Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5947] Jamie Uys

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Johannes...@sandwich.pfizer.com[SMTP:Johann...@sandwich.pfiz er.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 17:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5947] Jamie Uys

Ek het sopas gehoor van die dood van Jamie Uys.

Weet enige iemand of sy films op video vekrygbaar is - veral sy
Afrikaanse films?

Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.

Johannes,
Canterbury.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 11:15
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers

Jeff Zucker vra:

> Wat is Gatjieponners?

Lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die naam kom blykbaar
oorspronklik van die "gatjapon" of manel (Engels "tailcoat") wat
deur manlike lidmate jare gelede gedra is.

>> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.
>
> Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?

Ja, vernaamlik omdat die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike
Hoer Onderwys oorspronklik as teologiese seminarium van die
Gereformeerde Kerk gestig is (oorspronklik in Burgersdorp in die
Kaap Kolonie).

> Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
> iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?

Die Doppers is lidmate van die Gereformeerde Kerk, tradisioneel die
kleinste van die Afrikaanse Calvinistiese kerke. Hulle teologie is
behoudend, maar die Dopper kerkgeleerdes is ook bekend vir hul verligte
sienings oor kerk en samelewing. Soos W. A. de Klerk dit stel, daar
het op Potchefstroom meer van die "oorspronklike Calvyn" oorgebly as
elders in die land. Miskien is dit nie toevallig dat die
hervormingsgesinde Nasionale Partyleier, F. W. de Klerk, 'n Dopper is
nie.

Ek sal dit aan die Potch ouens oorlaat om die kerk se
ontstaansgeskiedenis uit te le - dit gaan terug na Ds. Postma se
kommer oor te veel "metodisme" is die Kaapse kerk, as ek dit nie mis
het nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep

1. Ek en baie ander sien deesdae elke berig twee keer: op die poslys
en op die nuusgroep.

2. Party ouens op die nuusgroep is nie danig be"indruk met wat op die
poslys verskyn nie. Dit lyk nie of hulle die eiesoortige styl wat
ons hier ontwikkel het, behoorlik begryp nie. :-)

3. Daar is maar bitter min berigte wat eerste op die nuusgroep ontstaan.
Die poslys-berigte skep die oppervlakkige indruk van 'n lewendige
nuusgroep, maar eintlik is dit net 'n lewendige poslys.

As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert versoek
om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

Dirk

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?

Do., 01 Februarie 1996 00:00

Viva Bafana Bafana,
was dit nie 'n goeie game nie!

Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
(Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
kom en wat dit beteken?)
Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
"Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.

Groetnis
Johann

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?

Do., 01 Februarie 1996 00:00

joh...@osi.co.za (Johann W. Fourie) wrote:

was dit nie 'n goeie game nie![/color]


> Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
> wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
> (Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
> kom en wat dit beteken?)
> Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
> die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
> "Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.>>>


Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
sokker-geesdriftiges nie. Daar word na 'n nuwe naam gesoek. Een wat
deur die kommentators gebruik word en wat ek baie laaik is "Rainbow
Warriors".
Kyk gerus na die eidstryd Saterdag as julle nog nie na van die
wedstryde gekyk het nie.
Dit is goeie sokker.
SA het 'n lekker span. Goeie verdediging, OK middelveld en 'n bietjie
"magic" op die aanval.
Rugby is my fisieke filosofie, maar ek ervaar dieselfde soort
opwinding as ek die sokker kyk as wat ek gehad het met die
rugby-wereldreeks.
Interresant om ook te sien hoeveel wit gesigte in die skare is!
Maar van die deelnemers van die forum sal natuurlik nie kan kyk nie
want:
1. Hulle betaal nie lisensie-geld nie
2. Die kommentaar is nie in Afrikaans nie.
:)

Hulle mis so baie....
Van die lekker sokker tot die gewisselde woord oor die span met
mede-Suid-Afrikaners in hysers, kafees en so meer...
:)

Aan al die Nederlanders: Gee ons nog so vyf, ses jaar dan eet ons
julle op in sokker!

N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een van
die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
wat wortel kan skiet nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5905] Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

Wo., 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 13:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5905] Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

African violets in die voorhuis,
African violets blou en rooi.
African violets oral in die veld,
en oral, ai! so mooi.

(As Leipoldt soos party van ons gepraat het.)

Dirk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5907] Re: Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

Wo., 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 13:40
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5907] Re: Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika

On 31 Jan 96 at 12:12, Dirk Laurie wrote:

> African violets in die voorhuis,
> African violets blou en rooi.
> African violets oral in die veld,
> en oral, ai! so mooi.
>
> (As Leipoldt soos party van ons gepraat het.)
>
> Dirk

Skuus Dirk, ek is vandag in daardie bui. As ek minder besorg was oor
sensitiwiteite dan sou ek nie die titel van die een berig gemaak het
"Ons is darem suckers" nie. Wat ek wou gesê het is

"ONS IS DAREM DOSE"

Miskien moes ek.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5914] Re: FOGIES: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY

Wo., 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Geoffrey Chew[SMTP:u...@sun.rhbnc.ac.uk]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 15:58
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5914] Re: FOGIES: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY

On Wed, 31 Jan 1996, van der Merwe wrote:

> Hierdie boodskap het op ons plaaslike poslys, vir die oues van dae wat hulp
> nodig het, verskyn.
> Ek stuur dit maar aan vir julle inligting .
>
>> SUBJECT: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY
>>
>> There is a computer virus that is being sent across the
>> Internet. If you receive an e-mail message with the subject
>> line "Good Times", DO NOT read the message, DELETE it
>> immediately. Please read the messages below. Some miscreant

Hierdie boodskap is heeltemal ongeloofwaardig -- die "Good Times" virus is
al jare as bedriegery bekend. Soos ek dit verstaan, is dit onmoontlik 'n
virus dmv e-pos te verkry, behalwe miskien as jy 'n uitvoerbare program as
'n attachment ontvang, en dit dan laat loop.

Geoff

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

Wo., 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: amde...@gold.up.ac.za[SMTP:am...@gold.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:16
Aan: Robert Wagenaar
CC: amde...@gold.up.ac.za
Onderwerp: Re: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

In article you write:
> From: Robert Wagenaar
> Subject: DS: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere
> Date: Thu, 25 Jan 1996 13:01:58 +-100



> ----------
> Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
> Verzonden: woensdag 24 januari 1996 8:12
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5739] Re: Moere

> Ene Toon, het navraag gedoen oor die betekenis van die woord "Moer"

> Die volgende beskaafde betekenisse kom dadelik by my op:

> Die deel wat op 'n bout draai (bout en moer)
> In die vee-teelt as moeder
> 'n Saad ertappel
> Koffie-moer (ook vir ander afsaksels soos by wyn)

> Miskien kan die taalkundiges beter verklarings gee, en nog by las.

> O ja, moer kan ook in Afrikaans as sinoniem vir neuk en donder gebruik word.

> Groete

> Nico

Ek het dit nog altyd verstaan dat as iemand sê "jou moer", dit beteken
"jou moeder (moer) is 'n hoer"

Beste groete
At

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5857] Re: jobhunt in SA

Wo., 31 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 4:40
Aan: Robert Wagenaar
Onderwerp: Re: [AFRIKAANS:5857] Re: jobhunt in SA

Beste mnr Robert Woud,

Dit is voordelig as jy werk soek om die goeie gesindheid van
Afrikaners te wek deur verkieslik Afrikaans, of as alternatief
Nederlands te gebruik!

Sterkte in elk geval.

Nico van der Dussen



> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef wate...@euronet.nl
> (Robert Woud):
>
>> Hi,
>
>
>> I'm lookimg for a job in Cape Town .
>> At the moment I'm working in a Credit Insurance company on the
>> Customer & Services department. Where on the net can I find some
>> references and URL's for the net.
>
>> Thanks for your help,
>
>> bye
>
>> Robert Woud
>> Amsterdam Holland
>> phone 0031 20 5532001
>> wate...@euronet.nl
>
>
>
>

Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984

ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs
http://www.exafrica.com/

Eieblad http://www.matt.csir.co.za/mattek/staff/nvddus/ "Personal Page"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 01:39:10 UTC 2026