Uiteindelik: Magic Madiba gee vir ons die gesaghebbende riglyne vir
politieke korrektheid in die NSA!
Let op hoe gebruik Madiba die Magic hekstegniek (sy mees onlangse vrou was
natuurlik 'n meester hiervan, met noodlottige gevolge vir vele onderdruktes,
soos mens uit getuienis voor die heksejagkommissie gesien het):
1) Madiba gooi sy black magic spell deur opposisieparty daarvan te
beskuldig dat hulle "dislojaal" teenoor die land is. In ten minste een geval
gaan hy so ver om te kla dat hulle dislojaal teenoor die _regering_ is!
2) Opposisiepartye (NP, DP) wys daarop dat hulle die regering geen
lojaliteit verskuldig is nie, maar wel (soos dit hoort) lojaal is aan die
grondwet en die bevolking van SA.
3) In sy begrotingstoespraak kom Madiba met ses beginsels vir
Suid-Afrika. Beginsels wat hy uit die grondwet haal, en verklaar dat SA
daarsonder nie kan "suksesvol" wees nie.
4) Madiba verklaar dat enigeen wat nie aan sy "beginsels" getrou is nie,
"dislojaal" is teenoor die land, sy mense, en by implikasie die toekoms.
Baie mooi. Nou word daar 'n objektiewe standaar gestel waaraan die
lojaliteit van opposisiepartye en ander individue en instellings gemeet kan
word. Maar een of twee probleme:
1) Uit die ganse grondwet selekteer hy ses beginsels. Ander mense mag
dalk ses ander selekteer as hulle gevra word. Magic Madiba impliseer dat
sulke mense dislojale hekse is - reg vir die necklace.
2) Ons grondwet, soos alle ander, bevat beginsels en bepalings wat
teenstrydig mag wees, en wat in elke bepaalde situasie teen mekaar opgeweeg
moet word. Selfs die selektiewe ses wat Madiba kies ontkom nie hieraan nie.
Hy impliseer noodwendig daardeur dat iemand wat van hom verskil oor watter
beginsel in 'n bepaalde situasie voorrang moet kry 'n dislojale heks is.
3) Omgekeerd, natuurlik, is die implikasie dat enigeen wat dieselfde ses
beginsels as Magic kies, en wat hulle op dieselfde wyse toepas, 'n goeie
lojale burger is.
Ek kan nog sien hoe Mandela se ses beginsels die ses beginsels van politieke
korrektheid word.
Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika
tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik
het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat
Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het!
I'm re-launching Rainbow Settlers in a new, improved format. If you're a
South African Living Outside South Africa (a SALOSA!!), Rainbow Settlers
is for you. Prospective emigrants will also find the newsletter useful.
It's informative and an important resource for any SALOSA.
Rainbow Settlers is available by email or fax (in certain cases). It is
distributed FREE and goes to South Africans in many countries, including
Canada, USA, Australia, New Zealand, UK and Switzerland.
The contents include:
Where to buy South African groceries / products (rusks, boerewors,
biltong...),
SALOSA businesses in other countries,
Where are they now?: notices looking for lost friends/family,
Web sites of interest to SALOSA,
Traditional recipes,
South African restaurants in other countries,
The trading post: post your advert here - accommodation, jobs, etc...,
The watering hole: SA clubs for SALOSA,
Diary of events for SALOSA (social and sports),
South African emigrants database project,
Emigrants advice: for prospective emigrants from South Africa - what to
take, how-to's, etc...,
Your PC and Afrikaans lettering,
Adjusting to a new country,
SALOSA / Rainbow Settlers WORLWIDE telephone directory,
South African humour,
and many more articles of interest, except South African politics and
crime which is already well covered everywhere else.
If you have a business that you want to promote to other SALOSA, ask
about the affordable advertising plan.
To get your copy of Rainbow Settlers:
Send me an email and also tell me what you'd like to read about in
Rainbow Settlers. And if you want to send a copy to any other SALOSA
that you know of, please send their email too.
Thanks for your time and consideration,
A. Lehmkuhl
Write Stuff Productions
Victoria, British Columbia, Canada
"Henri Burger" writes: > Gloudina skryf:
>
>> Maar selfs in Zimbabwe is die einde nog
>> nie in sig nie. Volgens een koerant hier
>> is een-derde van Zimbabwe bos waar net
>> diere lewe, een-derde word bevolk deur
>> die nie-blanke bevolking, en die ander
>> een-derde bevat die omtrent 4000 plase
>> waarop die meestal wit boere bly.
>
> Gloudina,
>
> Wat sou jy sê watter een van daai derdes dra die meeste by tot Zim se BBP,
> en watter een die minste?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Wel Henri, die laaste welberedeneerde
artikel wat ek oor die probleem gelees
het, het die volgende mening gehuldig:
dat die groot plase wat meestal tabak
en ander westerse uitvoerprodukte kweek
op groot plase met baie bemesting, in
die laaste analise baie slegter vir
die ekologie is as mense wat op kleiner
skaal vir hulleself sorg op 'n meer
natuurlike manier. Natuurlik is die
swart bevolking van Zimbabwe nou ingedruk
in te min grond. Hulle moet op die hele
land vir hulself kan sorg. Dan kan die
westerse Wereldbank wat 'n arm is van
Amerikaanse imperialisme maar gaan
droog maak.
> Hierdie soort haatspraak van jou het slegs die totale verongeluking van
> rekonsiliasie en die aanblaas van 'n nuwe rassehaat hier ten doel. Is dit
> na alles nie maar *tog* julle einddoel in ZA nie?
Snaaks hoe sirkulere redenering vir eie gewin toegepas word. Wanneer iemand
genaamd koos, en piet of dergeliks iets "onbeskaafds" pos (en daar is velerlei
sulke voorbeelde) word daar OF nie daarop gereageer nie OF dit word toegeskryf
aan een of ander individuele renegade. Met 'n naam soos Sizwe, egter, word dit
'n onbeskaafde karaktertrek van 'n hele groep - die "einddoel" van die julle in
ZA. Wel ek dink daar is ver genoeg agteruit gebuig in die naam van
rekonsiliasie vir mense soos jy. Skielik is rekonsiliasie 'n prioriteit vir
jou wanneer jy dit kan gebruik om my aan te val en jou verantwoordelikheid
daarmee kwyt te skeld. Ek sien deur jou ploy. Kruip dus in jou moer.
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Dis eintlik eenvoudig. Dit gaan nie vir haar oor wat reg en verkeerd is nie.
>> Dit gaan vir haar daaroor dat, as mens wit en Afrikaans is, is jy
>> "verkeerd".
>
Let nou op:
Stap een: hang aan Leendert die etiket "apartheidsvark":
>
> Dis hier waar Leendert homself openbaar
> as 'n argumentatiewe en kompulsiewe
> kekkelaar van uitgediende apartheids-
> vark argumente.
Stap 1a (opsioneel): Identifiseer Gloudina met "die Afrikaner-erfenis". Wat
sy sê, is dus paslik vir 'n "opregte Afrikaner":
> As daar een ding is
> wat vir almal duidelik moet wees, is
> dat ek die Afrikaner-erfenis eerbiedig
Stap 2: Enigeen wat deur Gloudina aangekla word, moet noodwendig iemand
wees wat die Afrikaner se naam beswadder:
> en enigiemand aankla wat in die verlede
> gedurf het en nou nog durf om die
> Afrikaner se naam te beswadder met hulle
> apartheidsvarkerige opinies en dade.
En dan kom die necklace:
> Kom
> ons stuur die varke met die heuwel af
> en bestendig die Afrikaner se eertydse
> goeie naam weer in die wereld.Kom ons
> vra mense in die buiteland om vir die
> apartheidsvarke vrypasse te gee na
> ander lande waar hulle meer tuis gaan
> wees. Soos byvoorbeeld die westelike
> deel van Kanada. Juis vanoggend is 5
> neo-nazi skinheads voor die hof oor die
> moord van 'n opsigter by 'n Sikh tempel.
Winnie (Mandela se mees onlanse vrou) kon die nie beter gedoen het nie,
Gloudina!
"Leendert van Oostrum" writes: >
> @igs.net wrote in message ...
>> Maar ek het geen simpatie met
>> Afrikaners wat hulle bekke rek oor al
>> die onreg en onregverdigheid nie.
>
> Let op:
>
> Geen mens aan wie die etiket "afrikaner" hang mag hom/haar uitspreek oor
> onreg en onregverdigheid nie.
>
> Iemand wat dit doen is "dislojaal", soos Magic Madiba dit sou stel.
>
> Hitler kon dit nie beter gedoen het nie.
>
>> Dis
>> nou weer ander mense se beurt om korrup
>> en onregverdig te wees. Jou rassegroep
>> het hulle beurt gehad.
>
> Sorry, ou!
>
> Gloudina het jou tot "untermensch" verklaar.
>
> Mense wat nie van jou rassegroep (LET WEL!) is nie, het Gloudina se
> permissie om korrup en onregverdig te wees.
>
> Mense van jou rassegroep mag hulle nie eens daaroor uitspreek nie!
>
> Jy sien hoe werk Gloudina se hekstegniek? Pure Black Magic nes Madiba s'n!
>
> Groete, Leendert
Leendert, neem in ag dat daar so-iets
soos 'n snip skok-tegniek is om mense
op hulle plek te sit. Jy gebruik dit
gedurig. Maar as iemand anders dit
gebruik, dan skryf jy 'n tesis daaroor.
En ek herhaal weer: Niemand het permissie
om korrup en onregverdig te wees nie.
Maar dis 'n dubbele travestie as mense
uit die groep wat een van die grootste
mensereg-skandale van die huidige
eeu uitgedink het, nou kla oor ander
se korrupsie en geregtigheid. Ek dink
dit sal alle Afrikaners goed doen om
hulle monde te hou en deur goeie 'n
voorbeeld te wys dat die mislike ou
dae nou verby is. As hulle hier en
daar oor iets spesifieks kla, is
ek seker dat daarna geluister word.
Het Mandela nie nou die dag verklaar
dat as Beeld iets negatiefs oor die
regering sê, hulle dadelik dit
registreer.
> Die eerste stap is om die idee te vestig dat daar bepaalde groepe mense is
> wat nie oor fundamentele regte beskik nie - dis nou mense soos nazi's,
> fasciste, apartheidsvarke.
> Sulke mense mag
> nie verdedig word nie, en niemand mag glo wat sulke mense sê nie. Hulle is
> nie daarop geregtig om gehoor te word nie
Liewe aarde, hierdie groepe mense word al vir honderde jare gehoor. Hoeveel
meer wil jy hoor. Het ons nie by nou geleer uit konsentrasiekampe, apartheid,
haatmoorde, Ku Klux Klan lynchings en dies meer dat wat hierdie groepe te se
het nie die welstand en vooruitgang van 'n kontemporere samelewing ondersteun
nie. Wat de fok wil jy nog van hulle hoor, en wat wil jy nog verdedig. Jy's
'n apartheidsvark, Leendert, die ergste soort - die wat dit nie erken nie. At
least Frikkie RSA-boy probeer nie homself befok nie.
Ek gaan draf met die ou hond op die strand. Girts girts maak die sand onder
my voete, swoesh sê die see. Die hond raak naderhand effens agter, arme
ding, sy asem nie meer die' van jare gelede nie. Ek gaan staan stil en wag
hom in, ekself maar hygend. Dit is volmaan, die ronde kaas hang soos 'n oog
aan die muur van die horison. Die hond draf na die waterkant om die lig te
gaan ruik. Soos glimwurms dartel die maan se weerkaatsing tussen die golfies
deur, 'n ligpad wat strek van die verste punt van die oseaan tot by die hond
se pote. Hy lig sy kop en kyk uit oor die see, waterdruppels aan sy baard. Hy
sou op daardie ligpad kon loop, weet ek, soos 'n jesus, as hy net die maan
kon vertrou.
II. Die kettingleer
Die eerste keer toe ek die kettingleer sien, het ek gedink: vandag duiwel ek
hier af. Dit was nie vreeslik hoog nie; miskien twintig of dertig meter.
Maar dit het loodreg teen die rotswand uitgeslang, en verder op met 'n
effense boog agter die klippe uit sig verdwyn, die bo-punt van die leer 'n
onseker hemel. Boonop het die bergwind die leer se trappies laat rinkel, soos
'n deurklokkie het dit iemand laat weet, hy is hier.
Ver bo die plato het die lammervanger stadig 'n draai voor die donderwolke
gemaak, sy vlerke 'n stil erkenning van die wind se krag.
Mont-aux sources, 3 April 1998
III. Are friends electric?
Selfmoordgedagtes, sê die blonde meisie voor sy die pizza hap. Nog nooit
gehad nie. En verder, wie wil nou voor sy tyd doodgaan? Fok ouers, fok
onvriendlike kafee-eienaars, fok stupid boyfriends. Ek kan van werk verander,
of 'n hond kry, of my kar verf. Niks is onmoontlik nie. Ek kan voor die
spieel staan en rooi lipstiffiekringe om my oe trek, en besluit, hi'e'r sit
my siel. En ek en jy kan hande vashou in tranetrekkermovies, als wat lekker
is. Leef, leef is 'n besluit, nooit 'n gegewe nie. As die kar breek, bel 'n
mechanic, ryloop, of bel die AA, die trip is die moeite werd. Ek kan altyd
mooier aantrek as gisteroggend, want ek is die hero in my eie storie.
...verstaan jy? Glo jy my?
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Hierdie is net my persoonlike opinie, en almal wat nie daarmee saamstem
nie kan maar gerus met my stry. Ek is uiters teleurgesteld met die inhoud
en vlak van gesprekvoering in hierdie nuusgroep. Ek het juis hierdie
nuusgroep begin lees want die ander Suid-Afrikaanse een was so vol
sinnelose gemors. Dit lyk nou asof hierdie groep die onvolwasse voorbeeld
van die ander een navolg. Persoonlike beledigings en irrasionele,
emosie-belaaide argumente is tog in swak smaak, en kan sekerlik nie tot
enige akademiese of politiese gesprek bydra nie. Miskien is die hele
atmosfeer in hierdie nuusgroep maar kenmerklik van Suid-Afrikaanse
politiek in die algemeen???
Ek probeer nie pleit dat mense net positiewe dinge oor Suid-Afrika moet
skryf nie, maar selfs 'n negatiewe argument kan op 'n beskaafde, volwasse
wyse gemaak word.