Katryn, jy is nou al seker siek en sat vir die onderwerp so ek sal nie die A
woord sê nie... maar ek wou vra wat bedoel jy met die volgende wat jy op
SCSAA geskryf het:
"Hier is baie dinge wat besig is om te gebeur wat sal verseker dat die
onverkose kretin wat homself voorhou as my president, nog 4 jaar sal
vaskleef. :-(
Hierdie is dalk maar net een van die vele pionne wat besig is om
verskuif te word."
Jy maak my nou skoon bang, moenie vir my sê julle gaan nie van Bush ontslae
raak nie!
Ek was die laaste paar dae besig met allerhande werk dinge, selfs oor die
naweek. Ek sien dit was oor die algemeen stil hier. Waar is almal?? Andries
het blykbaar steeds nie sy weerlig verwoesde modem vervang nie.....
Ek is besig om vye te eet. Hulle is net so 'n maand of twee hier
beskikbaar, so ek koop hulle by die hope terwyl ek die kans kry....Meeste
mense hier ken nie vye nie, en gril hulle dood as hulle iemand dit sien eet.
Maar miskien is dit net die manier waarop EK vye eet...:-))
Katryn en Roely is mos besig om almal hier watertand te maak.
Dan kan ek ook mos vertel dat ek hier sit met 'n yslike sny
vrugtekoek tussen my en die keybord. (Sleutelbord is ôk
maar een van daai Afrikaanse woorde wat nie lekker
wil inpas nie:-)
Mooi foudies en 'n goeie belegging wat jy daar het, al sou daar ook nie
ontwikkeling gewees het nie. Jammer dat DD die 'cowboy' nie saam met jou was vir
'n foto nie .... hehehe :-)
--
"DD" skryf in boodskap news:gmgenv0qtv8jref223veq5a9982b55ph7f@4ax.com...
On 27 Sep 2003 14:24:45 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
> Welkom terug berugte matwasser! En ek hoop jy het die Kasteel
> geniet... Van natreen in Londen se strate, dis sooooo waar, ek het
> behoorlik natgereen die week. Vertel van Durbs as jy 'n kans kry..
>
> Lorinda
Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.
Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar? http://www.uShakaisland.co.za
Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
vanaf my plek gesien.
> Ek het op Katryn se pos geantwoord, maar dit lyk my my pos het in die
> niet verdwyn... My berugte woordeboek sê dis 'n kolibrie... Ek het die
> woord nooit vantevore gehoor nie (wel voordat Roely dit gebruik het
> nie..:-))
Dankie vir die woord, Roely en Lorinda. Laat dit so geskryf staan dat
ek daardie woord hier op ALA eerste gesien en geleer het!! :-)
Ek het ook intussen geleer dat dit ook 'n suikerbekkie genoem kan
word. Suikerbekkie of heuningvoëltjie is vir my nogal baie mooi
beskrywende woorde vir die goedjies.
Net sommer vir interessantheid - hierdie ruby-throated hummers of dan
kolibries wat nou hier by my kuier, moet nog oor die Gulf of Mexico
vlieg waar hulle dan oorwinter. Dit is darem ongelooflik as mens
dink. Iewers het ek gelees dat die jaarlikse tog oor die Gulf is
sowat 500 myl, en hulle doen dit tussen 18 en 20 uur. Daarom ook dat
hulle eers hulle liggaamsgewig met 150% moet vermeerder voordat hulle
hierdie tog aanpak.