Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

afkappingsteken by 'n in Winword etc.

Di., 26 Augustus 1997 00:00

Winword se AUTOCORRECT funksie is normaalweg so gestel dat
"straight quotes" verander word na "smart quotes".
Dit is goed en wel vir Engelse teks, maar lastig in Afrikaans, veral by
die lidwoord 'n. Mens sien deesdae dikwels hoedat die lidwoord 'n in
gedrukte teks met die verkeerde afkappingsteken geskryf word. Die
korrekte teken vir 'n stem ooreen met die "end quote" en nie die "start
quote" soos wat Winword dit weergee nie. Dit is egter maklik om die
"autocorrect" funksie te leer om 'n reg te skryf. Volg net die volgende
stappe:

1) Tik die volgende karakters aaneenlopend in 'n dokument:
'n'n
2) Jy sal oplet dat die eerste een verkeerd is en die tweede een korrek.
3) Merk ("highlight") bogenoemde 4 karakters.
4) "cut" of "copy" dit na die "clipboard" byvoorbeeld met Ctrl-C
5) Kies op die keuselys: Tools | Autocorrect
6) Die "cursor" land dan in die "Replace" veld. Druk nou Ctrl-V
om die 4 karakters daar te plaas.
7) Vee die laaste twee (korrekte 'n) uit in die "Replace" veld.
8) Gaan na die "With" veld bv. met die muis of deur Tab te druk.
9) Vee die eerste twee karakters (verkeerde 'n) uit in die "With" veld.
10) Kliek op "Add"
11) Kliek op "OK"

Nou kan jy dit uittoets. Jy sal oplet dat die 'n eers verkeerd op die
skerm verskyn maar sodra jy die spasie na die 'n tik word hy met die
korrekte 'n vervang. As jy 'n woord tik wat met 'n n begin en in enkel
aanhalingstekens moet kom, sal die smartquotes nog steeds reg werk.

-----------
Petri Jooste
Rekenaarwetenskap
PU vir CHO (Vaaldriehoekkampus)

Rekenaars & selfone | 6 kommentare

Van Frankryk af

So., 24 Augustus 1997 00:00

On Thu, 21 Aug 1997 09:20:28 GMT, s941...@cosine.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:

<<>Afrikaans is nou een van 11 amptelike landstale, daar is
> baie gebruikers van die taal maar ons moet tog gedurig
> terugstaan vir die kamstige wêreldtaal, Engels.>>

Dit is waarskynlik omdat ons 'n Britse kolonie was. En omdat - as
gevolg daarvan - Engels die tweede taal van omtrent almal in SA is.

Engels is in Suider-Afrika moerse belangrik as 'n tweede taal. En aan
die positiewe kant seker die hoofrede hoekom ons met mekaar kan praat
in die sub-kontinent.

Daar waar dit oorvat - soos jy beskryf - meen ek dit vat oor as tweede
taal van almal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geologie Beursaansoek

So., 24 Augustus 1997 00:00

Aan alle Suid-Afrikaners oorsee (Gloudina, Galjoen en almal wat die groep
lees)

Help asb. My dogter slaag verlede jaar matriek met 4 onderskeidings. Sy
skryf in by die UOVS en studeer tans die graad B.Sc. Geologie met die oog
om 'n honeursgraad in Hidrogeologie te bekom. Tydens die eerste semester
behaal sy twee onderskeidings. (sien CV hieronder)

Ons kan nie 'n beurs vir haar bekom nie. 49 aansoeke in die RSA en 9 in
Namibië was onsuksesvol.

Twee groot mynmaatskappye in die RSA het haar genooi vir onderhoude. In
beide gevalle was sy een van twee studente uit die Vrystaat genooi. Haar
gemiddelde matriekuitslag was 79%. Sy ding nou mee teen agtergeblewenes
wat ook 'n kans in die lewe moet kry. Omdat die maatskappye 20% by die
uitslag van agtergeblewenes tel, kry so 'n student met 'n gemiddeld van
60% nou 80% en my dogter val uit.

Voorsien my asseblief van adresse van internasionale mynmaatskapye,
raadgewende ingenieurs, waterrade ens by wie ons moontlik kan aanklop om
finansiële hulp.

My adres is: c_h...@system.co.za

My dogter is bereid om oorsee te studeer indien daar so 'n moontlikheid
bestaan. Sy het dan ook aan beide mynhuise wat met haar onderhoude gevoer
het, aangedui dat sy bereid in om enige plek in die wêreld diens te doen.

'n CV (in Engels omdat dit geen doel dien om dit in Afrikaans op te stel
nie) hiermee ter inligting.

Bie dankie

Cyril Hohne

Curriculum Vitae
Surina Hohne
Home and Postal Address 7 Heliograaf Street Gen. de Wet Bloemfontein
9301 Tel (RSA) (051) 5227425 (International) 27 51 5227425 Fax (RSA) (051)
405 44178 (International) 27 51 405 44178 E-mail c_h...@system.co.za
Personal Details
Surname Hohne
First names Surina
Identity number 780818 0062 08 4
Date of birth 18 August 1978
Place of birth Gobabis, Namibia
Sex Female
Religion Dutch Reformed
Marital status Single
Nationality South African
Home language Afrikaans
Other languages English, German (Speak, read, write and understand). Fully
trilingual. German and English not equal to Afrikaans
Driver's Licence Code 8 (Light motor vehicle and pick-up)
Criminal offences None
Health Excellent
Educational Qualifications
Last school attended Sand du Plessis High School Pasteur Drive Hospital
Park Bloemfontein 9301
Highest standard passed 1996 Std 10
Subjects passed Afrikaans First Language HG English Second Language HG
German Third Language HG Mathematics HG Physical Science HG Geography HG
Highest Symbols Obtained German HG (Distinction) Geography HG (Distinction)
Afrikaans HG (Distinction) English HG (Distinction) Physical Science HG B
Prizes and awards 1994: Diploma for outstanding work (Distinction in German
and Geography) Silver Diploma (Best achievement in German HG) 1995:
Diploma for outstanding work (Distinction in German and Geography) 1996:
Diploma for outstanding work (Distinction in German, Geography and
Afrikaans) Silver Diploma (Best achievement in German HG) Goethe Trophy
(Best matric achievement in German HG)
Other courses 1993: Art course at Bloemfontein College
(Certificate)
Leadership positions Matric class captain (1996)
Extramural activities Member of the ACSS
University University of the Orange Free State PO Box 339, Bloemfontein
9300 Tel (RSA) (051) 4019111 (International) 27 51 4019111 Student Number
9737960 Course B.SC.
University symbols obtained 1997 Chemistry 134, 75% (Distinction)
Geography 114, 77% (Distinction) Geology 114, 70% Mathematics 134, 73%
Outside interests Pencil sketching, cycling and reading. Astronomy (Friend
of the Astronomical Society of Southern Africa) Geology (Specifically the
collecting of minerals and gemstones)
Personal Qualities I am a diligent and responsible person. I hope to prove
a reliable worker.
References Rev. Dr M.D. Terblanche Tel (RSA) (051) 5227711 (International)
27 51 5227711 Dr H Praekelt (RSA) Tel (051) 4012373 (International) 27 51
4012373

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

"Die Godsbesluit" deur TOTIUS (J.D. du Toit)

Sa., 23 Augustus 1997 00:00

DIE GODSBESLUIT
Totius

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars-beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

*

Bo al u donker bome, o Heer,
groei my 'n enk'le reusboom uit
dit is die wag-'n-bietjie-bos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink...
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.

Prosa & poësie | 0 kommentare

diensplig vir dokters

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Vreemd hoe mense hul deuntjies verander.

Veral die Afrikaanse koerante teiken Zuma nou op elke denkbarie
manier, onder meer oor haar planne om ''diensplig'' vir jong dokters
in te stel.

Vreemd hoe hierdie selfde klaers dit enkele jare gelede nog van jong
mans verwag het dat dit vir hulle 'n trots moet wees om twee jaar van
hul lewe (selfs hul lewe op te offer) te mors aan 'n organisasie wat
mense doodmaak, en om selfs daaraan mee te doen. Agterna kry jy nie
eers 'n dankie nie.

Nou kla dieselfde mense oor oproepe om diens te doen vir 'n saak waar
mense GESOND gemaak word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Platengels is hier - courtesy of USAID

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Ek het vroeër geskryf oor die verarming wat 'n taal kan tref as dit 'n
"wêreldtaal" word - in die konteks van die druk om Engels die enigste
omgangstaal van SA te maak.

Gister was ek by 'n konferensie oor metodes om tersiêre onderwys meer
toeganklik te maak vir 'n wyer verskeidenheid studente - my
hoofbedrywigheid.

Onder andere is gerapporteer oor 'n goot projek wat deur USAID befonds
word, en wat die produksie van onderrigmateriaal vir technikonkursusse in
'n verskeidenheid ingenieursrigtings behels.

Die onderigmateriaal kom van die VSA, maar word oorgeskryf - in 'n "meer
eenvoudige Engels, geskik vir Engelstweedetaalsprekers". Die terminologie
word nie verander nie, maar die res van die woordeskat word vereenvoudig en
beperk en die sinsbou word vereenvoudig. Die weergawe sal ongetwyfeld
bekend staan as die "African Edition".

Dit tref my toe dat ons reeds besig is om die Engelse taal te differensieer
- tweedeklasengels vir bepaalde groepe. Veral toe dit my byval van 'n
opdrag wat my vrou onlangs gekry het. Sy doen vir meer as 'n dekade
vertaling en redigering van akademiese tekste vir een van die
universiteite. Onlangs is beleid ingevoer dat die taal "af"-geskryf moet
word na 'n meer "leservriendelike" register. In die praktyk kom dit daarop
neer dat die eindproduk op ongeveer graad 7 - 10 leesvlak moet wees (die
selfde as Die Huisgenoot en die sportblaaie van koerante, wat op standerd
vyf leesvlak gemik word).

Persoonlik is ek geen voorstander van komplekse taalgebruik nie. In my eie
ervaring weet ek dat dit dikwels bloot die gevolg van luiheid of slordige
denke is. (CS Lewis, 'n Oxford Don, het verklaar dat sy idees eers regtig
goed deurdink is as hy daarin geslaag het om dit in alledaagse taal te
verduidelik.)

Maar mens moet dit in perspektief sien. My waarnemeing is dat, as mens
Britse en Amerikaanse onderrigmateriaal vergelyk, is die Amerikaanse
materiaal in die algemeen in merkbaar eenvoudiger taal geskryf. Plaas dit
in die konteks van die van die Nation at Risk -verslag ('n federale
regeringsverslag in die VSA) wat gerapporteer het dat die huidige geslag
Amerikaners die eerste in die geskiedenis is wat swakker opgevoed is as hul
ouers. Dan praat mens nie eers van die idees van elitiste soos Benjamin
Bloom nie - van "The Closing of the American Mind" -faam (ek is versot op
die titel van die Nederlandse vertaling: "De Gedachteloze Generatie").

Enersyds weet ek dus dat helder en duidelike taal iets is om na te streef -
ter wille van die leser en ter wille van die skrywer.

Maar as literatuur vir _tegniese_ studente (_Amerikaanse_ tegniese
studente!) "af"-geskryf moet word na 'n eenvoudiger register moet mens
begin wonder, dink ek. (Hoor mens eggos van "Bantu education"?)

As ek kinders in Engelsmediumskole gehad het sou ek enige nuwe handboeke en
onderrigmateriaal goed ondersoek.

Maar ek reken die grootste slagoffer op die ou end sal die Engelse taal
self wees - en natuurlik die mense wat deur die medium daarvan leer.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Oor die lot van Bill (was Oor die lot van wit seuntjies)

Do., 21 Augustus 1997 00:00

ro...@physics.utoronto.ca wrote:

>> Ek hoop van harte nie dis 'n Microsoft ene nie, ek is nou gatvol
>> vir die wereld-oorneem-en-almal-wat-anders-is-doodveeg mentaliteit
> van hulle.
>>
>> Hoera vir Apples en Amigas en OS/2 ens ! Kom ons stig 'n SUN/JAVA
> revolusie !
>> Weg met Microsoft skaapmentaliteit !
>
> Ek stem heelhartig met jou saam. maar nou hoor ek Microsoft het 'n
> deel van
> Apple gekoop. Ek is self 'n OS/2 ondersteuner. IBM het myns insiens
> 'n meer
> leef-en-laat-leef benadering.

Ek vind dit snaaks dat mense vandag Apple ondersteun teen die "evil
empire". Hoe vinnig vergeet ons van die dae toe Apple 'n meer "evil
empire" was, en almal (insluitend Microsloth) hof toe gevat het oor
hulle sogenaamde "look and feel". Alhoewel hulle op die ou end verloor
het, het ons almal gelei daardeur omdat ander maatskappye (soos HP en
Lotus) goeie nuwe ontwikkelings moes weggooi.

Terwyl ek nie baie hou van M$ nie, kry Apple nou sy beloning vir die
snotty, windgat houding van die verlede. ('n Les vir die ondersteuners
van apartheid, miskien? :-)

(En nee, Stef, IBM het definitief nie 'n leef-en-laat-leef benadering
nie!)

Marc

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Maak seep

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Haai Almal

Ek dink julle sal vir my lag as julle hoor wat ek nou vandag gedoen het. Ek het
seep gemaak! Ja, ek weet ons is diep in die 20ste eeu, maar ek is nie altyd
lus om net te sluk wat die wêreld vir my opdis nie.

Vroeër lê ek in die bad en kyk na die stuk PalmOlive seep wat daar lê. Ek dink
toe dis boereverneukery. Daar's niks van palms of van olywe deesdae daarin nie.
Net die goedkoopste ou robbies wat hulle aan mense afsmeer, met die sterk reuk
van plastiekblomme. Die glycerine wat 'n natuurlike bestaandeel is van seep, en
wat dit sag op die vel maak, het hulle selfs uitgehaal en verder verkoop.

Toe maak ek 'n brousel van palm- en olyfolies, en die resultaat is 'n ryk geel
botterige massa, wat amper soos fluweel lyk, en baie lekker gaan wees. Ek kan
dit nou al sien. Ek gooi toe sommer ook 'n paar druppels naeltjie olie by, vir
'n goeie reuk. Hier's nou die ware Jakob, en ek voel sommer lus en maak 'n
ander tipe ook.

Ek gaan na die slagter toe, sê vir hom wat ek wil doen, en hy gee my toe die
mooiste wit beesvet, suiwer en skoon. Vra omtrent niks daarvoor nie. Die oom
vertel my toe sy ma -of was dit nou sy ouma - op die plaas het altyd haar eie
seep gemaak, maar hy kon nie onthou hoe nie.

Ek wonder, is daar dalk iemand op die ng wat nog kan onthou daarvan? In
daardie dae het hulle seker ook iets bygesit om die seep lekker sag te maak, of
het hulle maar net die basiese vet en soda gebruik en harde seep gemaak? Dalk
met hulle eie as van plaashout gebrand? En sal graag wil hoor.

Ek wil sommer probeer rooibostee plaas van water gebruik, of avokado olie (ek
wonder hoe maak hulle dit). En dan 'n brousel met bokmelk en heuning (miskien
Bluegum?), a la Cleopatra.

Ek sal enige idees of stories waardeer.

Dit was nou vir die lekker. Ek beter weer gaan werk.

Groete,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AUSTRALIE/PERTH: Afrikaners kom bymekaar..........

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Ons het verlede sondag middag 'n groot geleentheid in Perth
bygewoon.

Dit was lekker om te sien dat ons mense so kan saamstaan
om vir 'n heerlike ete te sorg. Janee, ek het tafels hoor
kreun - so swaar was hul gelaai van al die eetgoed.
Daar was boerewors, potjiekos, koeksisters, trifle....noem maar op.
My 5 jarige seun het vir die eerste keer 'n heel skaap aan 'n spit
gesien en hom verwonder.
En die mense wat georganiseer en gehelp het verdien 'n pluimpie.
Ek het so lekker geeet dat ek vir die volgende 5 dae in die tuin
sal moet werk om die vetjies weg te werk. En die soetgoed was so
lekker dat die enamel sommer van my tande afgespring het.
En ek het my verlekker aan klein juweeltjies uit die ou dae,
soos iemand se Suid-afrikaanse driepunt kragprop wat die krag
voorsien het vir die kinders se lugkasteel, en 'n CADAC gasstofie.....

Interessante klomp mense ook: Party het pak en das aangehad,
ander sommer klinknaelbroeke en T-hemde, Party se kinders praat engels,
ander afrikaans, ook nederlands. Party het uit SA gewaai oor hul
besware teen die ou regering en ander teen die nuwe regering,
Party dink nog aan teruggaan, ander het vir goed kom afpak,
party gaan normaalweg na die' kerk toe en ander na daai kerk toe,
en elkeen pas op sy manier aan en word geirriteer deur die Aussies.
Party is ou kalante hier in Oz en ander het so pas aangekom.

Jy vra jouself af - wat op aarde kan so 'n spulletjie bymekaarbring ?
Die geleentheid was 'n "kenmekaar" kerkdiens wat gehou is
deur (meestal) Afrikaanse mense hier in Perth.
Daar word planne gemaak om 'n volwaardige kerk te stig.
Die dominee is Andre' Van Oudshoorn, tel 089-4077881 Perth.
Immigrante kan van hul laat hoor as hul hier aangekom het.

Vriendelike Groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir At en die man in die straat

Do., 21 Augustus 1997 00:00

At, ek verwys na jou pos van 20 Augustus, in antwoord
op 'n pos van my. Laat ek antwoord op sommige van jou
betigtinge.
(1) Jy wys my daarop dat ek van "die MAN in die straat"
praat, en sê "Die Afrikaner...hy" ensovoorts. Sover
ek weet, word die manlike vorm nog altyd gebruik
as daar inklusief oor albei geslagte geskryf word.
(Dis nou tensy die Afrikaanse Akademie anders
besluit het sedert ek uit SA uit is.) Dis die gewoonte
in byna alle westerse tale. As jy nou die morele hoog-
grond wil neem en my betig oor hierdie grammatikale
gebruik, dan vermoed ek dat jy 'n agenda het. Is jy
werklik so 'n verdediger van 'n feministies-gegronde
grammatika, soveel so dat jy teen die algemene taal-
norme van Afrikaans sal ingaan?
(2) Ek vra vir jou wat jy bedoel met met die sin: "Vandag
besef ek terdeë hoe intiem Apartheid met kreatiwiteit
verweef is." (Op die oppervlakte sal iemand tog seker
dink dit beteken dat jy dink dat Apartheid baie kreatief
was as sisteem. Ek wou meer hoor daaroor.) Nou, na
omtrent drie bladsye van historiese agtergrond en teorie,
kom die een klein paragrafie met die konklusie : As gevolg
van Apartheid "...het kreatiewe ontluikings in die Suid-
Afrikaanse samelewing gaandeweg afgeneem." Vir my
is hierdie konklusie diametries teenoorgesteld aan wat
jy aanvanklik te kenne gegee het. Of verstaan ek jou
verkeerd?
(3) Ek probeer jou nie ófaksê nie. En as jy dink ek faks
vir jou, wat van daardie tyd toe jy my van "hubris"
beskuldig het (volgens jou is dit "domastrantheid")
en vir Leendert verhef het as die sjirurg wat die hubris
met sy mes moet uitsny. Ek wag nog op jou reaksie
op daardie paragraaf waar hy my vergelyk het met die
duiwel. Ek het stellig verwag dat jy hom sou betig om-
dat sulke laster nie uit 'n Christen se mond behoort te
kom nie. Maar ek het tevergeefs gewag. (Terloops, ek
is nie 'n praktiserende Christen nie. Ek dink wel dat die
leer van Christus een van die reddendste en genesende
boodskappe bevat wat die wereld nog die eer gehad het
om te ontvang. Dis seker daarom dat nie-Christene so
geinteresseerd daarin is, soos jy tereg opmerk.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1493  1494  1495  1496  1497  1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 18:20:04 UTC 2026