is, sal jy n plan maak om
maar dstv te kry.Daar is spesiaal sulke kanale.En dit is nie dat ek
jaloers is op die mense met dstv nie, ek het self dstv!

Ek is ook bly om te sien(Sarkasme) dat kinders op skool leierskap
behaal en bevorder word na hoer grade toe omdat hulle dalk goed sport
kan speel, akademies was mos nog nooit so belangrik nie.

En in elk geval, niemand kyk sport, dit is net weer a verskoning om te
suip vir al die suip lappe.

Ek hou van sport, maar die Suid afrikaanse tradiesie voeter dit vir my
op.

Ek is amper meer gatvol vir sport as die geweld in ons land

Ek weet ek is seker die enigste een wat so voel, but let it be

Groete

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Help my asb

Fri, 03 February 2006 05:41

Ek het nie vandag tyd nie, so as julle miskien private pos kan stuur aan al
die ander Hollandse deelnemers, soos wat ek vanoggend aan Jeroen en Koen
gestuur het, sal dit help.
Hier is my brief aan hulle persoonlik:
Geagte ....., ek neem aan dat jy nog nie lank op Internet deelneem nie.
Indien jy wel al lank 'n deelnemer is, moet ek aanneem dat jy grondonnosel is.
Mag ek jou vra om asseblief seker te maak dat jy nie kruispos as jy antwoord
op 'n NG -draad nie.
Indien jy nie weet waarvan ek praat nie -
Voordat jy antwoord, kyk in die tweede lyn ( newsgroups) en vee al die ander
groepe uit behalwe die groep waar jy in lees.
Skryf dan jou repliek, en pos vrolik voort.

Dankie by voorbaat.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Waar is die pyn?

Thu, 02 February 2006 21:07

Die instroming van plasings van Herr Laudahn het tydelik
onse eie pyn-in-die-ander-plek van die toneel af laat verdwyn.
Of is hy miskien Herr Laudahn?

Hessie van Nooitgedacht

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH

Thu, 02 February 2006 21:03

DIE SWART STAD
Breyten Breytenbach

weer jou veral teen die bitterheid, swart kind,
dit, en dat jy nie mag droom nie;
sorg dat jy nie verstik in rooi oë - gevis in slopemmer,
dat jou liggaam nie dik en galsterig word van die gal
wat pal deur jou fosfor-are gaan stoot
(tussen lyf en lyk dryf maar net twee letters sonder o);
knip en kam liewer gereeld jou papajaboom
en onthou die wolke tree op ook vir jou
en rotte eet vullis

ek wil onthou van 'n swart stad, swart kind
waar ook jy aan die somber lig swel;
seemeeue dans soos rooi ballonne bo die strand,
jy kan ook lag en ook uitbundig,
ook die water streel en dorpe sand bou
ook op en af hardloop langs honderde grappe

waak veral teen die slymerige swart papaja
van bitterheid, swart kind -
hy wat daarvan eet sterf op bajonette
en in biblioteke,
sterf alleen in die mond

kyk, oor die see gaan die son gebore word
en die son het 'n regterhand en 'n linkerhand
en hy sal bruin wees,
so warm en so bruin soos die kieliekele van hane

(Lourenco Marques)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die herskrywing van die geskiedenis en Brokeback Mountain

Thu, 02 February 2006 21:01

Die feit dat 'n film oor homoseksuele cowboys hierdie keer
heelwaarskynlik 'n Oscar gaan kry, laat my besluit om
onderstaande te pos, iets wat ek 'n ruk gelede geskryf het:

Mens hoor baie die teorie dat die beeld wat die Amerikaner
van homself en van sy geskiedenis het, en die beeld wat
die mense buite die VSA van Amerikaners het, eintlik
gevorm is deur Hollywood se uitbeelding van die VSA
se geskiedenis. Soos byvoorbeeld die verheerliking van
die individu wat daar plaasvind in cowboy-prente en die
verromantisering van die weste en van die trek na die
weste, na die beloofde land, Kalifornië.
Dan word daar gewys op die feit dat Hollywood
in sy beginstadium eintlik 'n maaksel was van 'n hand-
vol Jode en dat dit hulle visie van die "siel van Amerika"
is wat toonaangewend was. Mens moet natuurlik nie
alles vir soetkoek opeet nie, maar daar is tog 'n groot
deel van die waarheid in hierdie siening.
In suidelike Afrika dink ek het dieselfde ding met
die geskiedenis van die Afrikaner en van Suid-Afrika
gebeur. My man sê vanoggend hy kan nie verstaan
hoekom die vrouens toegestem het om uit Kaapland
weg te trek in 1838 nie. Ek wys toe vir hom uit hoe
baie klagtes die meestal Nederlandse en Franse
nakomelinge gehad het teen die Engelse, veral met
die afskaffing van slawerny en die reëls en regulasies
wat die London Missionary Society aangevra en
gekry het om die behandeling van die inheemse
bevolking te kontrolleer.
Nou is dit wel waar dat hierdie groot trek van
sekere voorsate uit Kaapland ooswaarts 'n belangrike
geskiedkundige feit is. Maar in veral die twintigste
eeu is hierdie Groot Trek ( wat nou skielik met hoof-
letters gespel word) as die sentrale "happening" in
die Afrikaner se geskiedenis vermitologiseer. Baie
min aandag word gegee aan die groot trek van
Afrikaners wat ook noordwaarts in Kaapland beweeg
het. (André Brink in Afrikaans en J.M. Coetzee in
Engels gee aandag aan hierdie gebeure. ) Skoolkinders
weet baie min van die geskiedenis van SA. Hulle leer
as nauseam van die "Voortrekkers" en dan van die
oorloë wat die Engelse en die nageslagte van die
"Voortrekkers" in die oostelike dele van die land geveg
het. Dis asof die bewussyn van die Afrikaner geskaak
is deur hierdie kliek wat ooswaarts beweeg het, hulle
wedervaringe daar in die oostelike deel van die land,
en hulle gevoelens oor SA en Afrikanerskap. Dis dan
ook juis uit hierdie oostelike bakermat wat die basiese
konsep van apartheid ontstaan het. Kaaplanders het
nog altyd 'n ander mentaliteit gehad, maar hulle
standpunte is vir baie lank veronagsaam, en diensbaar
gemaak aan die begeertes van die oostelike kliek, dié
ouens wat die pap en wors eet, iets wat vreemd is vir
die grootste gros Afrikaners, as mens dit nou op die
keper beskou.

Nou wonder ek, sal "Brokeback Mountain" ook uiteindelik
die idee van die Amerikaanse cowboy 'n slag in die nek
toedien?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Sokker

Thu, 02 February 2006 20:41

Julle klomp daar in SA is darem onge-ellie. Die nuus het
vandag die Globe and Mail gehaal dat mense die sokker-
span van SA op die lughawe uitgejou het. Ken julle nie julle
maniere nie?

Penkop van die Derde Republiek

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    230  231  232  233  234  235  236  237  238  239  240  241  242  243  244  245    »]
Tyd nou: Fri Jan 10 21:01:48 UTC 2025