In die jare sewentig was daar n Afrikaanse film genaamd "Die Ses Soldate"
wat gehandel het oor die Suid Afrikaanse Bosoorlog. Kan enige iemand dalk
vir
my vertel watter produksie huis die film gemaak het. Ek het al met Elmo De
Wit
Films in Suid Afrika in verbinding getree en hulle het my verseker dat dit
nie
hulle was nie. Is daar enige iemand in die film bedryf wat my kan help?
@igs.net wrote in article ...
> vi...@iafrica.com (V) writes: > > Vira, Engels van oorsprong of te not, in
my oë is jy nader aan 'n ware
>>> Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om te wees!!
>>
>> Dankie Jonnie
>>
>> Ek aanvaar die honorêre Afrikanerskap met vreugde.
>>
>> he he he, het jy gehoor, Gloudina?
>>
>>
>> V.
>>
>
>
>
Gloatina, Stelling A:
> Vira,
> Ongelukkig het jy in die valstrik geloop wat 'n
> gebore fascis vir jou gestel het. So 'n mens/groep
> verklaar dat jy een van hulle kan wees, as jy net
> sal begin dink soos hulle dink, doen soos hulle doen.
> (Sien die Nazis in Duitsland, die fasciste in Italië, die
> VSA gedurende die McCarthy era, en jou vriende die
> apartheisargitekte in SA.)
> Op so 'n manier beperk hulle dan die betekenis van
> die konsep �Afrikaner� tot so 'n mate dat daar later 'n
> heel klomp Afrikaners is wat nie meer aan so 'n groep
> wil behoort nie. Of vervul hulle Afrikaners soos ek met
> 'n woede dat so 'n klomp skurke wil steel waarop ek
> baie trots was en eintlik nog is: my Afrikanerskap. So
> jy is welkom om by Johnnie en sy soort te gaan inkruip.
Goatina, Stelling B:
> Moet egter net nie vir jou 'n Afrikaner noem nie. Daardie
> naam is kosbaar en moet skoongemaak word van al die
> besoedeling waaraan dit die laaste paar dekades
> blootgestel was.
Ai, Gloatina,
Met stelling B manifesteer jy juis die essensiële kenmerk wat, volgens
stelling A, 'n fascis definieer. Mense mag hulself slegs Afrikaners noem
"as hulle begin dink soos jy dink, doen soos jy doen". Anders mag hulle
hulself nie Afrikaners noem nie - volgens jou stelling B.
Daarmee definieer jy jouself juis as fascis.
QED
Leendert
PS Dis nie die eerste keer dat ek die verskynsel teëkom dat politieke
korrektheid neerkom op politieke fascisme nie. Verskeie mense het dit al
met die anti-rookveldtog in verband gebring - o.a. Koos Human.
Die probleem is natuurlik dat alle fascistiese faksies ook hulle ET's
aanlok. Kyk nou hoe sit jy met Thomas. Al verskil tussen hom en ET is dat
ET hom ook van keurige taal kan bedien is dit hom pas.
Toe ek 'n kind was, is ek gereeld bestraf as ek
gevloek het. Party keer was dit 'n pak slae en
ander kere seep of peper in die mond. Dit het
niks gehelp nie.
Ek wens daar was 'n taal waarmee dit net nie
moontlik sou wees om te vloek nie. Ek sou dadelik
daardie taal begin aanleer het. Maar so iets is nie
moontlik nie. Die volgende kreatiewe grappie vertel
hoekom.
Wat doen 'n mens met 'n dowe wat met gebare
vloek? 'n Mens was sy ahnde met seep.
Toe ek groter geword het, ek in die Bybel gelees
dat vloek verkeerd is. Ek het dit aanvaar, maar
dit kon nie keer dat ek vloek nie. Toe lees ek
van die Tourette (?) sindroom. Ek het begin
dink dat ek daaraan lei.
Maar intussen het ek kreatiwiteit bestudeer. Op
'n goeie dag ontdek ek dat ek begin vloek sodra
ek ervaar dat my kreatiwiteit belemmer word. Daarna
het ek minder begin vloek. Sodra ek besef dat ek wil
vloek, het ek begin om te probeer insien wat dit is
wat ek nie kan skep nie, waarom ek nie kan skep
nie en hoe ek wel tot skepping kan kom. Geleidelik
het ek besef dat in meeste gevalle was ek self my
grootste vyand was. Ek het self my kreatiwiteit belemmer.
Ek self het my laat vloek. Nou verstaan ek beter
hoekom dit verkeerd is om te vloek. Ek vernietig
myself.
Koos wrote in article
...
> On Tue, 15 Jul 97 06:10:45 GMT, jon...@anon.ac.za (Jonnie) wrote:
>
>> Vira, Engels van oorsprong of te not, in my oë is jy nader
>> aan 'n ware Afrikaner as wat Gloudina ooit kan droom om
>> te wees!!
>
> Wat is 'n "ware Afrikaner"?
>
> (In jou oe"?)
>
> Waaraan moet hy of sy voldoen?
Koos, ek vermoed dat jy die vraag gevra het om 'n
opening te kry om Jonnie by te kom.
Ek sou egter baie graag wou verneem wat jou
uiteensetting van 'n "ware Afrikaner" is. En ek soek
nie 'n opening om jou by te kom nie! Ek is regtig
begaan om jou, Gloudina en die-sulkes se siening
te bestudeer.
Ek dink dat die vraag wat jy gevra het, geweldig
belangrik is. Daarom het ek die onderwerp
verander van "Vensters in Suid Afrika" na
"Wat is 'n Afrikaner?".
Hierdie vraag is vir meer as 'n honderd jaar deur
miljoene Afrikaners gevra. Etlike duisende het
selfstandig 'n antwoord daarop probeer vind.
Sommige antwoorde is deur honderduisende
nagepraat. Dog, dit lyk nie asof 'n klinkklare
antwoord bestaan nie. Daarom kan ons gerus
steeds probeer om die regte antwoord te vind.
Ek bestudeer hierdie vraag self alreeds vir meer
as dertig jaar asook die duisende antwoorde wat
mense daarop probeer gee het. In die tydperk het
ek diep onder die indruk gekom dat die antwoorde,
insluitend myne, te veel eienskappe probeer vasle
het. Ek het ook diep onder die indruk gekom dat
die Afrikaanse taal deel van die antwoord moet wees.
Laastens het ek diep onder die indruk gekom dat
die antwoord deeglik rekening moet hou met
menslike kreatiwiteit.
Jy sal opmerk dat ek nie jou vraag vra nie. Met ander
woorde, ek gebruik nie die woord "ware" voor die woord
"Afrikaer" in "Wat is 'n Afrikaner?" nie. As die woord
"ware" ingevoeg word soos wat jy gedoen het, moet ons
ook die vraag "Wat is 'n valse Afrikaner?" kan beantwoord.
Hierdie vraag se antwoorde het Afrikaners geweldige skade
berokken.
Dit laat my dink aan 'n tragiese geval wat in 1969 op Maheri
plein op Potchefstroom gebeur het. Wyle John Vorster het
'n politieke vergadering gehou. Ek kan nie mooi onthou of die
HNP reeds gestig was nie. In ieder geval, die vergadering
was bedoel om enige ander beskrywing van 'n Afrikaner as
die NP s'n in die kiem te smoor. Met ander woorde, die idee
was om valse Afrikaners te ontmasker. Vraetyd vra 'n immigrant
toe heel onskuldig en opreg vir Vorster "Wat is 'n Afrikaner". Ek
het die man geken. Hy wou bitter graag 'n Afrikaner word, maar
kon nooit die wese van die Afrikaner kleinkry nie. Arme man.
Skaars het hy gaan sit, of 'n klomp brekers sak op hom toe.
Kakebeen af, ribbes af, gesig potblou - dis wat sy soeke hom
toegeval het.
Soos ek dit hedendaags sien, is 'n Afrikaner 'n mens wat
begaan is oor die toekoms van mense wat Afrikaans praat.
Met ander woorde, 'n persoon wat nie begaan is oor die
toekoms van enige mens wat Afrikaans praat nie, is nie
'n Afrikaner nie.
Let op dat my beskrywing nie ras, godsdiens, geskiedenis,
grondgebied, kultuur, opvoeding, status, ouderdom, geslag
of taalvaardigheid inbou nie.
Let ook op dat my beskrywing transitief en nie refleksief is nie.
Vandaar dat 'n Afrikaner iemand is wat vir ander mense
omgee.
Let ook op dat my beskrywing eerder proses ("becoming") as
struktuur ("being") vasvat. Met ander woorde, 'n Afrikaner
is eerder 'n wordingmens as 'n ismens. Vandaar dat die
toekoms vir die Afrikaner so belangrik is.
Let ook op dat my beskrywing identiteit vasvat. Die beskrywing
gaan oor mense wat Afrikaans praat, maak nie saak of hulle
eerste, tweede of derde taal sprekers is nie. Die kwessie van
mense wat ander tale praat, word nie in die identiteit opgeneem
nie, maar vloei eerder daaruit.
Ek sou graag my beskrywing ook wou geformuleer het as:
'n Afrikaner is 'n mens wat omgee vir Afrikanerskap.
Ongelukkig is dit so dat die betekenis en krag van die
agtervoegsel "-skap" vir ons grootliks verlore gegaan het.
Dink maar aan die woord Christenskap om te verstaan wat
ek bedoel. Die "-skap" kom van die woord "skep" af. Dit
verwys na 'n geestelike leefwereld wat geskep moet word
- 'n tuiste vir die siel van 'n skeppende mens.
Om alles op te som:
Koos het gevra "Wat is 'n ware Afrikaner".
My eerlike antwoord is:
"'n Afrikaner 'n mens wat begaan is oor die
toekoms van mense wat Afrikaans praat."
Jonnie dink dat Vira 'n Afrikaner is. Ek dink ook so.
Sy voldoen aan my beskrywing.
s941...@cosine.up.ac.za (Etienne Marais) writes: > >Bouwer wrote:
>>>
>>> Die Valle het seker ook al baie verander sedert ek dit as
>>> kind baie besoek het. Hoop die blouerige klein verkleur-
>>> mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.
>>>
>
> Ek het nog nooit 'n "klein blouerige" verkleurmannetjie gesien nie,
>
>
>
Dankie vir die gepraat oor die verkleurmannetjies en
dies meer. Ek dink wat ek blou verkleurmannetjies
by die Aughrabiese Valle genoem het, is seker rots-
koggelmanders. Wat is die basiese verskil tussen
koggelmanders en geitjies?
Dit het my ook altyd verbaas hoe min mense in SA
bekend is met haarskeerders, die skrik van my kinderdae.
Ek hoor nou nog hulle pootjies tik-tik op die plankvloer.
Ek wonder ook hoeveel mense in SA weet watter pes
kakkerlakke in Noord-Amerika is. Hulle floreer in die
"high rises" waar dit twaalf maande van die jaar 'n sub-
tropiese klimaat is. Een van die eerste dinge wat jy hier
vra, is of die gebou kakkerlakke het.
Gloudina
Ik ben op zoek naar een degelijk Afrikaans handwoordenboek:
- Afrikaans verklarend, geen Afrikaans-Engels;
- bij voorkeur met etymologische verklaringen;
- niet al te beknopt, het formaat van bijvoorbeeld de
Concise Oxford Dictionary.
Welke titels zijn aanbevelenswaard? (En welke zijn af te
raden? Ook nuttig om te weten!)
Voorts vraag ik me af of er een Afrikaans-Nederlands en
- je weet maar nooit - een Afrikaans-Zweeds vertaalwoorden-
boek bestaat.
Stuur alstublieft uw reacties op met een kopietje naar mijn
eigen e-postadres (want mijn nieuwsgroepserver laat het te-
genwoordig vaak afweten) en voeg bij uw tips zo mogelijk de
nodige gegevens zoals hoofdredacteur, uitgeverij, ISBN-num-
mer, jaartal enz.
Hartelijk dank bij voorbaat en vriendelijke groet.
Koen de Troij
Stockholm, Zweden
(60 graden noorderbreedte. Volop zomer. 's Nachts maar half-
duister aan de noordelijke horizon.)
On 14 Jul 1997 12:44:48 GMT, "AM de Lange" wrote:
<<>Ek wil elkeen van julle aanraai om hierdie boek te bestudeer
> en te kyk hoe goed Wen se antwoord op Gloudina se tirade
> in die kol is. Julle sal waarskynlik ander diep indrukke as
> myne vorm, solank julle julle eie indrukke vorm.>>>
En onthou tog in die proses dat die boek in 1936 gepubliseer is.
Sestig jaar gelede.
Een wereldoorlog, 'n paar depressies, 40 jaar van apartheid, die
industriele ontwikkeling van SA, die verbanning van politieke
bewegings, die uitwyking van leiers, een bantustan versplinter in
verskeie dele, die sosiale versplintering, verstedeliking, een lang
voortslepende oorlog en 'n nuwe demokrasie later.
Bietjie soos om die Carnegie-verslag oor Afrikaners in die jare 20 te
lees in 'n poging om vandag se Afrikaner te verstaan, of hoe?
Ek het ook soos Vira onder die wanindruk (volgens Gloudina) verkeer dat Kanada
en Amerika sg. wit lande is. Nou wonder ek of iemand so gaaf sal wees om vir
ons oningeligtes die volgende informasie te verskaf ter wille van ons betere
opvoeding:
Wat is die persentasie witmense (van Europese oorsprong) in Kanada en die VSA?
Watter persentasie maak witmense in gesagsposisies in die regering uit?
Hoeveel van Kanada en die VSA se rykdom is onder wit beheer?
Hoeveel tale anders as Europese tale is in algemene gebruik in die twee lande
en hoeveel witmense gebruik hierdie tale?
Die antwoorde sal myns insiens bepaal of 'wit land' 'n regverdige benaming al
dan nie is vir die twee lande. Ek dink enige regdenkende mens sal aanvaar dat
die lande nie uitsluitlik wit is nie. Maar as hulle nie wit is nie het hulle
'n bevolking wat in oorgrote meerderheid bestaan uit nie-blankes van
nie-Europese oorsprong, maw die meeste mense in die twee lande is of inheems,
of hulle kom uit of Afrika of uit Asie of uit die Midde-Ooste. Is dit waar?