In article ,
"Bart van der Meer" wrote:
>
> I'm searching for information about a place called Dullstrom (RIVER?) in
> South Africa province Swazulu Natal.
>
It is Dullstroom and it can be found in Mphumalanga halfway between Belfast
and Lydenburg.
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
My ma bly op 'n plaas en sy bak pasteie vir 'n tuisnywerheid in die dorp,
wat 20 Km van die huis
af is.
Haar kar hoort eintlik op 'n ashoop, maar sy vertrou nog steeds op die kar
en ek dink die kar gaan haar langs die pad laat staan. Soos jy kan dink is
dit baie gevaarlik in die tyd waarin ons leef !
As jy dalk 'n kar in 'n goeie kondisie vir 'n goeie prys het e-mail my by
jeugland @iafrica.com
"Nico" kritiseer die volgende:
> | die Khmer Rouge hom al lankal
> | deur 'n soort bosjustisie
> | verhoor en gevonnis (meestal
> | om simpatie vir hulself in
> | die buiteland te werf.)
>
> Jy lieg, Gloudina, tensy jou ou radiostasietjie baie klein en oningelig is.
> Ek luister saans na die Kanadese nuus oor MPR en daar is nooit so iets
> gesê nie.
Ou Nico, die volgende kom uit 'n artikel
in "Time":
A mutiny had split the ranks of the
Khmer Rouge... Last year a power
struggle in the leadership in Anlong
Veng led to the arrest and show trial
of Pol Pot,.......
> | Onthou ook altyd, ou Lou,
> | 'n klomp van ons Kanadese praat
> | Frans en weet baie meer van
> | Suid-oos Asia as wat jy ooit kan
> | weet.
> |
> |
> Onthou ook altyd, ou Gloudina, 'n klomp van ons ander Afrikaners is wyd
> belese en luister en kyk na verskeie uitsendings en weet baie meer van wat
> op die aardbol aangaan as wat jy ooit kan weet.
>
> Nico
Moet ek aanneem dat jy NIE Time Magazine
lees nie. Indien nie, hoekom nie. Of word
dit nie versprei in die bosse van Minnesota
nie?
August 1996: The government announces a Khmer
Rouge breakup. Pol Pot's brother-in-law defects with
10,000 rebels.
June 13, 1997: Pol Pot reportedly orders a top general,
Son Sen, and family killed; the hard-liners split into
factions.
June 20: Former comrades capture Pol Pot.
July 1997: A "people's tribunal" is held and condemns
Pol Pot for crimes that includes the killing of Son Sen,
the group's long-time defence co-ordinator, and sentence
Pol Pot to house arrest.
So, my liewe Nico, daar in die bosse van Minnesota, na
watter Kanadese radiostasie luister jy?
En om terug te keer na Pol Pot Botha. Wat dink jy moet
Afrikaners met die ou doen? Dieselfde as wat die Khmer
Rouge gedoen het met Pol Pot? Hom onder huisarres sit,
sodat hy nie verder die beeld wat die buiteland van
Afrikaners het kan bevuil nie? Ek persoonlik is bly dat
dinge loop soos dit loop. Arme biskop Tutu is so desperaat
om dinge maar onder die mat te vee, en vir PW Botha van
die haak af te kry sodat mense hom nou maar moet vergeet.
Maar sulke fascistiese historiese figure moet hulle dag kry -
soos Mussolini daar in Italië, sodat die wêreld nie gou hul
wreedheid en bloeddorstigheid sal vergeet nie.
> En om terug te keer na Pol Pot Botha. Wat dink jy moet
> Afrikaners met die ou doen? Dieselfde as wat die Khmer
> Rouge gedoen het met Pol Pot? Hom onder huisarres sit,
> sodat hy nie verder die beeld wat die buiteland van
> Afrikaners het kan bevuil nie? Ek persoonlik is bly dat
> dinge loop soos dit loop. Arme biskop Tutu is so desperaat
> om dinge maar onder die mat te vee, en vir PW Botha van
> die haak af te kry sodat mense hom nou maar moet vergeet.
> Maar sulke fascistiese historiese figure moet hulle dag kry -
> soos Mussolini daar in Italië, sodat die wêreld nie gou hul
> wreedheid en bloeddorstigheid sal vergeet nie.
Gloudina,
Ek het my tot dusver uit julle kleinlike argumente uitgehou, maar wat jy
hier bo skryf, wys duidelik dat jy totaal uit voeling is met wat in SA
gebeur. Wat ons beleef het, en nog steeds beleef is 'n bestuurde revolusie,
en tot dusver het dit relatief bloedloos verloop. Wat jy bepleit is
Nuerenberg- tipe verhore. Dit is die laaste ding wat SA op hierdie stadium
nodig het, en die meeste mense, insluitende die regering besef dit, omdat
gemoedere onder die oppervlak steeds die potensiaal van bloedige konflik
het.
PW Botha het op groot skaal drooggemaak, en baie van ons na 'n 'vreemde'
land laat gaan om oorlog te maak. Ten spyte hiervan sien baie mense sy
verset teen die WVK as verset teen onewewigtigheid aan die kant van die WVK.
Die baie pogings wat aangewend word om hom uit die hof te hou, spruit aan
die een kant daaruit dat daar aan regeringskant respek vir hom is as
voormalige staatshoof. Aan die ander kant is waarnemers ook van mening dat
daar 'n ander rede is, nl dat die WVK by implikasie ook voor die hof sal
moet verskyn, en wel in die persoon van biskop Desmond Tutu, en dat die
moontlikheid bestaan dat die keiser nie volledig gekleed is nie, om dit sag
te stel.
Dit sal jou baat om jou te vergewis van die feite, en jou daarvan te weerhou
om gemoedere onnodig te probeer aanblaas. Onthou altyd dat daar op die
stadium meer goed opgeleide soldate buite regeringsmagte sit, as daarbinne,
en vra jouself die vraag of die regering kan bekostig dat hulle mobiliseer.
Ek sê nie dit is op hierdie stadium 'n realiteit nie, maar die potensiaal
is daar as genoeg gemoedere genoegsaam opgevryf word. Die huidige regering
besef dit, hoekom nie jy ook nie?
Wat is die doel van Mandela se uitsonderlike besoek op die plek waar die
vermeende oortreders op die boer se eiendom doodgeskiet is.Was die SARFU se
politieke speelbal dan nie genoeg nie Mandela,of was die exposure te min.
I will be in Cape Town until the end of June and am hoping to get cracking
on learning a little Afrikaans. Any suggestions for a good tutor or
introductory course?
Weereens wys Mandela dat hy die sogenaamde unprivileged bevoordeel deur die
plek te besoek waar die boer die kind geskiet het wat hy moontlik gesien het
as 'n oortreder op sy grond.Wat probeer jy bewys Mandela.Boere word deur
julle mense vermoor en dan word die kinders bo op die lyke van die
oorledenes gesiet maar jy Mandela steur jou nie daaraan nie,moet ek julle se
hoekom ,dit is blankes.Hoekom besoek Mandela nie die plek waar die moord op
plaasboere plaasvind nie,maar sonder net hierdie spesifieke gebeurtenis
uit.Dalk is dit histories van aard.
Moet nie hierdie insident as 'n politieke speelbal gebruik nie.
Gedurende die afgelope jare het ons gereeld navrae oor
Australië-immigrasie hanteer. Die behoefte het so gegroei, dat ons
besluit het om inligting oor Australië op die Web te publiseer. By die
adres:
Inligting word verskaf i.v.m:-
* Indiensnemings-Agentskappe en Internetskakels na
duisende geadverteerde poste in Australië.
* Die belangrikste publieke maatskappye in Australië
met Internetskakels na hulle 'web sites'.
* Huidige gemiddelde huispryse in verskeie voorstede
van Perth.'n Voorstedelike kaart van Perth word verskaf.
* Huidige pryse van verskeie gewilde voertuie.
* Huidige pryse van voedselprodukte, meubels, huishoudelike
elektriese-apparate, TV's, radios ens. Plaaslike bronne, waar Suid
Afrikaanse produkte gekoop kan word.
* Verteenwoordigende lys van privaat en staatskole in
Perth en voorstedelike gebiede. (Max, jy kan direk aansoek doen vir
poste by privaatskole)
* Verteenwoordigende lys van kerke in Perth
voorstedelike gebiede.
* Fotos van Perth en omliggende gebiede.
* Inligting oor verblyfplekke.
* 'n Maandelikse artikel. Die huidige artikel gee 'n oorsig oor
immigrasie-kategorieë.