Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Soek werk in Kanada.Kan iemand my asb.help?

Sun, 21 July 1996 00:00

Hallo
Ek's 23,en tans n rekenaar operateur op IBM hoofraam rekenaars.
Ek stel ook belang in persoonlike rekenaars en sal graag ook verder in
hierdie rigting wil leer.
Om die waarheid te se sal ek enigiets doen net om n voet in die deur
te kry.
Hoop enige Suid-Afrikaanse Kanadese kan my help.

Groete
Henri

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans op SABC

Fri, 19 July 1996 00:00

Kan iemand vir my sê wat die persentasie afrikaans op die SABC is. Ek
het dit iewers gelees en kan nie weer my hande op die stukkie inligting
le^ nie.

Beste
Arno

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Die Afrikaner as swerwer

Wed, 17 July 1996 00:00

Mens wonder soms of die Afrikaner 'n genetiese
predisposisie het vir trek, vir swerf. Die eerste
Afrikaners was meestal matrose van die H.O.I.K.
wat besluit het om vryburgers te word. Dis 'n be-
kende feit dat die matrose uit ander dele van Europa
gekom het (in die sewentiende eeu geplaag met gods-
dienstige oorloe). Die Nederlanders was op daardie
stadium so ryk dat hulle nie op die skepe wou werk
nie. Aan die Kaap was net die toonaangewende elite
soos Jan van Riebeeck en 'n paar ander families van
Nederlandse oorsprong. Die eerste Afrikaners was dus
al in die sewentiende eeu, by hulle aankoms hier te
lande, swerwers in murg en been.

Opperman praat oor hulle in "Joernaal van Jorik,"
'n bundel van Opperman uit sy eksistensialistiese
periode. Hy le die volgende woorde in die mond van

Jorik:
Is ek weer Rijger na die onbekende
... en onbewus in boeg en lende
die sade van 'n volk in my bewaar?
Daar is by Jorik die besef dat wat hy kies, hy ook vir sy
volk kies, want "aan jou dade grens...ewigheid." Hy bid:
Santa Maria, laat hier ook u besluit
geskied, met al die wrede prag van krans
en dier en wilde mens in stukke huid -
dit vul die eerste oe met 'n angs.

Later sou Jorik besef dat die mense van Europa al voor
1652 reeds skuldig was:
Dan het ek hom van die begin verloen,
want voor die boorlinge metaal en doek
op vreemde strande sku aan my kon toon,
het ek die Goue Stad alreeds gesoek.

In die gedig het Jorik 'n gids, Manuel, wat hom waarsku:
Onthou, jy moet terwille van die doel
jouself, soos ek eenmaal, gewillig offer.

Jorik, die Afrikanernasie, word dus gebore in die Christe-
like tradisie, aanvanklik daar in die moederstad :
O fort, kasteel, vyfpuntige gebou
straalsteen in die suidelike donker..
altyd 'n gidsster in die groot stryd
wat binnelande in Sy naam ontdek.

"Joernaal van Jorik" word dus 'n oorsig van die Afrikaner
se geskiedenis, tot in die vyftigerjare van hierdie eeu. Wat
Opperman gedink het van wat in die drie dekades daarna
gebeur het, kan 'n mens raai. Dis nie toeval dat sy grootste
gedig (myns insiens ) "Kroniek van Kristien" gaan oor 'n vrou
wat haarself as sakrament opgeoffer het sodat "wit, bruin en
swart...onbesorg eet...die wyn en brood van haar bros lyf."

Om terug te keer: is die Afrikaner nie maar van die begin
af 'n swerwer nie: eers na Afrika. Toe die Groot Trek, die
Dorslandtrek, die trekke na Kenia, Tanganyika, Argentinie.
Die afgelope dekades, eers mense wat vlug van apartheid af,
nou mense wat vlug omdat daar nie meer apartheid is nie,
na Australie, New, Zealand, Kanada, Paraguay...

En is dit moontlik dat in die kuberruimte daar 'n kuber-
Afrikaner besig is om te ontwikkel, wat die diaspora van
die Afrikaner uitkanselleer?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO

Tue, 16 July 1996 00:00

Ek wil 'n bietjie 'n draad optel in die nuusgroep
oor Afrikaner-snobisme ens. want dit interesseer my.
Die Afrikaner het nog altyd hierdie ding gehad oor bo-dorp en
onderdorp ens. 'n Snobisme wat ons by die engelse geleer het.
(En hulle het maar dikwels op die Afrikaner neergesien).

Gloudina skryf oor die ou wat sneeu oplaai:
> Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
> getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
> kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
> kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
> sy mense.

Lou skryf:
> Jy het maar nog die selfde ou Superieure mentaliteit -
> veralgemeen alweer die Afrikaner ...

Lou het 'n punt beet, maar hier is sy beskuldiging misplaas.
Dit is vir my 'n baie mooi beeld. Dit bring deernis op.
Ons het dit ook gedoen. In die Drakensberge ingery,
'n sneeuman op die kar se kap gebou, en versigtig teruggery
om vir die ander in die dorpie te wys. Dit was 'n mooi gebaar.

Verder word in die buiteland die mannewales van Eugene Terblanche
op TV uitgebeeld asof DIT die Afrikaner is. (Hy is dalk een,
maar hy maak die res van ons se naam gat).

In die briewewisseling oor De Kat/Huisgenoot skryf ons oor
"Kwaliteit" stories teenoor "Mills and Boon" ens.
(Ek stem saam, De Kat is beter kwaliteit letterkunde ja).

Ons moet egter versigtig wees (ook nie nie oorgevoelig) dat ons
die Afrikaner of sommige Afrikaners dalk as "COMMON" beskou sal
word oor wat hul doen en lees ens. nie.
Die Afrikaner mag dalk EENVOUDIG wees, maar nie "common" nie.
Die Afrikaner was nog meestal 'n eerlike,
plat-op-die-aarde mens, wat nie doekies omdraai nie, en beslis
nie 'n farisieer nie, wat volgens sy beginsels gehandel het
(...behalwe met Apartheid natuurlik), en nie skaam was daarvoor nie.

Wat is 'n goeie woord vir "common"??
Om "common" te wees is om met oorverdowende musiek deur die strate
te ry, dit het niks te doen met hoe ryk of slim of verkramp jy is nie.
Arm mense mag eenvoudig wees (en nie De Kat kan bekostig nie),
maar hulle is nie "common" nie. Ek kom nou eers agter,
hier in Australie, dat ons Afrikaners 'n "diepte" het,
wat baie ander nasies nie het nie. Ons geskiedenis het ons geslyp.

Ons dominee vertel van een van ons kerk se sendelinge wat hier in Australie
onder die "outback" boeregemeenskap sendingwerk doen: van meer as
tien mense het slegs een hom ingenooi. Dit is nou na lank se ry in die
stof en hitte. Vergelyk dit nou maar met ons boeregrasvryheid.
(Wat, so terloops, dink ek, van die Hollanders af kom).

Is dit nie juis die mense in die platteland (ook die swartes)
wat die sout van die aarde is in hul eenvoud nie ? Wat nog aan dieper
waardes vasklou, al is sommige verkramp en "agter die klip".
Baie Afrikaner-juppies mag polities liberaal wees, maar het hul
beginsels en hul taal lankal deur hul gat getrek. Hulle is "common".
In daai geval drink ek wragtag eerder 'n dop saam met E.T. en Jaap Marais.

Terloops, pos tog die vlg gedig as julle dit ken: (ek onthou net stukke)
(Dit het my nog altyd aan die Afrikaner laat dink).

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
wat se oog nie wyk, 'n bars kan kyk...

groete.

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Demokrasie: Wat presies beteken dit?

Mon, 15 July 1996 00:00

Is daar iemand wat my aub kan se wat die politieke term "demokrasie"
beteken, of dit 'n sinvolle stelsel is, of dit regverdig toegepas kan
word en of dit die aangewese stelsel vir die RSA is? Ek wil nie gorrel
nie, ek sou graag 'n ernstige gesprek hieroor wil voer. ALP.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Vlamingen in ZA

Mon, 15 July 1996 00:00

Hallo,

Ik ben op zoek naar e-mail adressen van VLAMINGEN in ZUID-AFRIKA.
Indien jij zo iemand, bent, gelieve eens een e-mailtje te schrijven.
Ik denk eraan om een mailing-list op te zetten. Indien zo een mailing
lsit al zou bestaan, gelieve mij het adres mee te delen aub.

Bedankt en vriendelijke groeten.
Emmanuel Lambert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die Afrikaner: SAKP identifiseer Joernaliste as agente

Sun, 14 July 1996 00:00

In article , afri...@hnp.org.za says...

HOW MANY TIMES ARE YOU GOING TO SPAM THIS?

ASSHOLES!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koos Kombuis/Andre Letoit

Sun, 14 July 1996 00:00

Koos Kombuis / Andre Letoit se musiek is nou op CD beskikbaar:

Andre Letoit, "Ver van die Ou Kalahari," Tic. Tic. Bang (Bang CD 013)
Koos Kombuis, "Niemandsland & Beyond," Tic. Tic. Bang (Bang CD 003)
Lees ook: A. Letoit, "Die bar op De Aar" (Tafelberg, 1988).

Uit: "Swart September"

Uit die blou van ons gekneusdheid
Uit die diepte van ons heimwee
Oor ons ver verlate homelands
Waar die tsotsi's antwoord gee

Oor ons afgebrande skole
Met die kreun van honger kinders
Rys die stem van al die squatters
Van ons land, Azanie

Ons sal traangas, ons sal treurnicht
Ons sal offer wat jy vra
Ons sal dobbel in Sun City
Ons sal suip vir Afrika

Bron: Kombuis, Bang CD 003; en LeToit, "Die bar...," 31-32.

Ondersteun vir Koos; ondersteun Afrikaanse kultuur.

--

Morne Bezuidenhout
e-mail: mor...@iafrica.com

Musiek & liriek | 5 kommentare

Die Vetkoekpaleis

Sat, 13 July 1996 00:00

Iemand praat onlangs op die nuusgroep oor die
populariteit van die televisieprogram VETKOEK-
PALEIS onder beide die Engelse en Afrikaanse lede
van die bevolking. Kan iemand 'n bietjie meer daar-
van vertel. Wie skryf en produseer dit?
Ek stel veral belang in die redes waarom die Engels-
sprekers daarvan hou. Ek hoop dat die situasies nie
altyd "ten koste van" Afrikaners vertel word nie.
As iemand wat amper haar hele werkende lewe in Suid-
Afrika deurgebring het in situasies waar ek omtrent die
enigste Afrikaner was, het ek 'n fyn aanvoeling ontwikkel
vir die verskillende bevolkingsgroepe se reaksies op die
feit dat ek 'n Afrikaner is. Ek het die reaksies van die ver-
skillende Engelse tipes die mees verbasend gevind. Hulle
was soms letterlik vir my kwaad as hulle uitvind hoe meer
"liberaal" ek is as hulle. Dis nou die Suid-Afrikaanse
Engelse. Engelse uit Engeland het, toentertyd, 'n groot
bewondering gehad vir die Afrikaner, en effens neergesien
op die Suid-Afrikaanse Engelse.

Gloudina Bouwer

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Die Afrikaner: Verskoning

Sat, 13 July 1996 00:00

Ons vra om verskoning vir die herhaalde pos van ons artkiel. Dit is as
gevolg van 'n tegniese fout.

*******************************************************

We apologise for the repeated posting of an article. It was caused by a
technical error.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620    »]
Tyd nou: Thu Jan 09 16:28:51 UTC 2025