Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ferdi vra dom vrae - hoekom?

Wo., 25 Maart 1998 00:00

Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 19 Mar 1998 15:04:55 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>
> gekom. Ek
>> herinner my dat veral die Tswana daarvoor bekend was dat hulle slawe
>> aangehou het.>>
>
> Watse werk doen jy Leendert?

Ek het net gister of eergister uitvoerig op 'n soortgelyke vraag van
Gloudina geantwoord, Koos. Ek vind jou vraag dus vreemd, om die minste te
sê.

Miskien moet jy verduidelik hoekom jy vra.

>
> Nou dat jy Tswana's noem.
> Jy het mos laas vertel van die "man in die kantoor langs jou" wat jou
> sulke insigte in swartmense se denke en optredes gee.

Nee. Jy het soos, gewoonlik, verkeerd gelees. Hy het bloot kommentaar
gelewer op Mbeki se "consitutency office" in Winterveld.

My "insigte" (vir wat dit werd is) in swartmense se denke en optredes kom
hoofsaaklik uit geskrifte soos NC Manganyi (die huidige direkteur-generaal
van onderwys) se doktorale proefskrif in die kliniese sielkunde, Luthuli s'n
oor die onderwysfilosofie, sowel as uit gesprekke met swart kollegas en
studente. Die persoon na wie jy hierbo verwys is maar een van hulle. Dan is
daar natuurlik nog kommentare deur wittes in die verband - soos Attie van
Niekerk. Selfs Dr Willem Nicol het hierdie week in Beeld nogal oor die
onderwerp geskryf.

As "insigte" het hulle waarskynlik vele gebreke. As praktiese insette by my
daaglikse omgang met ander mense vind ek hulle bruikbaar.

>
> Was dit by jou werk Leendert?

O ja!. En elders.

>
> Waar werk jy?

Op hierdie vraag het ek ook reeds geantwoord. Ek sou dus graag van jou
verneem: Waarom vra jy?

Jy sien, Ferdie, By kinders van driejaaroud het sulke herhaalde vrae 'n
ontwikkelingsfunksie. Hulle toets daarmee of die wêreld konsistent is. Die
regte manier om dit te hanteer is om elke keer die selfde antwoord te gee.

By 'n volwassene lyk dit bloot na 'n disfunksionele regressie by iemand wat
nie altyd weet hoe om met volwassenes te redeneer nie. Ek weet nie of dit in
jou geval sal help nie, maar mens kan probeer om dit te hanteer net soos jy
met 'n driejarige sal doen.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Kyk na my rugby site!

Wo., 25 Maart 1998 00:00

Gee my nuwe site by http://home.intekom.com/attie 'n loer

Cheers vir eers

Attie Heunis

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Gedig deur PHILIP DE VOS

Wo., 25 Maart 1998 00:00

GEDIG DEUR PHILIP DE VOS

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kannie wag 2

Wo., 25 Maart 1998 00:00

Ek wil net sê ek hardloop nie weg nie. Maar ek is oortuig geweld en misdaad
(die teen woordigheid daar van) is besig om deel te word van baie Suid
Afrikaners se kultuur. Ek kan nie meer my seun wat volgende jaar Gr1 toe
gaan meer toe laat om die nuus te kyk nie, hy wil kort kort van my weet
hoekom skiet hulle mekaar?, waarom is hulle dood? ens, julle weet wat ek
bedoel. Ons weet wat het 'n klein groepie swart KINDERS (22jaar oud een van
hulle Gr10) virmag het in Vryheid, en dit is nie 'n UITSONDERING NIE!!

Piet ek het ook 'n huis in Centurion met diefwering aan die buitekant,
alarim stelsel, en 'n pistool in die kluis, ek wil nie so leef nie. As stem
reg vir die swartes beteken ek moet my vryheid om 'n vreesloose en normale
lewe te ly prys gee, was dit nie die mooite werd nie. Van 1992/4 het ek nie
meer die volle vryheid van beweging nie, en my kind een dag nog minder. Het
Mokaba, Winnie, DuArte, Zuma en die honderde ander met gesag nie opleiding
gehad nie? "Kill the boer kill the farmer" en "One settler one bullet" plus
al die korrupsie, is dit normaal vir jou? MENSE MET OPLEIDING!!!

Dankie vir jou brief Billy, ek het al die vaktore oor weeg, en dit is vir
my geen maklike besluit nie. Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
is, sy
1. Geboorte.
2. As hy tot sterwe kom.
3. En as hy sou immigreer.

Donovan

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Re: Kannie wag 2

Wo., 25 Maart 1998 00:00

Dms Skryf:

> Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
> is, sy
> 1. Geboorte.
> 2. As hy tot sterwe kom.
> 3. En as hy sou immigreer.

Daar is 3 groot gebeure in 'n mens se lewe:

1. Hy word Gebore.
2. Hy leef sy Lewe.
3. Hy Sterf.

Oor 2 van die 3 het hy weinig beheer.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gloudina se Boerehaat

Wo., 25 Maart 1998 00:00

@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Dis teen mense
> soos jy wat ek die Derde Boere-
> Oorlog veg -

Ai, Gloudina,

Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep om die gevolge te verwerk
daarvan dat jy jou taal dekades lank verloën het.

Maar is dit regtig wys om jou persoonlike katarsis met soveel grandiose
pretensie in te klee? "Derde Boere-Oorlog" inderdaad! Met watter imperialis
identifiseer jy jouself in die eerste twee - Queen Victoria?

As dit nie so pateties was nie, sou dit snaaks wees - hier in Afrika kom die
Derde Taalbeweging op dreef, en die wêreld gons van grens tot grens soos
die mense baklei, stry en vry. En daar in jou centrally heated Kanadese
apartment boks jy teen die spoke van die keuses van jou jeug.

Maar ek moet sê, daar's hoop vir die nuusgroep, net soos vir die land self -
helfte van die Boerehaters verkeer in 'n progressiewe toestand van seniele
waansin. Die ander helfte verval herhaaldelik in 'n staat van perenniale
infantiele regressie!

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kannie wag

Di., 24 Maart 1998 00:00

Ek kan nie meer wag om hier weg te kom nie. Die donker groenes kan die plek
maar kry. As jy wit is en Afrikaans praat is daar nie meer hoop nie. Alle
jong mense moet hulle goed vat en loop, daar is baie meer hoop en voorspoed
vir hulle in ander lande.

Donovan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lou en Tottie

Di., 24 Maart 1998 00:00

lou writes: > Ferdi wrote:

>> nie,
>> maar baie naby daaraan gekom het. Sulke arbeid is veral in die myne
>> gebruik, van vroeg in die eeu....>>>>
>
>
> Weereens TOTTIE!!!

Verskoon my onkundigheid oor
Afrikaans, Lou, maar ek kan
nie verstaan wat jy met "Tottie"
bedoel nie. Sal jy, of enigiemand
anders, asseblief vir my verduidelik?
Dis 'n ernstige versoek. Ek ken
die uitdrukking gladnie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Halfmensbome" deur PETRA MULLER

Di., 24 Maart 1998 00:00

HALFMENSBOME, 'N NAMA-LEGENDE
Petra Muller

Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!

Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:

"Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie' nie; hou op swerf!"

Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,

behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was 'n gees
van opperste verlang gewees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mampara van die Eeu!

Di., 24 Maart 1998 00:00

Gloudina, wat volgens haar eie belydenis "weggehol het", wie se huistale
Engels en Frans is en wie se kinders nie eens Afrikaans verstaan nie, wat in
Kanada sit en mense kategoriseer as "apartheidsvarke" ('n kategorie wat sy
verseg om te definieer), wat ten minste
daagliks orakeluitsprake oor Suid-Afrika maak skryf oor -

'n digter wie se reputasie in die "struggle" eens onkreukbaar was, wat in
die tronk gesit het vir sy bedrywighede in hierdie verband, wat 'n groot
deel van elke jaar in SA deurbring, en wat deurlopend persoonlik betrokke is
by 'n wye verskeidenheid ontwikkelingsaksies in die land:

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Andersyds, natuurlik, dat hulle albei in hierdie geval klaarblyklik reg is -
>> die stories van die ANC was inderdaad bloot praatjies vir die vaak - soos
>> Breyten Breytenbach ook Saterdag gesê het.
>
> Hoekom skryf Breyten Breytenbach
> meestal in Engels, sit meestal in
> Parys, en nou wil hy in SA kom
> dikteer? Moenie vir Breyten nou
> skielik die groot orakel maak nie.

Ai, Gloudina!

Jy het nou regtig hierin getrap. En dis jaartse en jaartse onderrok wat
_daar_ uithang, ou ding!

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444    »]
Tyd nou: So. Des. 28 19:18:06 UTC 2025