* Die paperazzi: 'n spesiale tipe joernalis wat spesialiseer daarin
die beroemdes te bekruip en te pla en hul privaatheid te skend.
Hulle het geen respek of waardes nie. Hulle sal enigiets doen
vir fotos. Hulle het onmiddelik na die ongeluk oor
die kar kom swerm en voortgegaan om fotos te neem - het selfs hul
kameras teen die ruit gedruk en afgeneem.
* Die media wat hoe pryse betaal en paperazzi aanmoedig in hul werk.
En dis nie net die britse pers nie. Hier in die australiese
tydskrifte verskyn fotos en artikels wat duidelik
die grens oorskry, o.a. fotos en skindernuus oor beroemdes se tiete en
selluliet en obsene fotos oor hoe hul uit karre klim en op hul
seiljagte le en privaat wees ens ens. Die australiese pers het al
die walglikste fotos gepubliseer wat nie eers in brittanje gepubliseer
is nie. Hulle sou die week 'n tydskrif vol skindernuus oor Di en haar
kerel plaas. Hulle is nou so bang vir die publiek dat hul al die
kopiee gaan vernietig en in plaas daarvan 'n 25 bl kleurbydrae tot
haar gedagtenis insluit. Sulke twee-gat jakkelse. Huigelaars!
* Lady Di self: Waarom het sy nie 'n veiligheidsgordel gedra nie ?
Die enigste een wat blykbaar 'n gordel gedra het (het nogal voor
gesit ook) leef. Sit daai gordel aan!
* Die egiptenaar Fayed waarmee sy uitgegaan het: Die bestuurder sou nie sonder
sy aanhitsing so vinnig jaag nie. Hy het heel waarskynlik die bestuurder
aangemoedig om weg te jaag. Hy was bekend daarvoor dat hy van
mooi meisies en VINNIGE MOTORS gehou het. Lady Di het darem beter
verdien as hy.
* Die bestuurder. Hy was dronk. 3 x die limiet. Onvergeeflik.
Drink en bestuur is onverskoonbaar.
* Die britse koningshuis, wat ook maar hul gat afgevee het aan Di.
Kon hulle nie meer doen om dit vir haar makliker te maak om in te
pas nie ? Dalk sou dit minder druk op hulle huwelik geplaas het.
En nou wil hulle dit duidelik laat blyk dat haar begrafnis nie
amptelik is nie.
* Prins Charles: kon hy nie maar meer doen om sy huwelik te probeer
red nie ? Het hy sy bes probeer ?
* Al die nuuskierige agies wat persoonlike informasie oor haar verslind
het. Waarom stel mense belang in fotos oor beroemdes se private lewens?
Gaan sit op 'n spieel en beloer julle eie agterent!
Neem dan 'n foto en plak dit teen 'n kennisgewingbord.
Ek hoop julle stik daarin.
* Daai mense van die pers wat dink omdat sy die pers gebruik het vir haar
doeleindes kon hulle haar gebruik het. Ek weier om te aanvaar dat mens
die pers "misbruik" as jy wil he hul moet hul ontferm teen die verminking
van landmyne, die armes en siekes. Dis bloot die pers se morele plig,
geen misbruik nie.
Ek het my verbeel ek hoor hoe ritsel
daar tussen die dokter
se doodgewone woorde deur
blinkswart vlerke van vernietiging.
En my gedagtes het om sterrewolke gevorm
en die kil donkertes waarin dit dryf
want ek vermoed sterre maak patrone in die nag
omdat daar tekens van God is in die koue lug.
Maar my dag is gou weer bevolk
met bome wat die son se gerieflike strale
in soet skadus op 'n teerblad breek.
Die ritsel van vlerke, duiwe op 'n parkeerterrein.
Die donker geometrie van die dood
word nog nie finaal in my geweef nie.
Maar Esther, jy staan nou alleen
met duiwe wat bo jou fladder in die persblou lug.
Om jou gloei die helder lewe.
Elegante tyd krul soos 'n veer in jou op.
Jy is op pad na daardie vreemde land
waar die lug se kleur die essensie van duiwe is.
Esther, jy los my met 'n vreemde kennis
van die grasie van duiwe.
Elke dag sien ek nou hoe hulle vreugdevol
patrone flits teen die koue kranse van die stad.
,
. Ek ken jou nie, dus kan ek nie 'n
> ingeligte besluit neem oor wie jy is nie. Al wat ek weet is dat ek nie
> veel van jou hou nie.
>
> Sies, Gloudina. Mens maak nie so nie.
mense wat net eenvoudig nie met ander in
> vrede/vriendskap wil leef nie.
> H-J
>
A, uiteindelik! Net soos ek verwag het. Hier kom die
boerklong van Gauteng aangejaag op sy stokperdjie.
En hy skiet hier en hy skiet daar, en hy skiet homself
in die voet en dan sit hy sy voet in sy mond. Het jy
al ooit daaraan gedink dat jou oorspronklike opmerkings
oor my die vuurtjie aangesteek het. Jy maak 'n gewoonte
daarvan om vir mense te vertel dat jy nie van hulle nou
nie, lyk dit my.
Dit sal jou miskien interesseer dat op 'n sekere stadium
Vira en ek e-pos kommunikasie gehad oor William Blake.
Hoe weet jy dat ons nie die hele vete gestage het vir jou
delicatessen nie? Ooit gehoor van smoke and mirrors?
Ek gee jou hierdie stukkie Blake om saam te neem vir
padkos, Penkop. Ek sal nie weer van my laat hoor nie.
A truth that's told with bad intent
Beats all the Lies you can invent.
It is right it should be so;
Man was made for Joy & Woe;
And when this we rightly know
Throë the World we safely go.
Joy and Woe are woven fine,
A Clothing for the Soul divine;
Under every grief & pine,
Runs a joy with silken twine.
The Babe is more than swadling Bands;
Throughout all these Human Lands
Tools were made, & Born were hands,
Every farmer Understands.
(William Blake 1757 - 1827)
Gert, ten opsigte van kunsmatige intelligensie en kunsmatige lewe in
rekenaar- en interaktiewe kuns, het Christa Sommerer & Laurent
Mignonneau dokumentasie oor twee interessante installasies by:
Erkki Huhtamo van die Universiteit van Lapland het ook interessante
dingte te vertel oor die dood van die outeur en die eksklusiwiteit van
die unieke kunsobjek. Ek sal die info stuur.
Ten opsigte van die debat oor natuur versus samelewing het Camille
Paglia onder aan te voer dat verkragting nie te wyte is aan die
perverse samelewing nie, maar aan die verswakkende invloed van die
samelewing op die individu, m.a.w. die man wat 'n vrou verkrag en
daarna op 'n staatsdinee gaan poep terwyl hy die president uitvloek,
is nie siek nie, hy moet net meer etiket leer. Alle paaie vanaf
Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
Emsie Schoeman!!
'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.
Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar áls byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
Ek het geleentheid gehad om vir twee jaar in 'n klein Griekse dorpie te
woon - so 300 siele. Iets wat my opgeval het is die groot rol wat skinder
in so 'n gemeenskappie speel. Dis amper tasbaar.
Ek het in 'n stadium gewonder of figure soos Diana / Madonna, die
Amerikaanse sepies (Dynasty / Egoli, take your pick dis dieselfde resep) en
die prulpers (National Enquirer / Beeld - selfde resep) nie in die global
village die behoefte aan "skinder" bevredig nie, nou dat ons nie meer ons
bure ken nie.
> as Lady Di op die voorblad is, dan styg hulle
> verkope vir daardie week dramaties. Ek is oortuig dat 'n paar van die
> tydskrifte vir laas van haar gebruik gaan maak op hulle voorblaaie vir so
> 'n dramatiese verhoging in hulle verkope.
>
>
Is al daai mense wat so nuuskierig is oor haar private lewe nie
net so skuldig nie ? Daai lesers wat Lady-Di stories verslind.
Net so skuldig soos daai verslaggewers wat agter haar aan is en die
ongeluk veroorsaak het nie ? Die verslaggewers was weer agter haar
aan omdat hulle weet mense is so nuuskierig oor haar en stories verkoop goed.
Kon sy nie meer privaatheid gegun word nie ? Is daar geen grense aan
inmenging nie ?
Laat my dink aan daai met-opset walglike fotos wat 'n Australiese tydskrif
geplaas het, nadat 'n kamera onwettig in haar gym geplant is.
Sulke tydskrifte se morele standaarde is laer as slangkak op die bodem
van die see.
V wrote in article
...
> Leendert,
> kan jy glo, juis vandag daag daar op een van my ander nge 'n string poste op
> oor tuis onderwys. Die groep het niks met onderwys te doen nie, en ek was
> verbaas hoeveel van die mense, een na die ander, gesê het hulle volg hierdie
> koers.
Ja. Soos die een Maleiervroutjie in die Kaap vir my sê, haar familie wat
onderwysers is dink sy is gek. Maar sy verduidelik net vir hulle, hulle
moet besef "dis die nineties hierdie, en hulle moet bykom".
>
> Nou wil ek graag meer hoor, maar ek weet nie of daar fout is met my rekenaar of
> iafrica nie. Hierdie Amerikaanse groep gee ook 'n adres aan, en ek kon nie
> hulle s'n of joune kry nie. Is hierdie korrek?:
> http://hagar.up.ac.za/buro/leendert
>
> Doen jy en jou vrou dit alleen, of is julle 'n groep mense wat almal saam
help?
Alleen. Die SA Skolewet definieer tuisonderwys as: "onderwys by die leerder
se huis".
> Oorsee is daar selfs maandelikse saamtrekkings vir sulke kinders en hulle
ouers.
My vrou het 'n groep wat elke tweede Donderdag bymekaarkom. Gewoonlik is
daar 'n paar pa's ook wat die dag afvat vir die okkasie (dis nou behalwe
vir die pa wat die tuisonderwys behartig - sy vrou werk as onderwyseres
sedert hy 'n pakket gekry het!)
>
> Ek het nie geweet dit is in Suid Afrika wettig nie - of wat is die
voorwaardes?
Dis wettig, maar die regering is nog nie gereed met die nodige regulasies,
voorwaardes en prosedures nie. Die gevolg is dat 97% van die mense
eenvoudig aangaan en dit doen - wanneer die regering in rat kom sal hulle
besluit of die voorwaardes en bepalings redelik is. Ons het so pas 'n trust
gestig om regsverdediging te verskaf vir mense wat probleme mag optel.
> Miskien is hierdie inligting op jou webblad, maar soos gesê - no luck there.
> Miskien wil jy ons kortliks vertel. Daars ook mense wat nie Internet access het
> nie, wat dit miskien graag wil hoor.
Spesifieke vrae, soos hieronder, kan ek antwoord. Vir meer algemene vrae
moet jy die webblad nagaan of my boek koop :-)
>
> Moet jou kinders die Onderwys Departement se gestelde eksamens kan slaag?
Nee. Soos gesê, is daar nog nie bepaalde voorwaardes of prosedures nie
(behalwe in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat "interimbeleid" het, wat wel
bepaal dat jy hulle eksamens moet slaag - die beleid is egter so onredelik,
dat die meeste mense hulle eenvoudig nie daaraan steur nie.)
Ons werk met die nasionale onderwysdepartement om riglyne daar te stel vir
provinsiale beleid. As die provinsiale beleid sou bepaal dat mens die
onderwysdepartement se eksamens moet slaag, sou dit a) indruis teen die
internasionale instrumente van menseregte b) ongrondwetlik wees en c)
indruis teen die bepaling van die SA Skolewet.
My standpunt is (op fundamenteelregtelike en pedagogiese gronde) dat
kinders in tuisonderwys wel ge-evalueer moet word, maar slegs aan die hand
van algemene skolastiese toetse, en nie meer dikwels nie as eenmaal in drie
jaar.
>
> Dit klink of hulle daar anderkant omtrent enigiets vir die kinders laat
leer.
Hier ook. Dit hou onder andere verband met die kind se grondwetlike erkende
reg op vryheid van gewete, sy/haar reg persoonlike vryheid, op onderwys, op
akademiese vryheid en op ouerlike sorg :-)