Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: SA English vs US (att Heidi)

Di., 20 Mei 1997 00:00

V wrote in article
...
> Hi Heidi
>
>> very true. In the US we say "a couple" to represent "two". For more than
>> two we say "a few".
>
> A Question : Something I still haven't been able to figure out ~ does the US "couple", meaning
> "two" also carry a gender connotation? e.g. - if I said to an American that "a couple of guys
> went to the pub" , would he think of 'couple' as in 'married couple', therefore these blokes must
> be gay? If he understood Afrikaans, I reckon the same would hold true, i.e. "'n paar ouens..."
>
> Look fwd to hearing from you,
> Vira.
>
>

Hello Vira!

You can say "a couple of guys went to the pub" and it would not at all mean
that they were gay. It would only mean that there were two males going to
a pub. :>

If you did say the sentence that only thing that would attract attention is
the word "pub"! :> We use the word "bar" and reserve "pubs" for telling
stories of traveling in England! :)

Glad to be of help. If you have other questions, please feel free to ask.

Regards,
Heidi

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bewaarkloof

Di., 20 Mei 1997 00:00

Oorlog is 'n afskuwelike ding.

Dis fataal om bagasie saam te piekel in 'n oorlog.

Met en na die Tweede Vryheidoorlog is die Boeremagte beskuldig dat
hulle nie na hulle vrouens en kinders omgesien het nie. Dit was byvoorbeeld
'n hoofmotivering vir die oprigting van konsentrasiekampe. Die kwessie
van bagasie is doodgeswyg. Dit gebeur selfs vandag nog in gesprekke
oor hierdie oorlog.

Sowat 40 km suid van Pietersburg lê 'n verstommende bergreeks, naamlik
die Strydpoortberge. Hulle loop vir sowat 150 km reg oos tot in die
Drakensberge, daar waar die Strydomtonnel gele"e is. Ry suid van
Pietersburg totdat jy deur Chuniespoort gaan. Suid van die poort swaai
die pad oos na Burgersfort se kant toe. Ry nog sowat 50 km totdat 'n
grondpad na links afdraai terug na die berge se kant toe. Daar staan hopelik
nog die padwyser met die naam The Downs. Swaai op die grondpad af en
hou so 4 km. 'n Paadjie swaai uit na links terug na Chuniespoort se kant toe.
Daar is nie meer 'n padwyser nie. Draai op die paadjie af om uiteindelik
by Bewaarkloof uit te kom. Moenie sommer daar invoeter nie - dis
slangwereld soos min.

Bewaarkloof is eintlik 'n groot kom in die berge wat deur 'n kloof bereik
word. Gedurende die laaste 18 maande, so is ek vertel, het die
Boeremagte honderde vrouens, kinders en vee in Bewaarkloof
weggesteek. Die Britse magte het nooit vermoed dat daar so 'n
wegsteekplek kon wees in hierdie skynbaar onherbergsame berge nie.
In my verkenning van die natuur het ek 'n paar keer op grafte tussen die
bosse afgekom. Die grafte was nie tipies van die Sotho kultuur nie. Dan
het ek maar naby die grafte gaan sit en wonder wat die geskiedenis
agter hulle is. Was hulle deel van die Tweede Vryheidstryd?

Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
is?

Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
verlede?

Alles van die beste
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe

Di., 20 Mei 1997 00:00

@igs.net wrote:
> Nou wil ek net weet: as die hanepoot wit
> korrels het, hoekom was die muskadel, wat ek
> nou die aand gedrink het, rooi?
>
> Gloudina Bouwer

Muskadel wyn word van muskadeldruiwe gamaak, nie van hanepoot nie, en
daar is rooi en wit muskadel wyn te koop
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

IDIOOM: Yebo go-go!

Ma., 19 Mei 1997 00:00

Idioom: Yebo go-go!

Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
dit iets soos - Ja, ouma!
Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
'n plakaat by die finale rugbywedstryd.

Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
lyn van: alles is bakgat!

Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
omloop is?

--
Stefan Harms @ S.E.

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Op soek na die Bybel in Afrikaans vir 'n swak siende rekenaar gebruiker

Sa., 17 Mei 1997 00:00

Ek is dringend op soek na 'n Afrikaanse elektroniese weergawe van die Bybel
vir 'n familielid wat Makulere Degenerasie onderlede het. Ek weet nie meer
waar om nog te soek nie. Kan iemand asseblief help?
Groete
Johann

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Leon Schuster

Sa., 17 Mei 1997 00:00

Weet enige iemand in hierde NG waar 'n mens Leon Schuster videos in die VSA
kan kry ? NTSC formaat ens...

Baie Dankie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

A coin called "dubbeltjie."

Vr., 16 Mei 1997 00:00

I found the following explanation of the coin
called a "dubbeltjie" in our "Dictionary of South
African English". Apparently this British twopenny
piece was introduced during the very first British
Occupation of the Cape in 1795. (dubbel: double.)
This was done to relieve the shortage of small
money at the Cape. The British had invaded the
Cape in 1795, because the Batavian Republic
(then established in Holland) fought on the side of
France. (The Cape was briefly given back to the
Batavian Republic from 1803-1806, and then re-
occupied by the British.)
It is interesting to read that a Zulu word for
the penny is "indiblishi" and is apparently derived
from "dubbeltjie."
I imagine that we in the Northern Cape also
called "dubbeltjies" the terribly sharp thorns
of a plant that grew along the ground and spread
their thorns over a very wide area. These thorns,
when dry, would lie in wait for the unsuspecting feet
of those stubborn children that refused to wear
shoes. However, I think that the name of these
thorns should really be spelled "duwweltjies," as
I suspect that the word is really derived from the
word "duiwel" (devil) and that the thorns were seen
as little devils (duiweltjies.) The following is from
a diary written in 1809 by J. Mackrill:
"Double-gees...spikes all roads.. Rumex
spinosis, Dubbeltjies, very painful to the
slave who has no shoes."
There is apparently an Australian form called
"double-gee". The word double-gees is used
by D. H. Lawrence in "The Boy in the Bush"
written in 1924.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Arikaanse speltoetsers

Vr., 16 Mei 1997 00:00

Weet enigiemand hoe 'n mens te werk gaan om 'n Afrikaanse
"spelchecker" vir WordPerfect 7 Suite in die hande te kry? Bestaan
daar so iets?
Groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

White Dispossession...ens

Vr., 16 Mei 1997 00:00

Wilhelm wou weet of blankes in 1900 in die meerderheid was... Dit was darem
nie so nie. Aangepaste (om voorsiening te maak vir weglatings ens)
sensussyfers en sedert 1904 gee die volgende persentasies. (Die afname in
oor die jare in die persentasie blankes beteken natuurlik nie dat daar 'n
afname in die totale aantal blankes was nie. Daar is huidiglik ongeveer 5
milioen blankes - amper net soveel as die totale bevolking van SA in
1904). Die bron van die 1995 syfer is die Bevolkingsregister.

1904: Blank: 21,6%; Indier: 2,4%; Kleurling: 8,6%; Swart: 67,4%

1911: Blank: 21,4%; Indier: 2,5%; Kleurling: 8,8%; Swart: 67,3%

1921: Blank: 21,9%; Indier: 2,5%; Kleurling: 7,9%; Swart: 67,8%

1936: Blank: 20,9%; Indier: 2,3%; Kleurling: 8,0%; Swart: 68,7%

1946: Blank: 20,7%; Indier: 2,6%: Kleurling: 8,0%; Swart: 68,7%

1951: Blank: 20,8%; Indier: 2,9%; Kleurling: 8,7%; Swart: 67,5%

1960: Blank: 19,5%; Indier: 3,0%; Kleurling: 9,3%; Swart: 68,2%

1970: Blank: 17,5%; Indier: 2,9%; Kleurling: 9,4%; Swart: 70,2%

1980: Blank: 15,6%; Indier: 2,6%; Kleurling: 9,3%; Swart: 72,5%

1995: Blank: 12,7%; Indier: 2,5%; Kleurling: 8,5%; Swart: 76,3%

Die hoogste persentasie blankes in verhouding tot ander
bevolkingsgroepe was omtrent 22% in 1920. Sedertdien was daar 'n
voortdurende afname (behalwe vir 'n klein toename net na die tweede
wereldoorlog as gevolg van die toename na oorlogse "baby boom" en 'n toename
in immigrasie) in proporsie blankes in die bevolking. Die grootste
relatiewe afname is na 1960 soos blankes al hoe meer die "Wes-
Europese" model wat betref gesinsgrootte begin volg het. Indiers
begin hierdie model navolg vanaf 1970 en kleurlinge vanaf 1980.

Suid Afrika, in terme van welvaart, bly een van die ongelykste lande in die
wereld: Die gemiddelde inkomste per persoon van blankes is nog
steeds meer as tien keer so hoog as die van swartes, (daar is egter 'n baie
klein persentasie Swartes wat besig is om besonder ryk te word -
die verskille tussen die baie klein persentasie rykes en armes binne
die swart gemeenskap is nou groter as die verskil tussen Blank en
Swart - dit bly egter 'n feit dat bitter min blankes, en 'n
besonder groot aantal swartes brandarm is). Indiers as groep het
ongeveer een-derde van die gemiddelde inkomste per persoon as
blankes en kleurling ongeveer een-vyfde.

Gys

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: ThotmesIII - Bleah >:B

Vr., 16 Mei 1997 00:00

In Article,
writes:

> diaan wrote:
>>
>> Ek toets net 'n teorie. Kom ons kyk of die vent hierop reageer en wat hy te
>> se het. Stem saam met al die ander dat sulke mense nie nodig is op die
>> groep nie.
>> Het al met baie mense soos hy gepraat, maar hulle het basies geen idee hoe
>> werk dinge in ons land nie.
>> So, boetie Tot, kry vir jou 'n woordeboek en probeer dit ontsyfer. En sit
>> dan jou struggle voort. Die fok weet, dis al verby hierso.
>
> So you think that you are speaking a secret little language
> that nobody can understand... Well, your throat-cancer language
> is easy enough to decipher, without needing to "kry" a
> "woordeboek".
>
> Take a dutch grammar book... rip out 80% of all the pages,
> randomly. What you have left is the mother of all bastard
> languages, afrikaans.

Word wakker ou bitter bek. Daar is meer mense van ander kleure wat afrikaans
praat as die wat 'wit velle' het. Hulle sien ook 'n groter toekoms vir
Afrikaans - in 'n onlangse menings peiling sien 20% wit afrikaans sprekendes
geen toekoms vir Afrikaans terwyl net 9% van 'nie wit vellige' Afrikaans
sprekendes dieselfde standpunt huldig. (As ek nou moet sê wie die peiling
gedoen het sal ek moet lieg - maar ek kan altyd uitvind.).

By the way - die woord kleurling word nou in sekere gemeenskap as 'n skeld
woord gesien. Enige iemand wat weet wat 'n meer aanvaarbare groepnaam sou
wees?

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 07:51:30 UTC 2026