Dit was nou 'n baie interessante oefening. Het die heeltyd aan die
ontbyt tafel hieroor gedink.
Dit lyk asof Google wel die ge-nuke'de boodskappe ignoreer, maar my
eie bedienier nie. Heel waarskynlik is daar maar min bedieners wat
"cancel" boodskappe aanvaar?
Dankie vir jou hulp, DD. Dit lyk my dis gladnie so eenvoudige storie
as wat Tobie gedink het dit is nie. :-)
Terloops, hier is 'n FAQ vir die hele storie as iemand anders dalk
belang sou stel. Sies, watse tipe mens doen sulke dinge? Weereens
besef ek vanoggend hoe naief ek soms kan wees. But live and learn...
en vandag het ek ge-learn! :-)
Die uwe.
en ook die sluwe
en min mense het ooit ver genoeg besin
om my te bemin
hetsy gesplete persoonlikheid of skisofreen
DD is nie alleen...
As daar iets is waarvoor ek die skuld kan dra
moet nie dat dit jou pla
******************************
gekanselleer en verander
Speedy Gonzales wrote:
> On 26 Jul 2003 13:30:42 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Katryn, dit lyk asof die naam Nelson ons agtervolg die laaste paar
>> dae:-)) Die meeue is orals.
>>
>> Ja en wat raas jy met Katryn, Speedy? En dit oor Nelson.... Sies.:-)
>>
>> Lorinda
>
> ek hettie...! Wou net kyk watse reaksie
> van die ander partye af is... en toe kry
> ek reaksie uit eie geledere >snik...
>
>
En wat as die kraaie teen haar gedraai het? Dan moes ons weer moue
oprol, en ek is juis so moeg gebaklei:-)) En ek is net 5 voet 2 en lig
(lug???) in die lyf, julle weet nie hoe swaar dit vir my is nie,
Darem handig dat ons 'n plek het om te kom nabetragting hou:-))En jy
het jou goed van die taak gekwyt Katryn.
O en jammer dat ek WEEREENS die tema naam verander het. Ek sê dit nou
maar terwyl ons wonde lek en julle my dalk nie sal gryp nie:-))
Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>> vir baklei nie:-))
>
> Agge nee. Nou sê jy vir my??
> :-)))
>
Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))
Katryn wrote:
>
> Jy gaan nou baie teleurgesteld wees, maar eintlik sal of kan ek niks
> sê wat jy nie in elkgeval alreeds weet nie. En eintlik het ek myself
> net swak uitegdruk met daardie sin. :-)
Teleurgesteld? Jy praat altyd oor interessante goed. Jy verduidelik
ook iets wat nou vir my sin maak oor waarom aborsie in Skandinawiese
lande tot op so 'n laat tydstip toegelaat word (die vyf maande ding).
Jy som ook die probleem baie goed op tussen pro- en anti aborsie
voorstaanders; die geloof in die bestaan van die siel ens.
> Ek is 'n agnostikus (eintlik
> 'n twyfelaar soos uitgewys was op die groep deur iemand). Daarom
> is dit vir my nie so moeilike saak as dalk vir julle nie.
Ek is nie 'n "volwaardig praktiserende" katoliek nie. Daar is
allerhande moeilike kwessies daar, soos bv oor voorbehoedmiddels en so
aan. Ek het my kulturele agtergrond gegee om die baggage wat ek
saamdra te verduidelik. Onthou in ons geval word dit alles ook nog
geweef aan die politiek ens ens wat dit alles nog meer probleematies
maak.