Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.
Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.
Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?
Tog: as die dors ons dryf om, en in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.
Allereerst wil ik mij verontschuldigen dat ik geen Afrikaans spreek.
Ik ben een jongen van 16 jaar uit België die graag Afrikaans zou leren
spreken. Het probleem is dat ik niet weet waar te beginnen. Zou iemand mij
hierbij kunnen helpen?
Dank U
> Hallo H-J,
>
> Vertel ons bietjie oor jouself, toe! Wat is jou "veld". Dalk is daar
> ander
> wat ook daarin belang stel, wat sal lei tot verdere gesprekke. Op die
> groep
> weet ons eintlik baie min van mekaar. Ek "sien" amper almal as
> persone voor
> my, en vergeet soms dat ons net 'n kubergroep is. (Miskien is dit
> waarom ek die
> opmerking gemaak het oor "Respek". Dit voel baie keer vir my of een
> mens, of
> 'n paar mense by my is met wie ek gesels. Dan word ek baie rooi in
> die gesig
> wanneer ek weer 'n slag besef hoe baie mense daar eintlik is wat
> hierdie
> boodskappe lees ;-) Ons moet dalk bietjie beskryf hoe ons almal
> mekaar
> voorstel (?) "imagine". Ek dink ons sal lekker lag. Die betrokke
> beskryfde
> persoon moet daarna met eerlikheid vertel wat werklik die geval is.
>
Ek dink dis een van die voor-en nadele van nuusgroepe. Jy kan so oop of
so anoniem bly soos wat jy wil. Die anonimiteit is fyn wanneer jy iemand
wil slegsê, ens, maar dit help myns insiens ook om te weet (of om te
dink) dat die persoon aan wie jy pos/wie se pos jy lees, 'n werklike
persoon, met 'n werklike lewe is, en nie net iemand se fantasie van hoe
hy/sy eintlik wil wees nie.
> Miskien as ons mekaar as werklike Mense ken, en nie net as
> onpersoonlike
> briefies wat op ons rekenaar skerms opkom, sal daar minder "verguis"
> word?
>
Miskien. Ek moet sê, dis partymaal moeilik om aan julle te dink as
multidimensionele persoonlikehede. Die probleem is dat mens op 'n ng net
'n klein faset van mense se persoonlikheid kan ondersoek. Dus sien mense
jou (bv. vir hierdie ng) net terwyl jy in
soc.culture.south-africa.afrikaans - modus is. Ons weet nie veel meer
van mekaar af nie. Dit was vir my 'n openbaring toe ek At een aand bel
(ons werk albei vir UP) nadat ek een van sy boodskappe oor die woestyn
gelees het. Om sy stem te hoor is miljoene keer beter as om net die
briewe te lees.
> Miskien moet ek die speletjie begin... Ek sien jou as 'n man van
> omtrent 40
> jaar oud. Jy's seker taamlik groot. Wanneer ek met jou gesels, is
> daar 'n
> sterk, vierkantige tipe gesig voor my, (ek noem jou nie 'n kwadraatkop
> nie!),
> jy't dik bruin hare wat golwend agtertoe en so bietjie na die kant
> gekam is.
> Soms dra jy 'n leesbril, maar nie altyd nie. Het jy ooit 'n pyp
> gerook? Maar
> nou't jy miskien opgehou. Jou klere is smart-casual. 'n Hemp met
> lyne wat
> blokke vorm, miskien rooi strepies. Jy kan eintlik gevlei voel, dis
> nogal 'n
> mooi man wat ek sou skilder!
>
Wel, ek voel nogal BAIE gevlei. Mag ek jou borrel bars ?
Ek's 23, 5'9", weeg 65 kg. My gesig is meer wankelvormig (nie 'n skerp
driehoek nie). Ek het dik hare, maar hulle's meer blond as bruin. Ek dra
bifocals (op my ouderdom ! Hulle's darem nie dik nie.) Nog nooit aktief
gerook nie. Miskien sou ek sigaar gerook het, as dit nou die '60s was,
en dit nog sosiaal aanvaarbaar was. Ek dra altyd denims (nie verflenter
nie). In die somer dra ek somershemde, gewoonlik T-hemde (ook darem nie
verflenter nie). Hitec boots is my skoene, behalwe wanneer ek netjies
wil wees. Dan dra ek swart Dr Scholl's. Ek gebruik my knipmes gereëld,
dus is hy in 'n leersakkie aan my belt. My sanitêre foon is aan my
linkerkant.
> Ek kan my nie indink watter tipe werk jy sou doen, of wat jou "veld"
> kan wees
> nie, behalwe dat dit klaarblyklik met rekenaars te doen het. Jy moet
> jou eie
> kantoor hê, met 'n soliede hout lesenaar!
>
Die het ek wel. Die Universiteit voorsien sekere goed. My primôre veld
(lees hier opleiding) is in elektriese ingwese, swaarstroom. Ek het my
Bing aan die einde van verlede semseter klaargemaak. Ek werk vir die
Rekenaarwetenskap Dept, as tegniese assistent. Dit sluit in
netwerkadmin, tegniese ondersteuning, ens. As iemand vuilwerk het wat
gedoen moet word, en dis van 'n elektriese/meganiese aard, word ek maar
gewoonlik gevra. Partymaal sê ek nee. :-)
Dis alles nou net terwyl ek op die uitkyk is vir 'n werk in die regte
wêreld van Ingenieurs. Sal seker eendag daar uitkom :-).
> Alles pure verbeelding. :-)
> Laat weet tog hoe reg of verkeerd dit is! Ek is weer lus om bietjie
> te lag.
>
Dis pret, hierdie ! My beurt.
Daar is iets in die ouderdom wat jy my in geplaas het. Dus plaas ek jou
in dieselfde kategorie: 35-something. Jy's van Duitse afkoms (as ek van
jou vorige briewe reg onthou), dus dink ek jy's baie energiek, redelik
presies en goed in jou werk. Ongelukkig kan ek nie 'n geestesoogprentjie
vir jou opstel nie. Jou naam (Vira) laat my te veel dink aan die TV
karakter Elvira.
As jy weet van wie ek praat, hoop ek jy lag saam met my. As jy nie weet
nie, dink aan Morticia Addams. :-). No Luck there, I'm afraid.
Ek dink jy's getroud, met 2 kinders. Tussen 10 en 15 jaar oud. Hulle
gaan óf na 'n duitse skool, óf na 'n Engelse skool.
Ek weet nie watter tipe werk jy doen nie. Ek het hoegenaamd gee idee
nie. Ek kan ook nie raai wat jou man doen nie. Ek maak 'n wilde raai en
sê dat hy in besigheid is, of hy's 'n professionele persoon.
Sjoe ! Ek's nou moeg gedink.
As julle lus is vir pret, gaan kyk Men In Black. Sit terug en geniet
dit. Kyk ook uit wie almal Aliens is. Julle sal dit geniet.
Net so 'n klein brokkie interesante nuus hier van uit die VSA. Daar
is deesdea 'n groot beweging weg van "amptelike" skoling en meer na
tuis skoling hier. Baie ouers is bekommerd oor die standaard van
skoling en verkies om eerder daardie taak self te verrig. Hulle vaar
ook heel goed lyk dit my
As ek reg is beteken dit op met iemand uit te gaan?
..
Hierdie frase is eintlik deel van my persoonlike woordeskat-repertoire .
Miskien moet ek so bietjie die
storie daaragter vertel.
Een van die groot liefdes in my lewe is 'n paar Amazone papagaaie. Ons het
hierdie *big love* aan die gang. Die wyfie het ek self getem (?) "tamed" en
sy's lieflik, saggeaard, mooi, en het nogal 'n groterige bek. Die mannetjie is
"hand reared" gekoop, maar is eintlik (soos mannetjies maar is, hehe)
gevaarliker. Hy maak nie so baie lawaai nie, maar byt sommer stilletjies raak.
Soms word hy, vir 'n rede wat net hy self sal weet, sommer bedonnerd. Dan
sprei hy sy stertvere wyd , maak homself "groot" om my bang te maak, en wil net
vir die "kill" gaan. Ek het al baie bloed deur hom verloor.
As ek sien hy begin so beneuk raak, dan hou ek hom vas aan die snawel en praat
baie mooi: "coooooome boy, o mama se boytjie, cooooome, kisskiss". Meestal
help dit net mooi niks. Jy't 'n vet kans om 'n soentjie te kry wanneer hy in
daardie luim is! Jy steek 'n vriendelike vinger uit na hom toe, en trek 'n
stomp terug. Maar, hoogs selde, sal hy so bietjie bedaar.
Meestal raak hy net al hoe kwater. Hy marsjeer op en af in so 'n toestand dat
jy bang is hy gaan homself iets aandoen. Maar dan byt hy sy vroutjie. Soms gooi
hy haar sommer uit woede van die "perch" af. Dan kom sit sy maar by my, omdat
sy bang is vir hom. As dit moontlik is, raak hy dan nog erger, (jalousie tree
in) en die vere bo-op sy kop gaan staan sommer penregop, en hy aap my baie
lelik na met "comeboycomeboycomeboy" en wil omtrent spinnekoppe spoeg. Ons
ignoreer hom dan, ek en sy (Mistral). Hy's heelemaal bossies.
Die aand as ek hom dan in die hok wil sit, en nag soen, is hy weer mammie se
baby boytjie, en baie liefdevol en vol soentjies. Die monster is skoon weg. Dan
*kisskiss* ons alte lekker, hy eet uit my bord en self uit my mond uit.
Maar terwyl die ding hom beet het, kan jy niks met hom aanvang nie. Net wag tot
hy weer homself geword het.
Nou, as ek dink iemand gaan dalk kwaad word, dan sê ek sommer gou *kisskiss* om
te wys ons is groot vriende, moet my tog asb nie byt nie! ;-) (Nie dat ek
Koos met 'n voël wil vergelyk nie).
Heer, waar U noordewind die droë dissel rol
en oor die skurwe brakland jaag van Afrika,
maar eindelik teen 'n doringdraad met pluksels wol
vaswaai terwyl die kraaie en die aasvoëls kla,
laat my ook ná die swerf oor vlaktes heen nou rus
en glo my kind is dood, al hoor ek die berigte
om my krys: "Ek het hom as matroos hier aan die kus..."
"Ek: as stoker op 'n trein..." "Ek: in vaal-geel ligte
van 'n steenkooldorp se kroeg nog nou die dag gesien...."
Glo omgekoop! Of hy sou skielik blink gesteentes
smokkel... blink gesteentes! Selfs dan... Nee, miskien
lê hy tog êrens dood; maar, Heer, dan die gebeente,
wys my, gee my die drag gebeente van my skoot
dat ek nie opgejaag deur hierdie land bly swerf
en soek, maar eindelik rus en weet hy het deur lood
onder twee mudsak ongebluste kalk gesterf.
Snags het ek soms gelê en vrees daar sou iets boos
oor hierdie kind nog kom, want in Middelburg se kerk
staan duidelik in die doopregister sy geboorte
nie na die stand van sy gesternte aangemerk.
En, soos wanneer jy tussen vinger en duim
die wit son rol en skitter in 'n diamant,
sou hy in Vrystaat en Transvaal se leiblou ruim
uit spieëls ons stryd laat blits en straal van rant tot rant.
Maar hy móés sterf: die Dood het self hom eers gejag
deur kou riviere van die Kaap, dwarsoor Anysberg
tot in die buitekamer op 'n plaas, waar hy een nag
in koue sweet moes lê en aan borswater sterf...
toe 'n tweede jagter hom van tent na trein, van trein
na tent met doringdraad en bajonet bewaak
en met gemete sorg van arts en medisyne
vir 'n tweede dood, o Heer, stadig gesond kon maak.
En ná die skynverhoor het hulle hom vertel....
voor Graaff-Reinet se sel. O Graaff-Reinet se sel!
Hy was gewone kryger, Heer, en geen rebel.
O Graaff-Reinet se sel... Eségiël! Eségiël!
.............
> Eina! Ouch! *sob* Ek sal nou in 'n hoek gaan sit en pruil. Maar
> eers moet
> ek my eendtjies almal in 'n ry kry. H-J, jy's nou die tweede persoon
> wat ons 4
> se name so in 'n "Doubles tennis " spel op daardie manier
> saamstring. Dus,
> neem ek aan dis die algemene indruk wat mense op hierdie groep het.
> Ek wil dit
> graag regstel, omdat ek voel dat dit 'n wanopvatting is - van my kant
> in elk
> geval.
>
Ek sou nie sê dis die algemene indruk nie. Soos wat ek in my boodskap
gesê het, dit is nog vars in my gedagte.
> Ek *haat* niemand nie. Ook nie vir Gloudina nie. Al maak sy my soms
> baie
> kwaad. EN ek _hou van_ Koos *kiss kiss*. Leendert is in hierdie
> geval nie
> ter sprake nie, omdat ek meestaal saamstem met wat hy sê.
>
Jammer, die haat - verwysing is 'n algemene verwysing na newsgroups.
Lees soc.sulture.south-africa of za.politics en jy sal beter voorbeelde
van haat teekom. Ek's jammer dat ek dit nie duidelik gestel het in my
oorspronklike boodskap nie.
> Ek voel dit het te doen met Respek. Ek respekteer jou standpunt, en
> Leendert
> s'n, en Koos s'n, maar die probleem kom in wanneer iemand , soos
> Gloudina, geen
> respek toon vir ander mense nie.
Sonder om 'n vinger na Gloudina te wys, dink ek jy het 'n redelike punt
hier. Respek is iets wat 'n skaars kommoditeit is op onse nuusgroepe.
Dankie vir daardie ontluiking. Dis waar wat jy sê. Mense respekteer nie
meer andere se standpunte nie, en ek kry die idee dat daar (miskien
vanweë die onpersoonlike aard van internet) ook 'n verlies aan respek
vir die basiese mensskap is. Klink dit bekend ?
[snip]
> Ek wil nou nie met jou baklei nie, H-J, maar ek hou nie daarvan om 'n
> "struweling" genoem te word nie. Dit is nie my geaardheid nie. Maar
> ek sal my
> man/vrou staan, wanneer ek voel iets is nie reg nie. As ek daardie
> beeld aan
> jou, en aan ander oorgedra het, is daar êrens fout, wat ek wil probeer
> regstel.
>
Ek's jammer dat jy dit so opneem, maar beteken dit nie dalk dat my
moaning dalk 'n uitwerking sal hê nie ? Ek moet jou bedank vir die
positiewe manier waarop jy reageer. Jy het die opsie gehad om my net te
flame en dan voort te gaan, maar jy't gekies om op 'n mooi manier my
tereg te wys, en jou kant van die saak te stel. Dit spreek boekdele oor
jou sterkte van karakter. (ek bedoel dit werkliik nie op 'n
'patronising' manier nie. )
> Kritiek is iets wat ek baie goed kan aanvaar, maar die manier waarop
> jy ons
> hierbo as 'n voorbeeld van "haat" en "struwelinge" gebruik het my wel
>
> seergemaak. As dit die indruk is wat ek geskep het, het ek erg
> gefaal in my
> pogings om hier te kommunikeer. Dan moet ek liewer 'n lang ruk gaan
> stilbly,
> tot ek besef waar ek verkeerd gegaan het, en tot ek beter weet hoe om
> dit
> volgende keer reg te kry.
>
Ek's jammer dat ek jou seergemaak het. Die voorbeeld van "haat" was,
soos bo verduidelik, swak deur my verduidelik. Struwelinge is myns
insiens nie so 'n sterk woord nie, en ek ervaar dit ook op 'n ligter
trant as, bv. "gevegte". "struwelinge" laat by my beelde van stoeiers
opkom, tewyl "gevegte" beelde van bloed in die strate ontlok.
> Verstaan asb., H-J, ek is nie kwaad oor wat jy gesê het nie, maar
> eerder geskok
> om te besef dat jy my in daardie lig sien.
Dit voel vir my al hoe meer asof my kritiek te kras was. As ek jou
respons met die van Gloudina vergelyk, spreek dit boekdele oor die
verskille tussen julle. Jou reaksie sê vir my dat die kritiek dalk wel
'n positiewe reaksie kan ontlok.
Ek hoop nie jy gaan weg/bly stil nie. Jou stem is vir my te nice om te
verloor.