Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland
Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.
Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?
Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!
Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
toe ek my hulp aanbied).
Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
Die maatskappye wat ons verteenwoordig vervaardig hoogstaande toerusting en word in al die kontinente deur duisende tevrede kliente gebruik. Al die toerusting is onderworpe aan die strengste
kwaliteit kontrole en word met trots vervaardig deur uiters toegewyde vakmanne met baie jare ondervinding.
Baie van die toerusting word deur van die wereld se voorste voedselmaatskappye gebruik, o.a. Nestle, Bonduelle, ens.