Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

wie weet van een grafische school in SA ?

Mon, 28 July 1997 00:00

Wie kan mij helpen ?
Een vriend van mij wil weten of er ergens on SA een school bestaat voor
grafische vormgeving
(upper secondary level)
Indien u hierover iets weet dan zou ik graag wat meer informatie ontvangen.

Bedankt,

Pim van den Berg

http://www.xs4all.nl/~willemj

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nou word rassisme GEKWEEK!

Mon, 28 July 1997 00:00

Ja, daar was voorheen die rassis, die apartheidaanbidder. Maar die
meerderheid afrikaanssprekende, die boer op die plaas, die predikant en die
dokter, was NIE rassiste nie. Hulle het met deernis omgesien na die swart-en
bruinmense. hulle is gehuisves,van kos en klere en medisyne voorsien.

Maar nou vind omgekeerde apartheid plaas. Diegene met kennis (en wat bereid
is om dit te deel met ALMAL in die land), word opsy geskuif en onkundiges,
ongedissiplineerdes (swart onderwysers dronk by die skool etc) word net so
in hoe poste aangestel. Kennis en expertise is nie nodig nie.... gevolglik
vind daar nou die grootste breindrein in SA se geskiedenis plaas. En wat
gaan die gevolg wees???..... KYK NA DIE RES VAN AFRIKA EN JY SAL WEET!!
Dertig+ jaar na UHURU, sit die res van Afrika met diktoriale "regerings",
vol van korrupsie. Die Obutu's en Cabila's is aan bewind, terwyl die volk by
hulle duisende afgemaai word, doodgaan van honger en siektes. HOEKOM..... om
die "colonialists" so gou as moontlik uit afrika te kon kry was eerste
prioriteit... "one setler, one bullet".

Dit, my vriende, is wat voorle vir Suid Afrika... 'n eenpartystaat na die
volgende verkiesing, met dieselfde pad wat julle sien in Zaire, Zimbabwe en
noem maar op!!
Groete
Andre

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Re: Nou word rassisme GEKWEEK!

Mon, 28 July 1997 00:00

AM de Lange skryf:

> . . . Maar daar is ander tyd van benoudheid
> wat op die res van die wereld wag.
> . . .
> Om te kan oorleef in Suid Afrika, sal ons moet leer hoe
> om die beste met die minste te kan maak. Dis wat almal
> oor die hele wereld gaan tref so 'n 50 jaar van nou af.
>

At, jy skets 'n somber prentjie. Wat uitputting van hulpbronne
betref, is dit duidelik dat probleme voorlê, maar jy verwys dalk
na iets anders. Lig bietjie toe asb.

Jammer om die gespreksdrade te meng, maar
jy sê elders:

" 'n Afrikaner is iemand wat net nie begaan kan wees
oor die toekoms van Afrikaanssprekendes nie."

Ek wil dit nie glo nie, maar dit kom to so voor. Hoe jammer.

Groete
Sybrand

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Vrede" deur J.C. Steyn

Sat, 26 July 1997 00:00

VREDE
J.C.Steyn

As en puin is opgeruim, fabrieke is weer
op dreef; spanne het selfs 'n keer
dubbelskofte oortyd moes werk,
granaat en krismisroos bloei om die kerk,
koffie word nie meer gerantsoeneer nie,
koerante berig reeds in kleur
van skandale, verskyn in groot formaat,
universiteite doseer die nuwe grondwet van die staat,
herskryf die geskiedenis en heldedade.
Opgeruimd eet kinders na skool tjips en sjokolade.

Maar die taal
is nou verbode, -
hier en daar het woorde oorgeskiet
leenargaïsmes vir uitgediende begrippe
en om plekname te verander
is naand net 'n beslommernis
'n enkele taaleiland stagneer geïsoleer
'n meevallertjie waarvan tolke floreer
en ballinge gegaan oor die oseaan
hou soms reënies, lees gedigte,
maar dit bots al meer met sakebelange
en ná die eerste emosionele suksesse
loop die heimwee-geselsies dood
'n enkeling treur nog maar appliseer
om 'n nuwe van vir die kinders
wat mooier pas in die nuwe moeder se taal

in biblioteke vergaar duisende bande
stof uit die klassiekstes is vertaal
ander is, maar al minder, verstaanbaar
vir sentimenteles in die stamlande
en vir linguiste wag daar
'n kosbare gegewe - die materiaal
vir die analise van 'n taal
wat in die moderne tyd ontstaan
het en laat sterf is.

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Twee Stede" deur D.J. OPPERMAN

Fri, 25 July 1997 00:00

TWEE STEDE
D.J. Opperman

Onmagtig moes ek met gespanne drade
uitgryp oor die skeiding tussen my en jou,
gryp met die swart draf van pale
teen die heuwels uit,
die wit vlug
van briewe deur die lug
en treine wat deur tonnels fluit.

Uiteindelik is ons nouer aan mekaar verbonde,
maar tussen my en jou ruis altyd nog
riviere, stiltes en afgronde.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hoe is dit met ons boeremense ?????

Thu, 24 July 1997 00:00

Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in Perth oor hoe
onmoontlik en teenstrydig ons afrikanermense is/was.

So byvoorbeeld is daar baie afrikaners, veral onder ons boere,
wat polities vreeslik konserwatief is, dis net "SWARTES" voor en agter,
hulle stem vir Jaap Marais ens, maar as jy sien hoe wonderlik hul hul
eie plaasmense behandel (so al skellend) en met soveel liefde,
dink mens ons is geseend met die wonderlikste humor en ironie
op aarde. Dit is die tipe gedrag wat oorsese besoekers gladnie kan
verstaan van ons nie - hulle dink alles moet of swart of wit wees.

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Goeie Afrikaanse musiek

Wed, 23 July 1997 00:00

Ek woon in Adelaide (Australia) en het gewonder of iemand nie musiek kan
'CD'S' aan stuur nie. Dit is nou natuurlik teen 'n prys.

Groete uit
'Down Under'

Musiek & liriek | 5 kommentare

Bye 4 now

Tue, 22 July 1997 00:00

EK VERPES POLITIEK EN DIE GEPAARDGAANDE LAE GEDRAG !!!

Hierdie was eens die NG waarna ek elke aand met opwinding gelees het. Nou
het dit ontaard in 'n ge"bitch" en gekerm oor die armlastige Afrikaner, die
NSA en die prys van Kanadese kondome in die VSA.

Wat de hel mors ek my tyd so om hier iets te probeer lees ???

Moenie eers antwoord nie, sal oor 'n maand weer probeer.

BYE FOR NOW

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

APARTHEID: E.T. gly op 'n koekie seep.....

Tue, 22 July 1997 00:00

Ek lees Eugene Terreblanche (E.T.) gaan nou tronk toe.
Hy het 'n petroljoggie erg aangerand wat 'n diefstal
gerapporteer het waarin 'n blanke betrokke was.

Gestel hy kry swart tronkwagte en hul gee hom hel....

Gestel ons nuwe swart regering besluit om mense soos E.T.
en die ou wat Chris Hani vermoor het te behandel soos baie
swartes destyds behandel is:

Dan "gly" hul dalk op 'n koekie seep en "stamp" hul kop.
Of "hang hulself in hul selle op",
of "verdwyn sommer net, of
hul familie kry 'n plofpakkie deur die pos.
En as iemand hul lyke kom haal en elektriese skokmerke,
uitgetrekte naels, gebreekte tande, koelgate in hul rug ens. kry,
sal dit natuurlik deur die owerhede verduister word.
Die koerante sal niks kan se nie, want hul sal gesnoer word.
(Die Burger, Beeld sal die eerste wees om verban te word)
Kommisies van ondersoek sal bevind dat niemand verantwoordelik gehou
kan word nie. Politici sal ontken dat daar iets aangaan of dat hulle
bewus is van enigiets onderduims...ens ens...
Miskien is ons swart vriende nie lus vir allerhande truuks met gif
en goeters nie, dalk donner hulle sommer die ouens tot hul dood is.
Hulle sal mos immuun wees teen enige vervolging.
En ouens soos ou PW wat nie wil erken nie - hulle kan mos geslaan
word tot hul erken...

Gelukkig is daar nie sulke weerwraak vanuit die ANC nie.
Mens sou dit nie kon goedkeur nie,
maar mens kan verstaan dat baie sulke wraakgedagtes het.

Wat anders dan as daar nie wraak is nie?
'n Hofsaak wat Apartheid regmatig voor die hof sleep en in die
beskuldigdebank laat staan?. Die swartes het alle reg om Apartheid
en sy trawante hof toe te vat en straf en vergoeding te eis.
Die belhamels van apartheid moet gevonnis word met vonnisse
wat by hul dade pas. Dit is wat hulle verdien. Dit is reg.
(wie sou die nuwe regering kon kwalik neem ?)
Apartheid was 'n onmenslike gruwel, digene wat dit uitgevoer het
is skuldig ! (Ek hoop julle hoor dit oor en oor en oor,
en as julle gatvol is daarvoor, hou julle monde en dink aan
lank die swartes se monde gesnoer is.)

Gelukkig vir die blankes is daar nie so 'n hofsaak nie.
In plaas van wraak en 'n ordentlike verhoor kry die land 'n
waarheidskommissie. Die vaders van apartheid en hul trawante verdien
dit egter nie. Dit is te goed en gaaf. Dit wil te maklik vergifnis gee.
Die hele punt word gemis: Dat apartheid in die beskuldigdebank moet
staan. Die waarheidskomissie gee die indruk by baie blankes dat
aangesien die ANC ook gruweldade gepleeg het,
is altwee kante se hande mos ewe vuil. (tipies van die NP,
wat bloed aan sy hande het en nou gedurig sy bek vol het,
die ongelooflike vermetelheid darem !)
Altwee se hande is nie ewe vuil nie ! Het party van julle nog net
mooi niks uit die bose verlede geleer nie ?
In kort: Die Nasionale Party en die Afrikaner is grotendeels
verantwoordelik vir die gruwels van Apartheid.
Maar afrikaners wil dit nie erken of hoor nie,
Vir baie Afrikaners is dit altyd "JA MAAR dit en JA MAAR dat,
en daar moet altyd uitsonderings gemaak word oor hoekom hul eintlik
nie skuldig is nie of dat die ANC net so skuldig was ens..."
Nou is die tyd vir Afrikaners om hul mond te hou en te luister,
en elke dag herrinner te word aan hul apartheidsondes.

Van ANC geweld gepraat:
Die logika van party mense is mos as volg: Ontneem die swartes van
hul stemreg dat hulle nie hul se kan se nie. As hulle dan met jou
kom praat daaroor, klap die deur vir dialoog toe. As hul dan
organisasies buite die parlement stig, protesteer of staak,
verban jy hulle, sluit hul op, vermoor hulle en skiet op hulle.
As daar dan uiteindelik net mooi niks oor is vir hulle behalwe
om ondergronds te gaan en geweldadig te raak nie,
dan blameer jy hulle oor hul geweld gebruik.
Wonderlik!, Die logika van apartheid !

Vergewe en vergeet ???
groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die HOU-JOU-BEK-WET...........

Tue, 22 July 1997 00:00

Hierdie ou storie van:

JY-MOET-JOU-BEK-HOU-WANT-JYS-OORSEE,
of JYS-NIE-N-AFRIKANER-NIE-WANT-JYS-OORSEE
en ander stories oor mense wat VLUG ens,

is meestal 'n voortsetting van die ou apartheidvisie van toeka,
daai dinosorus laermentaliteit van:
NET-ONS-HIER-IN-SA-IS-REG-EN-DIE-WERELD-IS-VERKEERD,
OORSESE-MENSE-VERSTAAN-ONS-NIE-DAAROM-DINK-HULLE-APARTHEID-I S-VERKEERD
NET-ONS-HIER-WEET-WAT-HIER-IN-SA-AANGAAN
OORSESE-MENSE-MOENIE-IN-ONS-BINNELANDSE-BELEID-INMENG-NIE
ens.

Dit kom uit daai dae wat daar 'n "TOTALE AANSLAG" is van buite,
en die "ANC-KOMMUNISTIESE-ALLIANSIE", ENGELSE-LIBERALISTE,
ONRUSSTOKERS ens. (Wie onthou nog soortgelyke terme ?)
In daai dae was die assosiasie van die woorde genoeg om
iemand te verdoem.

Ons het tog nou al 'n bietjie wegbeweeg daarvan hoop ek ?
he?

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513  1514  1515  1516  1517    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 15:55:08 UTC 2025