Katryn, hier word daar nogal heelwat radio tyd ens. aan sy bewerings bestee.
Bush ondersteuners word ook natturlik altyd 'n kans gegun om hulle kant van
die saak te stel, maar ek het gewonder of sy bewerings enige effek in die
VSA gehad het?
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0401100818.72431969@posting.google.com...
> Daar sit ek toe nou mos op Riversdal met 'n kwadroplegiese
> oud-veekoper en gesels en hy gebruik toe woorde wat betrekking op
> skaapboerdery het en wat ek ek jarrrre laas gehoor het. Hier is drie
> van hulle:
>
> Gusooi
> Koggelram
> Konkelooi
>
> Enige van julle stadsjapies 'n idee wat die woorde beteken? Eerste
> prys een week op Fochville, tweede prys drie weke op Fochville. Dis
> nou te sê as my aansoek om 'n borgskap by Anglo American slaag :-)
>
> Drom
Het jy die boek Midlands deur Jonny Steinberg gelees? Ek het gehoor
dit gaan oor 'n plaasmoord in Natal, maar is nie seker presies waaroor
dit is nie, hoekom byvoorbeeld hierdie spesifieke moord, wat is sy
idees daaromtrent ens. As jy dit nie gelees het nie, sal jy net asb.
deur die boek blaai as jy weer in 'n boekwinkel is, en my laat weet?
Steinberg het mos eens op 'n tyd vir Business Day geskryf.
Ek was eers nogal verward toe ek daarvan hoor, want hier as mens van
die Midlands praat bedoel jy Birmingham..:-) maar toe onthou ek darem.
Lorinda, ek wou jou nog iets vra. ;-)
'n Engelse vriend van ons wat oorspronklik van Londen afkom (giegie sê
nou asseblief net niks - netnou lees Lou of van die ander hier) ;-))
Ellkgeval, hy het vir ons o.a 'n Dundee 3 fruits marmelade saamgebring
en dan die ding wat my die meeste puzzle - 'n pakkie McV's of
McVities? Dit is digestive biscuits. My vraag is nou waarom eet ek
die koekies? Is dit dalk iets baie bekends of spesiaals in Engeland?
Dalk amper soos Tennis of Marie beskuitjie in SA was? Ek meen ons het
darem ook digestive biscuits hier in Amerika, en ons gebruik dit vir
tertkorse en so aan. Maar ons noem dit graham crackers, en dit smaak
gladnie soos hierdie McVities nie. So ek dink nie ek is veronderstel
om dit te gebruik vir 'n tertkors nie? En nou wonder ek....
Die ander goedjies wat hy saamgebring het, kan ek nog verstaan - dit
sluit marmite en so paar ander dinge en iets soortgelyk aan Tums
in. Maar die koekies tiekel my.
Katryn wrote:
> Nou laat jy my alweer onwillekeurig dink aan iets anders. Onthou
> jy in Wyrd Sisters waar die 3 'n Macbeth gedoen het?
> "Is this a dagger I see before me?"
> "Um, no, my leige. It's a handkerchief."
LOL! Ek hou van sy boeke, maar veral die hekse (en Rincewind
natuurlik). Ek hou van hierdie uit dieselfde boek:
Granny Weatherwax sighed. "Each to her own, I suppose. I'm blowed if
I'll let a ball of shiny crystal tell me what to do."
"Yes, bugger all that." said Nanny. "Let's curse somebody."
Katryn wrote:
>
> Maar rerig, julle dink darem nie rerig dit is 'n hoax soos die stories
> wat vertel was oor die maan landing nie, nè? Nee, julle sal nooit so
> iets dink van Amerika nie. Definitief nie. Ek sal dit nooit glo
> nie!!
> ;-))
LOL! Nee, nee, maar ons dink wel dis waar Beagle 2 is! :-)
> Wie van julle kan nog die fliek "Mars Attacks" onthou?
> Ek hoop dat die nuwe Mars sendings en oorloë en dinge gaan die Sci-Fi
> skrywers bietjie laat wakker word en weer vir 'n slag iets goed
> skryf!! ;-)
> Ek sien nogal uit na iets soos 'n vervolg op Mars Attacks.
Daardie fliek was 'n juweel! Daar waar hulle so geduldig wag vir die
toespraak nadat hulle hulleself wysgemaak het dit was alles maar net
'n misverstand met die marsmannetjies, en toe pluk hy daai wapen uit..
LOL!! Dis 'n toneel om te onthou. :-))