Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die Godsbesluit" deur TOTIUS (J.D. du Toit)

Sa., 23 Augustus 1997 00:00

DIE GODSBESLUIT
Totius

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars-beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

*

Bo al u donker bome, o Heer,
groei my 'n enk'le reusboom uit
dit is die wag-'n-bietjie-bos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink...
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.

Prosa & poësie | 0 kommentare

diensplig vir dokters

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Vreemd hoe mense hul deuntjies verander.

Veral die Afrikaanse koerante teiken Zuma nou op elke denkbarie
manier, onder meer oor haar planne om ''diensplig'' vir jong dokters
in te stel.

Vreemd hoe hierdie selfde klaers dit enkele jare gelede nog van jong
mans verwag het dat dit vir hulle 'n trots moet wees om twee jaar van
hul lewe (selfs hul lewe op te offer) te mors aan 'n organisasie wat
mense doodmaak, en om selfs daaraan mee te doen. Agterna kry jy nie
eers 'n dankie nie.

Nou kla dieselfde mense oor oproepe om diens te doen vir 'n saak waar
mense GESOND gemaak word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Platengels is hier - courtesy of USAID

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Ek het vroeër geskryf oor die verarming wat 'n taal kan tref as dit 'n
"wêreldtaal" word - in die konteks van die druk om Engels die enigste
omgangstaal van SA te maak.

Gister was ek by 'n konferensie oor metodes om tersiêre onderwys meer
toeganklik te maak vir 'n wyer verskeidenheid studente - my
hoofbedrywigheid.

Onder andere is gerapporteer oor 'n goot projek wat deur USAID befonds
word, en wat die produksie van onderrigmateriaal vir technikonkursusse in
'n verskeidenheid ingenieursrigtings behels.

Die onderigmateriaal kom van die VSA, maar word oorgeskryf - in 'n "meer
eenvoudige Engels, geskik vir Engelstweedetaalsprekers". Die terminologie
word nie verander nie, maar die res van die woordeskat word vereenvoudig en
beperk en die sinsbou word vereenvoudig. Die weergawe sal ongetwyfeld
bekend staan as die "African Edition".

Dit tref my toe dat ons reeds besig is om die Engelse taal te differensieer
- tweedeklasengels vir bepaalde groepe. Veral toe dit my byval van 'n
opdrag wat my vrou onlangs gekry het. Sy doen vir meer as 'n dekade
vertaling en redigering van akademiese tekste vir een van die
universiteite. Onlangs is beleid ingevoer dat die taal "af"-geskryf moet
word na 'n meer "leservriendelike" register. In die praktyk kom dit daarop
neer dat die eindproduk op ongeveer graad 7 - 10 leesvlak moet wees (die
selfde as Die Huisgenoot en die sportblaaie van koerante, wat op standerd
vyf leesvlak gemik word).

Persoonlik is ek geen voorstander van komplekse taalgebruik nie. In my eie
ervaring weet ek dat dit dikwels bloot die gevolg van luiheid of slordige
denke is. (CS Lewis, 'n Oxford Don, het verklaar dat sy idees eers regtig
goed deurdink is as hy daarin geslaag het om dit in alledaagse taal te
verduidelik.)

Maar mens moet dit in perspektief sien. My waarnemeing is dat, as mens
Britse en Amerikaanse onderrigmateriaal vergelyk, is die Amerikaanse
materiaal in die algemeen in merkbaar eenvoudiger taal geskryf. Plaas dit
in die konteks van die van die Nation at Risk -verslag ('n federale
regeringsverslag in die VSA) wat gerapporteer het dat die huidige geslag
Amerikaners die eerste in die geskiedenis is wat swakker opgevoed is as hul
ouers. Dan praat mens nie eers van die idees van elitiste soos Benjamin
Bloom nie - van "The Closing of the American Mind" -faam (ek is versot op
die titel van die Nederlandse vertaling: "De Gedachteloze Generatie").

Enersyds weet ek dus dat helder en duidelike taal iets is om na te streef -
ter wille van die leser en ter wille van die skrywer.

Maar as literatuur vir _tegniese_ studente (_Amerikaanse_ tegniese
studente!) "af"-geskryf moet word na 'n eenvoudiger register moet mens
begin wonder, dink ek. (Hoor mens eggos van "Bantu education"?)

As ek kinders in Engelsmediumskole gehad het sou ek enige nuwe handboeke en
onderrigmateriaal goed ondersoek.

Maar ek reken die grootste slagoffer op die ou end sal die Engelse taal
self wees - en natuurlik die mense wat deur die medium daarvan leer.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies)

Do., 21 Augustus 1997 00:00

ro...@physics.utoronto.ca wrote:

>> Ek hoop van harte nie dis 'n Microsoft ene nie, ek is nou gatvol
>> vir die wereld-oorneem-en-almal-wat-anders-is-doodveeg mentaliteit
> van hulle.
>>
>> Hoera vir Apples en Amigas en OS/2 ens ! Kom ons stig 'n SUN/JAVA
> revolusie !
>> Weg met Microsoft skaapmentaliteit !
>
> Ek stem heelhartig met jou saam. maar nou hoor ek Microsoft het 'n
> deel van
> Apple gekoop. Ek is self 'n OS/2 ondersteuner. IBM het myns insiens
> 'n meer
> leef-en-laat-leef benadering.

Ek vind dit snaaks dat mense vandag Apple ondersteun teen die "evil
empire". Hoe vinnig vergeet ons van die dae toe Apple 'n meer "evil
empire" was, en almal (insluitend Microsloth) hof toe gevat het oor
hulle sogenaamde "look and feel". Alhoewel hulle op die ou end verloor
het, het ons almal gelei daardeur omdat ander maatskappye (soos HP en
Lotus) goeie nuwe ontwikkelings moes weggooi.

Terwyl ek nie baie hou van M$ nie, kry Apple nou sy beloning vir die
snotty, windgat houding van die verlede. ('n Les vir die ondersteuners
van apartheid, miskien? :-)

(En nee, Stef, IBM het definitief nie 'n leef-en-laat-leef benadering
nie!)

Marc

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Maak seep

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Haai Almal

Ek dink julle sal vir my lag as julle hoor wat ek nou vandag gedoen het. Ek het
seep gemaak! Ja, ek weet ons is diep in die 20ste eeu, maar ek is nie altyd
lus om net te sluk wat die wêreld vir my opdis nie.

Vroeër lê ek in die bad en kyk na die stuk PalmOlive seep wat daar lê. Ek dink
toe dis boereverneukery. Daar's niks van palms of van olywe deesdae daarin nie.
Net die goedkoopste ou robbies wat hulle aan mense afsmeer, met die sterk reuk
van plastiekblomme. Die glycerine wat 'n natuurlike bestaandeel is van seep, en
wat dit sag op die vel maak, het hulle selfs uitgehaal en verder verkoop.

Toe maak ek 'n brousel van palm- en olyfolies, en die resultaat is 'n ryk geel
botterige massa, wat amper soos fluweel lyk, en baie lekker gaan wees. Ek kan
dit nou al sien. Ek gooi toe sommer ook 'n paar druppels naeltjie olie by, vir
'n goeie reuk. Hier's nou die ware Jakob, en ek voel sommer lus en maak 'n
ander tipe ook.

Ek gaan na die slagter toe, sê vir hom wat ek wil doen, en hy gee my toe die
mooiste wit beesvet, suiwer en skoon. Vra omtrent niks daarvoor nie. Die oom
vertel my toe sy ma -of was dit nou sy ouma - op die plaas het altyd haar eie
seep gemaak, maar hy kon nie onthou hoe nie.

Ek wonder, is daar dalk iemand op die ng wat nog kan onthou daarvan? In
daardie dae het hulle seker ook iets bygesit om die seep lekker sag te maak, of
het hulle maar net die basiese vet en soda gebruik en harde seep gemaak? Dalk
met hulle eie as van plaashout gebrand? En sal graag wil hoor.

Ek wil sommer probeer rooibostee plaas van water gebruik, of avokado olie (ek
wonder hoe maak hulle dit). En dan 'n brousel met bokmelk en heuning (miskien
Bluegum?), a la Cleopatra.

Ek sal enige idees of stories waardeer.

Dit was nou vir die lekker. Ek beter weer gaan werk.

Groete,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AUSTRALIE/PERTH: Afrikaners kom bymekaar..........

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Ons het verlede sondag middag 'n groot geleentheid in Perth
bygewoon.

Dit was lekker om te sien dat ons mense so kan saamstaan
om vir 'n heerlike ete te sorg. Janee, ek het tafels hoor
kreun - so swaar was hul gelaai van al die eetgoed.
Daar was boerewors, potjiekos, koeksisters, trifle....noem maar op.
My 5 jarige seun het vir die eerste keer 'n heel skaap aan 'n spit
gesien en hom verwonder.
En die mense wat georganiseer en gehelp het verdien 'n pluimpie.
Ek het so lekker geeet dat ek vir die volgende 5 dae in die tuin
sal moet werk om die vetjies weg te werk. En die soetgoed was so
lekker dat die enamel sommer van my tande afgespring het.
En ek het my verlekker aan klein juweeltjies uit die ou dae,
soos iemand se Suid-afrikaanse driepunt kragprop wat die krag
voorsien het vir die kinders se lugkasteel, en 'n CADAC gasstofie.....

Interessante klomp mense ook: Party het pak en das aangehad,
ander sommer klinknaelbroeke en T-hemde, Party se kinders praat engels,
ander afrikaans, ook nederlands. Party het uit SA gewaai oor hul
besware teen die ou regering en ander teen die nuwe regering,
Party dink nog aan teruggaan, ander het vir goed kom afpak,
party gaan normaalweg na die' kerk toe en ander na daai kerk toe,
en elkeen pas op sy manier aan en word geirriteer deur die Aussies.
Party is ou kalante hier in Oz en ander het so pas aangekom.

Jy vra jouself af - wat op aarde kan so 'n spulletjie bymekaarbring ?
Die geleentheid was 'n "kenmekaar" kerkdiens wat gehou is
deur (meestal) Afrikaanse mense hier in Perth.
Daar word planne gemaak om 'n volwaardige kerk te stig.
Die dominee is Andre' Van Oudshoorn, tel 089-4077881 Perth.
Immigrante kan van hul laat hoor as hul hier aangekom het.

Vriendelike Groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir At en die man in die straat

Do., 21 Augustus 1997 00:00

At, ek verwys na jou pos van 20 Augustus, in antwoord
op 'n pos van my. Laat ek antwoord op sommige van jou
betigtinge.
(1) Jy wys my daarop dat ek van "die MAN in die straat"
praat, en sê "Die Afrikaner...hy" ensovoorts. Sover
ek weet, word die manlike vorm nog altyd gebruik
as daar inklusief oor albei geslagte geskryf word.
(Dis nou tensy die Afrikaanse Akademie anders
besluit het sedert ek uit SA uit is.) Dis die gewoonte
in byna alle westerse tale. As jy nou die morele hoog-
grond wil neem en my betig oor hierdie grammatikale
gebruik, dan vermoed ek dat jy 'n agenda het. Is jy
werklik so 'n verdediger van 'n feministies-gegronde
grammatika, soveel so dat jy teen die algemene taal-
norme van Afrikaans sal ingaan?
(2) Ek vra vir jou wat jy bedoel met met die sin: "Vandag
besef ek terdeë hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
verweef is." (Op die oppervlakte sal iemand tog seker
dink dit beteken dat jy dink dat Apartheid baie kreatief
was as sisteem. Ek wou meer hoor daaroor.) Nou, na
omtrent drie bladsye van historiese agtergrond en teorie,
kom die een klein paragrafie met die konklusie : As gevolg
van Apartheid "...het kreatiewe ontluikings in die Suid-
Afrikaanse samelewing gaandeweg afgeneem." Vir my
is hierdie konklusie diametries teenoorgesteld aan wat
jy aanvanklik te kenne gegee het. Of verstaan ek jou
verkeerd?
(3) Ek probeer jou nie ófaksê nie. En as jy dink ek faks
vir jou, wat van daardie tyd toe jy my van "hubris"
beskuldig het (volgens jou is dit "domastrantheid")
en vir Leendert verhef het as die sjirurg wat die hubris
met sy mes moet uitsny. Ek wag nog op jou reaksie
op daardie paragraaf waar hy my vergelyk het met die
duiwel. Ek het stellig verwag dat jy hom sou betig om-
dat sulke laster nie uit 'n Christen se mond behoort te
kom nie. Maar ek het tevergeefs gewag. (Terloops, ek
is nie 'n praktiserende Christen nie. Ek dink wel dat die
leer van Christus een van die reddendste en genesende
boodskappe bevat wat die wereld nog die eer gehad het
om te ontvang. Dis seker daarom dat nie-Christene so
geinteresseerd daarin is, soos jy tereg opmerk.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

LUGWAARDIN STEEK HAAR AGTERENT IN MY GESIG.......

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Ek vlieg gereeld. Dis nou met die ystervoel. En ek haat dit.
Die moeilikheid begin reeds vroeg: jy vergeet om iets in te pak,
daar is 'n verkeersknoop op pad lughawe toe,
die inweeg-tou is te lank te lank en daar staan 'n bliksem voor jou
wat almal ophou. Ek glimlag liefies vir die beampte maar word nooit
opgradeer na besigheidsklas toe nie.

Nog 'n aangeplakte, kunsmatige plastiekglimlag van 'n lugwaardin en ek
is in die vliegtuig in. Hulle ontwerp mos spesiaal die
lugreeling so dat hy die paraffienruik-uitlaatgasse insuig, genoeg om
jou dadelik 'n hoofpyn te gee.

Die demonstrasie van die gasmaskers en wat jy moet doen in 'n noodgeval
is 'n foefie. Dis om jou 'n valse idee te gee dat jy dalk lewendig kan
uitkom. Hulle weet as jy val is jou kanse eintlik nul: Jy kan jou
tyd beter benut om 'n gebed op te se.

Deesdae styg hulle so steil op hier in Australie, dis nou dat hulle nie
oor die woongebiede moet raas nie, dat jou brein agter teen jou skedel
vassit en sy enjin wil vasbrand. Die donnerse ding gaan nog stol
en val. Wag net!

Dan begin hulle jou voer. Dis 'n algemene truuk van die lugrederye:
hulle voer jou om jou besig te hou, anders kla jy. Deesdae kry ek
500 kg messegoed en niks kos nie. As jy na 2 uur al die plastieksakkies,
bakkies en potjies ens. oopgeskeur het, sit jy uiteindelik met 3 korrels
ertjies en 'n semeltjie vleis, 'n duifeier-groote broodjie en botter wat
so hard is dat dit jou broodjie uitmekaar skeur. Jy voel amper lus om
die lugwaardin te roep en vir haar te se waar om die 3 korrels ertjies
op te steek. Ek sweer die ertjies word spesiaal so gekies om die ou
langs jou onbedaarlik aan die poep te sit.

Ek sit nooit langs die mooi blondine nie, beland altyd langs 'n vervelige
sakeman wat heeltyd sit en poep en sy arms op my leunings sit.

Dit vat nie lank vir die lugreeling om jou jou vel af te dop van droogte
nie en jou oe uit te suig na nog 'n bietjie vog. Dis nou al bekend dat
die lugreeling almal se niese en verkouekieme sirkuleer en versprei.

Die fliek wat hul speel het ek reeds 3 keer gesien en die tydskrif 5
keer gelees. Wat doen mens ?
As jy suip kos dit jou te veel en jou hoofpyn vererger net.
Buitendien, in Australie weet hul net dat drank jou dronk maak, die
nuanses van wit en rooi moet hul nog leer. Die keuse is treurig en my
hart verlang na SAL se wyne.

Ek kan nie na die lugwaardinne kyk nie: hulle is so lelik soos die nag.
Hulle word almal om polities korrekte redes gekies. Hulle moet te maer
of te vet of te dik of te kort wees, manlik/homoseksueel of wat ookal,
solank die lugredery nie hof toe geneem kan word vir een of ander
diskriminasie nie. En as hulle oorkant jou buk steek hulle hul poendoes
in jou gesig. ('n Xhosa woord vir iemand se agterent). Wat het geword van
mooi, grasieuse jong dames soos by SAL ?
Stenig my, maar ek is gatvol vir politiese korrektheid, allawereld !

Die enigste paar mooi lugwaardinne wat jy af en toe sien is vol goue ringe
en armbande en horlosies. Hul versamel dit nes 'n kraai. Dit kry hul seker
by die ryk sakemanne. En dan dink hulle die son skyn uit hul gat uit.
Gee my dan maar liewer weer die moffie of die ou tannie met
die groot poendoes.

Die juppies het mos deesdae hul eie eksklusiewe klubs by die lughawens.
Wat 'n vervelige spul aansitterige mense kry jy nie daar nie!

Die ergste van alles is as jy uit die vliegtuig uitstap en hulle gee
jou weer van daai aangeplakte plastiekglimlaggies en seg:
"I hope you enjoyed your flight".

Dis dan dat ek op my tande kners en 'n wind los.

Een geluk het ek darem: Ek glip deur die X-straalmasjien soos 'n warm mes
deur botter. Ek kan vol knipmesse (miskien selfs masjiengewere ?) wees,
die ding gaan nooit met my af nie. (Ek moes 'n terroris geword het).
My bloed neutraliseer die ding seker.

Vriendelike groete,
NS: As jy my op die lughawe sien, waai!
(Ek is mos so 'n gemaklike mens om mee saam te vlieg).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Digter in sy Slaap Oorlede" deur LINA SPIES

Wo., 20 Augustus 1997 00:00

Digter in sy Slaap Oorlede
Lina Spies

In memoriam: Wilhelm Knobel

Toe ek op die koerant se voorblad lees
jy's dood
het ek skielik hardop begin huil
met die onmiddellike skuldgevoel:
dis nie net om jou nie -
dis oor die katedraal waar mense in en uit loop,
oor die kerk wat toe staan,
oor die hospitaal wat geen ontslag gee nie,
maar slaap verseker
en die wakkerbly verbied
dat jy kan skape tel
totdat die Herder kom...

Later het ek jou gedigte herlees
en hulle was meteens anders
as toe ek oor hulle gefrons het,
verleë oor my ongeraaktheid en onbegrip,
in die dae van vriendskaplike verpligting:
die skemerwêreld van web en vin en wier
het jou vir my afgekamp.

Maar nou was die dood die toegang,
want vir die eerste keer het ek geweet
hoe vol jou verse daarvan is
en as jy oor sterwe skryf,
van woorde wat in jou keel gestik het,
dan vervloei dit tot
vinkeierblou
rooskleur van die kinderkamer
ligter-as-houtskool groen van seewier

Dit word soos die liefde
waarvoor jy gevlug het op straat
en gedink het ek sou ook,
sonder om te weet van 'n nagwandeling
en hoe van lamppaal tot lamppaal
'n winkelpop mens laat verlang.

Daarom was ek eers werklik hartseer
toe ek kom by daardie vers
wat jy vir my geskryf het
met die bietjie spot, die baie erns, die groot eensaamheid,
want sien, ék het dit wel gehad:
die skuilplek, die toevlugsoord,
die slaap met bevredigde sinne,
en vir jou wat so gereed was
om lief te hê,
het die lewe daarsonder verbygegaan
tussen jou mure van mos.

Nou slaap jy in die klein swart kluis:
jou liefdesbed,
jou duifblou kinderkamer

Prosa & poësie | 0 kommentare

(Liriek) Boshoek, deur Koos du Plessis

Wo., 20 Augustus 1997 00:00

(Jammer, geen "uitgebreide-ASCII" leestekens)

Boshoek

In Boshoek se tyd was die wêreld
nog wyd
en die oe blink en oop.
Soos die bospaadjies kronkel, waar
katlagters konkel,
het die wêreldkaart geloop.

Die hart was nog heel en die vreugde te veel
en die hemel net hierbo;
en by hardekoolvure, in die middernagure,
kon jy al's wat mooi is, glo.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar huiwer bo die maan.
En my blik is versper,
want dis ligjare ver;
tog dwaal my hart soms nog alleen
met lank-vergete paadjies daarheen.

Boshoek se dae was dae sonder vrae,
jy't geweet wat jy wil weet:
so seker, so helder, soos tabak in die kelder,
met die dag se sweet vergeet.
En die volkies se sang kon 'n siel laat verlang.
maar net die Vader weet na wat,
want die lewensintriges, wie lieg of belieg is,
was nog verder as die stad.

Maar Boshoek lê ver,
net so ver soos die ster
wat daar tuimel oor die maan;
en my blik is versper,
want dis ligjare ver,
tog dwaal my hart soms nog, alleen,
met lank-vergete paadjies langs daarheen.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1494  1495  1496  1497  1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 00:43:28 UTC 2026