Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek verstaan (kruispos)

Sa., 20 Desember 2003 13:10

Ah! Nou verstaan ek waarom ek nie mag kruispos tussen soc.culture en
alt.languages.. Julle is bang vir Gloudina, nè?

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Sadam en Gadafi

Sa., 20 Desember 2003 06:20

Is daar 'n verband tussen Gadafi se bereidwilligheid om van sy WMV'e ontslae te raak en die optredes teen Irak?

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Sonnekering

Do., 18 Desember 2003 20:32

Hallo, elkeen,

Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
in Vlaandere is die dae nou baie kort en koud. Dis 'n wonder dat die
son nog wil skyn.
Ek het hier enige fotos gemaak van hoe dit gaan hier rond die huis.
Sien hier die eerste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Dagen_rond _solstitium.jpg
(166 kB)
Hierdie foto het ek geneem om 15.45 u in die namiddag. Julle sien
meteen hoe lang die skaduwees van die huise is en hoe swak die son
skyn. Dis slegs 4-5 grade Celsius buite.
Sien ook die ander een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Lange_scha duw.jpg
(210 kB)
Ek staan hier naas 'n straatpaal van die kraglyn. Daardie paal is
slegs 5-6 meters hoog maar sy skaduwee is wel 100 meters lang! Hierdie
foto het ek ook geneem om 15.45u.
Nou hier die laaste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Fles_met_v ogelzaad.jpg
(177 kB)
Ek het in my tuin 'n spesiale voerbottel opgehang vir die klein
sangvoëls (vinke, musse, mese) wat in die winter hier bly. Daar gaan
ongeveer 'n halwe kilo saadjies in. Die laaste keer het ek hierdie
bottel opgevul Maandagnamiddag en soos julle sien (dis nou Donderdag)
is die bottel al bykans leeg!). My tuin is darem 'n egte voëltuin nou
maar hulle eet my arm. Ek hoop hulle sal bly as die lente terugkom;
dan kan hulle insekte en wurms eet in my groentetuin.

Baie groete vir julle almal daar in Suid-Afrika! Ek het gelees julle
smelt van die warmte! Hier staan agter die huis 'n emmer met reenwater
en daar het vanmôre nog 3 sentimeter ys op gestaan!

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Sonnekering

Do., 18 Desember 2003 23:44

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:drv3uv4lcigjnvoqj8d7i83gqccmtu1soc@4ax.com...
> Hallo, elkeen,
>
> Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
> kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
>

Moet asseblief nie kruispos tussen die twee groepe nie Norbert!

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Skuus (skies?)

Do., 18 Desember 2003 18:50

Askies dat ek so stil is, maar ek het sowat 35 meter teëls
om te doen. En 'n hele huis om te verf.
En ek wel het 'n kontrakteur wat die teëls lê, maar dit
verhoed nie dat ek in die aande verf van my lyf moet
afwas nie. Weet julle hoe heerlik is dit om plafonne te verf?

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Maniere van bedel

Di., 16 Desember 2003 19:26

Vanaand in die biblioteek sien ek 'n boek met die naam "The how to be a
South-African Handbook". Daarin staan "We advise visitors not to unsettle or
disturb street people in Cape Town. They are known for their formidable
command of the local vernacular and are likely to curse you and several
generations of your ofspring" . Dit het my laat dink aan 'n keer in Kaapstad
toe ek vir geld gevra is, nie met die gewone gedweep nie, maar met 'n bevel:
"Hei! Nooi! Maak 'n two bob!" Ek geen idee gehad wat 'n two bob is nie, maar
het maar aangeneem dit is 20 sent..:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

Aerbeydt - Aerbeydt.jpg (0/1)

Ma., 15 Desember 2003 20:57

Ek het hier 'n klein gediggie gevind oor arbeid wat al baie oud is
(1662). Dit het op my skeurkalender gestaan en ek het hiervan 'n
fotostaat gemaak. Kan julle, Afrikaners, dit nog verstaan? (Die
prentjie is baie klein: slegs 16 kB).

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Aerbeydt - Aerbeydt.jpg (0/1)

Ma., 15 Desember 2003 20:55

Ek het hier 'n klein gediggie gevind oor arbeid wat al baie oud is
(1662). Dit het op my skeurkalender gestaan en ek het hiervan 'n
fotostaat gemaak. Kan julle, Afrikaners, dit nog verstaan? (Die
prentjie is baie klein: slegs 16 kB).

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Van verdomde naalde

So., 14 Desember 2003 19:20

Ek het nou net 'n kersboom huis toe gesleep... So in die gees van
Kersfees ens. My hande is gevries want ek moes my handskoene uitrek en
my hande is behoorlik opgeswel van naald wonde. Wie se idee was dit om
dennebome te gebruik?! Ek sien die bose werk van die Duitsers
iewers...:-)

Sal nou seker moet gaan soek na die versierings.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 51 kommentare

Sadam gevang

So., 14 Desember 2003 19:06

DD wrote:
>
> mense soos jy, wat George Bush verraai het met die Irakese inval,
> Danielle, kan nie bekostig om saam met mense soos Jonas, myself
> en die Irakese te juig na die gemors gevang is nie, né Danielle?
>
> Jou lojaliteit, Rolinda, was òòk nie werklik in ondersteuning van
> konserwatiste soos Jonas en ek nie. Huh?
>
> DD

Jy is heeltemaal reg. Dis nou as jy met Rolinda Lorinda bedoel. En
dalk moet jy met die gejubel wag totdat jy sien wie uiteindelik in
Irak aan bewind gaan kom. Sadam, teen wie "mense soos ek" al vir baie
jare geskreeu het, selfs in die tyd toe hy die groot vriend van die
Amerikaners was, het al sy foute tenspyt tog 'n sekulere regering
gehad (m.a.w vrouens was nie verplig om die sluier te dra nie ens).
Kom ons kyk wie of wat gaan nou oorneem...

Terloops, was jy al in Erzurum DD? Weet jy wat doen die Turke met die
Kurde? Het jy al gehoor dat die Weste enigiets hoegenaamd daaroor te
sê het?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1689  1690  1691  1692  1693  1694  1695  1696  1697  1698  1699  1700  1701  1702  1703  1704    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 18:22:17 UTC 2026