Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kiepersol

Tue, 31 March 1998 00:00

Kiepersol: enige van 'n paar spesies van
Cussonia. Ook genoem "sambreelboom."
Afkomstig van Portugees "quita-sol,"
dit wil sê "dit wat die son uitsluit."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jacaranda Stereo is DEURMEKAAR

Mon, 30 March 1998 00:00

Aan: Jacaranda Stereo bestuur & Omroepers - DIE KANS DAT JULLE HIEROP SAL REAGEER IS WAARSKYNLIK 0.00000000001 %.

Dagse. Jacaranda Stereo, 94.2 FM & 95.1 FM, Gauteng & N-Provinsie

Ek vind julle musiek is bykans ELKE DAG dieselfde. Hoe kry julle dit reg. Musiek maatskappye val sekerlik oor hulle voete sodat julle net van die promosie CD's moet speel. Het julle al ooit na CMT (kanaal 44) - Country Music Television - op DSTV gekyk ? Al gehoor watse goeie musiek speel hulle daar ? Wat van 'n verskeidenheid. Ek weet dat jy se dat julle vir almal speel. Ek het self musiek gespeel vir 'n mobiele disko, Magic Melodies www.magicmelodies.co.za .
Julle sal se dat ek die stasie kan wissel. Dit is presies wat ek doen. Ongelukkig werk ek in 'n sentrum waar die oorhoofse stelsel op Wakkeranda ingestel is. Tragies. En erger, ek woon in Ellisras, N-Prov. Ek luister graag na RSG 101.0 FM. Julle hele musiek speel lys is HEELTEMAL voorspelbaar. Het julle al ooit na Hoeveld stereo geluister ? Indien jy al in Londen, Engeland was of soontoe gaan, luister gerus na Heart 106.2 FM of na Capitol 95.8 FM. In Amsterdam, Nederland (waar Nederlands GEENSINS bang/skaam is vir Nederlands na Radio NOORDSEE. Dit is die ekwivalent van Jakaranda, maar speel NOOIT dieselfde goed oor nie.

Waarom praat julle soveel ENGELS as (ek is seker daarvan) die meerderheid van julle luisteraars Afrikaans sprekend is ? Besluit watter taal julle wil praat, Afrikaans of Engels. In Belgie, wat ook tweetalig is, bestaan daar GEEN tweetalige radio/TV Stasie. Waarom kan ons nie ook dieselfde hier doen/he ? Ek luister graag na Punt op 1332AM. Geen gemengde taal.

Hierdie boodskap is ook beskikbaar op die UseNet, soc.culture.south-africa.afrikaans waar ander mense hulle kommentaar oor die saak kan stel.

Besluit dus wat julle wil doen. Waarom spreek julle jul gehoor aan in Engels as die meerderheid Afrikaans/Nederlands sprekend is ? Gemengde taal DEUG NIE.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Jacaranda Stereo is DEURMEKAAR

Mon, 30 March 1998 00:00

Grove Erasmus wrote in article
...

Waarom praat julle [Radio Jakaranda] soveel ENGELS as (ek is seker daarvan)
die meerderheid van julle luisteraars Afrikaans sprekend is ? Besluit
watter taal julle wil praat, Afrikaans of Engels. In Belgie, wat ook
tweetalig is, bestaan daar GEEN tweetalige radio/TV Stasie. Waarom kan ons
nie ook dieselfde hier doen/he ? Ek luister graag na Punt op 1332AM. Geen
gemengde taal.

---

Grove, twee puntjies:

1. Hoekom skryf jy nie 'n brief aan
Radio Jakaranda nie?

2. As jy nog geen gemengde taal
op Punt gehoor het nie, het jy
nog nie baie geluister nie.

Johanna Rykheer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nico

Mon, 30 March 1998 00:00

Hi Nico

Kontak my op jvaneeden by usa.net asb.

Jean

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wettig Dagga

Mon, 30 March 1998 00:00

Ek is ten gunste van wettiging van dagga. geld gemors deur bekamping daarvan kan eerder gebruik word om dagga "lisensies"of so iets te kry. Laat dagga rokes hulle self registreer. Die wat wil dwelms gebruik sal dit in elke geval in die hande kry. Of dit nou verbode is of nie. Punt. Gaan na Amsterdam/Nederland, kyk wat daar aangaan. Slegs die wat dit wil he kry dit, die res steur hulle nie daaraan.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek ontdek 'n lekker "webwerf"

Mon, 30 March 1998 00:00

Hallo almal.
Dog net ek laat julle weet van

http://www.oocities.org/Heartland/9657/dieknoop.htm

ek dink dit is die moeite werd maar gaan kyk vir jouself. Daar is baie
skakels na ander Afrikaanse "bestemmings". Ek was nogal bly om te sien dat
hulle Afrikaanse speltoetsers het (vir die wat soos ek al 'n ruk lank soek).

Groetnis.

T.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vryburg se vierde boere oorlog ....

Mon, 30 March 1998 00:00

En vir die Vryburg beheerraad se kant van die storie :

http://www.oocities.org/Heartland/Pointe/3715/

Cheers
Lou

PS: Do not kill the messenger.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

nog steeds dieselfde

Mon, 30 March 1998 00:00

Ek het nou vir omtrent 'n maand nie na die Ng gekyk nie - en stilweg
gehoop dat die patetiese Gloudina in die tyd al wyser sou word - nou
sien ek dis nog steeds dieselfde.

Hullo Nico - bly om te sien jy's nog hier.

Gloudina - nog steeds nie die GUTS om vir 'n slag te vertel oor jou
wonderlike dinge wat jy gedoen het vir RSA nie ne. Lyk my jou medikasie
moet hersien word, miskien moet jy begin met 'n dosis elke uur en dat
sommer 'n dubbel voor jy hier begin op die NG.

Wat is al die Engels wat nou hier verskyn ??

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaans/Engels/Swart of White

Mon, 30 March 1998 00:00

Tsk, Tsk, why can't you lot learn to live together and revel in your
multiculturalism? The synergistic energy created by people of differing
ideas and cultures gives rise to so much creative freedom dat dit my ook
"dronk slaan" dat julle in die newsgroups sit en kak op every Tom, Dick &
Hannes hang!

Just because, someone says "Shalom" and not "Goeie More" ... does that make
them a bad person? Just because someone prefers "pap en wors" and not "samp
and beans" does that make them so terrible...

Ek woon nou in Australia... en soms kuier ek op hierdie newsgroup want ek is
soms "homesick" maar jussie, nadat ek hierdie klomp "KAK" lees, voel ek
beter af in Oz!

Ek is vier-talig en geniet any of the 4 taal - dit maak nie saak nie. Suid
Afrika is so ryk in Kultuur - You must celebrate it rather than fight
amongst one another...;-) Cool it!!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom: Uit de oude doos

Sun, 29 March 1998 00:00

Gisteraand laat op Radio Punt gehoor:

Sinoniem vir: 'Uit de oude doos' ?
Antwoord: Laatlammetjie!

Groete uit Namibia.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1426  1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 22:23:34 UTC 2025