Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Naam van 'n boom?

Fri, 27 February 1998 00:00

Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
blaartjies en geel klossies vir blomme.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Naam van 'n boom?

Fri, 27 February 1998 00:00

Gloudina

Ek dink jy dink aan die Swartwattel, Acacia mearnsii, wat oorspronklik van
Australië ingevoer is. Die bas is gebruik in leerlooiery. Dit het 'n
absolute pes geword, en pogings word nou aangewend om hom uit te roei. Dit
dien ook as werkskeppings- en watervoorsiening projekte.

Deesdae word hoofsaaklik gebruik gemaak van bloekomstutte, Eucalyptus spp.
Wattel groei te krom en skeef om effektiewe mynstutte te maak.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
@igs.net wrote in message ...
>
> Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
> Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
> 'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
> dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
> die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
> waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
> maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
> blaartjies en geel klossies vir blomme.
>
> Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Gloudina op NG?

Fri, 27 February 1998 00:00

Hallo daar

Ek het nou al talle boodskappe gelees wat duidelik reaksies was op wat
Gloudina gesê. MAAR ek sien nooit die oorspronklike artikels wat deur
Gloudina geskryf is nie? Hoekom kan my nuus "server" nie haar
boodskappe optel nie en wat is die oplossing? Dis is nie eintlik dat
ek spesifiek haar artikels wil lees nie, maar ek neem aan dat ek
seker baie ander oorspronklike artikels van ander ook so mis.

Enige raad?

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe taalpuriste?

Fri, 27 February 1998 00:00

Vir meer as drie maande al kef Koos teen die idee dat ons 'n "swart
regering" het:

Feitelike en logiese argument ignoreer hy saliglik (maar dit is mens al
gewoond). Selfs as sy gekef ge-ignoreer word, karring hy aanmekaar terug na
dieselfde punt:

Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 25 Feb 1998 16:28:50 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > beskuldiging dat iemand anders weghardloop van 'n argument seker te wagte.>>
>
> Lees toe wat jy gaan opsoek het.
> Toe raak ek weer getref deur die feit dat jy die regering toe sommer
> weer 'n "swart regering" noem!!
>
> Nogal terwyl jy oor Gill Marcus en Derek Hanekom skryf!!
>
> Let toe ook op hoe jy hulle beledigend "token" noem en voort tier oor
> die "swart regering".
> Jy verklaar hulle sumier tot "token" sodat jy nie verkeerd hoef te
> wees nie!!
>
> Jy het natuurlik daarmee jou leun bloot na 'n ander plek in die sin
> geskuif!
> Dink toe aan "draaijakkals" en so aan wat jy hierbo noem.
>
> Toe dink ek ook aan die hoogheilige "mode" wat jy soms ingaan wanneer
> jy so "bronne" en "feite" en so voorts demand. En hoe dit verdwyn as
> jy onder druk in 'n argument kom!!
>
> Toe lag ek nogal vir jou "weghardloop van 'n argument" hierbo!!

Ek gaan snuffel toe bietjie in die koerante rond, en raai!

Dit lyk asof daar by Beeld 'n redaksionele verbod bestaan op die gebruik van
die term "swart regering". Sedert 1994 verskyn dit slegs so hier en daar in
briewekolomme, en een of twee keer waar gasbydraes geplaas word deur
skrywers soos Prof Bouke Spoelstra (28/6/94) en Dr Franklin Sonn (21/5/94).
Daarna verdwyn die frase feitlik heeltemal, behalwe waar die politiek
korrektheid so bietjie opslip ('n arme moes dit seker erg ontgeld). In
Sake-Beeld word dit eenmaal genoem op 10/5/95.

En dan 'n hoofartikel op 2/2/96 waarin verwys word na die Zimbabwese
regering as 'n "(swart) regering". Interessant genoeg het dit, sover ek
weet, nog nie eenmaal sedert Zimbabwese onafhanklikheid gebeur dat daar nie
ten minste een "witte" in die Zimbabwese regering was nie. Volgens Koos se
norme vir 'n "swart regering" moet ons dus aanneem dat die outeur van die
hoofartikel in Beeld nie bewus was van die teenwoordigheid van 'n witte in
die Zimbabwese regering nie - of nie bewus was van 'n verbod op die gebruik
van die term by Beeld nie.

Ander koerante van Naspers, daarenteen, voel hulle blykbaar nie so gebonde
nie. Die Burger skryf lustig oor die huidige regering as 'n "swart
regering", behalwe in 1995. City Press verlustig hom letterlik in die term,
soos byvoorbeeld op 16/2/97. Op 19/1/97 skryf KHULU SIBIYA in die rubriek
"MY WAY" onder die opskrif "Live where you prefer!" (keuse van woongebiede)
die volgende:

"We now have qualified people who want to improve the quality of
life in all areas for everyone, and we have a black government that
will not turn its back on its own people."

Ook koerante wat nie Naspers is nie, voel hulle vry om die term te gebruik.
In Mail&Guardian van 19/6/97 skryf GUMISAI MUTUME soos volg:

" A FEW years ago, no one would have imagined that Eugene Terre'Blanche,
leader of the extreme right Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), would sit
out a prison sentence in a country led by a black government."

Dus: Dit lyk amper asof daar sedert middel 1994 by Beeld 'n redaksionele
beleid is dat daar nie na die huidige regering verwys mag word as 'n "swart
regering" nie. Dit lyk nie asof ander koerante 'n soortgelyke verbod toepas
nie. Volgens daardie koerante, lyk dit my, is dit redelik algemeen om die
huidige regering as 'n "swarte" te beskou, in ooreenstemming met my eie
redenasie van 27 November verlede jaar.

Nou het ek nie 'n probleem daarmee as koerante beleid vasstel vir gebruik
deur hul eie skrywers nie. Ek het selfs nie 'n probleem daarmee as hulle
daardeur die toon aangee in die gemeeskappe wat hulle bedien nie.

Ek het wel 'n probleem daarmee as hul joernaliste soos taal-"hitmen" uit die
dae van Hennie Terblanche en die Akademie in die nuusgroepe uitgaan om die
taalgebruike van hul eie publikasies af te dwing.

Ek het nog 'n erger probleem daarmee as die betrokke taalgebruike die
werklikheid verduister ter wille van politieke korrektheid.

Miskien moet mens vir Beeld skryf en vra of hulle 'n beleid toepas wat
verbied dat daar na die huidige regering verwys word as "swart"?

En hoe is dit dat hitmen van alle soorte gewoonlik so dom voorkom?

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Kerk in Kanada ?

Fri, 27 February 1998 00:00

Ek was nou nie eintlik sarkasties nie Gloudina. Net nuuskierig.
Ek behoort aan die United Methodist Kerk, ou tante, en nee, hulle sê nie om
verskoning vir hul aksies nie. Hulle vra voor hulle aksies dat God hulle
sal lei en dan glo hulle dat Hy dit doen.

Ek was kleintyd in die NG Kerk, en toe het ek niks verkeerd gesien nie -
soos almal het ek met die gewone Afrikaner oogklappe aan grootgeword en dit
terdee geniet. Ek gaan beslis nie om verskoning vra vir iets waarvan ek
nie eers bewus was nie.
--
| Nou sê vir my, ou Nico, aan watter
| kerk jy behoort. Het jou kerk al soos
| al die godvresende kerke in SA hulle
| sondes belei en om verskoning gevra
| vir die gruwel van apartheid. Hier in
| Kanada en ook in Australi"e vra die
| kerke nou om verskoning vir die onregte
| wat die wit veroweraars aan die Eerste
| Nasies gedoen het.

Lieg en veralgemeen jy nou al weer soos toe jy oor die
bevolkingsamestelling vertel het?

Het jy al op jou
| knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
| voor Hom wat gesê het dat ons ons
| naaste moet liefh^e soos onsself, en
| onsself vir ons naaste moet opoffer,
| selfs deur onsself te kruisig as dit
| nodig word. ....en jy het toe maar net weggehardloop!

My gewete is skoon, Gloudina, ek slaap rustig en gee nie om wanneer ek my
laaste asem uitblaas nie - my saak is reg.

Nico

Geloof & kerksake | 17 kommentare

Re: (yes, the white mans way of doing things).

Fri, 27 February 1998 00:00

Sies Gloudina, eet jy met so 'n bek? Ek hoop nie jy bly langs 'n
noordvloeiende rivier nie.

O ja, is ek ook 'n aryan? (Ek is blank en praat Afrikaans, grys oë, maar
nie geel hare nie...)
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

| Go back home, you neo-nazi riff raff
| and go and help the other aryans
| to infect the population of the US
| with anthrax.
|

|

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

'n S Hofmeyer rympie

Thu, 26 February 1998 00:00

Soos Gloudina sal ek nou ook maar hier 'n stukkie letterkunde aanhaal wat
ek op die net teegekom het. Ek is nie so fliks soos sy om dit oor te tik
nie - cut en paste is vinniger!

Die Bobbit-rympie:

amperstamper
handvolknater
laglagslaghom
bokkapater
hyvrablyvra
isjylaf
?????
sysêblysê
tjoeftjafaf
amperstamper
stompsteriel
inniebosse
lêhompiel
soekomsoekom
doekhomsaf
tjoeftjaf
tjoeftjaf
tjoeftjaf
af
- Steve Hofmeyer

--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Muskietjag

Thu, 26 February 1998 00:00

Kan emand asb die gedig "muskietjag" vir my stuur. Dankie Baie, hoor!
(Phoenix, VSA)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

klapperkop

Thu, 26 February 1998 00:00

Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".

___
L. Laubscher
ISPP-Chicago

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Wie's almal oorsee?

Thu, 26 February 1998 00:00

Jis Gloudina, mooi woorde daar uit die "frozen north"!

Sê my, het julle kontak met ander Suid Afrikaners in Kanada? En Afrikaanse
mense? Ken jy mense in die VSA?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

Indien die laaste,
| nooi ek hom uit om, sonder die
| vieslike taal, by ons te kom
| uitspan. Ons skryf, vanuit alle
| dele van die wereld, en skep so
| 'n volledige prent van die
| Afrikaanse kultuur.
|
| Gloudina Bouwer
|

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445  1446  1447  1448  1449  1450  1451  1452  1453  1454    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 13:35:22 UTC 2025