Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Yes vir die BLOU BULLE

Sa., 07 Junie 1997 00:00

As 'n blou bul ondersteuner hier in die NW tussen al die Vrystaat
ondersteuners was Saterdag middag nogal lekker.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

net 'n dagse uit die vreemde

Sa., 07 Junie 1997 00:00

Dagse aan die tollies en versies van ons vaderland en groetnis hier uit
die liberale VSA.

Was nogal baie geamuseerd en soms ook die hoenders in vir die klomp
wysneuse wat veel te se het oor ons taal. Sou graag meer wil hoor van
ons taal handhawing en kultuuraksies waardeur toekomstige geslagte
hulself kan handhaaf.

As boerseun in die vreemde (San Diego, Kalifornia) is die TAAL nog
steeds my band met die land van melk en heuning, al is daar 'n bietjie
suurlemoen bygevoeg.

Groetnis

Pieter du Toit

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Keuse vs sensuur

Vr., 06 Junie 1997 00:00

Leendert van Oostrum wrote in article
...

> Enersyds hou ek van die potensiaal wat dit het om gesprek te stimuleer.
>
> Andersyds dink ek dat die situasie 'n sterk selfsensurerende effek by
> bydraers moet veroorsaak.

> In hierdie konteks reken ek dat enige pogings tot Afrikanerintrospeksie,
> soos voorgestel deur Gloudina en ondersteun deur At nie 'n lang
> lewensverwagting het nie.
>
> Ek wil dit nie ontmoedig nie. Ek reken bloot dat mens die effek van
> selfsensuur in 'n sensurerende omgewing nie oor die hoof moet sien nie.

Leendert, die sake wat jy aangehaal het, is moeilik om vas te vat.

Sensuur beteken vir my om enige ander persoon nie toe
te laat om deel te neem nie. Dit kan ek net in twee opsigte
verdedig:
1 As ek pertinent verantwoordelik is vir 'n onvolwasse mens,
is dit my taak om vir daardie persoon volwasse keuses te
maak totdat die persoon dit self kan doen. Dit is ook my taak,
waar dit moontlik is, om so 'n persoon te lei hoe om self
volwasse keuses te maak.
2 As die persoon net een doel voor o"e het, naamlik om alles
te vernietig waarmee hy/sy in kontak kom. Andersins
moet ek eerder mense wat negatiewe en afbrekende bydraes
lewer, probeer reghelp. As dit nie wil werk nie, verdra ek
hulle maar verdra. Ek kan wel leer uit hulle bydraes,
al is dit net om te weet wat ek nie moet doen nie en
hoe erg die wereld kan wees.

Maar 'selfsensuur' is 'n heel ander saak. Ek wil dit amper
nie eers 'selfsensuur' noem nie omdat dit eerder 'n geval
van vrye keuse is. Ek glo dat elke volwasse mens vrylik
moet kan kies waaraan hy/sy wil deelneem of nie. Maar
daar is 'n voorwaarde: die persoon nie so 'n keuse maak
dat hy/sy die lewe van ander mense en die natuur befoeter
nie. Ek sal die persoon se spesifieke keuse bestry, maar
steeds stry vir sy/haar reg om vrylik te kan kies

Kom ons kyk hoe dit van toepassing is op die "derms
uitryg van die Afrikaner". Terwyl ek die frase skryf, dink ek
aan twee gevalle: 'n bobbejaan wat voor my o"e sy derms
gesit en uitryg het, en die folterende uitryg van Braveheart
se derms. As mense julle gewond het terwyl julle geen
skuld gehad het nie, moet to nie soos 'n bobbejaan sit en
derms uitryg nie - dit maak dood. As mense julle derms
onskuldig begin uitryg en teesit help nie, probeer nog steeds
so 'n getuienis lewer dat die folteraars beskaamd sal staan.

Wat voor die WVK aangaan, is dikwels gruwelik. As daar
een belangrike les te leer is, is dit dat die doel nooit die
middel heilig nie.

'n Tweede belangrike les te leer is dat 'n keuse wat nie
met joune ooreenstem nie, nie vanself onvolwasse is nie.

'n Derde belangrike les is dat jy baie duidelik moet vasstel
wie pertinent aan jou sorg toevertrou is. 'n Mens kan nie
agter 'n landswet wegkruip nie. Die meerderheid wit Afrikaners
het gedink dat die ander inheemse volke aan hulle toevertrou
is en toe wette gemaak om so te kan optree. Ek glo dit was
verkeerd. Hedendaags redeneer die meerderheid mense weer
dat die kinders aan die staat toevertrou is en maak wette dat
dit klap om so te kan optree. Ek glo dat ook dit is verkeerd is.

Beste wense
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Onze Taal op Internet

Vr., 06 Junie 1997 00:00

Met ingang van vandaag biedt het Nederlandse Genootschap Onze Taal (ook)
via Internet informatie over het Nederlands. U kunt hier direct
kennisnemen van taalnieuws, achtergrondinformatie opvragen, taaladviezen
oproepen en discussies voeren met andere taalliefhebbers. We zijn te
vinden op het volgende Internet-adres:

http://www.onzetaal.nl/

Via de openingspagina wordt u verwezen naar vijf afdelingen:

* Taaladvies: 101 taaladviezen van de Taaladviesdienst van het
Genootschap Onze Taal, een verzameling die wekelijks wordt aangevuld
* Taalnieuws: actuele taalonderwerpen, berichten, feitjes, weetjes en
discussie met andere Internet-gebruikers
* Dossier: verzamelingen artikelen over een onderwerp. Deze maand: alle
artikelen uit Onze Taal over de nieuwe spelling
* Informatie: de inhoud van het komende nummer van Onze Taal, een
trefwoordenregister op 17 jaargangen, oude afleveringen van Onze Taal
(o.a. nummer 1, van maart 1932)
* Koppelingen: de meest complete lijst met verwijzingen naar alle
plaatsen op Internet waar u informatie over het Nederlands vindt

Marc van Oostendorp, webre...@onzetaal.nl

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Monitor op die Web

Vr., 06 Junie 1997 00:00

Die nuusaktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum (wat op Radiosondergrense
uitgesaai word) het nou hulle eie webbladsy. Vind uit wat gaan aan agter die
skerms, en lewer kommentaar. Die webbladsy is by die SAUK se webadres:
http://sabc.co.za/monitor.

Hendrik Martin

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Vr., 06 Junie 1997 00:00

AFRIKAANSE WIEGELIEDJIE

Lamtietie, damtietie,
doedoe my liefstetjie,
moederhartrowertjie,
dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie,
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
"Doe-doe-doe bladertjies, slapenstyd nadertjies.
Doe-doe-doe blommetjies, nag is aan't kommetjies,"
so sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.


Woorde deur C.J. Langenhoven.
Musiek deur Emiel Hullebroeck ( verw. Dirkie de Villiers.)

wiegeliedjie: little cradle song (wieg: cradle)
lamtietie, damtietie: no meaning in present Afrikaans.
Might have come down from ancient Germanic
dialects, or be a creation of Langenhoven himself.
Would be interesting to know if the words
exist in Dutch or German.
doe-doe : command to go to sleep. There is probably
French influence here: "Aller au dodo": go to
bed; "ton petit dodo": your nice little bed.
Cajun "fais do-do": said by Cajun women at
dances to hurry the baby to go to sleep so that
they can go back and dance. Also name for a
Cajun dance.
liefste: beloved liefstes/ liefstetjie, liefie
moederhartrower: burglar of the heart of a mother.
dierbaarste: most treasured
dief: thief diewe/ diefie,
luister hoe fluister: listen how (the wind) whispers
deur die boompietjie: through the little tree
boom/bome/boompie;boompietjie
heen en weer wieg hy hom : to and fro he rocks himself
al oor die stroompietjie: over the little stream
stroom/strome/ stroompie;stroompietjie
bladertjies: old form of "blaartjies": little leaves
slapenstyd: sleeping time
nadertjies: comes gently nearer.
blommetjies: little flowers
nag is aan't kommetjies: night is gently coming

The words of this song are perfect illustrations of the
extra-ordinary flexibility that a language can achieve
when it emancipates itself from the rules and habits
of the older languages from which it is descended.
This freedom is particularly noticeable in Afrikaans
diminutives. Not only is there a choice (blom: blompie,
blommetjie), but there is also the freedom to go further
and play around with the diminutive: " die lieflike ou
blommetjietjie." In the above song, Langenhoven even
makes a diminutive of the verb "om te nader" (to come
nearer) and "kom" (nag is aan't kommetjies.) The same
playfulness is also in evidence in the diminutive forms
of names: Izak becomes "Sakkie" and can easily become
"Sakkietjie." When Izak hears somebody calling him
"Sakkietjietjie" then he must be on the alert: somebody
is either pulling his leg or he is being softened up by
somebody who is trying to get him to do something.

Gloudina Bouwer.

Musiek & liriek | 4 kommentare

GRAFPARTYTJIE

Do., 05 Junie 1997 00:00

Wimpie kom die oggend bietjie laat by die kleuterskool.
Op juffrou se vraag waarom hy dan laat is, is sy antwoord:

"Juffrou, juffrou weet, my Ouma is gister oorlede en Donderdag
sal ek nie skool toe kan kom nie, want dan is dit haar grafpartyjie."

Vir nog sulke kinder sê-goed gaan kuier gerus by:
http://www.global.co.za/~pretblad

Daar is ook sommer 'n Afrikaanse blokkiesraaisel wat jy
vir Mammie kan gee om te voltooi. Die ding het selfs 'n prysgeld.
Terwyl Mammie met die raaisel karring, kan jy lekker op die
Net rondspeel en sal sy jou nie pla nie.

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: GRAFPARTYTJIE

Do., 05 Junie 1997 00:00

Danie Martins wrote in article
...
> Wimpie kom die oggend bietjie laat by die kleuterskool.
> Op juffrou se vraag waarom hy dan laat is, is sy antwoord:
>
> "Juffrou, juffrou weet, my Ouma is gister oorlede en Donderdag
> sal ek nie skool toe kan kom nie, want dan is dit haar grafpartyjie."

My oorlede ouma het dikwels, as sy van 'n begrafnis terugkom 'n groot sug
geslaak met die woorde "Dit was nou 'n _lekkerrr_ begrafnis!"

Ek dink sy het dit bedoel ook.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Derms uitryg

Do., 05 Junie 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
> "AM de Lange" writes: >
> Ek dink dis baie goed dat At voorstel dat ons 'n
> gesprek moet voer oor wat 'nasie' en 'nasionalisme'
> en 'Afrikanerskap' beteken.

Ek vermoed dat so 'n gesprek in hierdie forum nie ver sal kom nie. Moontlik
juis weens die toeganklikheid daarvan. Dit is opmerklik dat die gesprek wat
jy hier voorstel feitlik onophoudelik floreer in die poslys-forums soos die
Afrikaans-lys en selfs die Volkstaatlys.

In hierdie groep, daarenteen, is die deelnemers in die algemeen gedurig op
die verdediging uit - verstaanbaar, in die lig daarvan dat gestigte vir
kranksinniges oënskynlik deesdae toegang tot die internet vir hul pasiënte
verskaf ('n soort terapie, miskien?)

My indruk is dat sosiopate soos die bleah's van die wêreld in daardie
forums neig om te lurk, eerder as om deel te neem - en nie lank te bly nie.

> Ons almal, of ons nou
> binne of buite SA is, staan op die kruispad, waar hoe
> ons oor hierdie dinge voel, geweldig saak begin maak.
> Veral omdat dit vir my lyk asof in die kuberruimte
> dit moontlik word om lid te wees van 'n Afrikaner-
> groep wat nie meer deur nasionale grense of oseane
> geskei hoef te word nie. Ek voel egter dat ons liewers
> 'n Suid-Afrikaanse kubernasiegroep moet wees, sodat
> Vira ook deel daarvan kan wees.

Volgens my waarneming was die meeste Afrikaners nog altyd bereid - selfs
gretig - om Afrikaansheid te bespreek met mense wat hulself nie as
Afrikaners beskou nie. Ook met kritici en ook deur medium van ander tale.

Ek glo dus nie dat jy hoef te vrees dat die virtuele volkstaat eksklusief
sal wees nie. Dit kan nie eens taaleksklusief wees nie, soos 'n mens merk
uit die feit dat daar in die afgelope dae bydraes in drie tale behalwe
Afrikaans op hierdie groep was.

Dus: ek reken dit is triviaal om 'n debat te voer oor "Suid-Afrikaans"
versus "Afrikaans". Dit is bloot nie relevant nie.

'n Idee wat wel vir my problematies is, is die een van "Suid-Afrikaans" of
"Suid-Afrikaner". Dit is nie vir my duidelik dat dit enige unieke
konnotasie behalwe 'n geografiese een het nie.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GRAFPARTYJIE

Do., 05 Junie 1997 00:00

Wimpie kom die oggend bietjie laat by die kleuterskool aan.
Op juffrou se vraag waarom hy dan laat is, is sy antwoord:
"Juffrou, juffrou weet, my Ouma is gister oorlede en ek sal
oormore nie skool toe kom nie, want dan is dit haar
grafpartyjie."

Vir nog sulke kinder sê-goed, gaan kuier by:
http://www.global.co.za/~pretblad

Ons het ook 'n Afrikanse blokkiesraaisel wat Mammie
kan voltooi en daar is sommer 'n prys ook aan verbonde.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1511  1512  1513  1514  1515  1516  1517  1518  1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 13:36:46 UTC 2026