Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5969] Inflasie

Vr., 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 10:03
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5969] Inflasie


Reinier skryf

> Die waarde van jou eiendom het dieselfde gebly, tensy jy daarby gevoeg
> het. Dis jou geld wat waarde verloor het, en soos jy heel tereg daarop
> wys, kan jy nou skaars bekostig om 'n soortgelyke huis te koop.
> Intussen is jou spaargeld in sy maai, enige ingevoerde goedere
> buitensporig duur, en jy word veel meer vir belasting aangeslaan.
> Alles in ag genome, is jy geldelik swakker daaraan toe. Jy moet na al die versteekte nadele ook kyk, nie net die voor die hand liggende>
> voordele nie.
>
> Inflasie het wel korttermyn voordele - dit gee die ekonomie 'n tydelike
> hupstootjie - maar dis die langtermyn nadele wat veel swaarder moet
> weeg.

Kom ons doen 'n som om my oorspronklike punt te illustreer:

Aanname: ons leef in 'n ideale ekonomie waar alles se pryse met inflasie
toeneem. S^e inflasie is 15%. Ek koop nou 'n huis wat my R100 000 kos. Met
inflasie van 15% verdubble pryse so elke 5 jaar. S^e nou die rentekoer is 20%
dus is my paaiement op my huis dan sowat R1 700 as ek dit oor 20 jaar
terugbetaal. S^e maar my salaris (na aftrekkings) is R6 000. My huispaaiement is
dus 28% van my besteebare inkomste.

Oor vyf jaar het my salaris verdubbel en ek kry nou R12 000 na aftrekking ("I
wish"). Omdat inflasie konstant gebly het sou rentekoerse nie verhoog het nie en
my paaiement is nog steeds R1 700.
Dit is nou slegs 14% van my besteebare inkomste.

Dus, al neem mens blokkruiping in ag en my betseebare inkomste styg net na R9
000 is ek nog steeds beter daaraantoe want my huispaaiement het konstant gebly.
Jou huis se waarde sou nou ook toegeneem het na R200 000 wat jou beter
kredietwaardigheid by die bank gee. Ek kan dus nou geld teen my huis gaan leen
om byvoorbeeld 'n eie onderneming te begin wat my 'n baie beter inkomste kan
besorg.

Antonie

Ekonomie & geldsake | 8 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5959] "Prayers" in Afrikaans

Vr., 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Craig...@aol.com[SMTP:Cr...@aol.com]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 2:20
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5959] "Prayers" in Afrikaans

Subj: "Prayers" in Afrikaans
Date: 96-02-01 13:52:32 EST
From: CraigVonKC
To: afri...@unseen.aztec.co.za
To: lists...@unseen.aztec.co.za
Hallo!

Ek is Afrikaans leer. Kan iemand my die "Lord's Prayer" en 'n aandete
"prayer" in Afrikaans stuur. My epos adres is CRAIG...@AOL.COM. Baie
dankie!

Groete,

Craig Ostrander
Kansas City, MO USA
Craig...@AOL.COM

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5973] Re: Die SJELT VAN DIE LAND

Vr., 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5973] Re: Die SJELT VAN DIE LAND

>
> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
>
>> >> alle politici nie 'n element?re kursus in "Hoe die sjelt van die land rerag
>>> werk" loop nie? Hulle vernaamste job is mos om duie staatskas te
>>> hanteer?
>
>>> Mooibly
>>> Chris Claassen>>>
>
>> 'n Kursus wat die NP-regering duidelik nooit geloop het nie.
>

Ek las by: of die VP regering voor hom, of ... dalk die Clinton-regering
ook?

Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5977] Re: DS: Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re

Vr., 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 12:21
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5977] Re: DS: Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re


> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>> >> stelling was dat geen omvangryke program van die grond kon kom
>>> nie, omdat dit in die kiem gesmoor is - deur onderwysowerhede
>>> self, op aandrang van wat hulle "die community" noem.
>
>>> Groete, Leendert>>
>
>> Dit lyk my eerder jy se: Daar was ten minste een program in
>> Pretoria wat klaarblyklik gestaak moes word omdat die koerante
>> glo gese het daar was klaarblyklik "klagtes" vanuit die gemeenskap
>> maar jy weet nie wat die klagtes was nie.

Daar was ten minste een program in Pretoria. Daar was ten minste een
in Johannesburg. Ouers (swart ouers) het (volgens koerante regoor die spektrum,
radio en TV) gekla dat oorbruggingskursusse 'n vorm van diskriminasie
teen hulle kinders is. Ten minste een ouer is by name aangehaal, en
'n foto is van hom geplaas.


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5936] Re: Doppers

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Robert Sandilands[SMTP:...@vps.cis.co.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:52
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5936] Re: Doppers

On Thu, 1 Feb 1996, Jeffery Zucker wrote:

> In a gesprek oor Calvinisme, menseregte en verwante onderwerpe,
> skryf Tom Larney:
>
> Wat is Gatjieponners?
>
Disk dis dat NG kerk mense - mag dalk verkeerd wees :)

>> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.
>
> Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?
>
> Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
> iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?
>
Van 'n dopper - iemand wat homself deel van die Gereformeerde Kerk
sien - beteken "Land des Doppers" waarskynlik Potchefstroom. Jy moes
al in Potch gebly het om dit te verstaan :)

Die Gereformeerde Kerk is die enigste kerk wat die ware leerstellings
uit die Bybel navolg soos dit in die Bybel staan (Ek gaan nie met
jou daaroor stry nie want ek is dood seker elke kerkgroep sê dit).
Die doppers voel net erger daaroor as enige iemand anders. Dit is 'n
baie konservatiewe kerk met 'n baie interesante "beheer" struktuur.
Dit wil sê daar is nie regtig een nie. Almal werk soort van saam omdat
hulle in dieselfde goed glo. Waar pas dit in die ander Afrikaanse kerke
in - dit pas nie - dis mos die enigste ware kerk :))

____________________________________________________________ _____________
Nobody has the honor/dishonor to be held responsible for any of the
boblygook expressed in this long winded combination of primitive symbols
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - An Engineer and computer slave.
Virus Analyst : CSIR Virus Protection Services
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, Email: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5948] Re: Jamie Uys

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 17:45
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5948] Re: Jamie Uys

Johannes (die Aartsbiskop van Kantelberg) skryf:

> Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.

Die afgelope naweek se Rapport het 'n kort artikel oor Al Debbo gehad.
Die ou is nou in sy middel sewentigs, en nog springlewendig.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5929] Doppers

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 8:00
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5929] Doppers

In a gesprek oor Calvinisme, menseregte en verwante onderwerpe,
skryf Tom Larney:

> (Toemaar, die Gatjieponners en ander het genoeg van
> hulle eie stommiteite.)

Wat is Gatjieponners?

Reinier voeg toe:

> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.

Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?

Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?

By voorbaat dankie,

Jeff

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5935] Re: SECMAIL

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:34
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5935] Re: SECMAIL

On 1 Feb 96 at 9:11, Marius Swart wrote:

> As ek kyk na die tempo waarteen nuwe pos
> van die lys af instroom, het ek nie eintlik tyd om deur lang
> prosedures te gaan om 'n booskap te lees nie. "Delete" knoppies werk
> makliker.

Ek weet nie - op P-Mail vra "forward" of "Reply" net een knoppie meer
as "delete".

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5937] Limeriek: Bafana Bafana

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 11:09
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5937] Limeriek: Bafana Bafana



==============================
daar wys die bafana bafana
die arme manne van ghana
met drie doele teen geen
in die voorlaaste been
wie's klaas en wie is die bwana!
===joop========================

Groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte

Do., 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 0:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte

Verskillende lande doen verskillende dinge met werkpermitte. Die
onderliggende aanname is dat werkgeleenthede skaars is, en dat burgers
van die land die eerste reg daarop het.
'n Switser het my een aand in Lausanne vertel dat hulle regering
"gaste werkers" se werkpermitte terug trek sodra die land se
werkloosheidsyfer 1.5% bereik. Voordat enige iemand 'n werkpermit
in die VSA kan kry moet die betrekking eers in drie verskillende
koerante geadverteer word. As 'n Amerikaner aansoek doen en
kwalifiseer, sal daar nie 'n werkpermit aan 'n nie-Amerikaner uitgereik
word nie. 'n Buitelander moet ook 'n werkpermit kry om in Suid Afrika te
kom werk.

Kundige immegrasie prokureurs in die VSA spesialiseer natuurlik in die
opstel van advertensies op so'n manier dat geen Amerikaner
kwalifiseer nie.

Hier is 'n voorbeeld: My vrou het aansoek gedoen vir 'n pos om Engels te
doseer. Die advertensie het gemeld dat die ELS (Enlish Language Services)
hulle dienste wil uitbrei om diens te lewer aan mense van Afrikalande en
Oosbloklande. Die Engelse dosent wat hulle soek moet minstens een van die
Oosbloktale of Duits sowel as 'n Afika taal magtig wees. Daar was
natuurlik nie juis Amerikaners wie se voorgraadse hoofvakke Zoeloe en
Duits was nie. Nog die Amerikaanse Dept. van Arbeid, nog die
Immergrasiediens het enige besware gehad dat 'n werkpermit aan
haar uitgereik word nie.

Die rigting waarvoor daar nou die maklikste 'n werkpermit en Groenkaart
(= permanet resident) uitgereik word, is vir mense met 'n kwalifikasie in
arbeidsterapie. As die man of die vrou 'n werkspermit kry, kry die res
van die gesin dit ook. Om Amerikaanse burgerskap te kry moet mense 5
jaar hulle groenkaarte he. Suid Afrikaanse Burgerskap hoef nie opgegee
te word as 'n persoon Amerikaanse burgerskap aanvaar nie.

Jan Lange

--

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 00:51:49 UTC 2026