Laat weet of Julle my kan help met fondse,
deur 'n gedeelte wat ingedien is,
in kontant oor te skakel,
en aan my te oorhandig.
Om onder andere Afrikaans na hoër vlak(ke) te kan vervorm,
en/of
Kosmiese (Inisiatiew(e)) die lig te laat sien.
Vanaf 'n verkose en/of voorgestelde ligging.
(By voorbaat baie dankie. )
(U ondersteuning, (in die verband), sal inniglik waardeer word. )
... en die klaarblyklike klem op emosie as rigtinggewer vir Blake.
-----------------------------------------
"Because one has only learnt to get the better of words
For the thing one no longer has to say, or the way in which
One is no longer disposed to say it. And so each venture
Is a new beginning, a raid on the inarticulate,
With shabby equipment always deteriorating
In the general mess of imprecision of feeling,
Undisciplined squads of emotion. And what there is to conquer
By strength and submission, has already been discovered
Once or twice, or several times, by men whom one cannot hope
To emulate - but there is no competition -
There is only the fight to recover what has been lost
And found and lost again and again: and now, under conditions
That seem unpropitious."
Six bogus traditional surgeons nabbed in E Cape
December 03, 2007, 10:45
Six bogus traditional surgeons have been arrested at Ntsimbini village
in Port St. Johns in the Eastern Cape.
Health spokesperson Sizwe Kupelo says the suspects were in the process
of performing illegal circumcisions on other boys in the area. He says
some of the suspects are themselves under age. Police and circumcision
inspectors are investigating the incident.
Meanwhile, a traditional surgeon and nurse are expected to appear in
court today following the death of an initiate in Gxulu village in
Libode on Saturday.
Koot gooi 'n klip in die bos onder 'n ander opskrif en maak die volgende
stelling:
" Daar is iets in swart kultuur wat vir my onbegryplik is. Dit is dat
jou leier enige vorm van verkeerd mag doen, want hy IS die leier "
En die volgende vrae skiet in my kop in:
Is die uitermatige wreedheid wat ons deesdae sien in die koerante waar
witmense deur swartes aangeval word tydens die alombekende plaas aanvalle en
nou ook in die stede, ook deel van die "Swart Kultuur".
In die lig van die wreedheid, is dit regverdig om te se dat die vlak van
haat, van die swartes teenoor die wittes van so aard is dat dit nie meer
geblus kan word nie, maar eerder afstuur op 'n konfrontasie.
Hoe ver is ons weg van potensiele situasie waar 'n persoon as 'n individu
(soos die Wit Wolf) of as 'n groep (soos die AWB, Suidlanders, Boeremag) se
tot hier toe en nie verder nie.
Wanneer gaan die koerante begin se (erken) dit is 'n rasse voorval en nie
net maar 'n gewone aanval met roof as motief nie.
Wanneer gaan ons kerke hulle verbasend toe monde begin oopmaak.
Dichteres Elisabeth Eybers is overleden. Dat heeft de familie maandag
bekendgemaakt. De in Zuid-Afrika geboren Eybers werd 92 jaar. Ze
stierf zaterdag. Eybers, in 1991 winnares van de P.C. Hooftprijs,
wordt donderdag in Amsterdam begraven.
Ze verruilde Zuid-Afrika in 1961, na haar echtscheiding, voor
Nederland. Ze nam ook de Nederlandse nationaliteit aan, maar ze
schreef in het Afrikaans en in het Engels.
Ze schreef onder meer de bundel 'Rymdwang'. Met die titel gaf ze aan
dat ze wel móest dichten, ze kon het eenvoudig niet laten. Uitgeverij
Van Oorschot gaf haar 'Versamelde Gedigte' uit.Behalve de P.C.
Hooftprijs won zij ook de Constantijn Huygensprijs en de Herman
Gorterprijs.
De dood was geen onwelkome gast voor haar, schreef ze ruim twee jaar
terug, nadat een zoon van haar, Bert, was gestorven: "Noudat jy swyg
is daar niks meer vir my om ooit nog te begeer buiten die tydstip
waarop ek dieselfde stilte mag betrek"
Het enige iemand hier vir my raad ten opsigte van vlieë tydens kampering.
Ons gesin en 'n paar ander vriende was die naweek weg vir 'n kamp sessie
(iets wat ek selde doen, en ook nie regtig goed ingerig is voor nie), en die
ding wat my seker die meeste gepla het was die enorme hoeveelheid vlieë.
Die enigste tyd wat ek die braai regtig geniet het was in die aand, maar die
oomblik as die son opkom en jy begin kos maak, is dit net vlieë waar jy kyk.
Is daar al 'n produk op die mark wat met sukses die probleem aanspreek.
By: Jy kan Afrikaners uit apartheid haal...maar kan jy apartheid uit
Afrikaners haal?
Nov 30 2007 07:19:23:490PM - (SA)
Christi van der Westhuizen
Twee verbandhoudende kwessies is van belang in die Deon Maas-
afdankingsage: persvryheid en onverdraagsaamheid. Hoewel ek met min
saamstem wat Maas te sê het, glo ek hy het die reg om sy mening uit te
spreek. Maar 'n klomp Afrikaners - ons weet nie hoe verteenwoordigend
hulle werklik is van Rapport se lesers nie - voel klaarblyklik vere
vir hierdie grondliggende demokratiese reg en het met hul misbruik van
tegnologie persvryheid 'n slag toegedien.
Die gebrek aan verdraagsaamheid ná 13 jaar van demokrasie is
kommerwekkend. Dit was tog 'n oorbekende situasie in die dae van
apartheid: die Afrikaner-groep se uiterse onverdraagsaamheid teenoor
diegene wat anders gedink het.
Dié onverdraagsaamheid het 'n primêre rol gespeel om die kollektiewe
Afrikaner-psige "skoon" te hou van idees wat nie met die hoofstroom
ooreengestem het nie.
En wat presies was hierdie idees van die hoofstroom? Dit het in groot
mate daaroor gegaan dat 'n wit vel jou verhewe maak. Dié mite was een
van die hoekstene van Afrikaner-nasionalisme, wat ondersteun is deur
ideologiese regverdigings wat, ironies genoeg, geleen is by Afrikaner-
nasionalisme se oorspronklike teenstander: Britse kolonialisme.
DIE praatjies oor hoe dit aan die Afrikaners oorgelaat is om die
Westerse beskawing en Christendom in die "donker Afrika" in te dra,
was geensins uniek nie. Die kolonialiste in Suid-Amerika, Indië,
Australië, Noord-Amerika en elders het hul oorname van die grond en
die mense op dieselfde manier goedgepraat.
Eers is Christenskap/heidenskap gebruik as die hoofverdeling tussen
kolonialiste en inheemse mense. Later is die beskawingsrasioneel
sterker ingespan. Om die waarheid te sê, die Britte het dié diskoers
gebruik teen die Iere, die inwoners van die eerste gebied wat hulle
gekoloniseer het.
Dat wit gelykstaande aan beskaafdheid is, is weerspreek deur die
barbaarshede wat die kolonialiste gepleeg het. Kolonialisme is
gekenmerk deur geweld en plundering en, in sommige plekke,
menseslagting. Dink aan die lot wat die inheemse mense van Peru,
Tasmanië en die Kongo getref het.
'n Kragtige ideologie was nodig om hierdie vergrype aanvaarbaar te
maak namate kolonialisme in die 19de eeu verskerp het. Dít is waar
"ras" ontdek is en gelaai is met allerlei diskriminerende simbole om
'n maatskaplike hiërargie te skep. Die menslikheid van diegene aan die
onderpunt van die hiërargie is selfs betwyfel as deel van die poging
om die vergrype te regverdig.
Die Afrikaner-nasionalisme het die rassisme en idees van
"Christelikheid" en "beskawing" by die kolonialisme geleen as deel van
die projek om 'n etnies-spesifieke dominasie aanvaarbaar te maak.
En só aanvaarbaar was dit vir wit mense en spesifiek Afrikaners dat
die party wat die ideologie in werking gestel het - die Nasionale
Party - amper vyf dekades jaar in en jaar uit ondersteun is.
Die handhawing van dié hegemonie het deels afgehang van die
onderdrukking van dissidensie. J.G. Strijdom het onbeskaamd aangedring
op "eendersdenkendheid" oor apartheid.
Soos PJ Furlong in sy boek Between crown and swastika - The impact of
the radical right on the Afrikaner nationalist movement in the fascist
era gesê het, Afrikanerskap was voorwaardelik: ondersteuning vir die
Nasionale Party en sy beleid is sinoniem gemaak met Afrikanerskap. Om
lidmaatskap van die volk te kry, moes jy apartheid steun. Dus was
rassediskriminasie 'n integrale aspek van Afrikaner-identiteit.
NOU is die vraag: Afrikaners is uit apartheid gehaal, maar kan
apartheid uit Afrikaners gehaal word?
Afrikaner-afvalliges wat die diskriminerende aspek van Afrikaner-
identiteit gekonfronteer het, is op allerlei maniere ondermyn. Van die
gevalle is bekend: Bram Fischer, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker en
ander. Maar talle verhale moet nog vertel word: van gewone dag-tot-dag-
dissidensie in Afrikanergeledere en hoe mense benadeel is. Dit is 'n
belangrike deel van ons geskiedenis as Afrikaners waarby ons nog min
uitgekom het.
Deels is dit omdat ander diskoerse oorheers - die retoriek van
ontkenning, van gegriefdheid, van slagofferskap, van
onverdraagsaamheid. Al hierdie narratiewe is defensief: Witheid as
politieke identiteit kan nie meer dieselfde wees as voor 1994 nie,
maar wit mense wil dit klaarblyklik nie aanvaar nie. Ons is kwaad
daaroor.
Dit kom na vore in opmerkings soos: "Ons weet in elke geval nie
waaroor 'hulle' (kodetaal vir swart mense) so aangaan oor die verlede
nie." "Ons ly nou, en waarom moet ons?" "Ons het tog nie geweet wat
regtig aan die gebeur was nie." "Ons het hard gewerk vir wat ons
vandag het."
En, blyk dit uit die Maas-geval, ons gaan diegene in ons midde wat
dinge kwytraak wat ons nog meer onveilig laat voel, doodskree. 'n Mens
kon dit ook duidelik sien in die reaksies op Sampie Terreblanche se
artikel in die By van 3 November.
Dit is die destabilisering van wit identiteit ná die veranderings van
1994 wat Afrikaners laat vervreemd voel - eerder as suiwer die ANC se
"harde Afro-nasionalisme", soos Johann Rossouw aanvoer in Glasoog in
die By van 10 November.
Rossouw sê ook dat Afrikaners "nie meer oor 'n stel simbole beskik wat
in gesprek met hul eie geskiedenis hulle in staat kan stel om met
selfrespek hulle en die land se toekoms te bou nie".
Die vorige "stel simbole" waarna verwys word, is Afrikaner-
nasionalisme, wat finaal aan flarde geruk is toe sy vernaamste
skepping, 'n wit oligargie wat Afrikaners insluit, hul eksklusiewe
politieke mag in 1994 verloor het.
Ons moet onsself herinner dat die Afrikaner-nasionalisme die
monolitiese "Afrikaner" geskep het - dit is 'n sosiale konstruksie
gegrond op ras en kultuur wat eers sowat sewe dekades gelede regtig
aan die gang gekom het.
Identiteit is nie primordiaal nie, maar veranderlik. Dit is soveel te
meer die geval met Afrikaner-identiteit noudat eksklusiewe,
rasgebaseerde politieke mag daarmee heen is en die veranderende
omstandighede die volksvreemde stelsel van demokrasie, gerugsteun deur
die ewe volksvreemde idee van menseregte, insluit.
Ek gebruik die woord "volksvreemd" hier omdat die Afrikaner-
nasionaliste, soos die Britse kolonialiste, 'n obsessie daaroor gehad
het om gelykheid te voorkom. Dit was ook deel van die NP se beheptheid
met die kommunisme.
Demokrasie en regte bring 'n mate van ras- en geslagsgelykheid wat
nooit voorheen bestaan het nie en wat reëlreg met Afrikaner-
nasionalistiese idees bots. Dít is wat baie Afrikaners
Ontkenning is die voortsetting van 'n grondliggende aspek van
apartheid: Dit is essensieel om die werklike historiese en huidige
realiteite te ontken, want dit is hoe wit bevoorregting in stand gehou
word.
Die onverdraagsaamheidskwaal gaan oor verskansing teen die "euwels"
van demokrasie, soos spraakvryheid. Selfs nie Maas se ligweg-
provokerende gespot kan geduld word in hierdie klimaat van angstige
vasklou aan 'n verbrokkelende identiteit nie.
Dit is van belang dat die aspek van die identiteit wat in die Maas-
geval in die gedrang gekom het, godsdiens is. Gegewe hoe Afrikaner-
nasionaliste die Christelike godsdiens aangewend het om die vergrype
van rassediskriminasie te perpetueer, het 'n mens gehoop vir 'n meer
kritiese kyk na die doktrine. Maar weer beskaam die hoop.
Terwyl baie Afrikaners verbitterd probeer hang aan fantasieë van wit
meerderwaardigheid en eksklusiewe politieke mag, is daar Afrikaners
wat met ander dinge besig is.
Ons lewer byvoorbeeld die ongelooflikste kunstenaars en skrywers op
wat anders met hulself en die wêreld omgaan - Claudette Schreuders,
Wim Botha, Antjie Krog, Marlene van Niekerk. In die burgerlike
samelewing kom 'n mens Afrikaners teë wat stilweg en konstruktief die
land se eise in die oë kyk. Ek glo daar is baie meer, maar die meeste
van hulle skryf nie briewe aan die Afrikaanse media nie.
Vir mense soos dié was Afrikaner-nasionalisme 'n dwangbuis waaruit ons
nou ontsnap. Waar apartheid 'n geslote stelsel was met 'n rigiede
inperking van die beweegruimte vir selfverwesenliking, bied die
erkenning van ons regte en ons gelyke burgerskap veelvlakkige ruimtes
waarin ons as mense tot ons reg kan kom.
Die vraag dus aan alle Afrikaners is: Het ons die moed om hierdie
potensialiteite met al hul onsekerhede aan te gryp en n volwaardig
nuwe Suid-Afrikanerskap vir onsself uit te kerf?
Christi van der Westhuizen is 'n joernalis en skrywer van White Power
& The rise and fall of the National Party (Zebra Press).
Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine