Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rico (2)

So., 03 Augustus 2003 19:52

Baie dankie vir almal wat op my boodskap gereageer het.
Ek sal dit en/of meer persoonlike briewe aan die familie oormaak. Dié wat
wil, kan die e-posse na my adres stuur.
As iemand meer besonderhede wil weet, kan ek ook privaat antwoord.

Dankie vir julle medelewe. Ek weet dat dit baie beteken vir sy familie.

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ping> DD, ping, ping ping......

So., 03 Augustus 2003 17:22

sommer maar net...
hehehe

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Linux nuus

So., 03 Augustus 2003 17:19

Ek het laat in Mei begin om my Linux Mandrake OS te porppageer. Ek wil graag
met julle meedeel dat alles nog vlot en volgens plan verloop. Ek het ook
vergeet watter kleur die "blue Screen" is.

--

Mandrake, steeds aan die gang en op volle vaart...

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Rico

So., 03 Augustus 2003 04:42

Beste mense op hierdie groep,

Rico, wat hier reëlmatig 'n beriggie skryf, is verlede nag oorlede.
Hy was ernstig siek en is verlede Woensdag geopereer. Voor sy operasie het
hy my gevra dat, as daar iets verkeerd sou gaan en hy sou oorly, ek dit op
hierdie nuusgroep sou meld.
My pyn in my hart het ek dit nou gedoen.
Hy was 'n goeie vriend en baie lief vir die Afrikaanse taal.

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Chatroom manewales

Sa., 02 Augustus 2003 22:13

Ek was nou net op die een of ander chatroom gewees, maar dis nie dieselfde
sonder julle daar nie.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

hoi - hoi

Sa., 02 Augustus 2003 17:36

Daantjie sê my weer waar ek kan gaan om uit te
vind waar ek ID kan vasstel. Op IRC kan jy terwyl
jy met die maatjie praat 'n /whois doen en alles
word vertel, maar baie keer net 'n klomp syfers
soos bv. 123.321.456
Ta

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Comrades

Vr., 01 Augustus 2003 22:38

DD wrote:
>
> Lorinda, ek dog jy en ek gaan die comrades hardloop.
> Nou, sit jy daai soldaat met die tanks op my.
> Jy is gemeen.
> Wat het van die woord kammeraadskap geword?
>
> 'n geskokte Speedy Gonzales

LOL. Ek het hom nie op jou gesit nie kameraad; jy het nie vir diens
aangemeld nie, en jy ken die reels. Ek is self skrikkerig vir die
tanks maar ek is seker as daar nou iemand is wat homself uit hierdie
situasie sal kan praat is dit jy...:-)

Lorinda (wat Katryn mooi gevra het om 'n sekere saak daar te laat, en
nou met die gebakte pere sit:-))

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Welkom terug

Vr., 01 Augustus 2003 21:28

DD wrote:
>
> water een?
>
> Speedy
>

Hello Speedy, ek sien jy is terug. Nou is dit net die Ridder met Macaw
wat nog soek is. Soos jy sal sien het ek aangebied om vir jou comics
te stuur... Laat maar weet as jy iets anders ook nodig het... dis nou
as Andries met jou klaar is...:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Oorlog

Vr., 01 Augustus 2003 02:01

>> Wat is jou mees geliefkoosde oorlog om oor te gesels?

> Die 2'de Wêreld oorlog. Ek veramel ook vlae.
> En as 'n stokperdjie bou ek skaalmodelle van tanks wat uit bogenoemde oorlog
> dateer. hier's 'n pic om jou 'n idee van my tydverdryf te geë. Ek is nog nie so
> kunstig nie, maar ek streef daarna ;-))
> Die tank is 'n Tiger I

Dit klink baie interessant! Hoeveel vlae het jy al? Wow, daardie
tank lyk vir my ongelooflik goed, so ek weet nie hoe dit gaan lyk as
jy nog meer kunstig raak nie?
Jy klink na 'n baie interessante mens, Andries!

Iets effens anders, maar dalk vind iemand dit interessant:

Nou die dag lees ek 'n interessante artikel oor "oorlog, musiek en
evolusie".
Die skrywer het gewonder oor die feit dat oorlogsmusiek deur al die
jare so populêr is en bly. Hier in Amerika, in elkgeval. Jy ken
seker die bekende Aaron Copland se "Fanfare for the common man"?
Blykbaar het hy dit gekomponeer tydens ww2 om die gewone Amerikaners
se bydrae aan die oorlog te vereer. Ook die Sousa marches en ander
waarmee ons kinders hier grootword, is gewild om te bly. Die outeur
het gewonder waarom ons nie ook musiek en balades skryf oor ander
soortgelyke tragiese probleme van "humanity" nie.

Hy maak toe die volgende stelling:
"I believe we love wartime music and other wartime cultural practises
in part because war is what got us where we are today. It is a grim
prospect, but the early human species that proiliferated were probably
the ones that wiped out everybody else around them."

Wat dink julle van hierdie statement? Wat dit verder interessant
maak, is dat hy ook genoem het van die artikel in Science News wat
gehandel het oor Genghis Khan: "According to an international team of
geneticists about 1 in 200 men worldwide carry a form of the Y
chromosome that originated un Mongolia nearly 1,000 years ago". Heel
waarskynlik is dit die resultaat van Genghis Kahn se militêre sukses,
want ou Genghis het self hierdie unieke Y chromosoom gehad.

Elkgeval - bottomline is dat daar nou gespekuleer word dat "war is not
a product of civilization, of nations and economics and boundary
lines. But has somehow been hardwired into the brain". (Bedoelende
die mense wat ou Genghis se Y chromosoom dra, sal heelwaarskynlik meer
oorlogsugtig wees as die gemiddelde mens) Dit het my laat wonder oor
Bush. :-)))

Maar die laaste paragraaf:
"If war is in our genetic makeup, we know from experience that so are
diplomacy and peace. They may be more tedious and perhaps less
emotionally gratifying than the decisive violence of war, and it'
scompelling songs. But they are still within our grasp, and that
should be music to our ears."

Verwysing: Travis, John, 2003, Genghis Kahn's legacy? Science News,
Februray 8, 2003, Vol 163, No.6

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ons vriend...

Do., 31 Julie 2003 18:51

Rico is mos ons almal se vriend, en soos hy vertel het, is hy tans in
die hospitaal. Ons hoef nie verder vrae te vra of te bespreek en
bespiegel nie, maar ek het gewonder of ons dalk elke dag so paar
minute opsy kan sit en aan hom dink tot hy weer gesond genoeg is om
saam met ons hier te kom skerts en gekskeer?

Aan jou Rico - hang in there friend. Ons hou jou stoel warm.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1702  1703  1704  1705  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 19:56:56 UTC 2026