Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Katnes

Vr., 01 Augustus 1997 00:00

At skryf:

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Die Rooivlerkspreeu" deur D.F. MALHERBE

Vr., 01 Augustus 1997 00:00

DIE ROOIVLERKSPREEU
D.F.Malherbe

O rooivlerkspreeu,
ek hoor jou lied,
'n diep verhaal
van warm verdriet...
Ek hoor jou klae,
jou stemklank soos in kinderdae,
en soek dan hier,
dan daar,
tot ek jou op die tak gewaar,
allenig op die eiketak,
so somber-swart,
so windverward!
Die reënbui en die winterkou...
die berg is toe van wolkegrou,
die stormweer smoor
jou klagte dood:
bo in die berg is hongersnood.
Die donker kom,
die stormwind fluit -
my hart herhaal
'n honderd maal
die smeking van jou stemgeluid!
O rooivlerkspreeu,
so somber-swart,
so noodverward,
ek hoor jou in die noordewind.
O bedelaar-kind,
verstom, verkluim,
in raaisel-dom
van koue, wrede
wêreldruim!

Prosa & poësie | 0 kommentare

HOE GAAN DIT MET ONS BOERE

Do., 31 Julie 1997 00:00

Dit wil nie se dat indien jy jou plaaswerkers "ordentlik" behandel dat jy 'n
goeie mens is nie. Ek is self 'n boer, een van my bure 'n verregse AWB (het
self aan "slag van Mmabatho" deelgeneem het nog al die jare 'n swart
girlfriend.
Dit is nou maar so dat ons almal 'n gewete het,die regses voel dat hulle die
vloek en slaan kan regmaak deur goeie huise ens.Dit werk nie so nie.
Die gemid Afrikaanse boer vandag behandel sy werkers op presies dieselfde
manier as die gemid boer in Meksiko, Spanje en/of Australië. Dit is ongelukkig
so dat 'n paar "regses ons almal se image beduiwel.
Dit is tyd dat die rassiste by hul pêlle in Perth gaan bly, sodat ons ander
Suid-Afrikaners kan aangaan met ons lewe en hierdie land van ons kan
uitbou.
MIELIEBOER

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vrae oor Jan Smuts

Wo., 30 Julie 1997 00:00

In my kleindae was die persoon van Generaal
Smuts soos iets wat uit graniet gekap was. Deel van
my ékennisê van hom was gebaseer op die wete dat
hy baiekeer Tafelberg op en af geklim het. Deel daar-
van was die wete dat my ma se familie �Sappe� was,
veral my ouma en oupa van moederskant wat gereeld
vir my na politieke vergaderings geneem het, waar
ons lekker tussen die grootmense se bene gespeel het.
Soos ek groter geword het, het ek bewus geword dat
hy 'n internasionale figuur is, een van die leiers in
San Fransisco by die ontstandkoming van die VVO.
Ek was daarvan bewus dat my pa nie 'n Sap was nie,
maar hy het altyd waarderend gepraat van Smuts as
boeregeneraal in die Boere-oorlog, dus het ek nooit
negatief oor Smuts gevoel nie. Ek het nooit sover ge-
kom om sy Holistiese filosofie in besonderhede te
bestudeer nie. (Wens At wil meer daarvan vertel.) Ek
kan egter onthou dat ek baie verontwaardig was toe
ek uitvind dat Smuts aan bewind was toe die stemreg
van die Indiërs in die Kaapland weggeneem is. Ek
wonder hoe hy dit geregverdig het?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Afrikaans in die werksplek

Wo., 30 Julie 1997 00:00

Ek sal graag inligting, standpunte en kommentaar wil bekom oor die
bevordering van Afrikaans in die werksplek. Hoe bevorder mens jou taal, hoe
behoort 'n "werskplek" taalbeleid te lyk, en wat behoort 'n Afrikaanse
vakbond daaraan te doen.

Groete

Flip Buys
Hoofsekretaris
MWU (Mynwerkersunie)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Haelwit gestapelde wolke" deur TOON VAN DEN HEEVER

Di., 29 Julie 1997 00:00

HAELWIT GESTAPELDE WOLKE
Toon van den Heever

Die haelwit gestapelde wolke,
Paleis deur die winde gebou!
Hoe sou ek hul heimnis vertolke
En saggies dit fluister vir jou?
Verguld steek die domme nog witter
Af teen die velde van blou,
Soos jou oë, en perlemoer skitter
Soos dou.

Sal ek fluister? Ons ryk in die weste
Word van sieraad ontbloot;
Die winde verstrooi nou ons veste -
Selfs wysheid moet dood;
Maar wyl lippe op lippe kan bewe,
Bied my jou mond, Lief, bied nou,
Eers ons gloed, eer ons hartstog begewe,
Soos paleise deur winde gebou.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nou wat gaan aan?

Di., 29 Julie 1997 00:00

Wie het dan nou wat so verkeerd gesê dat die groep skynbaar ontbind is?
"Lets's kiss and make up"

--
Alwyn Nel
ne...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beïndruk

Ma., 28 Julie 1997 00:00

Ek krap al 'n geruime tydjie op die net rond en snuffel hier en daar, maar
nog nie eenkeer was ek so beïndruk soos nou oor 'n vonds nie. Ek lees
hierdie NG nou al so week (laaaank nê?) en is verbaas oor die sinvolle
gesprekvoering. My ondervinding met nuusgroepe oor die algemeen is dat die
meeste mense net daarop uit is om vulgêr en skoorsoekend te wees. En hier
kom ek af op 'n AFRIKAANSE nuusgroep met intelligente woordewisseling!

Ek wil net sê dat ek van nou af 'n gereelde besoeker hier sal wees en ek
sien rêrig uit na 'n volgende brokkie pos!

vannie PUK-af
George

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

wie weet van een grafische school in SA ?

Ma., 28 Julie 1997 00:00

Wie kan mij helpen ?
Een vriend van mij wil weten of er ergens on SA een school bestaat voor
grafische vormgeving
(upper secondary level)
Indien u hierover iets weet dan zou ik graag wat meer informatie ontvangen.

Bedankt,

Pim van den Berg

http://www.xs4all.nl/~willemj

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nou word rassisme GEKWEEK!

Ma., 28 Julie 1997 00:00

Ja, daar was voorheen die rassis, die apartheidaanbidder. Maar die
meerderheid afrikaanssprekende, die boer op die plaas, die predikant en die
dokter, was NIE rassiste nie. Hulle het met deernis omgesien na die swart-en
bruinmense. hulle is gehuisves,van kos en klere en medisyne voorsien.

Maar nou vind omgekeerde apartheid plaas. Diegene met kennis (en wat bereid
is om dit te deel met ALMAL in die land), word opsy geskuif en onkundiges,
ongedissiplineerdes (swart onderwysers dronk by die skool etc) word net so
in hoe poste aangestel. Kennis en expertise is nie nodig nie.... gevolglik
vind daar nou die grootste breindrein in SA se geskiedenis plaas. En wat
gaan die gevolg wees???..... KYK NA DIE RES VAN AFRIKA EN JY SAL WEET!!
Dertig+ jaar na UHURU, sit die res van Afrika met diktoriale "regerings",
vol van korrupsie. Die Obutu's en Cabila's is aan bewind, terwyl die volk by
hulle duisende afgemaai word, doodgaan van honger en siektes. HOEKOM..... om
die "colonialists" so gou as moontlik uit afrika te kon kry was eerste
prioriteit... "one setler, one bullet".

Dit, my vriende, is wat voorle vir Suid Afrika... 'n eenpartystaat na die
volgende verkiesing, met dieselfde pad wat julle sien in Zaire, Zimbabwe en
noem maar op!!
Groete
Andre

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513  1514  1515    »]
Tyd nou: Sa. Feb. 07 20:26:46 UTC 2026