Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaanse taalcyberheid

Di., 23 Desember 1997 00:00

Haai daar,

Just a thought. Ek was nog nooit 'n groot sucker vir taalsuiwerheid
nie, maar een van die dinge wat my pla is die feit dat daar, AFAIK,
min internet afkortings vir algemene Afrikaanse frases is soos daar
in Engels is - bv FYI vir For Your Information, BTW vir by the way,
AFAIK (As far as I know) edm.

En Afrikaans is, ST ( so terloops) vol sinsnedes wat, wmb (wat my
betref) luidkeels bedel om so afgekort te word.

Miskien maak dit sin om so tussen die geniepsighede deur, ook ons ding
vir die vyfde Afrikaanse taalbegewing te doen? Wat van 'n lys
SCSAA-approved afkortings op Cyber Afrikaans?

WSJ?

Anneries

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vlaglied

Ma., 22 Desember 1997 00:00

kan iemand asb die woorde vd vlaglied verskaf.  miskien is dit al hier
gepos---daar is nie dalk 'n argief of net 'n lys van die posstukke nie?

-- jaco

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Junior Rapportryerbeweging

Ma., 22 Desember 1997 00:00

Is daar bestaansreg vir 'n organisasie soos die JRB in vandag se
omstandighede ?

Alles is net Engels , moet ons nie maar die taal aanvaar as die enigste
taal van die toekoms nie ?

Waar is daar in SA nog plek vir 'n organisasie vir Jong , Afrikaner
Christen mans ?

Hansie Botha
Tzaneen , Suid Afrika
Tel: +27832900738
Fax: +278382900738

"Werk hard en Speel hard"
{to send E-mail remove "foefie"}

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

KERSBOODSKAP

So., 21 Desember 1997 00:00

MY KERSFEES EN NUWEJAAR BOODSKAP AAN AL ONS VOLKSGENOTE.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou en jou hele gesin en
al ons Volksgenote ,'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar
toe te wens.
Vir ons Boere was dit seker een van die donkerste jare in ons
Volksgeskiedenis. Ons was nog nooit so verneder, gejag en forseer om voor
ons vyande te bieg nie. Gedurende die jaar was van ons mense uit hulle
poste
ontslaan, en sommige was gedwing om op vroe pensioen te gaan. Alles was
gedoen met minagting vir dit wat ons is en dit wat ons voor staan. Die
tronkvoëls, die barbare was in poste en posisies geplaas om ons te kom
oorheers, te treiter en ons tot oorgawe te dwing. Dit is nie iets wat hulle
verdien het nie, maar dit was gedoen onder toesig van die hensoppers tussen
ons. Die vyande in ons midde moet meer gevrees word as die vyand van buite.
Die vyand van buite dra sy wapens openlik, maar die die vyand in ons
binnekringe se geruisel en sy voetstappe hoor jy reg binne die hart van die
Volk. Ja, hy is die een wat gevrees word.Hy is die een wat uitgeroei moet
word!
Ons gaan nou 'n Nuwejaar binne en oor 'n paar jaar, 'n nuwe millenium. Laat
ons nie moedeloos word nie, maar laat ons nou meer vasbeslote wees as ooit
om ons land te herwin.
Ek glo ons Volk was hier op die Suiderpunt van Afrika geplant met 'n doel.
Laat ons werk om daardie doel te bewerkstellig. Ons was hier geplant om te
werk om SY naam te Heilig hier in donker Afrika. Ons was ook hier geplant
deur HOM om Lig aan hierdie donker kontinent te bring en Sy naam te
verewig.
Ons mag dit nooit vergeet nie! Laat elkeen van ons die nuwe jaar ingaan met
Gebed en Geloof, en vir Hom vra om vir ons elkeen die nodige krag te gee om
ons stryd voort te sit. Ons moet Glo..Glo..Glo..Bid, bly Bid en ook baie
werk.Met Hom aan ons kant, en met harde werk, sal ons hierdie stryd wen.
Elkeen moet sy bydrae lewer tot die beste van sy vermoë, hoe klein ookal.

Beste Boere Groete,
Frikkie Potgieter

journ...@mail.com

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

"Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER

Vr., 19 Desember 1997 00:00

DIE KLIPPE PRAAT
P.J.Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: ants & grasshoppers

Do., 18 Desember 1997 00:00

Gloudina,

Die ANC het nou 3 jaar lank gehad om die land te "reform". As die land dan
so pateties is soos wat jy se, wat het hulle die afgelope 3 jaar gedoen? Is
dit nog steeds die wit man se skuld dat die swartman nie 'n positiewe
invloed(never mind sukses kon maak) op die land kan he nie? Ek het regtig
waar genoeg gehad van "julle wit afrikaner varke is so sleg en so sleg en
julle moet die swart bevolking van die land HELP". Nee fokkit. Wat verwag
jy dan nou van ons? As ons dan so moet help het jy ook mos 'n plig hier,
nie waar nie? Jy het dan in die land van melk en heunig groot geword. Jy
het baat gevind onder die apartheids era. So se nou gou vir ons, in woorde
van 2 of minder lettergrepe(dis mos al wat ons ou afrikanertjies verstaan)
wat dink JY moet ons doen? hmmmmmmm?

FanTim

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Goeie afrikaanse uitdrukking vir "CHIT CHAT"

Do., 18 Desember 1997 00:00

Wat is 'n goeie afrikaanse uitdrukking vir "CHIT CHAT"? Ek wil dit in 'n
geselsforum
op ons Intranet gebruik.

Einge voorstelle?

Tinus Oelofse
ti...@ccp.co.za

Afrikaans, ons taal | 10 kommentare

"Maria" deur W.E.G. LOUW

Wo., 17 Desember 1997 00:00

MARIA
W.E.G.Louw

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met groot vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn...

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Soek dringend werk!!!!!!!!!!

Wo., 17 Desember 1997 00:00

Hi

Ek is 21 en ek gaan nou my finale jaar doen in BA Vertaalkunde en
skryfkuns ek wil net graag geld maak om dit te kan betaal. Dus soek
ek dringend werk anders kan ek nie verder swot nie. Enige werk in
Potchefstroom en Pretoria sal goed wees. Ek is veral goed met kinders
en bejaardes. Dis regtig dringend en ek kan naweek en vakansiewerk in
Pretoria doen. Bel my asseblief vir verdere inligting, by die vlg.
nommer 012-8074098 (Willa)

Ek hoop werklik iemand kan my help daarmee.

Dankie
Levinia

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is Kersfees 'n Christus-Fees??

Di., 16 Desember 1997 00:00

Ek wonder maar net; kyk ons na al die Kersbome & die oer oue gebruik van
Vader Kersfees is dit so dat Christus werklik die kern van Kersfees is?

Sommige Christene glo dat Kersfees 'n Heidense fees is & weier om dit te
vier! Wat is jou standpunt daaromtrent? Ek moet erken ek het maar hierdie
Kersfees self 'n Kersboompie aangeskaf / veral terwille van my klein
seuntjie! My standpunt is egter leer hom die regte betekenis van Kersfees &
soos die Engelse altyd se: "Let's put Christ back into Christmas"

Laat weet my wat jy dink & glo???

Groete uit die Baai (Port Elizabeth/ S.A)
Hein van Wyk
E-Pos: he...@hinet.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 22:11:54 UTC 2026