Veiligheid of ras: Wat tel?'
Nov 01 2007 11:13:23:953PM - (SA)
Beeld
Jeanne-Marié Versluis
Daar sal een of ander tyd 'n uitspraak moet kom oor of gelyke
indiensneming hoogty vier bo veiligheid en kwalifikasies.
Só het regter Bill Prinsloo gister in die Pretoriase hooggeregshof
gesê in die geding tussen 'n elektriese ingenieur en die
Tshwane-metroraad.
Mnr. Adrianus Jacobus Weyers, besturende ingenieur: kragstelselbeheer
(PSC) by dié munisipaliteit, en die Suid-Afrikaanse Ingenieursraad
(Ecsa) pak die munisipaliteit ná Weyers se skorsing.
Weyers is geskors omdat hy 'n brief  waarin hy sy kommer uitspreek
oor munisipale werkers en die publiek se veiligheid  aan munisipale
bestuurders, die departement van arbeid en die ingenieursraad geskryf
het.
Weyers het hierin gesê net swart kandidate was op die kortlys vir
poste van kragstelseloperateurs.
Adv. J.F Mullins SC, namens Weyers, het betoog die operateurs moet
volgens die raad se eie dokumente ses jaar relevante ondervinding hê
en gekwalifiseerd wees, omdat hulle gespesialiseerde werk doen wat
gevaarlik kan wees en waar lewens op die spel is.
Dié mense moet onder druk met masjinerie kan werk.
Die metroraad onderbeklemtoon egter doelbewus in sy hofstukke die
gevare van die werk  Âalles in die naam van gelyke indiensnemingÂ,
het hy betoog.
Prinsloo het gesê 'n debat heers oor of gelyke indiensneming hoogty
vier bo veiligheid en kwalifikasies.
Mullins het betoog die munisipaliteit het vroeg in 2005 'n groot
tekort aan stelseloperateurs in die PSC-afdeling gehad.
Daar was eers 13 aansoekers (12 wit en een swart) vir operateursposte.
Weyers het 'n toets opgestel vir die aansoekers.
Die gelyke indiensnemings (EE)-kandidaat het 13% behaal.
Mullins het betoog die munisipaliteit sê as iemand net 13% behaal,
moet die toetse se standaard te hoog wees.
As die munisipaliteit korrek is hiermee, moet die twee kandidate wat
die hoogste punte behaal het (62% en 58%), Âelektriese genieë wees.
Volgens Weyers was dit duidelik die EE-kandidaat kan nie oorweeg word
vir die pos nie want hy sal sy eie lewe in gevaar stel.
Die vier kandidate wat toe vir die kortlys voorgestel is, was wit. Die
metroraad se bestuurder: werwing en keuring was nie met dié kortlys
tevrede nie.
'n Memorandum is uitgestuur wat gelui het die ÂEE-verspreiding in die
PSC-eenheid moet reggestel word. Die poste is toe ekstern geadverteer.
Mnr. Benny Mahlangu van die munisipaliteit het dit duidelik gemaak dat
net EE-kandidate vir aanstelling oorweeg sou word.
Weyers wou nie dié kortlys teken nie omdat die kandidaat wat die
hoogste punte behaal het, 32,22% behaal het.
Mullins het betoog die operateurs moet foute onder druk kan herstel.
Franse lugtig vir SA weens misdaad
Nov 01 2007 11:13:34:033PM - (SA)
Erika Gibson
Groot Franse maatskappye wat in Suid-Afrika wil belê, oorweeg dit om
hul werknemers se gesinne in Frankryk te laat agterbly weens die
toenemende getal aanvalle op dié land se burgers hier.
Só het mnr. Christian Bader, die Franse konsul-generaal, gister gesê
nadat vlootkapt. Denis Fabre, die Franse militêre attaché, en sy gesin
die jongste slagoffers van misdaad geword het. Hulle is in hul huis in
Sandton aangehou.
Fabre, sy vrou en kinders van onderskeidelik sewe en nege jaar oud, is
Maandagoggend vroeg in hul huis deur twee rowers oorval, rondgepluk en
vasgebind.
Die rowers het hul huis gestroop van huishoudelike toebehore, dit in
die gesin se voertuig gelaai en daarmee weggery.
Volgens Bader is nie een van die gesin beseer nie, maar al vier is erg
getraumatiseer. Â 'n Mens verwag van jou senior diplomate om
ongestoord met hul werk as verteenwoordigers van Frankryk voort te
gaan, maar 'n mens kan nie vir 'n vrou en kinders sê hulle mag nie
ontsteld wees nie. Dit is baie erg.Â
Bader het gesê hy het volle begrip vir die oorweging deur Franse
maatskappye. Dié voorkomingsmaatreël geld gewoonlik lande waar
burgeroorlog of konflik aan die orde van die dag is  byvoorbeeld soos
in die Demokratiese Republiek van die Kongo 'n paar jaar gelede en in
Irak.
Volgens Bader is die families van werknemers veral weerloos wanneer
die sakemanne op reis is en hul gesinne alleen tuis is.
Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van buitelandse
sake, het in reaksie op die jongste aanval gesê dié departement is
Âbaie bekommerd oor aanvalle op die diplomatieke gemeenskap.
Na verneem word, word daar reeds in die diplomatieke gemeenskap
bespiegel of hulle nie dieselfde beperking vir gesinslede moet oorweeg
nie.
Sommige ambassades oorweeg dit weer om hul werknemers in geslote
veiligheidskomplekse saam te laat woon.
hallo almal
Ek is Stefan, hou van skryf en gesels graag. Is elke aand op die net.
Skryf nou aan 'n boek en het reeds verskeie gedigte in Afrikaans en
Engels geskryf.
Hier is iets kleins.
Sal jy?
Die sterre skyn en die nag
Het die dag laat verdwyn
Errens in die verte
Is daar 'n hond wat blaf
Sing hy van sy verlang
Of roep hy net sy maat.
Of is daar iets
veel grotter wat hom pla
dan draai ek weer my kop
probeer dan verder slaap
maar hier in my hart
mis ek vir Jou
Ek wens jy kon
dan nou hier wees
om saam met my dit als te deel
sodat ek jou kon sê
Hoe lief ek jou het,
sal vir jou 'n oorlog maak
veel grotter as wat in
die boek ooit kan staan
My hartjie het sy huis gevind,
my verlange het 'n nuwe punt
en my lewe voel so volmaak.
Sal jy dit met my deel?
Vandat Dave my aan die vraag herinner het, soek ek na hom, maar ek kan die
oorspronklike pos nie opspoor nie.
So hier's 'n verkorte weergawe.
Julle het uit SA gevlug omdat julle die stank van apartheid nie kon uithou
nie.
1) Het julle geen probleem om op grond en in 'n land te woon wat met die
doodslag van derduisende Indiane, die oorspronklike inwoners, deur die
Wittes afgevat is nie, dat die Indiane tot minderheidsgroepe in
Noord-Amerika gemaak is deurdat derduisende dood gemaak is en derduisende
wittes uit Europa na Amerikan gestroom het?
2) Geen probleem met die reservate waarin die Indiane vasgevang sit nie?
3) Wat is die verskil tussen die Indiaanse reservate en SA se tuislande?
"Torreke" skryf in boodskap news:F_udnWFJPOmxZ53anZ2dnUVZ8sKlnZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" < wrote
>
> Natuurlik was hulle skynheiliges. Sit op die
> kerkbanke en luister na die woorde van
> Christus en gaan dan na buite en bekonkel
> een van die skandaligste diktatorskappe
> van die twintigste eeu.
>
>
> En Tutu dan? Is hy nie ook skynheilig nie?
>
> Neem 'n kerklike amp op in 'n kerk wat met politiekery tot stand gekom
> het -
> deur die diktatuur van Henry die Agste wat behep was om 'n seun op sy
> troon
> te sien - wat ten alle koste van sy vrou wou skei om Anna Bolyn te trou -
> haar later laat onthoof het om te probeer verhoed dat haar dogter,
> Elizabeth
> I, op die troon kom - om vir 'n derde keer te trou! - die Pous afgesit het
> en homself tot hoof van die kerk (in Chrsitus se plek) verklaar het.
>
> Ken Tutu nie ook dié onsmaaklike geskiedenis nie?
> Weet Tutu nie ook dat die biskoplike stelsel - en dan nog een wat aan die
> koningshuis van Brittanje onderdanig is! - nie aan die eise van die
> Bybelse
> voorskrifte voldoen nie?
>
> Natuurlik weet hy dit!
>
> Het hy daarteen getuig?
> Was hy bereid om daarmee te breek en Chrsitus alleen as Koning van die
> kerk
> te eer?
> Of het hy heerlik daaraan meegedoen?
>
> Hy het elke Sondag op 'n kansel gestaan wat teen die kant van die kerk
> geskuif is - daar waar die Roomse kerk die Woord heen uitgeskuif het! -
> met
> voor in die kerk 'n altaar! - nog 'n dwaling wat van die Roomse Kerk
> geëerf
> is en wat 'n miskenning van die enige offerande van Jesus aan die kruis
> verteenwoordig!
>
> Is Tutu nie ook skynheilig nie?
>
"Torreke" skryf in boodskap news:_POdndi_zLbRJ53anZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" > Ons het jou gevra om die sg "godslasterlike" dinge wat die
>> "apartheidsvarke" (almal jou veroordelende woorde) wat jy beweer het jy
>> het persoonlike ervaring van, hier te vertel.
>> Het jy? Nee!!!
>> Het jy gesê: Ekskuus, miskien het ek my te kras uitgedruk? Nee!!!
>
> Waarom ignoreer jy bostaande?
>
"Torreke" skryf in boodskap news:i_idnTsrMMgaJp3anZ2dnUVZ8taknZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" < wrote
>
> Dis aan jou ( en my) wat Christus daardie
> waarskuwing rig - dat niemand twee here
> kan dien nie.
>
> Presies!
>
> Nou hoe kry jy reg om Jesus én Bhudda te dien?
>
> Wie anders as Jesus dien ek? Die Skim?
>