Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gedig deur PHILIP DE VOS

Vr., 20 Maart 1998 00:00

GEDIG DEUR PHILIP DE VOS

Hallo walvis
hoesie water?

Nat, ou pellie,
sien jou later!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Suid-Afrika: vakansie-oord suur geraak

Do., 19 Maart 1998 00:00

Suid-Afrika en ander dele van Afrika was vir ongeveer 300 jaar 'n lekker
vakansieplek vir die Europees. Noudat die palmbome uitgedroog het, die
strande besoedel is, die vollop wild uitgeskiet is, die varswater strome
tot niet is, het dit tyd geword om huis toe te gaan en op 'n ander plek
te gaan vakansie hou.
Sonbrille en sambrele

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Definisie van Boer en Boerin?

Do., 19 Maart 1998 00:00

Boer:
Iemand wat velskoene, geel rugbykouse dra met AWB kortmouhemp en
kortbroek.
Iemand wat dink Bakoorjakkelse vang skaap en aasvoels vang lammers.
Iemand wat dink 'n hond eet pap en moet die heeldag vasgemaak word.
'n Jong man wat vrou soek deur saam met ander van dieselfde soort in 'n
voertuig rondry en in die verbygaan op meisies skreeu en aanmerkings
maak.
Iemand met 'n moerse stuk grond wat heeldag sit en krieket kyk terwyl
ongeveer 15 anderskleuriges boer.
Iemand wat 'n melkboerdery het, maar nooit aan 'n koei vat nie.
Boerin:
Vrou wat in 'n moerse huis bly en heeldag voor die spieel sit terwyl
anderskleuriges huiswerk doen.
Vrou met 'n moerse tuin, maar die handjies word nooit vuil nie.
Vrou wat op 'n paar duisend hektaar bly, maar nie die verskil tussen 'n
bul en koei ken nie.
Vrou met oorvloed in die wereld wat heeldag sit en moan oor die
huishoudster wat haar suiker steel.

Hou die blink kant bo

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Suid-Afrika oorbevolk????

Do., 19 Maart 1998 00:00

Hoekom is SA en die res van Afrika vandag oorbevolk?? Voor die koms van
die Europees is populasies in toom gehou deur siektes, droogtes,
stamgevegte - 'n eeue oue natuurlike proses. Die Europees het sy
medisyne-kassie saamgebring en die half dooies gesond gemaak, bloed van
een mens na 'n ander oorgetap, 'n hart met 'n ander vervang. Gate in
die grond geboor om water te voorsien, damme gebou. Toe kom speel hy
poliesman tussen mense wat in mekaar se gebied in beweeg. Op die ou end
het hy gesien wat hy gedoen het, was verkeerd. Nou probeer hy vir elke
man in Afrika 'n stukkie plastiek gee om swangerskappe te voorkom, hy ry
in trokkies rond in Afrika en deel vir vrouens pilletjies uit om sy
gemors te probeer regmaak. Nou sit hy met die gemors en probeer almal
behalwe homself blameer.
Europees vir pille, plastiek en dildo's.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"April" deur PETRA MULLER

Do., 19 Maart 1998 00:00

APRIL
Petra Muller

In die najaar, as dit byna winter wil word,
gooi die ouland
sy twee kraaie
soos twee swartvlekvloeke uit;

maak sy huis skoon:
skrop die vuilgoed
en die bog oop;

stroop die blakers,
steek die aalwyn rooi
in die arnosterbossies op.

Donker in wil ons hier
geen-een
sonder vlam of voorsorg
loop.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

"Trans-Vaal" deur PETRA MULLER

Wo., 18 Maart 1998 00:00

TRANS-VAAL
Petra Muller

In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers

somer

In daardie land se hemel
is daar omgekeerde

aarde.

Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder
op die kinders uit.

In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.

Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter
soek dorstig na sy prooi.

Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.

O Afrika

hoe maklik is die klanke van jou naam nie,

Afrika, en

onuitspreeklik om te sê.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: help with definitions?

Wo., 18 Maart 1998 00:00

Henri-John Kock wrote:

> AnneNB wrote:

>> What is a korrel?
>
> As in "'n koringkorrel", it'll mean a GRAIN of wheat. It could also refer to the
> post from a rifle's sights, and as a verb it means "to aim".

It all depends on the context. 'Korrel' could also be a single berry from a
bunch of grapes. To 'korrel'(verb) means to pick a single berry, or a few,
without eating the whole bunch, which is not considered good manners.

'Korrel' could also be a curly tuft of hair.

>> What is a location dog?
>
> A dog belonging to someone who lives in a (normally black, in the days gone past)
> township

Or it could in a derogatory way describe someone from the township.

>> What does "mos" mean, as in "Oupa mos voted in it"
>
> This is a difficult one. There's no direct translation into english, but the
> sentence could also be written like tis:"Oupa voted in it, didn't he ?". That's the
> best I can do. Help me out here, someone !

Agreed, there is no English word with exactly the same meaning and
intention. 'Indeed' touches on it.

(I suppose you don't speak Afrikaans, Anne, but some frases cannot be
translated into English with exactly the same meaning. "Die kat loop
onderdeur die tafel" is an example - it describes the action of a cat
disappearing under a table, and reappearing on the other side!)

Regards

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Iets positiefs !

Wo., 18 Maart 1998 00:00

Kyk gerus bietjie by ...

http://www.africapositive.co.za/

... almal julle wat so kla oor SA en julle wat so emotioneel verdedig.

Dink julle die ous is realisties, of optimisties, of oor-optimisties ??

Jo

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "Gedigte deur PHILIP DE VOS"

Wo., 18 Maart 1998 00:00

GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS

Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland

Prosa & poësie | 0 kommentare

Rakkertjie Rob?

Di., 17 Maart 1998 00:00

Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.

Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?

Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!

Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
toe ek my hulp aanbied).

Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?

Suid-wes groete.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445  1446  1447    »]
Tyd nou: So. Mei 17 19:07:18 UTC 2026